Voelgoed Podsendings
Voelgoed Podsendings
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.
Author
Voelgoed Podsendings
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 17, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
20. Help! My kind byt en slaan ... (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 6:02
Die meeste ouers hoop dat ons kind nie die een is wat ander seermaak nie. Net so, hoop ons ook dat ons kind nie die een is wat gebyt, geslaan, gestamp of geboelie gaan word nie. Maar dit gebeur ... Daar is altyd ’n rede vir kinders se gedrag. En dít is waar ons moet begin.
19. Raad vir woede-uitbarsting en tantrums (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 5:19
Tantrums is kragtige emosionele storms. Dit kan ouer en kind totaal oorweldig, en hulle kwaad en magteloos laat voel. Gelukkig is daar iets wat jy kan doen. Dis ontstellend, maar nodig vir gesonde breinontwikkeling. Dis normaal. Regtig!
17. ’n Oorlewingsgids vir teruggetrokke, introvert kinders (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 3:37
Om teruggetrokke te wees is nie ’n siekte nie. Dit is nie iets wat met medisyne reggedokter moet of kan word nie. Sommige mense is so aanmekaargesit. Introverte moet gekoester word, en het elkeen ’n unieke en spesiale plekkie in die son.
16. Kinders verskil van mekaar - dis oukei! (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 1:40
Hoe is dit moontlik dat kinders met dieselfde pa en ma wat in dieselfde huis grootword, so kan verskil? Net soos elke potjie sy eie deksel het wat presies pas, so moet ouers elke kind anders benader, hanteer en dissiplineer. Alle mense se grootste behoefte is aanvaarding.
15. Bou selfvertroue sonder druk vir prestasie (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 4:49
Eiewaarde, ’n gesonde selfbeeld en genoeg selfvertroue hang nie van prestasie af nie. Jou kind se prestasies dra meriete. Dit kan dalk vir hom ’n beurs, universiteitstoelating vir ’n sekere studierigting of ’n werk beteken, maar sy hart is belangriker.
14. Kry jou kind aan die beweeg! (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 6:17
Fisieke aktiwiteite hou vele voordele vir kinders in. Dit is daarom belangrik dat ons hulle aan die beweeg kry, nie net vir hulle fisieke ontwikkeling nie, maar ook hulle geestelike welsyn. Word kreatief deel hiervan!
13. Saam eet is gesond en bring geluk (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 3:59
Maak die etenstafel jou gesin se saamkomplek. Daar is bewyse dat gesinne wat saam eet, geneig is om gelukkiger te wees. Dit help ook met kinders se akademiese prestasie, maak hulle meer weerstandig en minder vatbaar om vetsug en eetsteurnisse te ontwikkel.
12. Die baie lewenslesse van lekker kamp (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 7:01
Kampeer is vir die kinders en ook vir jou, goeie terapie. Dit skep die geleentheid om nuwe lewenslesse en sosiale vaardighede te leer, en bietjie te “let go”. Of julle piekniek iewers buitekant beplan, in die natuur gaan stap of in ’n hut, tent of karavaan gaan bly – dis pret! Kry jou kop en jou planne reg ...
11. Besige gesinne moet pret en plesier hê (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 3:04
Die eise van die lewe vandag is enorm. Is daar nog tyd in jou dag om te stop, rustig te raak en jou kind te kielie of ’n drukkie te gee? Of om sommer net iets spontaan buite die gewone dagroetine te doen? ’n Mens kan leer selfs as jy pret het.
10. Besige gesinne moet tydsbestuur leer (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 2:32
Ons almal het net 24 uur in ’n dag. Om jou tyd verstandig te gebruik is tot jou voordeel, want niemand weet wat die dag van môre inhou nie. As jy goeie bestuur oor jou ure kan uitoefen, kan jy die meeste uit elke dag kry.
9. Oorwin die monsters en vrese met slaaptyd (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 5:05
Kinders se vrese is vir hulle baie werklik. Dis normaal, en deel van kinders se emosionele en kognitiewe ontwikkeling. Daarom moet ouers dit nie net hanteer of dit nonsens is nie. Erken dit, toon empatie en bedink saam met hulle maniere hoe om daaroor te kom.
8. Weet hoe om vrees te verdryf (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 6:25
Vrees is ’n natuurlike reaksie op ’n spesifieke situasie, soos ’n kind wat bang is vir die donker of vir spinnekoppe. Dit is deel van die normale ontwikkeling by kinders. Sê jy verstaan, eerder as om alles te wil oplos.
7. Kinders kán ’n krisis en trauma oorkom (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 6:03
Het jy geweet wat die eerste ding is wat jou kind doen as ’n ramp gebeur of wanneer hy onseker voel? Hy kyk na jou en die ander belangrike volwassenes in sy lewe – dalk ’n ouma of ’n juffrou. Hy kyk na die versorgende volwassenes om te bepaal hoe veilig hy voel.
6. Elkedagse gesprekke bevorder breinontwikkeling (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 4:27
Kinders se brein, emosies, opinies en uitkyk op die wêreld word deur gesprekke gevorm. Dit help ook om karakter te bou as julle verskillende waardes en opinies bespreek. Maak doelbewus tyd vir praat al kry jy teenkanting.
5. Gesonde gewoontes wat die brein slim maak (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 6:00
Jou kind se brein beheer sy hele lewe, sy motoriese vaardighede, sy taalontwikkeling, emosies, verbeelding en sosiale vaardighede. As ons spiere oefening en kos nodig het, is dit dan wat ons brein ook nodig het? Óf gaan dit oor meer as net dit?
4. Aandroetines vir kalmte na besige dae (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 6:52
Ouers, maar ook kinders, het ’n rustige aand nodig om ontslae te raak van die spanning van die dag. Om konflik, dramas en teenstand te vermy, werk saam aan ’n roetine wat vir jou gesin werk – en wat kan verander en aanpas soos die jare aanstap.
3. Roetine help dat almal in balans bly (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 8:04
As ons dinge op dieselfde manier en op dieselfde tyd doen, sien ons dat uitdagende gedrag afneem. Die magspel tussen jou en jou kind sal aansienlik verminder. As sy weet wat gebeur volgende, is sy rustiger, ontwikkel haar brein en groei sy in emosionele intelligensie.
2. Hou op skuldig voel omdat jy werk (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 5:12
Tye het verander en vandag het die meeste ma’s ook ’n voltydse beroep buiten die roeping van mamma-wees. Jy hoef nie ’n superma te wees nie, net goed genoeg. Vir werkende ma’s wat fisies en emosioneel gesonde kinders wil grootmaak, is balans die wagwoord.
1. Maak julle huis julle hawe van rus (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 4:02
’n Huis is meer as bloot net ’n dak oor jou kop, ’n warm bed en ’n lekker bord kos. Dit is daardie plek waar ons veilig voel en weet dat ons geliefd is. Wat kan ’n ma doen om vir haar gesin so ’n kalm en liefdevolle toevlugsoord te skep?
WAARHEID 22 - Vorentoe beweeg verg verandering en vernuwing (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 6:12
Dit verg deursettingsvermoë en volharding om negatiewe denke te stop sodat jy waarlik kan word wie jy bedoel is om te wees. Om jou denkwyse te verander en ook jou optrede te vernuwe moet jy aanhou leer en lees. Hou aan bid vir wysheid en reik uit na ander mense.
WAARHEID 19 - Die transformerende krag van woorde en humor (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 5:07
Gee jou seer vir God en omskep jou storie in een van hoop. Hoe omskryf jy jouself en dit wat met jou gebeur het? Wees versigtig vir bitterheid en neerhalende verwysings. Maak seker jy lag en glimlag meer, selfs al is dit geforseerd.
WAARHEID 17 - Skep ’n leefstyl wat goed is vir jou liggaam (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 5:42
Ons het ook ’n aandeel daarin om ons vertroue in onsself, ons vertroue in God, te ontwikkel. Wanneer jy jouself gedurig teleurstel, gaan jou selfvertroue verkrummel. Daar is doendinge wat jy met dissipline en volharding kan implementeer vir goeie selfversorging.
WAARHEID 16 - Ontspan oor teenspoed en gee oor (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 4:40
Moenie so verbete aan jou eie pogings vasklou nie. Jy dink dalk jou pogings bepaal die eindresultaat, maar dit is nie waar nie. Ja, jy moet jou beste doen, maar jy hoef nie jou beste te vertrou nie. Jy kan God vertrou. Doen jou beste, haal asem en rus in Hom.
WAARHEID 13 - Jy hoef regtig nie genade te verdien nie (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 5:40
Die verlede kan keer dat ’n mens in die hede fokus op jou sterkpunte en jou oopstel vir vernuwing deur die Gees. Om vrede met wat agter jou is te maak, moet jy leer wat genade beteken. Vir gesonde selfvertroue moet jy dit doen.
WAARHEID 12 - Pas wat jy glo prakties toe (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid) 06.12.2022 5:11
Om te word wie jy weet jy is in Hom, vra werk van ons kant af. Dit vra dat jy sal besluit om die Woord te glo en te doen. Ja, ons noem dit selfvertroue, maar jou vertroue in God moet groei. Nooi die Heilige Gees in om jou te verander en te vernuwe.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.