100.5FM Radio Laeveld

100.5FM Radio Laeveld PODCAST

News AF ↓ 150 episodes

As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.

Author

100.5FM Radio Laeveld

Category

News

Podcast website

www.radiolaeveld.co.za

Latest episode

Apr 28, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Straatdebat: Liefde op Valentynsdag 14.02.2023

Dit is Valentynsdag en vandag is daar geen debat nie - slegs liefdesboodskappe. Denise het hulle gaan insamel.

Oe-ê-ê Karin: Skoolseuns agter die pawiljoen 10.02.2023

Almal wat vir Karin ken weet sy maak nie sommer moeilikheid nie, maar sy is behoorlik in die skande gesteek die week. Sy het regtig verwag die skoolhoof het haar en Cobus ontbied met beter nuus as wat hulle moes uitvind oor hul seun.

Hoe nou gemaak met beurtkrag? 09.02.2023

Waar begin jy om te probeer uitpluis wat die beste manier is vir jou huis of onderneming om onafhanklik te (begin) raak van Eskom se elektrisiteit? Cobus Dolley, die bestuurder van Voltex Nelspruit, antwoord Charles se vrae.

Musiekdebat: Refentse Morake 09.02.2023

"Musiek is vir my ‘n gaping in die realiteitsklou, ‘n ontsnapping in ‘n vervoerende beswyming van skepping en kuns…” sê Refentse. Hy gesels met Amanda oor onder meer sy liefde vir skryf.

Laeveld Ervaring: 'n Groot jaar wag vir Barberton 08.02.2023

Vanjaar is 'n spesiale jaar vir Barberton wat verskeie mylpale vier. Sakemense werk ook hard om die dorp te vernuwe. Daar word ook hard baklei om die Wêrelderfenisgebied te begin ontwikkel. Linda Grimbeek van die KLCBT gesels met Robin.

Straatdebat: Wat neem jy nie saam nie? 07.02.2023

Daar is sekere dinge wat jy bloot net nie saam met jou na 'n restaurant, werksfunksie of kuier by jou skoonma neem nie. Tog vind Denise uit dat mense met streng diëte soms hul eie kos na restaurante neem.

Oe-ê-ê Karin: Te veel huiswerk 03.02.2023

Karin, wat nie skroom om die bestuurder te roep nie, is kwaad. Hierdie week is dit vir Zaantjie se skool wat haar toegooi onder huiswerk en take! Waar moet sy tyd kry om 'n jong dame so na haar ma se hart te wees?

Musiekdebat: Kevin Leo 02.02.2023

Sy sangloopbaan het hom baie geleer van vasbyt, sê Kevin Leo. Die singende chef gesels met Amanda.

Laeveld Ervaring: Energie Expo eersdaags 01.02.2023

Teken 21 Februarie in jou dagboek aan wanneer die indaba oor die kragkrisis in Mbombela plaasvind. Linda Grimbeek van die KLCBT gesels met Robin hieroor asook verkeersligte aanneem en "Under the Gazebo" in die middedorp.

Straatdebat: Hoe na is jy aan jou vriende 31.01.2023

Vriendskap is kosbaar en moet gekoester word. Denise gaan vind uit hoe gereeld mense hul vriende sien, waar hulle uit hang en wat hulle alles met mekaar deel.

Musiekdebat: Burgerd Botha 26.01.2023

Die sanger Burgerd Botha, wat naam gemaak het as een van die minnesangers van die gewilde groep Romanz en sedertien ook ‘n solo-loopbaan begin het, droom daarvan om eendag nog in Jerusalem op te tree. Hy gesels met Amanda oor die vervulling van liedjies skryf en om opkomende kunstenaars te help.

Oe-ê-ê Karin: 'n Tekort aan kultuur 26.01.2023

Koes! Hier kom Karin wat nie skroom om die bestuurder te roep nie. Of om die sogenaamde kenners en kultuurdiere wat hulself soos aanstellerig hou te vertel van die Tchaikovsky (was dit Tretchikoff?) teen haar muur nie - om nie eens te praat van haar dogter se talent nie…

Verloor gewig (Deel 3): Moet dit nie oordoen nie 26.01.2023

Ja, dit neem tyd om gesonde gewoontes te kweek. Nee, daar is nie kortpaaie nie en oornagsukses bestaan nie met gewigsverlies nie. “Daar is geen mens wat binne dae ‘n leefwyse van verkeerd leef kan regmaak sonder om te gly nie," sê Elie Fourie, 'n kenner in die fiksheid- en gesondheidsbedryf, met meer as 50 jaar ervaring. "Die krag lê daarin dat jy môre aangaan asof dit nie gebeur het nie.” Hy gese...

Laeveld Ervaring: Energie-geleentheid 25.01.2023

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) beplan eersdaags 'n Energie-dag waar Mbombela en Eskom hul planne en vereistes kan deel i.t.v. die goedkeuringsproses wat inwoners kan volg om krag aan hulle te lewer, sowel as wat hul planne is om die kragkrisis op te los. Linda Grimbeek is van mening dat hidro- en minikernkrag ideaal is vir die Laeveld. Sy gesels met Robin.

Straatdebat: Januarie is die langste maand... 24.01.2023

Die kalender is vol, maar die bank is leeg... Denise vind uit hoe behandel Januarie Laeveldse inwoners sover.

Oe-ê-ê Karin: 'n Besoek aan die ginekoloog 20.01.2023

Almal ken die spreekwoordelike Karen. Sy wat nie skroom om die bestuurder te roep nie. Karin, 'n inwoner van die Laeveld, het 'n opinie of twee oor die mense wat sy onlangs in haar ginekoloog se wagkamer teëgekom het.

Musiekdebat: Ghapi 19.01.2023

Die veelsydige en energieke tromspeler wat sing, Ghapi, het al verskeie treffers behaal met onder meer "Goliat" en "Ek sing". Hy onthul aan Amanda wie hy beskou as die drie beste dromspelers van alle tye.

Verloor gewig (Deel 2): Dit maak saak wanneer jy eet 19.01.2023

Wanneer jy kilojoules inneem, is baie belangrik want hoe vroeër jy energie inneem, hoe meer tyd het jy deur die dag om dit te verbrand, sê Elie Fourie, 'n kenner in die fiksheid- en gesondheidsbedryf, met meer as 50 jaar ervaring. Hy gesels met Juané.

Laeveld Ervaring: Beplan asof vandag vir ewig gaan duur 18.01.2023

Suid-Afrikaners het 15 jaar gelede die eerste keer met beurtkrag kennis gemaak - en diit raak net erger. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) se advies vir jou onderneming is eenvoudig: Beplan asof vandag vir ewig gaan duur. Analiseer dus jou risiko’s en mitigeer dit om 'n manier te vind om daarmee saam te leef (en werk) eerder as om op 'n wonderwerk te wag. Sy gesels met Robin.

Straatdebat: Beurtkrag 17.01.2023

Beurtkrag maak die meeste mense boos, maar ander gebruik dit tog as 'n geleentheid om weer saam met geliefdes kwaliteit tyd te spandeer. Amanda gaan vind uit hoe mense onderbreekte internetverbindings, watertekorte en die logistiek van 'n huishouding bestuur hanteer.

Oe-ê-ê Karin: 'n Besoek aan die naelsalon 13.01.2023

Almal ken die spreekwoordelike Karen. Sy wat nie skroom om die bestuurder te roep nie. Karin, 'n inwoner van die Laeveld, het 'n klagte of wat oor die diens wat sy onlangs by 'n naelsalon ontvang het.

Verloor gewig (Deel 1): Moenie jou geliefde sjokolade opgee nie 12.01.2023

Jy kan eet waarvoor jy lief is en waarvan jy hou en steeds gewig verloor, sê Elie Fourie, 'n kenner in die fiksheid- en gesondheidsbedryf, met meer as 50 jaar ervaring. Die geheim is wilskrag om porsiegrootte te beheer. Die belangrikste is om jouself die tyd te gun om stelselmatig klein aanpassings aan jou dieet te maak. Hy gesels met Juané.

Musiekdebat: Hardus Hartzenberg 12.01.2023

Hardus Hartzenberg kom uit 'n musikale familie en geniet die verhoog sedert hy as sewejarige die eerste keer opgetree het. Hy gesels met Amanda.

Laeveld Ervaring: Kry jou kop reg vir 2023 11.01.2023

2023 het afgeskop en mense keer terug werk en skool toe. Wat hou die jaar vir ons in? Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê negatiwiteit was in 2022 mense se grootste vyand. "Ons kon drie keer verder gewees het as om ons probleme op te los as mense eerder hande gevat het om 'n verskil te maak," sê sy vir Robin.

Straatdebat: Hoe hanteer jy drama en konflik? 10.01.2023

Is jy 'n skinderbek of 'n sleutelbord-kryger? Sal jy Iemand aan die kaak stel, kaalkop die waarheid sê of oop kaarte speel? Denise vind uit hoe mense drama en konflik hanteer.

Listen to the 100.5FM Radio Laeveld PODCAST podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.