Voelgoed Podsendings

Voelgoed Podsendings

Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.

Author

Voelgoed Podsendings

Category

Education

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Jun 17, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

1. Verstaan die erns van julle belofte van trou (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022

Ons ken huwelikskontrakte, maar verstaan te min van die belofte tussen ’n man en vrou. Dit is dikwels die verlore skakel in huwelike vandag. Ware verbond is binne jou bereik. Eer jou kontrak as die een wat God onderteken het!

12. Voortdurende kontak met jou Skepper laat jou blom (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

In die moeilikste omstandighede kan jy steeds positief van jouself praat en positief optree. Niks kan jou skei van God se teenwoordigheid in jou omstandighede nie. Om jou geloofsverhouding gesond te hou moet jy daadwerklik en gereeld stilword, lees en leer, bid en luister.

10. Verander jou taal en hoe jy kommunikeer (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Gee jou seer vir God en omskep jou storie in een van hoop. Maak seker jy lag en glimlag meer, selfs al Is dit geforseerd. Wat jy dink, wys aan jou buitekant. Sien die goeie in jouself raak. Moenie net genade vir ander mense hê nie. Wees jouself ook genadig.

11. Bly gemotiveerd om die beste jy te wees (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Dit verg deursettingsvermoë en volharding om negatiewe denke te stop sodat jy waarlik kan word wie jy bedoel is om te wees. Om jou denkwyse te verander en ook jou optrede te vernuwe moet jy aanhou leer en lees. Hou aan bid vir wysheid en reik uit na ander mense.

9. Oefen stap vir stap om jouself te versorg (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Ons het ook ’n aandeel daarin om ons vertroue in onsself, ons vertroue in God, te ontwikkel. Wanneer jy jouself gedurig teleurstel, gaan jou selfvertroue verkrummel. Daar Is doendinge wat jy met dissipline en volharding kan implementeer vir goeie selfversorging.

8. Hou op probeer om in beheer te wees (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Dryf die strewe na perfeksie jou ook om altyd meer te doen en altyd te voel dat jy nie goed genoeg is nie? Dit maak van ons besige mense wat altyd onvergenoegd is en nie genoeg fokus op verhoudings plaas nie. Om kalm en selfversekerd te leef, moet jy rus vind in jou geloof.

7. Aanvaar jouself deur die krag van vergifnis (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Dis menslik om jou foute en mislukkings voortdurend te onthou. Die verlede kan keer dat ’n mens in die hede fokus op jou sterkpunte en jou oopstel vir vernuwing deur die Gees. Om die vrede met wat agter jou is te maak, moet jy leer vergewe. Vir gesonde selfvertroue moet jy dit doen.

6. Ken jou sterkpunte en groei in die Gees (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Om te word wie jy weet jy is in Hom, vra werk van ons kant af. Dit vra dat jy sal besluit om die Woord te glo en te doen. Ja, ons noem dit selfvertroue, maar jou vertroue in God moet groei. Nooi die Heilige Gees in om jou te verander en te vernuwe.

5. Jy is hier vir ’n rede - leef jou roeping (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Deel van die goed voel oor jouself is die wete dat jy nie per ongeluk hier op aarde is nie. Daar is ’n rede waarom jy hier is. Ontdek dit deur te bid en op te hou om jouself met ander te vergelyk. Wanneer jy jou talente uitleef en verskil maak, sal jou selfvertroue groei

4. Dankbaarheid en vreugde versterk jou geloof in jouself (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Die meeste van ons is geneig om net ons foute of sonde te onthou. Maar God is groter as ons verlede en dink nie meer aan ons mislukkings nie. Daarom kan ons voluit leef, die drome wat ons ontvang het werklikheid maak, en terugslae gebruik om te groei.

3. Vervang jou stres en vrese met Woordbeloftes (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Volgens God se Woord is jou denke belangrik. Jy kan kies of jy op Sy beloftes fokus of op bekommernisse. Bid vir wysheid om dit te kan regkry. Lees en luister minder na die nuus en bestudeer die Goeie Nuus. Jou brein kan altyd verander!

2. Jy beheer jou emosies, so, bestuur hulle (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Dit is menslik dat ons geloof wipplank ry. Soms voel God ver. Maar ons kan nie op ons emosies staatmaak nie. Ons moet werk maak van die wete dat ons nooit alleen is nie en daarom ons skouers kan terugtrek met selfvertroue.

1. Selfvertroue begin by gevoel - joune begin by God (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid) 28.11.2022

Wie jy is en hoe jy oor jouself praat moet reflekteer wat God van jou as sê en hoe Hy na jou kyk. Maak seker jou innerlike dialoog en jou siening van jouself getuig dat jy ’n Koningskind is. Begin ontdek dat selfvertroue eintlik Godsvertroue is.

21. Die keuses wat jou gelukkig maak 26.11.2022

Daar is keuses wat ons dikwels onbewustelik maak wat kan bepaal hoe lank en gelukkig ons gaan lewe … Besluit om met integriteit te lewe. Wees eerlik met almal, maar veral met jouself.

20. Geld koop nie geluk nie 26.11.2022

Die mens is bedoel om ’n lewe van oorvloed te geniet. Waaraan meet jy hierdie seëninge? Die wêreld beskou welvaart as geld – eiendom en ’n stewige bankbalans. Maar ware geluk kom van binne.

19. Laat geld jouself en herontdek jou eiewaarde 26.11.2022

Om ons eie behoeftes en begeertes duidelik te maak, is nie selfsugtig nie! Om jouself eerlik en reguit te laat geld, dui eerder op selfrespek. Én almal weet dan wat vir jou belangrik is.

18. Gesonde grense voorkom dat mense jou misbruik 26.11.2022

Om nie grense te hê nie, kan sleg wees vir jou gesondheid, jou sosiale lewe en jou gesin. Moenie toelaat dat jou vrees vir verwerping veroorsaak dat mense jou misbruik nie. Wees ’n Grens-Grieta.

17. Verstaan empatie en gebruik dit reg 26.11.2022

Sonder empatie kan mense nie gesonde verhoudings bou nie. Maar dan moet jy die regte stappe volg om dit effektief in te span.

16. Vergifnis is nie ’n gevoelsdaad nie 26.11.2022

’n Mens maak onaangename gebeurtenisse bymekaar; dit kleef aan jou psige soos mossels aan ’n skip. Om daarvan ontslae te raak, moet jy elkeen wat jou leed aangedoen het, vryspreek.

15. Regte motivering om verkeerde gedrag te verander 26.11.2022

Dink aan die aanmaning op sigaretpakkies – "Smoking kills". Skrik dit die rokers af? Nie vir ’n oomblik nie. Navorsing wys dat mense makliker uit opbouende aanmoediging leer as uit negatiewe skrik-op-die-lyf-jaag-pogings. Hoe werk dit?

14. Hoe jy mense behandel het nagevolge 26.11.2022

As jy nie tyd en moeite in menseverhoudings belê nie, kan jy dit dalk op jou oudag berou. Die mense wat jy vandag hiet en gebied, gaan jou nie te hulp snel wanneer jy nie meer dinge self kan doen nie.

13. Wil jy regtig altyd reg wees? 26.11.2022

Dit kan ons almal soms iriteer as mense stories en feite verdraai. Wanneer dit by verhoudings kom, is reg wees egter minder belangrik. Hoe mense voel is al wat tel.

12. Selfliefde is om deernis met jouself te hê 26.11.2022

Deernis beteken om daar te wees vir iemand anders. Om haar by te staan en te laat weet sy is nie alleen nie. Maar ons kan dit eers doen wanneer ons medelye met onsself ontwikkel.

11. Die donker kant van negatiewe emosies 26.11.2022

Emosies soos haat, woede en jaloesie het letterlik die mag om jou van God weg te dryf. Jy kan vasgeboei word aan bitterheid en dit kan al jou verhoudings verwoes.

10. Jou onderbewussyn se krag om doelwitte te bereik 24.11.2022

Om doelloos te lewe, maak jou ongelukkig. Jy moet jou onderbewussyn oortuig dat jy ernstig is oor jou doelwitte. Anders gaan hy jou net in jou gemaksone probeer hou.

Listen to the Voelgoed Podsendings podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.