Voelgoed Podsendings
Voelgoed Podsendings
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.
Author
Voelgoed Podsendings
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 17, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
2. Hoe kan ek ons beskerm teen soveel bedreigings? (Sonika Kruger, geestelike afrigter) 12.09.2022 8:00
Los die ma-skuldgevoel!-webinaar aangebied deur Nadia Beukes
1. Is balans tussen werk en gesin ooit moontlik? (Anelia Prinsloo, franchisor Pienkvoet Pret) 12.09.2022 9:26
Los die ma-skuldgevoel!-webinaar aangebied deur Nadia Beukes
Geloof is nie altyd maklik nie (Karmen Wiid) 05.09.2022 2:48
#SondagStilword vir Meisies Episode 35
DAG 30 - Selfsorg - jou grootste geskenk aan jou gesin (Lizanne du Plessis) 01.09.2022 5:09
Kinders leer meer deur dit wat hulle sien ons doen as dit wat ons vir hulle sê om te doen. Veral in tye van verandering, stres en spanning. Hulle kyk hoe ons dit hanteer. Daarom moet ons as volwassenes goed na onsself kyk en goeie streshanteringstegnieke in plek hê. Ons moet self weerbaar wees.
DAG 24 - Wat hou jou in jou groef vas? (Catherine van Heerden) 01.09.2022 4:19
Jy moet die hanteringsmeganismes wat jy gebruik, en wat jou eintlik nog steeds in hierdie onbevredigende situasie hou, identifiseer. Somtyds bemeester ons spesifieke coping skills en dit laat ons vasval in ons groef. Dit bly jou keuse om na ’n beter manier van lewe te soek.
DAG 20 - Neem beheer van jou keuses en tyd (Karien Basson) 01.09.2022 4:34
Jy kan nooit teruggaan in die verlede of leef in die toekoms nie. Jy kan slegs vir nou leef en die beste belegging maak in jou gesondheid, jou geluk, jou brein en jou sukses. Jy is in beheer van jou doen en late, jou keuses, hoe vinnig jy besluite neem en waarop jy jou aandag vestig.
DAG 15 - Vind jou ware roeping in die lewe 01.09.2022 5:00
Jou doel in die lewe het nie noodwendig te doen met jou werk of verantwoordelikhede nie. Dit is nodig om jou lewensdoel te verander as dit jou nie meer inspireer nie. As jy voortdurend in lyn met God se roeping vir jou probeer kom, sal jy uit jou groef vrykom.
DAG 13 - Oorwin jou vrees ... en beweeg! (Rouchelle Liedemann) 01.09.2022 5:23
Wat keer jou om na die volgende vlak te beweeg? Is jy dalk bang? Om iets nuuts aan te pak, kan verskriklik vreesaanjaend wees. Nie almal van ons hou van verandering nie. Maar as jy uit jou gemaksone beweeg, wag daar belonings en die geweldige groei wat jou selfvertroue sal opbou.
DAG 11 - Klein oorwinnings bring groot heling (Gustav Gous) 01.09.2022 4:55
Om klein en interne oorwinnings te behaal, beteken jy staan op uit jou krisis-groef. Die innerlike triomf is mooi wanneer jy miskien nie groot wonderwerke verrig nie, maar voor jou eie deur vee om jou selfbeheersing weer onder beheer te kry. Skielik besef jy jy kan jouself handhaaf.
DAG 6 - Jy is soveel meer as jou pessimistiese brein! (Lynette Beer) 01.09.2022 5:07
Ons is nie op aarde net om te oorleef nie. Ons is hier om ’n vol en gelukkige lewe te lei. Die “negatiewe voorkeur” van ons brein maak dat ons só op die slegte fokus dat ons die goeie dooddruk. Maar jy kan jou brein herprogrammeer. Begin deur te verstaan hoe jou grysstof werk.
DAG 1 - Geloof gee ’n nuwe realiteit en uitkoms (Liesel Krause-Wiid) 01.09.2022 5:01
Dalk het jy al soveel teleurstellings gehad dat jy totaal hulpeloos voel. Net jý kan dit verander. Deur elke dag meer hoopvol te leef. Jy kan met vertroue vorentoe kyk omdat God jou nooit alleen laat nie. Deur gesonde geloofsgewoontes kan jy daagliks hierdie belofte beleef en aangee.
Die begeerte om saam met 'n groep te groei (Johan Beukes) 29.08.2022 6:19
#SondagStilword vir Mans Episode 37
Die begeerte om ander te dien (Johan Beukes) 29.08.2022 5:54
#SondagStilword vir Mans Episode 36
Die begeerte om jouself vir ander te gee (Johan Beukes) 29.08.2022 5:40
#SondagStilword vir Mans Episode 35
Die begeerte om mense veilig te laat voel (Johan Beukes) 29.08.2022 5:54
#SondagStilword vir Mans Episode 34
Die belangrikheid van balans (Karien Basson) 29.08.2022 2:36
#SondagStilword vir Vroue Episode 37
Beloftes (Karien Basson) 29.08.2022 3:41
#SondagStilword vir Vroue Episode 36
Die liewe identiteit (Karien Basson) 29.08.2022 4:16
#SondagStilword vir Vroue Episode 35
Wees wys met jou geld (Karien Basson) 29.08.2022 4:39
#SondagStilword vir Vroue Episode 34
Stroom-op! (Janine Fourie) 29.08.2022 3:23
#SondagStilword vir Meisies Episode 37
Gesonde grense met sosiale media (Janine Fourie) 29.08.2022 3:03
#SondagStilword vir Meisies Episode 36
Wees gemaklik om uit te staan (Janine Fourie) 29.08.2022 3:07
#SondagStilword vir Meisies Episode 35
Krag van beelde en sosiale media (Janine Fourie) 29.08.2022 3:40
#SondagStilword vir Meisies Episode 34
STAP 20 - Wys wat jy hoor in jou woorde en optrede 24.08.2022 5:19
Dis een ding om te sê jy is ’n Christen; ’n ander om Goddelike karakter te wys. Die Here wil nie net hê ons moet gered word nie, Hy wil ons gebruik om ander te red met woorde en dade! Dit kan jy doen deur wat jy gehoor het vir ander mense te vertel en te wys. Luister na die oudio van Danileigh Steyn , aanbiddingsleier, sanger en liedjieskrywer.
STAP 19 - Skryf en hou rekord van jou hemelse gesprekke 24.08.2022 5:31
Ons skryf gewoonlik dinge neer wat ons moet onthou. Hou dan nou ook rekord van God se beloftes. Maak notas van wat jy Hom vra. En van wat Hy van jóú vra. Lees dit later in jou lewe weer, en kyk hoe jy groei en hoe goed God vir jou is. Wanneer jy wil, kan jy hierdie rekords met jou geliefdes deel as getuienis en as bemoediging vir hulle. Luister na die oudio van Carmin Olwage , sangeres en entrepre...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.