Voelgoed Podsendings
Voelgoed Podsendings
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.
Author
Voelgoed Podsendings
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 17, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
#SondagStilword Episode 1 Wat is jou geskenke aan Hom? (Karien Basson) 14.12.2022 3:27
#SondagStilword vir Vroue Episode 1 Wat is jou geskenke aan Hom? (Karien Basson)
Voel dit of jou lewe ’n mislukking is? 12.12.2022 42:07
#MentorMaandag
Wat is die invloed van eet op hoe jy lyk en voel? 12.12.2022 25:56
#MentorMaandag
19. Luister twee keer meer as wat jy praat (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 3:57
Alles in die lewe gaan oor verhoudings. Om goeie verhoudings te hê, moet jy wys wees en oor sekere vaardighede beskik. Een hiervan is om effektief te kan luister – en dit beteken dat jy moet leer om minder te praat.
18. Maak positiewe verskil in jou omgewing (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 3:30
Jy kan die wêreld beter maak, daar waar jy elke dag beweeg. Ware betekenisvolle lewens is beskikbaar vir ons almal, maar word gekies deur min van ons. Kies die verskil! Deur daar te wees vir ander en hulle menswaardig te laat voel, kan jy ’n lewe vir altyd verander.
16. Gesonde vasvat van kommer, spanning en vrees (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 3:58
Stres, kommer en vrees lei tot allerhande siektes. Dit is nodig vir ons gesondheid om te leer om spanning te ontlaai en vrede en rustigheid te soek. Elkeen moet sy eie manier vind om rustig te raak. ’n Gelukkige mens is ook liggaamlik gesond.
13. Hou op om jou met ander te vergelyk (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 6:10
Ons vergelyk onsself gedurig met ander. Sosiale media het hierdie lokval in ’n groot put verander – ’n put wat 24-uur van die dag mense insluk! Jy sal moet kies om eerder op jou eie lewe te fokus en vry te kom van ander mense beny en ontevrede voel.
12. Trek jou grense en vind meer vreugde (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 3:16
Daar is baie suurknolle in die wêreld, mense wat dink die wêreld skuld hulle iets. As jy dalk so voel, het jy waarskynlik nog nie geleer om nee te sê nie. Jy wil waarskynlik altyd almal tevrede stel. As jy jouself liefhet, beteken dit jy ag dit wat vir jou belangrik is, van waarde.
11. Raad as jy voel mense trap op jou (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 4:37
As jy altyd soos die slagoffer voel en dink ander kom jou te na, is dit ’n goeie idee om daardie “ander mense” in jou lewe beter te probeer verstaan. As jy weet hoekom iemand op ’n sekere manier optree, is dit makliker om nie te dink alles word op jou persoonlik gemik nie.
10. Vervang jou vertroue met aanvaarding (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 4:58
Moenie jou vertroue op mense afdwing nie Dié ongevraagde verantwoordelikheid maak jou eintlik daardie persoon se slaaf, want nou kan jy nie anders as om binne sy raamwerk van waarheid te handel nie. So hou ons eintlik mense gevange.
6. Wat wil jy regtig in jou lewe hê? (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 2:50
Maak ’n kopskuif: Dink oor dit wat jy graag wil doen in plaas van om te tob oor alles wat jy dalk nie reg gaan doen nie! Vat ’n pen en papier en skryf neer wat jy wil bereik. Wat moet verander?
3. Daar is ’n antwoord vir elke probleem (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 4:21
Watter vraag sou jy vra as jy enigiets kon vra? Veral as jy vir seker kon weet dat die antwoord daarop gewaarborg is om jou lewensdrome te help verwesenlik. Fokus op die oplossing eerder as die probleem.
2. Wat om te doen as jy hoop verloor het (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 4:40
Ons ken almal oomblikke van wanhoop. Wanneer jy geen uitkoms sien nie – dikwels wanneer slegte dinge aanhou gebeur en dit lyk asof dit nooit beter gaan word nie. Moenie dat realiteit jou hoop steel nie.
1. Hoe lyk jou lewe - wat sien jy? (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 8:06
Begin jou lewe verryk deur jou lewensuitkyk te verander. Fokus op wat jy het in stede van raaksien wat jy nie het nie. Wees dankbaar vir wat jy ook al ontvang … Jou uitkyk bepaal hoe ryk jou lewe is.
21. Word ’n meester en bemeester die lewe (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 4:48
Gary Player is nie net ’n meester in gholf nie, maar ook van die lewe vanweë die invloed wat hy op mense gehad het buitekant sport. Wen ’n meester elke wedstryd en elke kompetisie? Nee! ’n Meester wen nie alles nie. Maar wat maak dan van jou ’n meester?
20. Verban vreesaanjaende woorde uit jou taal (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 4:46
Hoe word ons geestelik sterk om op te staan teen vrese wat ons lewe so bedreig? Jy gee onmiddellik vir dit ’n ander naam, want die naam wat jy aan iets gee, het ’n bepaalde emosie tot gevolg. Dit is nodig dat ons soms terugstaan, herbesin, ons vrees herbenoem en die lewe weer met hernude ywer aanpak.
17. Probeer die minder-is-meer-gesondheidsbeginsel (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 5:58
Soms kan die verantwoordelikheid vir ons gesondheid oorweldigend raak. Om jou ingesteldheid te verander en elke dag net ’n bietjie tyd aan oefening te bestee, kan ’n groot verskil aan jou liggaam en motivering maak.
15. Ons kan saam soveel méér suksesvol wees (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 5:36
Ons is baie sterker as ons saamstaan. Die definisie van sinergie sê dat interaksie of samewerking tussen twee of meer komponente om ’n gesamentlike effek te lewer, groter is as die som van hulle afsonderlike effek.
14. Vergeet jou mislukkings ... én jou suksesse! (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 4:47
Om die beste van jou mislukkings en suksesse te maak, moet jy dit vinnig kan vergeet. Moenie dit te veel kop toe vat nie. Lewe elke dag voluit sonder bagasie wat jou terughou of die glorie van die verlede wat jou aandag van die hede aftrek.
9. Oorkom die verlede se teleurstellings (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 4:01
Watter uitwerking het teleurstelling of mislukking op jou lewe? Soos jy dink, só is jy. Wees daarom versigtig hoe jy dink. Maak seker jy spandeer tyd saam met mense wat jou gedagtes en jou manier van dink neem na ’n plek waar jy ’n meester is, en nie ’n slagoffer nie.
8. Die sleutel tot ’n sterk karakter is respek (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 5:29
Mense se karakter is sigbaar in hulle oë. Leer jou kinders van kleins af om met respek ander in die oë te kyk. Respek is die grondslag van ’n sterk karakter. Dit maak deure oop.
7. Verbeter jou vermoë om positief te bly (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 4:23
Jou karakterkapasiteit bepaal jou vermoë om die lewe te hanteer. As jy altyd net die probleem raaksien, gaan jy jou hele lewe lank in ’n geveg vasgevang voel. Hoe breek jy daaruit los?
5. Strewe eerder na "beste" wees as "eerste" (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 5:30
Wat is die verskil tussen gemiddeld en uitstekend? Gemiddeldheid kry die werk, of dit waarmee jy kan wegkom, gedoen. Uitnemendheid vat dinge verder en vra: “Hoe kan ek dit beter doen?” Die ironie is dat dit meestal net soveel inspanning verg om middelmatigheid te bereik as om uitstekend te wees.
4. Kry jou prioriteite en roetine in plek (oudio-kursus deur Jannie Putter) 08.12.2022 5:57
As jy nie eerste dinge eerste doen nie, eindig jy altyd tweede. Die meeste mense jaag hulle lewe deur omdat hulle altyd ná hulle dag opstaan. Hoe laat jy opstaan, maak nie saak nie. Die tyd is irrelevant. Sorg jy net dat jy vóór jou dag opstaan.
21. Empatie ... Die heel belangrikste om aan te leer (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis) 08.12.2022 3:56
Die fondasie van emosionele intelligensie en effektiewe ouerskap is empatie. Hiersonder kan ons ons kinders nie geliefd laat voel nie en dit is soveel meer as om iemand se perspektief te kan insien. Dit is in werklikheid om iemand se werklikheid te ervaar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.