Voelgoed Podsendings

Voelgoed Podsendings

Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.

Author

Voelgoed Podsendings

Category

Education

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Jun 17, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

#SondagStilword Week 10 Jou visie vir die jaar - Deel 2 23.02.2023

#SondagStilword Week 10 Jou visie vir die jaar - Deel 2 (Karien Basson)

#SondagStilword Week 9 Jou visie vir die jaar - Deel 1 23.02.2023

#SondagStilword Week 9 Jou visie vir die jaar - Deel 1 (Karien Basson)

#SondagStilword Ep 8 - 'n Boodskap spesiaal vir jou 02.02.2023

#SondagStilword Ep 8 - 'n Boodskap spesiaal vir jou - Karien Basson

#SondagStilword Ep 7 - Werk aan die innerlike jy 02.02.2023

#SondagStilword Ep 7 - Kerk aan die innerlike jy - Karien Basson

#SondagStilword Ep 6 - Moet nooit ophou groei nie 02.02.2023

#SondagStilword Ep 6 - Moet nooit ophou groei nie - Karien Basson

#SondagStilword Ep 5 - Jesus is die pad 02.02.2023

#SondagStilword Ep 5 - Jesus is die pad - Karien Basson 

DAG 28 - Omring jou met mense wat jou opbou (Lynette Beer) 20.12.2022

Aan wie spandeer jy jou tyd en energie? Is hulle mense wat jou opbou, inspireer en aanmoedig? Is hulle voorbeelde van uitnemendheid? Hou op om tyd te mors met mense wat jou afrem ondertoe in plaas daarvan dat hulle jou ’n hupstoot vorentoe gee.

DAG 26 - Neem standpunt in teen skinder en slegpraat (Lynette Beer) 20.12.2022

Dis baie makliker om saam met die stroom van die negtiewe te vloei. Ons wil nie graag uitstaan en anders wees nie … Maar ons moet! Hier is vyf praktiese maniere hoe jy kan opstaan vir wat reg is en doelbewus nie saampraat as mense skinder en mekaar slegpraat nie.

DAG 25 - Praat opbouend en hersien jou woordeskat (Lynette Beer) 20.12.2022

Die spreek van woorde mag nie ligtelik opgeneem word nie. Elke keer wat ons ons mond oopmaak, spreek ons lewe of dood. Ons moet die krag van woorde besef en doelbewus besluit om ons woorde Goddelik te gebruik. Ondersoek jou woordeskat …

DAG 23 - Wees ’n instrument van heling en genesing (Lynette Beer) 20.12.2022

Oral om ons is mense wat seer het en genesing nodig het. God maak op elkeen van ons staat om Sy genesing vir mense aan te gee. Jy moet sensitief wees vir die Heilige Gees om jou begrip en fyn aanvoeling vir stukkende mense te gee.

DAG 21 - Wees ’n vredemaker en vermy onnodige konflik (Lynette Beer) 20.12.2022

Dit is maklik om ’n stryery te begin, maar moeilik om dit te beëindig. Die beste strategie is om agteruit te tree, diep asem te haal en te vra: Wat is in hierdie situasie die belangrikste? As jy die Here se eer wil ontvang en die lewe wil geniet, moet jy ’n vredemaker word.

DAG 18 - Leer jou gesin van julle roeping (Lynette Beer) 20.12.2022

In die Ou Testament het die geroepenes, die spesiale mense van God, spesiale klere gedra. Gelowiges is vandag geroep om anders te wees en te wys dat hulle leef volgens ’n roeping. Hoe jy optree is dan soos die klere wat wys dat jy gehoorsaam is. Gee dit aan na jou kinders.

DAG 17 - Betoon genade deur oortreders te vergewe (Lynette Beer) 20.12.2022

Jy maak so baie pyngebeurtenisse in jou lewe bymekaar. Dit kleef aan ’n mens se psige vas soos mossels aan ’n skip se bodem. Om daarvan ontslae te raak, moet jy elkeen wat jou ooit pyn aangedoen het, vryspreek en vergewe. Vee elkeen se rekord skoon.

DAG 15 - Maak jou wêreld klein as probleme groot is (Lynette Beer) 20.12.2022

Die laaste week van die Amerikaanse spesialis-matrose, die Navy Seals, se strawwe opleiding moet hulle ’n aantal byna onmoontlike take voltooi. Om nie die handdoek in te gooi nie, leer hierdie soldate om net op die volgende tree te fokus.

DAG 13 - Wees elke dag regtig bly (Lynette Beer) 20.12.2022

Een van die toetse vir geluk wat jy gereeld moet slaag, is hoe om mismoedigheid te oorkom. Ten spyte van al jou oorwinnings in die verlede sal die geleentheid om jou lewensvreugde te verloor een of ander tyd kop uitsteek. Keer dit in jouself en wys jou gelowige vreugde vir ander – dis aansteeklik!

DAG 12 - Kies vir selfbeheersing as jy baie stres (Lynette Beer) 20.12.2022

Mense se emosies is onvoorspelbaar. Christene is nie verhewe bo daardie kere in die lewe wanneer die druk die rouste, die diepste emosies in ons na vore roep nie. Leer dan uit die voorbeeld van koning Dawid en Abigail en behou jou selfbeheersing.

DAG 11 - Hoe lyk jou perspektief op jou lewe? (Lynette Beer) 20.12.2022

Om die regte perspektief op jou uitdagings en probleme te kry, moet jy altyd die groter prentjie of die lang termyn in gedagte hou. Jy moet onthou dat keuses en besluite hand aan hand loop. Tydens hierdie proses moet jy vasstel watter probleme binne jou beheer is en watter nie.

DAG 10 - Aanvaar jou gawes en hou op vergelyk (Lynette Beer) 20.12.2022

’n Gees van wedywering, trots en afguns kan ons dinge laat aanvang wat ons normaalweg nooit sou oorweeg nie. Jy moet bereid wees om jou beperkinge te aanvaar en die beste te wees waartoe jy in staat is. Jy het nie nodig om jou teenoor ander mense op te weeg om te voel jy is iets werd nie.

DAG 7 - Kry jou krag by die regte Bron (Lynette Beer) 20.12.2022

Hier is ’n stukkie goeie nuus: Net soos wat die brein se ingeboude negatiewe voorkeur daar is om ons te help oorleef, het ons ook ’n positiewe voorkeur in ons DNS ingebou. Dis bewys dat mense wat in krisistye kan fokus op die positiewe, by hulle innerlike krag uitkom.

DAG 6 - Onthou al die beloftes wat jou toekom (Lynette Beer) 20.12.2022

Positiewe ervarings vloei deur die brein soos water deur ’n sif. Ons hou daarvan, maar vergeet dit. Op dié manier word ons gekondisioneer om meer breinspasie aan negatiewe as aan positiewe gedagtes af te staan. Onthou wat God jou belowe het – en herinner Hom ook daaraan!

DAG 5 - Vra éérs Sy raad voor jy besluit (Lynette Beer) 20.12.2022

Wanneer jy in jou lewe op ’n plek kom waar jy belangrike besluite moet neem, kan jy nie bekostig om slegs jou intellek te gebruik nie. Jy moet deur die Heilige Gees gelei word. Jy moet God se raad altyd eerste vra.

DAG 3 - Aanvaar die bevryding van radikale vergifnis (Lynette Beer) 20.12.2022

God wil vir ons genade gee, maar Satan wil vir ons skande en smaad bring. Dat God die skande van ons wegneem, beteken ons moet elkeen vir onsself die vergifnis toe-eien wat Hy ons bied vir al ons sondes van die verlede.

DAG 1 - Kan mense regtig verander en "nuut" word? (Lynette Beer) 20.12.2022

Alhoewel jy nie kan beheer wat met jou gebeur nie, kan jy wel beheer hoe jy daarop gaan reageer. Hoe jy dink, beïnvloed hoe die chemikalieë en proteïene en bedrading van jou brein verander en werk. Meer belangrik om te weet: Die Heilige Gees verander jou hart én jou brein om jou volkome nuut te maak.

#SondagStilword Dit is tyd vir verandering (Karien Basson) 14.12.2022

#SondagStilword vir Vroue Episode 3 Dit is tyd vir verandering (Karien Basson)

#SondagStilword Episode 2 Wat is jou kern? (Karien Basson) 14.12.2022

#SondagStilword vir Vroue Episode 2 Wat is jou kern? (Karien Basson)

Listen to the Voelgoed Podsendings podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.