Radio Pulpit

Vier Die Lewe

Vier Die Lewe is ‘n leefstylprogram op Radiokansel 657AM oor die Goeie Nuus van God se verlossing. Dit is ‘n inspuiting van hoop en vreugde vir die wat moeg en vol wanhoop is.

Author

Radio Pulpit

Category

Education

Podcast website

www.radiopulpit.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Jolanda Saaiman getuienis 25.08.2024

Jolanda gesels oor haar keuse om tydens `n tiener swangerskap, nie met die beplande aborsie voort te gaan nie. Sy ontmoet die Here letterlik op die hospitaalvloer. Maar dis nie waar haar storie eindig nie. Sy loop `n pad in diepe afhanklikheid van die Here elke dag. Vier Die Lewe

Gert Meyer 18.08.2024

Gert kom getuig oor sy lewe in dwelms, deel van `n roof-bende, en hoe die Here sy lewe radikaal kom omkeer het. Vandag getuig hy oral waar hy kan, hy is betrokke by 2 bybelstudie groepe en preek op uitnodiging in gemeentes. Vier Die Lewe

Gracious Chifamuna 11.08.2024

Gracious shares her testimony and ministry amongst Widows. Conversation not to be missed. Vier Die Lewe

Johnny Young (Episode 2) 04.08.2024

Johnny kom gesels verder oor sy bekering, sy roeping, en ook `n belangrike gesprek met sy skoonma. En hoe alles deel uitmaak van God se plan. Vier Die Lewe

Bea Badenhorst Ellel Ministries 21.07.2024

Bea kom gesels met ons oor haar getuienis, hoe haar pad met Ellel bediening gekruis het, die werk wat hulle doen, en ook die lieflike vroueoggend wat voorle vir die 9de Augustus. Vier Die Lewe

Uitbranding en hoe om die gevare te sien 07.07.2024

Mandy is `n arbeidsterapeut, wat ook `n LLB graad het. Sy het `n passie vir mense, veral vroue, en fokus ook op emosionele uitbranding en hoe om die gevare te sien. Vier Die Lewe

Christelle Botha 30.06.2024

Kom luister na hierdie intense persoonlike getuienis van Christelle, die effek wat molestasie op haar identiteit en lewe gehad het, en hoe ons Getroue God haar kom genees, bevry en nuwe lewe kom gee het. Prys die Here, ons vier die Lewe. Vier Die Lewe

Sue Eksteen 23.06.2024

Sue kom vertel oor die beroerte wat sy gehad het, en hoe die Here haar kom genees het. Dankie Jesus ons Prys U Naam!! Vier Die Lewe

Johnny Young 16.06.2024

Johnny getuig oor sy grootword jare, swaarkry, eie planne, en hoe die Here sy lewe omgedop het vir die Koninkryk. Mag hierdie getuienis jou raak en inspireer! Vier Die Lewe

Godly Revolution 2024 02.06.2024

Erich Posthumus kom gesels oor die komende Godly Revolution, die hart daar agter en hoekom (as jy tieners en jong volwassenes in die huis het) hulle dit nie kan mis nie. Vier Die Lewe

Liesl du Toit 26.05.2024

Liesel kom deel haar getuienis oor hulle babatjie wat `n baie slegte prognose gehad het, hulle vashou aan die Here, en alle eer aan Hom vir genesing. Vier Die Lewe

Cecilia van der Riet (Semi-finalis vir Mev Suid-Afrika 2024) 19.05.2024

Wat `n voorreg om vir Cecilia in die ateljee te ontvang. Sy deel haar getuienis, ons praat oor boeliery onder volwassenes, en ook oor haar fokus en visie vir haar deelname aan die Mev SA kompetisie. Vier Die Lewe

Zaretha van Wyk 12.05.2024

Zaretha is weer op die program, wat `n inspirasie is hierdie vrou! Sy gesels oor die lied, Lazarus kom uit. Mag dit jou hart ook aanraak. Vier Die Lewe

Simon en Marthenell 05.05.2024

Hierdie pragtige paartjie kom gesels oor hulle pad met al drie kindertjies wat te vroeg gebore is, hoe dit hulle geloof beinvloed en laat groei het, en hulle ondersteuning aan ander wat dieselfde beleef. Vier Die Lewe

Die gelowige en depressie 28.04.2024

Ek en Janine Price gesels oor die gelowige en depressie, en haar eie swaar pad, en genesing. Vier Die Lewe

Janine Price 21.04.2024

`n In diepte gesprek oor haar huwelik, die uitdagings en die genesing. Kom luister saam, wat `n kragtige getuienis. Vier Die Lewe

Roy and Colleen Mann (2) 14.04.2024

Colleen shares her heart and love for Jesus. We talk about Jesus, the author and finisher and focus of our faith. Vier Die Lewe

Roy and Colleen Mann (Episode 1) 07.04.2024

In the time of celebrating Passover, Roy and Colleen share about Jesus as the Corner Stone and the Cap Stone of our faith. May you be inspired by this time of fellowship. Vier Die Lewe

Jaco en Heleen Lourens 31.03.2024

Hulle gesels oor hulle passie vir sendingwerk, die worstel en genesing om `n kind te verloor, neem van sabbatsrus en waarmee hulle nou besig is. Vier Die Lewe

Abel Zuma 24.03.2024

Abel shares with us his growing up years, salvation, ministry and heart for the youth of South Africa. Vier Die Lewe

Monique Duson (Los Angeles) 17.03.2024

Monique was in South Africa, talking about race, culture, identity and the Critical Race Theory. Vier Die Lewe

Carien Mare 10.03.2024

Carien kom getuig oor haar man se kanker diagnose, die pad wat hulle geloop het, en die Here se hand van genesing oor hulle. Vier Die Lewe

Chardi Kleynhans 03.03.2024

Chardi kom deel haar getuienis as "legally blind" en die Here se hand in haar lewe, en ook die boek wat sy geskryf het. Vier Die Lewe

Zaretha van Wyk - Episode 2 25.02.2024

Zaretha vertel van haar histerektomie op baie jong ouderdom, maar in alles HOOP in die Here en sy hand oor haar lewe. Vier Die Lewe

Zaretha van Wyk 18.02.2024

Zaretha vertel van haar pad met depressie en HOOP Vier Die Lewe

Listen to the Vier Die Lewe podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.