Voelgoed Podsendings
Voelgoed Podsendings
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.
Author
Voelgoed Podsendings
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 17, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
WAARHEID 9 - Almal verskil maar is ewe belangrik (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 6:10
Is dit nie wonderlik dat God ons elkeen so uniek geskep het nie? Tog maak ons telkens die fout om ons heeltyd met ander mense te vergelyk. Omhels eerder wie God jou gemaak het om te wees.
WAARHEID 7 - Hê meer genade vir jouself (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 5:31
Die meeste van ons is geneig om net ons foute of sonde te onthou. Maar God is groter as ons verlede en dink nie meer aan ons mislukkings nie. Daarom kan ons voluit leef, die drome wat ons ontvang het werklikheid maak, en terugslae gebruik om te groei.
WAARHEID 6 - Woorde uit die Woord spesiaal vir jou (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 5:26
Wanneer jy so krities op jouself en jou werk is en dink jy is nie goed genoeg nie, is dit tyd om jou negatiewe gedagtes met Woordbeloftes te vervang. Dink byvoorbeeld aan beloftes soos jy is na My beeld geskep en Ek het jou lief.
WAARHEID 3 - Soek na Sy teenwoordigheid in jou lewe (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 5:38
Dit is die kern van selfvertroue: Om te weet jy kan vertroue hê, want God is by jou. Hy rus jou toe. Hy sal jou nooit alleen laat nie. Op ons rus nou die taak om heeltyd bewus te wees van wie jy in God is, hoe Hy na jou kyk.
WAARHEID 2 - Wat sê die Bybel oor jou? (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 4:12
Wie jy is en hoe jy oor jouself praat moet reflekteer wat God van jou sê en hoe Hy na jou kyk. Maak seker jou innerlike dialoog en jou siening van jouself getuig dat jy ’n Koningskind is. Begin ontdek dat selfvertroue eintlik Godsvertroue is.
21. Raak weer opgewonde oor getroud wees (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 5:39
Die huwelik kan vinnig in ’n eentonige roetine verval. Dit is dan wat jy moet dink aan maniere om die woema weer in jou verhouding terug te sit. Liefkoos mekaar, gesels met mekaar en bederf mekaar. Alle huwelike het partykeer ’n bietjie opkikkering nodig. Hier is ’n paar idees ...
20. Gebruik tegnologie om julle verhouding te verdiep (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 5:00
Tegnologie hoef nie paartjies uitmekaar te dryf nie. As dit reg ingespan word, kan dit ’n wonderlike hulpbron wees om ons huwelike te laat groei, weer saam pret te hê en mekaar te laat lag. Dit kan selfs julle geloofslewe saam verdiep.
19. Gesonde grense vir alles waarna julle kyk (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 3:15
Jare gelede was dit makliker om al ons verhoudings rein te hou en te beskerm teen dit wat ons gesien en gehoor het. Maar met alles waaruit ons vandag kan kies, moet ons baie sekerder maak dat ons nie besig is om ongemerk in sonde in te gly nie.
18. Gesonde grense vir julle vriende (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 4:23
Gesonde vriendskappe kan ’n wonderlike bydrae lewer tot ’n paartjie se sosiale lewe en geestelike groei. Die regte tipe vriende geniet nie net mekaar se geselskap nie, maar die een hou die ander een ook verantwoordbaar en bied bemoediging in moeilike tye.
17. Ken julle nog mekaar se behoeftes? (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 3:25
Jy neem aan jy weet wat jou maat nodig het. Ons het die beste bedoelings en die reinste harte. Daar is egter ’n verskil tussen iemand wat jou liefhet en bederf, en iemand wat jou akkuraat liefhet en bederf. Leer mekaar se verwagtings en behoeftes waarlik ken.
16. Bou mekaar op met julle woorde (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 3:42
Nie alle mense is afhanklik van woorde wat jou gewaardeerd en geliefd laat voel nie. Tog is dit so dat geen getroude paartjie sal floreer as hulle nie met die regte woorde hulle liefde vir mekaar wys nie. Komplimente en dankie sê is regtig elke dag noodsaaklik.
15. Trek grense om meer gewaardeerd te voel (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 6:09
As daar een ding is waaroor vroue boekdele kan skryf, is dit waardering en om geliefde te voel. Beplan daarom om jou grense te trek oor wat jy kan doen en waarmee jy hulp benodig. As ons nie die konsep van spanwerk snap nie, gaan ons altyd oorwerk, oorweldig en wrewelrig voel.
14. Sit die vonk terug in julle saamwees (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 5:44
Hoe is dit moontlik om aanvanklik so verlief te wees en later op so ’n dooierige plek te kom? As ons eerlik is, sal ons onthou hoe baie ons van onsself gegee het aan die begin. Ons het dinge gedoen wat nie in ons aard was nie – ons het bemark om te beïndruk!
13. Is julle nog mekaar se beste vriende? (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 5:13
Dit is maklik om in ’n groef te verval: opstaan, werk, oorleef, eet, slaap en herhaal. En voor jy jou kom kry, is julle een van die paartjies wat nie meer pret het en mekaar se beste pelle is nie. ’n Huwelik waar dit nie meer lekker is om by mekaar te wees nie, word noodwendig oor tyd ’n huwelik wat swaar trek.
12. Ware intimiteit is die gom wat julle saambind (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 6:42
Intimiteit word dalk deur die meeste mense gesien as iets wat jy agter ’n toe deur in die arms van jou geliefde ervaar. Die waarheid is dat om intiem te wees, meer is as romanse en seks. Ware nabyheid is die diepe wete dat jy emosioneel veilig is by jou maat en jouself kan wees.
11. Saam bid sal julle verhouding sterker maak (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 5:29
Gebed kan ’n kragtige uitwerking op jou huwelik hê. Nie net leer jy en jou maat mekaar beter ken wanneer julle saam bid nie, julle leer ook hoe om mooier met mekaar te werk, opbouend met mekaar te praat en te groei in nabyheid.
10. Werk sáám deur die krisistye (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 5:18
In krisistye kan paartjies nader aan mekaar groei, of mekaar verloor. As jy iemand is wat deur ’n moeilike tyd in jou huwelik gaan, is een van die eerste dinge wat jy moet onthou, dat julle huwelik in pyn is, nie net jý nie. Bou saam met mekaar en saam met God aan die eenheid van julle huwelik.
9. Moenie opgee oor een slegte seisoen nie (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 3:26
Geen tuin is altyd groen nie. Seisoene bring verandering wat nie altyd lekker is nie, maar dis broodnodig. Alle huwelike gaan deur seisoene, maar die bestes oorleef nie net die fase nie. Hulle kan getuig van oorlewing te midde van storms.
8. Die naakte waarheid oor affairs (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 4:57
Tyd, ervaring en ander paartjies se stories het my geleer hoe baie wanopvattings daar oor buite-egtelike verhoudings bestaan. Soos dat dit die een party se tekortkominge is wat iemand dryf tot ’n affair of dat dit nie met gelowiges gebeur nie. Hier is die waarheid ...
7. Gee aandag aan die klein issues ook (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 3:53
Die gesegde van klein jakkalsies wat ’n wingerd kan verniel, is waar. Met genoeg jakkalse rig jy mettertyd versperrings op – die spreekwoordelike muur tussen jou en jou man. So groot as wat hierdie realiteit in elke huwelik is, net so groot is die moontlikheid om dit te verander.
6. Kom op dieselfde (Bybelse) bladsy oor geld (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 3:48
As jy ’n vals persepsie van geld het of jou waarde aan jou inkomste meet, sal jy respek eis sonder dat jou optrede dit verdien. Mense wat dink geld laat die wêreld draai, maak hulleself ook algaande emosioneel los van hulle huweliksmaats. Maak seker julle dien God en nie mammon nie.
5. Hoe om regtig probleme uit te sorteer (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 4:36
As getroudes nie tyd maak om ’n argument of verskil regtig deur te praat en na mekaar te luister nie, kom daar later baie frustrasie en selfs wrewel saam met dié spesifieke konflik. Die dag as ons egter besluit om ’n saak deur te praat, kom daar net bonusse!
4. Riglyne vir gesonde baklei en konflikoplossing (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 6:19
Daar is baie dinge wat ons verkeerd doen in konfliksituasies. Maar ons kan nie konflik eenvoudig vermy nie. As julle dit nie uitpraat nie, waar gaan al die emosies dan heen? Dit hou aan broei en vergroot julle probleme. Baklei is deel van die lewe en kan selfs gesond wees vir huwelike, mits dit reg hanteer word.
3. Ware berou is meer as net "jammer" (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 5:30
Spyt kom maklik in ’n verhouding voor. Spyt is, ek is jammer dat ek dit gesê het, want nou is daar weer ’n issue . Of, ek is jammer ek het dit gedoen, want hier gaan ons nou weer ... Jammer-sê mét berou is iets heeltemal anders, en verskil hemelsbreed van spyt.
2. Om te vergewe is noodsaaklik én moontlik (oudio-kursus deur Gretha Wiid) 06.12.2022 6:28
Die huwelik is ’n reis waarop ons mekaar seermaak. Omdat intimiteit, emosionele konneksie en vertroue so belangrik is, kan ons nie mure om ons bou waarmee ons mekaar uitsluit nie. Dit is wat onvergewensgesindheid doen. Verstaan wat vergifnis is en leer die kuns om te vergewe.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.