100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld PODCAST
As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Apr 28, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Musiekdebat: Karlien Husselman 05.01.2023 6:52
Karlien Husselman gesels met Amanda oor boelies op sosiale media.
Straatdebat: Hoe ouers oor hul kinders se tatoes voel - Deel II 03.01.2023 3:22
Tatoeëermerke is sosiaal aanvaarbaar, maar vir sommige ouers moeilik om te sluk op hul tieners se vel. Verskeie pa's sê vir Amanda hul kinders moet self verantwoordelikheid vir hul besluite neem.
Musiekdebat: Rudi Muller 29.12.2022 8:00
Rudi Muller is een van Suid-Afrika se mees geliefde Gospelsangers. Hy gesels met Amanda oor die musiekgenres wat hy die meeste geniet.
Straatdebat: Hoe ouers oor hul kinders se tatoes voel - Deel I 20.12.2022 4:56
Tye het verander: soveel so dat Herman voel of hy nooit sal kan bybly nie. Dit verklaar dalk sy reaksie toe sy tiener met 'n tatoeëermerk huis toe gekom het. Amanda het gaan uitvind hoe ander ouers daaroor voel.
Laeveld Ervaring: Die feestyd het aangebreek 16.12.2022 18:53
Hoe lyk die plaaslike toerisme ekonomie vanjaar? Linda Grimbeek van die KLCBT gesels met Robin op die vooraand van die amptelike begin van die feestyd.
Musiekdebat: Steyn Fourie 15.12.2022 4:17
Die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Steyn Fourie maak elke vertoning anders. "Dit is belangrik om altyd innoverend te wees op die verhoog." Hy verklap ook aan Amanda wat sy gunstelingliedjie is om te sing.
Straatdebat: Hoe reageer jy as jou seun 'n balletdanser wil word? Deel II 13.12.2022 4:50
Amanda het verlede week reeks ouers gepols, en die debat het nogal 'n hewige reaksie ontlok. Gelukkig voel die meeste ouers hulle sal hul kinders eerder onvoorwaardelik ondersteun.
Musiekdebat: JJ Stephens 08.12.2022 3:32
Die sanger JJ Stephens het vir die eerste keer in 10 jaar 'n nuwe enkelsnit vrygstel met "Dis so goed". Hierdie tee fynproewer en radio-aanbieder gesels met Amanda oor sy loopbaan.
Laeveld Ervaring: Desember is reistyd na die Laeveld 07.12.2022 26:50
Mense reis deesdae anders as voorheen, sê Linda Grimbeek van die KLCBT. Sy gesels voor die feestyd amptelik aanbreek met Robin oor hoe dinge verander het. "Alles gebeur deesdae op die laaste minuut – selfs besprekings. Niemand weet hoe hul planne gaan uitwerk nie, so selfs oorsese besoekers besluit op die ingewing van die oomblik hulle kom volgende week en jy moet jou bemarking daarvolgens aanpas....
Straatdebat: Hoe reageer jy as jou seun 'n balletdanser wil word? Deel I 07.12.2022 4:53
Jou seun wil 'n balletdanser wees. Pa's het uiteenlopende reaksies. Plaaslike danseresse benader dit ook anders. Hulle deel hul ervarings met Amanda.
Musiekdebat: Pieter Strydom 02.12.2022 2:00
As hy iets in sy loopbaan oor kon doen, sou Pieter Strydom vroeër begin skryf en sy eie liedjies opgeneem het. Hy gesels met Amanda. #Musiekdebat
Laeveld Ervaring: Oorlogskamer gestig om die Laeveld te verfraai 30.11.2022 25:17
Die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit het hande geneem met Mbombela-munisipaliteit, die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT), We Care 4 Nelspruit en die nuut gestigde Barberton-gemeenskapsforum om te verseker die Laeveldse dorpe word skoner gehou. Linda Grimbeek gesels met Robin.
Straatdebat: Hoe voel het jy vanjaar Swart Vrydag benader? 30.11.2022 6:15
Hoe het jy #SwartVrydag vanjaar benader? Amanda gaan vind uit wie dink dit is ‘n slenter, wie vermy die chaos in die winkels, en wie geniet die winskopies. #Straatdebat
Musiekdebat: Adam Tas 24.11.2022 3:59
Een van Adam Tas se grootste treffers, "Gaan sê vir die angels", sou nooit die lug gesien het as dit as 'n enkelsnit vrygestel sou word nie, verklap hy aan Amanda. Gelukkig was dit deel van 'n vollengte album. Hy verkies volledige albums en die storie wat dit vertel, as beide 'n kunstenaar en luisteraar.
Straatdebat: Reis jy of is jy Jan Tuisbly vanjaar? 23.11.2022 2:59
Desember is om die draai, en dit beteken gewoonlik eindjaarfunksies, verlof en vakansie. Of doen dit? Denise vind uit.
Musiekdebat: Nadine Blom 17.11.2022 8:20
Nadine Blom het reeds groot sukses in haar loopbaan behaal, en koester nog groot drome. Sy verklap hulle aan Amanda en gesels oor verhoogvrees en hoe om haar private lewe uit die openbaar te hou.
Straatdebat: So lyk Laeveld gesinne se aandroetines 15.11.2022 4:12
Eet gesinne nog saam? Hoe lyk familietyd te midde van die chaos van buitemuurse aktiwiteite? Denise het gaan uitvind hoe lyk Laeveld gesinne se aandroetines.
Musiekdebat: Chris Coetzer 10.11.2022 8:51
'n Sanger moet hul ore soos hul stemme soos 'n spier oefen, sê die klassieke kunstenaar, Chris Coetzer (ook een van Suid-Afrika se Drie Tenore saam met Philip Kotze en Jannie Moolman). Hy het met Amanda gesels oor die harde werk wat dit vir 'n sanger verg om mense se harte te wen.
Musiekdebat: Quentin Prinsloo 02.11.2022 5:08
Amanda gesels met die sanger-liedjieskrywer, akteur en reisiger Quentin Prinsloo oor sy loopbaan, sosiale media en sy musikale ikone.
Straatdebat: Ken jy nog jou bure? 02.11.2022 3:50
Denise het in die Laeveld gaan uitvind: Ken mense nog hul bure? Kuier hulle soms saam? Luister weer hier na wat mense sê.
Straatdebat: Watter geslag is die beter bestuurders? Deel II 01.11.2022 5:55
'n Vraag vir die eeue: Wie bestuur beter - mans of vroue? Amanda het gaan uitvind om dié vraag eens en vir altyd uit te pluis
Straatdebat: Watter geslag is die beter bestuurders? Deel I 25.10.2022 8:00
'n Vraag vir die eeue: Wie bestuur beter - mans of vroue? Amanda het gaan uitvind om dié vraag eens en vir altyd uit te pluis.
Straatdebat: Het jy 'n mediese fonds? 18.10.2022 4:58
Met die verandering van die seisoene is almal skielik siek. Denise het gaan uitvind of inwoners ook meer siek word sedert die maskers, hande was en ontsmetting van Covid-19 weggeval het. Natuurlik is die groot vraag: Wie het 'n mediese fonds?
Musiekdebat: Daar is 'n engel in my koskas 13.10.2022 3:52
Amanda gesels vandeesweek met die kunstenaar Willie Strauss oor alles en nog wat.
Straatdebat: Storietyd - lees of kyk? 11.10.2022 4:00
"Vandag se kinders" het mos vierkantige oë, of hoe? Amanda gaan vind by kleintjies uit of hulle nog lief is vir lees (of om voor gelees te word).
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.