Maroela Media

Wêreldwys met Jaco Kleynhans

News AF ↓ 94 episodes

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak."Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jun 19, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wêreldwys | Gaan Nederland soos wat ons dit geken het bly voortbestaan? | Ep. 68 24.10.2025

Minder as twee jaar ná die vorige algemene verkiesing in Nederland, kry dié land se byna veertien miljoen stemgeregtigde kiesers 29 Oktober weer die geleentheid om die 150 lede van die Nederlandse laerhuis te verkies. ʼn Groot meerderheid Nederlanders is tans egter diep ongelukkig oor die rigting waarin die land beweeg. Faktore soos massa-immigrasie, ʼn ernstige behuisingstekort, stygende lewenskost...

Wêreldwys | Amerikaanse skakeltoer kom tot ’n einde | Ep. 67 10.10.2025

In hierdie week se aflewering Wêreldwys kom die Solidariteit Beweging se Amerikaanse skakeltoer tot ʼn einde. Ná drie weke op die pad – vanaf Mackinac Republikeinse Leierskapskonferensie in Michigan drie weke gelede, eindig die toer weer terug in Michigan. Jaco Kleynhans is terug ná die verskillende state, hul geskiedenis, mense en politiek wat die afgelope drie weke op die reis beleef is.

Wêreldwys | Jongste oor VSA-sluiting, vredesplan en Solidariteit-besoek Ep. 66 03.10.2025

Wêreldwys | Jongste oor VSA-sluiting, vredesplan en Solidariteit-besoek Ep. 66

Wêreldwys | Afrikaners se storie verder in die VSA vertel | Ep. 65 25.09.2025

Luister na hierdie week se episode opgeneem vanuit die Amerikaanse hoofstad Washington DC – wat heelwat anders lyk, dink en funksioneer onder Trump. Volgende week se episode kom vanuit Texas. Die wêreld luister, praat saam terwyl Afrikaners hul stem laat hoor.

Wêreldwys | Solidariteit Beweging se inligtingsveldtog in die VSA voortgesit | Ep. 64 19.09.2025

Die Solidariteit Beweging begin sy inligtingsveldtog oor die volgende drie weke in die VSA met ’n besoek aan die staat Michigan – ’n belangrike staat met ’n sterk Republikeinse tradisie en groot invloed in Amerikaanse politiek. Die boodskap aan Republikeinse verteenwoordigers en invloedrykes gaan duidelik wees – Suid-Afrika is nie net nog ’n ontwikkelende land met plaaslike probleme nie, maar ’n s...

Wêreldwys | Van vrede na Trump se departement van oorlog | Ep. 63 11.09.2025

Hierdie simboliese skuif wys hoe die VSA homself nie meer net as ʼn verdedigende mag sien nie, maar toenemend as ʼn land wat bereid is om konflik aan te gaan ter wille van sy eie belange en dié van sy bondgenote. Terselfdertyd het China dit duidelik gemaak dat hy nie langer deur Westerse militêre oorheersing geïntimideer gaan word nie. Met toenemende tegnologiese vernuf en ʼn magtige weermag begin Be...

Wêreldwys | China se militêre magsvertoon teen die Weste | Ep. 62 03.09.2025

Die boodskap was tweevoudig. Aan die Weste dat die Stille Oseaan nie meer slegs ʼn Amerikaanse invloedsfeer is nie en aan Asiatiese lande dat China nie uitgedaag moet word nie.

Wêreldwys | Die geopolitiek, identiteit en mag van taal | Ep. 61 27.08.2025

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na die kragtige rol van taal in geopolitiek en identiteit. Hierdie jaar is belangrik vir Afrikaners met groot herdenkings en geleenthede, maar dien terselfdertyd ook as ʼn toets. Gebruik Afrikaanssprekendes en Afrikaners hierdie momentum om onsself en ons taal met trots internasionaal uit te dra? Of laat ons die internasionale kollig wat tans op o...

Wêreldwys | Trump se wortel-en-stok-benadering tot Poetin | Ep. 60 21.08.2025

Die groot vraag is hoe lank Trump se geduld gaan hou. Hy is bekend vir sy wispelturigheid, maar vir nou lyk dit of hy bereid is om die tyd en ruimte te gee wat nodig is om ʼn skietstilstand en moontlike vredesooreenkoms te bereik. Wat duidelik bly, is dat nie net Rusland en Oekraïne nie, maar ook die hele Europa, dringend ʼn uitweg uit hierdie verwoestende oorlog nodig het. Luister hierdie week se a...

Wêreldwys | Erkenning van Palestynse staat is nie nou die oplossing nie | Ep. 59 14.08.2025

Is die erkenning van ʼn Palestynse staat die oplossing vir die huidige krisis? Speel dit nie juis in die hande van groepe soos Hamas wat met geweld internasionale simpatie vir die Palestyne probeer aanwakker nie? Wat is die historiese konteks van die bevolkingsontwikkeling en beheer van die Gasastrook, en hoe het ons by ʼn punt gekom waar die drome van ʼn tweestaatoplossing tussen Israel en die Pales...

Wêreldwys | 80 jaar ná Hirosjima: Die wêreld se nuwe kern-onsekerheid | Ep. 58 06.08.2025

In hierdie aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met kernpolitieke kundige van Unisa, prof. Jo-Ansie van Wyk, oor die moontlikheid van ’n hernude kernwapenwedloop 80 jaar na die gebruik van dié wapens tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Wêreldwys | Suid-Afrika se plek in globale finansiële stelsels | Ep. 57 31.07.2025

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys help dr. Sandra Adendorff, senior dosent in ekonomie en internasionale handel aan Akademia, sin maak van ʼn vraagstuk wat meer kompleks is as wat dit oënskynlik voorkom: hoe steek die wêreld se finansiële stelsels in mekaar en waar pas Suid-Afrika in dié komplekse prentjie in?

Wêreldwys | Ekonomiese herskikking binne globale spanning | Ep. 56 24.07.2025

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na hoe die wêreldpolitiek en -ekonomie toenemend besig is om teen die grein van globalisme en die voorheen gevestigde orde te draai – en wat dit vir Suid-Afrika beteken.

Wêreldwys | Ekonomiese nasionalisme stoot terug teen globalisme | Ep. 55 15.07.2025

Die huidige handelstelsel is vir die VSA bloot onvolhoubaar, wat beteken daar moet ʼn verandering kom. Hierdie regstelling gaan ontwrigting teweeg bring, maar dit skep ook nuwe geleenthede. Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ʼn omvattende konteks, geskiedenis en ontleding van hoe ekonomiese nasionalisme terugdruk teen globalisme en wat dit vir ons in Suid-Afrika ook kan inhou.

Wêreldwys | Demografie: Die Weste se dilemma en Afrika se geleentheid | Ep. 54 07.07.2025

Vrydag is Wêreldbevolkingsdag, en wêreldwyd bots twee demografiese kragte: bevolkingsontploffing in die ontwikkelende wêreld en bevolkingsinploffing in die Weste. Hierdie tendense bepaal die wêreld se toekoms – en Afrikaners se plek daarin. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Connie Mulder van die Solidariteit Navorsingsinstituut oor die wyse waarop huidige demografi...

Wêreldwys | Kry Trump sy sin by die groot berade? | Ep. 53 02.07.2025

Vanjaar is ’n groot jaar vir internasionale berade, veral in die Westerse wêreld. Tussen die G7, Navo, Brics en G20 is daar vanjaar verskeie geleenthede vir wêreldleiers om te onderhandel, belyn en baklei. Tans lyk dit asof soveel van die internasionale politiek sentreer rondom Donald Trump se wil en weë. Luister na hierdie week se aflewering van Wêreldwys om die vraag te begin beantwoord of Trump...

Wêreldwys | Die aanslag op begrensing | Ep. 52 25.06.2025

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met prof. Danie Goosen van Akademia oor ’n tema wat vele verskyningsvorms in die moderne wêreld het – die postmoderne aanslag op begrensing. In ’n tyd waarin grense as verdag en onderdrukkend beskou word, herinner hierdie gesprek aan die diepe wysheid van begrensing as die grondslag van vryheid, identiteit en gemeenskap.

Wêreldwys | Ou geskiedenis agter nuwe Israel-Iran-konflik | Ep. 51 18.06.2025

Luister gerus na hierdie week se episode van Wêreldwys vir Jaco Kleynhans se historiese ontleding van die jongste Midde-Oosterse konflik. Jy kan Iran se optrede vandag nie suksesvol ontleed sonder dié beskawingskonteks nie. Die jongste konflik tussen Israel en Iran is nie net ʼn reaksie op onlangse gebeure nie, maar het diep wortels in geskiedenis, godsdiens en geopolitiek. Hoewel Israel onlangs ʼn...

Wêreldwys | Immigrasie, ingrypings en internasionale onsekerheid | Ep. 50 12.06.2025

Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ontledings van die 10 grootste internasionale gebeurtenisse van die afgelope week. Die wêreld blyk op vele vlakke onrustig te wees – luister na Jaco Kleynhans se uiteensitting van die belangrikste onderhandelinge, onluste, verkiesings en vooruitsigte.

Wêreldwys | Europa beweeg steeds na regs | Ep. 49 04.06.2025

In hierdie week se episode van Wêreldwys word al hierdie en ander politieke verwikkelinge in Europa bespreek. Ook die huidige verskuiwings in steun in die Verenigde Koninkryk en die toename in steun vir Skotse onafhanklikheid word bespreek. Die podsending is opgeneem voordat die Nederlandse koalisieregering Dinsdag tot ʼn val gekom het, maar die opbou daartoe word wel in hierdie episode bespreek en...

Wêreldwys | Europa se bedreiging van binne | Ep. 48 29.05.2025

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na ʼn paar voorbeelde van dié voortvarende eilande van Westerse kultuur in Europa. Plekke soos Suid-Tirool in Italië, Friesland in Nederland en selfs die Duitse gemeenskap van 70 000 in België is sprekende voorbeelde van wat moontlik is met kulturele weerbarstigheid in die aangesig van eksistensiële bedreiging.

Wêreldwys | Afrikaners 125 jaar later weer in die kollig | Ep. 47 23.05.2025

In hierdie week se episode van Wêreldwys kyk ons in diepte na die wyse waarop Afrikaners in die internasionale kollig geplaas is, hoekom dit gebeur het, wat die aanloop daartoe was en wat werklik steek agter Trump se vermoeidheid met dié groepie aan die suidpunt van Afrika. Op die keper beskou was dit ʼn suksesvolle ontmoeting – die ANC-geleide regering het nou geen anders keuse as om met Afrikaner...

Wêreldwys | Europa is in diep moeilikheid | Ep. 46 14.05.2025

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans vanaf die Spaanse eiland Ibiza met twee bekende Nederlandse kommentators – Marlies Dekkers en Wierd Duk – oor die toekoms van Nederland, Europa en die Westerse beskawing.

Wêreldwys | Afrikaner-wortels in Europa herbesoek | Ep. 45 06.05.2025

Wêreldwys | Afrikaner-wortels in Europa herbesoek | Ep. 45

Wêreldwys | VSA sterk in die nadraai van Trump-tariewe | Ep. 44 18.04.2025

In hierdie week se Wêreldwys ontleed Jaco Kleynhans hoe Trump se tariewe, onderhandelings en siening van soewereiniteit nie net die Amerikaanse ekonomie nie, maar ook die internasionale magsbalans beïnvloed. Is Amerika besig om sy posisie te versterk, en is China regtig so veerkragtig soos dit voorgee? Dié vrae raak elke land op aarde – ook Suid-Afrika.

Listen to the Wêreldwys met Jaco Kleynhans podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.