Voelgoed Podsendings

Voelgoed Podsendings

Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.

Author

Voelgoed Podsendings

Category

Education

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Jun 17, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

9. Hanteer groot probleme stap vir stap 24.11.2022

As probleme of uitdagings baie groot is, kan dit jou oorweldig. Dit is dan wanneer jy nie te ver vooruit moet dink nie. Konsentreer vir eers net op die volgende tree wat jy moet neem.

8. Maak midde-in die storm sin van swaarkry 24.11.2022

Ons wil graag sin maak van die lewe, maar wanneer storms begin woed, is ons geneig om te gaan stilsit en te wag dat dit oorwaai. Moenie jou lewe op die ys plaas midde-in swaarkry-tye nie.

7. Hou jou gemoed positief in negatiewe tye 24.11.2022

Onaangename gebeurtenisse ontlok sterk emosionele reaksies en bly langer in jou geheue. Wanneer jy deur ’n uitdagende tyd gaan, is dit belangrik dat jy jou gedagtes deurgaans beskerm.

6. Hoekom humor jou laat oorleef ... en floreer 24.11.2022

Die mens is bedraad vir humor. Dis ’n basiese behoefte. Lag is noodsaaklik vir ons fisieke en emosionele gesondheid, ons gemoed en ons oorlewing. Moenie dit afskeep nie!

5. Kom los uit die groot moeg 24.11.2022

Meet jy jou eiewaarde aan hoe produktief jy is en het uitputting vir jou ’n statussimbool geword? Deesdae word slaap mos as ’n luukse beskou en dien uitputting as ’n bewys dat ons hard werk.

4. Oorwin jou vrese met geloof en dankbaarheid 24.11.2022

Vrees loop dieper as bekommernis. Dit is potensieel een van die gevaarlikste emosies. Ons vrees almal iets: armoede, eensaamheid, verwerping, mislukking, siekte of die dood.

3. Om dankbaar en tevrede te wees 24.11.2022

Ons ingesteldheid bepaal ons beperkings. As jy nie veel van die lewe verwag nie, sal jy ook nie veel kry nie. As jy die oggend opstaan en dink dit gaan ’n aaklige dag wees, moet nie verbaas wees as alles heeldag skeefloop nie.

2. Leef met ’n verwagting vir die goeie 24.11.2022

Ons ingesteldheid bepaal ons beperkings. As jy nie veel van die lewe verwag nie, sal jy ook nie veel kry nie. As jy die oggend opstaan en dink dit gaan ’n aaklige dag wees, moet nie verbaas wees as alles heeldag skeefloop nie.

1. Hoe gelukkig is jy met jou lewe? 24.11.2022

Jou geluk is jóú verantwoordelikheid. As jy dit besef, word jy vry om voluit te kan leef. Om gelukkig te wees is ’n proses, ’n nimmereindigende reis van ’n duisend keuses per dag.

RIGLYN 20 - Wag voor jy weer in ’n verhouding spring! 24.11.2022

Jy kan heeltemal van my verskil, maar die meerderheid mense sal met my saamstem: Moenie te vinnig met ’n nuwe verhouding begin nie! Gun jouself die genesingspad om die sterker, wyser en wakkerder vrou te word wat weer kan liefkry.

RIGLYN 18 - Herontdek die lewe sonder bitterheid 24.11.2022

Jou veranderde verhoudingstatus is jou saak, en net joune. Jou lewe, jou keuses, jou verantwoordelikheid. Jy gaan agterkom dat jy, fisies en emosioneel, sterker is as wat jy gedink het. dit verg nogal ’n mate van “reinvention” en ’n redelike kopskuif.

RIGLYN 17 - Jy én jou kinders gaan berading benodig 24.11.2022

Egskeiding is geweldig traumaties. Jy, én die kinders, móét hulp kry. As jy besluit om te gaan, gaan jy jouself moet “reinvent”. Jy moet uitvind wie jy is en deur die seer werk.

RIGLYN 15 - Dink mooi ... beplan wat jy wil doen 24.11.2022

As jy besluit om jou man te verlaat, moet jy maatreëls te tref om jou en jou kinders se fisiese, finansiële en emosionele veiligheid te verseker. Egskeiding is baie stresvol! Maar jy kan dit oorleef met geloofsvertroue en die regte praktiese optrede en professionele bystand.

RIGLYN 14 - Maak nou al planne vir krisisse 24.11.2022

Kry perspektief om jou situasie realisties te benader. Afhangende van wat die omstandighede is, is dit belangrik dat jy voorsorgmaatreëls tref in geval dinge gebeur wat jou lewe of jou toekoms bedreig. (Hier word verwys na ekstreme omstandighede.)

RIGLYN 13 - Trek jou grense en beskerm jouself 24.11.2022

As jy enigsins hoop het, as jy enigsins glo daar is ’n kans vir oorlewing vir julle, hou aan om te veg. Daar is soveel mense wat om die verkeerde redes hulle huwelik verlaat. Kry die regte ondersteuning en wees voorbereid op ’n krisis. Verken jou grense en beskerm jouself.

RIGLYN 10 - Gelukkige huwelike verstaan berou vereis verandering 24.11.2022

Mense verander nie maklik nie, en beslis nie teen hulle wil nie. Aanpassings en verbeterings vind slegs plaas as die een wat moet verander die situasie so insien en instem om iets te doen daaraan om verskuiwings te bring.

RIGLYN 8 - Is ’n affair noodwendig die einde? 24.11.2022

Owerspel word gewoonlik uitgebeeld as die dood van ’n verhouding – die ergste gebeurlikheid, naas die dood van ’n eggenoot. Mense beskou affairs as die hoogste verraad, maar daar is wel paartjies wat van die seer genees en huwelike wat die trauma oorleef.

RIGLYN 7 - Die wonde van pornografie en verwerping 24.11.2022

Jy is dit werd om geliefd te voel in jou slaapkamer. Jy is nie ’n prostituut nie. Jy is baie meer werd! Moenie hierdie rooi lig van die tafel af vee, grappies maak en dit gering ag nie. As daar seksuele afwesigheid en kilheid is, is ’n slaapkamer die koudste plek in die wêreld.

RIGLYN 2 - Gevaartekens en die issue van onderdanigheid 24.11.2022

Hoe onderskei ’n mens tussen ’n gesonde verhouding en een waaruit jy jou so gou moontlik moet verwyder? Daar is sekere tekens wat ’n redelike aanduiding van ’n gevaarlike verhouding kan wees – mits jy jou nie blind en doof hou daarvoor nie.

RIGLYN 5 - Die harde waarheid oor wat mishandeling is 24.11.2022

Mishandeling met die vuiste, met woorde of met stilstuipe gebeur gewoonlik nie in die openbaar nie. Dit gebeur agter toe deure. Die hartseer is ook dat die kinders dikwels hier onder deurloop.

Josef en Maria (Karien Basson) 16.11.2022

#SondagStilword vir Vroue Episode 49

Kersfees en die vervulling van profetiese woorde (Karien Basson) 16.11.2022

#SondagStilword vir Vroue Episode 48

Dis hierdie maand Kersfees (Karien Basson) 16.11.2022

#SondagStilword vir Vroue Episode 47

Laat geloof jou op Sy pad lei (Angela Bender) 16.11.2022

#SondagStilword vir Vroue Week 49

Maak elke oomblik van jou lewe betekenisvol (Alta Strauss) 16.11.2022

#SondagStilword vir Vroue Week 48

Listen to the Voelgoed Podsendings podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.