Voelgoed Podsendings

Voelgoed Podsendings

Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.

Author

Voelgoed Podsendings

Category

Education

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Jun 17, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Jy dra die gevolge van jou keuses (Raymond Dye) 18.08.2022

#SondagStilword vir Mans

Arrogansie gaan jou nie gewild maak nie (Pieter van der Walt) 18.08.2022

#SondagStilword vir Mans

STAAN UIT by jou huis, werk en gemeenskap - Johan Beukes by die MansGenoeg!-oggend 2022 17.08.2022

Jy moet die wêreld verander! Nie? Is dit net die speelveld van magtige leiers? Moet nooit jou waarde onderskat om die wêreld te verander nie! Nie op ‘n wêreldverhoog nie, maar tuis, by die werk, tussen jou vriende en in die gemeenskap.

STAAN VAS en vertrou God in moeilike tye - Wouter Snyman by die MansGenoeg!-oggend 2022 17.08.2022

Dit is ‘n moeilike besluit om te neem: om vas te staan nadat jy op die pad na jou droom gestruikel het. Indien jou strewe of jou droom die moeite werd is, is dit die opoffering en toewyding werd!

STAAN OP en ontdek wie jy moet wees - Jannie Putter by die MansGenoeg!-oggend 2022 17.08.2022

Die definisies van manwees is legio. Definisies kan onder meer met braaivleis, rugby, sonskyn en bakkies te doen hê. Wat het die Ontwerper van die man in gedagte gehad? Die wêreld is honger vir mans wat hul definisie van manwees in die Woord soek.

Die begeerte om mense in die oë te kyk (Johan Beukes) 11.08.2022

#SondagStilword vir Mans Episode 33

Die begeerte om meer en meer soos Christus te word (Johan Beukes) 11.08.2022

#SondagStilword vir Mans Episode 32

Die begeerte om deel van 'n gemeenskap te wees (Johan Beukes) 11.08.2022

#SondagStilword vir Mans Episode 31

Jy mag vrae oor geloof vra (Karmen Wiid) 08.08.2022

#SondagStilword vir Meisies Week 31

Die begeerte om verantwoordbaar te wees (Johan Beukes) 03.08.2022

#SondagStilword vir Mans Episode 30

Die begeerte om geduldig te wag (Johan Beukes) 03.08.2022

#SondagStilword vir Mans Episode 29

Die begeerte om matigheid voor oë te hou (Johan Beukes) 03.08.2022

#SondagStilword vir Mans Episode 28

Dien mekaar (Janine Fourie) Episode 02.08.2022

#SondagStilword vir Meisies Episode 33

Belê in mekaar (Janine Fourie) 02.08.2022

#SondagStilword vir Meisies Episode 32

Konflik en temperamente (Janine Fourie) 02.08.2022

#SondagStilword vir Meisies Episode 31

Families en gesinne (Janine Fourie) 02.08.2022

#SondagStilword vir Meisies Episode 30

Die begeerte om goed te doen ten spyte van (Johan Beukes) 01.08.2022

#SondagStilword vir Mans Episode 27

Die begeerte om Sy grootheid te beleef (Johan Beukes) 01.08.2022

#SondagStilword vir Mans Episode 26

Om God te hoor, moet Hy jou vriend wees 26.07.2022

Oudio om te luister voordat jy met die aanlyn kursus, Hoor God se stem deur Lynette Beer, begin.

AFSLUITING - Neem jou gedagtes gevange en hoor Hom! 26.07.2022

Oudio om te luister as jy klaar is met die aanlyn kursus, Hoor God se stem deur Lynette Beer.

Hy het jou lief (Kayla Borman) 26.07.2022

#SondagStilword vir Meisies Week 28

9. AS JY REEDS GESKEI IS … HOE OM ’N NUWE BEGIN TE MAAK (Aanhou probeer of eerder gaan-webinaar deur Gretha Wiid) 25.07.2022

Niemand kan die trauma ontken nie, maar jy gaan jouself bemagtig op allerlei vlakke. Na hierdie seisoen gaan jy weet wie jy is en waartoe jy in staat is. Jy gaan sterker en wyser groei om dalk later weer as ’n gelykwaardige vennoot in ’n nuwe verhouding in te stap.

8. AS JY BESLUIT OM TE SKEI … AKSIESTAPPE EN RAAD (Aanhou probeer of eerder gaan-webinaar deur Gretha Wiid) 25.07.2022

As jy besluit om jou man te verlaat, moet jy maatreëls te tref om jou en jou kinders se fisiese, finansiële en emosionele veiligheid te verseker. Om jou huwelik te verlaat, is baie stresvol. Maar jy kan dit oorleef met geloofsvertroue en die regte praktiese optrede en professionele bystand.

7. AS JY BESLUIT OM TE BLY ... AKSIESTAPPE EN RAAD (Aanhou probeer of eerder gaan-webinaar deur Gretha Wiid) 25.07.2022

As jy enigsins hoop het, as jy enigsins glo daar is ’n kans vir oorlewing vir jou huwelik, hou aan om te veg. Daar is soveel mense wat om die verkeerde redes hulle huwelik verlaat. Kry die regte ondersteuning en wees voorbereid op ’n krisis. Verken jou grense en beskerm jouself.

6. GEVAARTEKENS IN ENIGE VERHOUDING - BEREIDWILLIGHEID OM TE VERANDER (Aanhou probeer of eerder gaan-webinaar deur Gretha Wiid) 25.07.2022

Mense verander nie maklik nie, en beslis nie teen hulle wil nie. Verandering vind slegs plaas as die een wat moet verander die situasie ook so insien en instem om iets te doen om te verander. Hoe weet jy of sy berou opreg is of net maar ’n manipulerende taktiek?

Listen to the Voelgoed Podsendings podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.