RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Taaldinge 14 Maart 2021 14.03.2021 19:59
Dr. John Bojé vertel vir Ina Strydom van sy lewenswerk: die vertaling van Geoffrey Chaucer se Canterbury Tales uit die Middelengels in Afrikaans as Die Pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer. Hy lees ook uit die Middelengels voor, en uit die Afrikaanse vertaling.
Taaldinge 7 Maart 2021 07.03.2021 18:56
Waar kom padda in die keel vandaan? Wat beteken basel? Wat is ‘n buitengewone professor anders as net ‘n professor?
Taaldinge 28 Februarie 2021 28.02.2021 18:29
Ina Strydom praat met Nicol Faasen, die samesteller van Pharos se Afrikaansgids, oor dié gids se inhoud en gebruikswaarde. Die gids word saamgestel volgens die Departement van Basiese Onderwys se amptelike Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsdokumente vir Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal vir graad 7 tot 12, en is dus handig vir leerlinge én Afrikaansonderwysers.
Taaldinge 21 Februarie 2021 21.02.2021 17:57
Op Intenasionale Moedertaaldag, 21 Februarie gesels Magdaleen en haar gaste oor die gebruik van moedertaal in die alledaagse sosiale lewe en in die groowordlewe van ‘n kind.
Taaldinge 14 Februarie 2021 14.02.2021 22:53
‘n Toenemende belangstelling in Afrikaans by universiteite in die buiteland is een van die redes waarom ‘n handboek oor Afrikaans, maar in Engels, nou saamgestel word. Die drie redakteurs, proff. Wannie Carstens, Nerina Bosman en Theresa Biberauer het met Ina Strydom oor die projek gepraat.
Taaldinge 7 Februarie 2021 07.02.2021 20:21
Wat is die verskil tussen ‘n nasie en ‘n volk? Waar kom die ‘ent’ in entstof vandaan? Wat is die verskil tussen integraal en integrerend?
Taaldinge 31 Januarie 2021 31.01.2021 18:11
Om te vertaal of nie te vertaal nie – dit is die vraag wat Ina Strydom met Sophia Kapp bespreek. Sophia is die taaladviseur van VivA en lid van die Taalkommissie.
Taaldinge 24 Januarie 2021 24.01.2021 20:57
Hulde word gebring aan RSG-omroeper, dramaregisseur en woordkunstenaar Margot Luyt, wat onlangs oorlede is. Dit word gedoen deur ‘n kortverhaal van Cecile Cilliers wat Margot in 2018 in die program, Kortom, voorgelees het.
Taaldinge 17 Januarie 2021 17.01.2021 17:44
Wat is ‘n tesourus, waarvoor word dit gebruik en deur wie? Ina Strydom praat met die mederedakteur van die hersiene Tesourus van Afrikaans, Leon de Stadler, oor die hersiening van die woordeboek, en veranderings wat aangebring is.
Taaldinge 10 Januarie 2021 10.01.2021 21:20
In Taalnavrae word gepraat oor spandabel, porseleinaarde, veselperske, en wat die korrekte Afrikaans vir ‘branding’ sou wees.
Taaldinge 3 Januarie 2020 03.01.2021 19:27
In dié eerste program van die nuwe jaar praat Ina Strydom met Jana Luther oor die maan, maande en kalenders of almanakke.
Taaldinge 27 Desember 2020 27.12.2020 18:33
Luister na ‘n herhaling van ‘n gesprek wat in driesestig uitgesaai is oor ‘n toepassing waarmee kinders in al die landstale kan leer lees; en ‘n uittreksel uit die program oor taalverskynsels in die poësie van die NP van Wyk Louw.
Taaldinge 20 Desember 2020 20.12.2020 20:45
Daar word gepraat oor sibbe, jou moses teekom, die verskil tussen eers en eens, en die herkoms van die kluts kwyt wees.
Taaldinge 13 Desember 2020 13.12.2020 14:52
Hoe word pejoratiewe in die AWS hanteer? Ina Strydom praat met Duncan Ruiters wat pas sy M.A. in Afrikaanse Taalkunde aan die Universiteit van Johannesburg oor dié onderwerp behaal het.
Taaldinge 6 Desember 2020 06.12.2020 18:41
Taalnavrae gaan oor onder meer bog, vroetel, toekomskundige en drop.
Taaldinge 29 November 2020 29.11.2020 21:57
Ina Strydom praat met die mederedakteurs van ‘n unieke handboek oor Toegepaste Taalkunde in Afrikaans, proff. Wannie Carstens en Tobie van Dyk, oor die doel, aard en omvang van die projek.
Taaldinge 22 November 2020 22.11.2020 19:42
In Taalnavrae word gepraat oor onder meer kolofonium, kolofon, decibel en die Hansard.
Taaldinge 15 November 2020 15.11.2020 24:26
Die vertaling van die Bybel is ‘n lang en omvattende proses. Prof. Ernst Kotze vertel vir Ina Strydom van die proses, die benadering tot die vertaling en die unieke eienskappe van die 2020 vertaling.
Taaldinge 8 November 2020 08.11.2020 21:05
Taalnavrae word hanteer, en daar word gepraat oor Stockholm-sindroom, kaspaas, paria en die verskil tussen ‘n boot en ‘n skip.
Taaldinge 1 November 2020 01.11.2020 18:53
Ina Strydom praat met Marlie Coetzee van die Virtuele Instituut vir Afrikaans oor VivA se nuwe aanlyn lees-en-luisterbiblioteek.
Taaldinge 25 Oktober 2020 25.10.2020 16:47
Die nuwe voorsitter en ondervoorsitter van die direksie van die Afrikaanse Taalraad praat oor hulle planne.
Taaldinge 18 Oktober 2020 18.10.2020 17:55
Hoe lyk jou Sondagmiddagmaal? Vleis, rys, pampoen, gebraaide aartappels of strooppatats? Jana Luther vertel vir Ina Strydom meer van pampoen, aartappel en patat.
Taaldinge 11 Oktober 2020 11.10.2020 19:24
In Taaldinge word taalnavrae hanteer. Daar word gepraat oor onder meer opkeil, asem, adem en van 'n berg 'n molshoop maak.
Taaldinge 4 Oktober 2020 04.10.2020 20:30
Ina Strydom praat met die samestellers van eksamenhulpboeke vir Afrikaans Huistaal, Isabella Venish en Martli Jordaan. Die boeke is beskikbaar vir Grade 10, 11 en 12.
Taaldinge 27 September 2002 27.09.2020 19:00
Taalnavrae kom aan die beurt en daar word gepraat oor onder meer kalant en vabond, landdros, magistraat, bekaf en apostelperde.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.