Voelgoed Podsendings

Voelgoed Podsendings

Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.

Author

Voelgoed Podsendings

Category

Education

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Jun 17, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

STAP 18 - Beleef die hemel met al jou sintuie 24.08.2022

Net die engele en almal wat in die hemel is, sien, voel en hoor God elke oomblik. Ons soek na Hom hier op die opgefoeterde aarde. Vind jou eie maniere om te onthou Hy is by jou. Maak gebruik van al jou sintuie en gewone goed wat jy reeds in jou huis of naby jou het – en waarvan jy hou. Luister na die oudio van Hanneke Verhoef , prediker en Carpe Diem Media medewerker.

STAP 17 - Gebruik musiek en sing vir konneksie 24.08.2022

Selfs al kan jy nie ’n noot hou nie, kan jy steeds musiek in jou hart maak. Want God hoor wat niemand anders kan nie. Hy luister nie na jou stemgehalte nie. Hy luister na jou siel. En Hy praat met jou deur die musiek van ander mense. Luister na die oudio van Carindè van Schalkwyk , sangeres, liedjieskrywer en motiveringspreker.

STAP 16 - Bid op ’n nuwe en ongewone manier 24.08.2022

As in ons geloof wil groei, is dit belangrik dat ons gereeld eerlike gesprekke met God voer. Leer die kuns van refleksiegebed as een manier om dit te doen. Dit fokus jou gedagtes op selfondersoek, dankbaarheid en bevestig dat God ons versoeke ernstig opneem en gee wat ons vra. Luister na die oudio van Melissa van Biljon , predikant by Mosaïek Gemeente en skrywer.

STAP 15 - Sien Goddelike liefde in die natuur 24.08.2022

Wat vertel die natuur, die heelal en alles daarin, ons van die Skepper? Kan ons bewyse van God se bestaan vind deur na die wêreld te kyk en Sy skepping te ervaar? Soos jy soek, sal jy Hom heeltyd en altyd in alles vind! Luister na die oudio van Janine van Niekerk , media-evangelis en skrywer.

STAP 14 - Kies Bybelverse as jou ankers van hoop 24.08.2022

Het jy ’n spesiale vers vir wanneer jy inspirasie, moed of motivering nodig het? Woorde uit die Bybel soos “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee,” kan jou hoop gee. Verse kom na jou, omdat jy dit al by herhaling gehoor het. Of dalk omdat jy die waarde daarvan beleef het. Luister na die oudio van Rina de Klerk-Weyer , skrywer en terapeut.

STAP 13 - Hou op praat en begin luister 24.08.2022

Wanneer laas het jy op God se bors gelê en luister? As jy uitroep, herken Hy jou stem dadelik en wil Hy so graag antwoord. Kan jy dieselfde sê? Doen jy wat nodig is om Sy rus en Sy stilte na te jaag? Luister na die oudio van Leandi Cottle , stigter van Vinkie Ministries en aanbiddingsleier.

STAP 12 - Onderskei die ware Stem tussen baie 24.08.2022

Daar is soveel “stemme” in ons lewens waarna ons luister: familie, kollegas, die media, literatuur, musiek en ons eie gedagtes. Jy kan oefen om Jesus se stem te onderskei en jy kan ook by ander mense leer hoe om Hom te herken. Luister na die oudio van Elize-Marie Muller , leraar en skrywer.

STAP 11 - Identifiseer wat jou keer om Hom te hoor 24.08.2022

Ons lewe in ’n aandagafleibare wêreld. Altyd op ’n drafstap om by te hou. Ons bly te besig. Ander dinge het ons aandag nodig en keer ons om te hoor wat nodig is ... of so dink ons. … Dikwels is dit onsself wat die meeste in ons eie pad staan! Luister na die oudio van Angela Reed , pastoor, motiveringspreker en radio-omroeper.

STAP 10 - Dink aan God as ’n Persoon naby jou 24.08.2022

Wanneer ons dink aan ’n verhouding met God is dit as iets bonatuurliks. Ons vergeet dat Hy ook ’n persoon is met gevoelens, intensies, emosies, planne, idees en begeertes. Die geestelike kom nie eerste nie maar die natuurlike, en daarna die geestelike. Luister na die oudio van Rhona Kieswetter , geestelike leier by Die Bron Gemeente.

STAP 9 - Gee jou vrese oor sodat jy kan hoor 24.08.2022

Ken jy die lied: “Voel jy soms of die Here te ver is, twyfel jy soms in God se bestaan”? Ontdek hoe om te midde van vrae en onsekerheid tog van Sy hemelse teenwoordigheid bewus te wees. Jy kan met sekerheid weet waar jou hulp vandaan kom. Luister na die oudio van Benice Borman , sangeres en liedjieskrywer.

STAP 8 - Kom tot bedaring net waar jy is 24.08.2022

Soms raak die lewe net te oorweldigend. Druk dan die pause-knoppie en kom vir ’n oomblik tot bedaring. Haal diep asem, kom tot verhaal en fokus op Goddelike vrede en teenwoordigheid. Luister na die oudio van Almarie du Preez , sangeres en radio-omroeper.

STAP 7 - Besef hoe afhanklik jy is 24.08.2022

Soms fluister die Vader in jou oor en soms praat Hy hard. Dit is nodig om jou eie waarde – maar ook dat jy van Hom afhanklik is – te besef. Word ontvanklik vir boodskappe. Luister na die oudio van Leandra Foster , sangeres en motiveringspreker.

STAP 6 - Lewe jou beste lewe moontlik! 24.08.2022

Rig jou hele wese daarop in om so betekenisvol as moontlik te lewe. Dan kan jy bykans elke oomblik gevul met uitdagings tussen waar jy staan en dit waarvoor jy leef, oorkom. Koester elke oomblik; leef doelgerig en toegewyd. Luister na die oudio van Alta Strauss , radio-omroeper en motiveringspreker.

STAP 5 - Gee jou besige skedule aan die Gees oor 24.08.2022

Die probleem is nie dat ons baie het om te doen nie, maar dat ons te véél wil doen. Sonde en besig-wees verbreek al ons verbintenisse. Bou hulle weer op deur jou skedule om te bou. Luister na die oudio van Leandie Lombaard Bräsler , sangeres en Bestuurder: Jeugleierskap, Afriforum.

STAP 4 - Doen moeite - stilword is jou tyd werd 24.08.2022

Die vraag is nie of jy gered is nie, want daardie antwoord is aan die Kruis bevestig. Die vraag is of jy met jou tyd wys dat jy Hom liefhet soos jy moet. Doen die moeite: Op jou reistog saam met Hom is daar altyd iets nuuts wat jy van God gaan leer en ontdek. Luister na die oudio van Tersia Gouws , skrywer en kommunikasiespesialis.

STAP 3 - Roep na Hom - Hy sal jou hoor 24.08.2022

As ons ons hoop vestig op God se belofte vir beter dinge en Sy liefdevolle versorging, beteken dit nie dat ons nié deur moeilike tye sal gaan nie. Dit beteken wel dat Hy jou hoor roep in jou nood. Luister na die oudio van Carly van der Vyver , senior pastoor van ACTS 29 The Movement.

STAP 2 - Glo dit: God wíl jou beter leer ken 24.08.2022

Hunker jy daarna om nader aan God te leef en om daagliks Sy teenwoordigheid meer tasbaar te ervaar? Dit is God se grootste begeerte dat ons Hom beter leer ken en nader aan Hom groei. Luister na die oudio van Liesel Krause-Wiid , predikant, sakevrou en skrywer.

STAP 1 - Fokus meer op dit wat belangrik is 24.08.2022

Die hedendaagse leefstyl is nie sonde nie. Maar dit is belangrik om verantwoording te doen: Maak jy werklik tyd vir God? Waaraan dink jy? Waaroor bid en praat jy? Wat doen jy met meeste van jou tyd? Luister na die oudio van Karien Basson , Redakteur van Vroue wat Glo.

'n Nederige hart (Kayla Borman) 19.08.2022

#SondagStilword vir Meisies Week 32

Is jy te besig om te bid – Suné-Charí Sutton 18.08.2022

#SondagStilword vir Vroue

Vind die bo-natuurlike in die alledaagse – Sumari Schoeman 18.08.2022

#SondagStilword vir Vroue

Sê daagliks dankie vir jou seëninge – Sonika Kruger 18.08.2022

#SondagStilword vir Vroue

Die vers wat jou anker, en hoop gee – Rina de Klerk-Weyer 18.08.2022

#SondagStilword vir Vroue

Krisistye leer kinders verantwoordelikheid (Rikus van Rooy) 18.08.2022

#SondagStilword vir Mans

Die regte pad is moeilik ... nooit alleen (Richard Botha) 18.08.2022

#SondagStilword vir Mans

Listen to the Voelgoed Podsendings podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.