RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Taaldinge 5 September 2021 05.09.2021 20:54
Jana Luther van die WAT praat oor neologismes; hoe dit gevorm word en kriteria vir die opneem van nuutskeppings in woordeboeke.
Taaldinge 29 Augustus 2021 29.08.2021 19:17
Prof. Hans du Plessis vertel van sy betrokkenheid by die voltooiing van die publikasie, AWS se eerste 100 jaar, wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns uitgegee word.
Taaldinge 22 Augustus 2021 22.08.2021 21:50
Sophia Kapp, VIvA se taaladviseur, praat oor naamwoorde. Dis deel van ‘n reeks oor woordsoorte, wat veral vir Afrikaans onderwysers, leerlinge en ouers waardevol kan wees.
Taaldinge 15 Augustus 2021 15.08.2021 14:32
Drr. Willem Botha en Frikkie Lombard van die WAT beantwoord luisteraars se taalnavrae. Die herkoms van uitdrukkings soos tou opgooi en die hasepad kies, en woorde soos fundi en neofiet word bespreek.
Taaldinge 8 Augustus 2021 08.08.2021 18:05
Prof. Quentin Williams, direkteur van die Sentrum vir Meertaligheid en Diversiteit by die UWK, vertel meer oor die Drietalige Woordeboek van Kaaps wat onlangs bekend gestel is.
Taaldinge 1 Augustus 2021 01.08.2021 19:01
In Taalnavrae beantwoord drr. Willem Botha en Frikkie Lombard van die WAT luisteraars se vrae oor onder meer kritiek en krities; en braaf en dapper.
Taaldinge 25 Julie 2021 25.07.2021 17:24
Die Universiteit van Johannesburg ken al vir meer as twee dekades pryse toe vir kreatiewe skryfwerk in Afrikaans, en reeds vir ‘n geruime tyd ook in Engels. Nou is daar vir die eerste keer ook pryse ingestel vir Zoeloe en Noord-Sotho/Sepedi en vir vertaling. Prof. Marné Pienaar, hoof van die Kantoor vir Meertalige Taaldienste by die UJ, vertel meer hieroor.
Taaldinge 18 Julie 2021 18.07.2021 20:53
Die taaladviseur van VivA, Sophia Kapp, vertel van ‘n aanlyn grammatikaprojek wat fokus op skoolgrammatika, en wat belyn is met die skoolleerplanne vir Afrikaans taalkunde.
Taaldinge 11 Julie 2021 11.07.2021 15:41
Die Sentrum vir Tekstegnologie, CText, die Noordwes-Universiteit doen navorsing oor taaltegnologie en ontwikkel hulpbronne. Die kommunikasiebeampte, Annuschka Snyman, vertel meer oor van die projekte.
Taaldinge 4 Julie 2021 04.07.2021 23:34
In Taalnavrae beantwoord drr. Willem Botha en Frikkie Lombard onder meer vrae oor die gebruik van nommers, syfers en getalle; en die gebruik van gaan en sal.
Taaldinge 27 Junie 2021 27.06.2021 17:58
Prof. Gerhard van Huyssteen vertel van ‘n projek waarby hy betrokke is wat fokus op die herkoms van woorde en idiome. Die projek word geborg deur Afrikaans.com.
Taaldinge 20 Junie 2021 20.06.2021 22:03
‘n Student van die Universiteit van Moskou, Lika Gorokhwa, vertel van haar belangstelling in en liefde vir Afrikaans.
Taaldinge 13 Junie 2021 13.06.2021 22:59
Jana Luther, die sekretaris van die Taalkommissie, vertel meer van die kommissie se werksaamhede, en die beplanning wat reeds gedoen word vir die 12de uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.
Taaldinge 6 Junie 2021 06.06.2021 22:31
‘n Senior mederedakteur van die WAT, Alet Cloete, praat oor Deel 16 van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal wat onlangs bekend gestel is, en ‘n mederedakteur Gerda Odendal praat oor Kaaps in die WAT.
Taaldinge 30 Mei 2021 30.05.2021 24:37
Luister na ‘n geredigeerde weergawe van “Die syfer- en sypelplekke van Afrikaans – ‘n samevatting.” Dit is presies 31 jaar gelede uitgesaai op 30 Mei 1990, en handel oor die variëteite van Afrikaans. Die stemme van wyle proff. Tony Links en Christo van Rensburg kan gehoor word.
Taaldinge 23 Mei 2021 23.05.2021 16:02
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het onlangs sy 95ste bestaansjaar gevier. Die hoofredakteur, dr. Willem Botha, praat oor hoe die WAT ná soveel jaar relevant bly, en die verskyning van Deel XVI van die WAT. Die ambassadeur van die WAT se borg-‘n-woordprojek, die ekonoom Dawie Roodt, vertel waarom hy by die projek betrokke geraak het.
Taaldinge 16 Mei 2021 16.05.2021 20:24
In Taalnavrae word gepraat oor die betekenis van om iets te laat links lê, om iets om dowe neute te doen, en oor die gebruik van nogals in plaas van nogal.
Taaldinge 9 Mei 2021 09.05.2021 20:23
Die hoof van die Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk by die NWU, prof. Tobie van Dyk, en die projekbestuurder by ICELDA, DJ Cloete, vertel meer oor die werk wat dié sentrum doen op die gebied van die ontwikkeling van taalvaardigheid, akademiese taalvaardigheid en meertaligheid.
Taaldinge 2 Mei 2021 02.05.2021 22:53
In Taalnavrae word gepraat oor omskep of omgeskep, kontaminasie, en om verskoning of onverskoning.
Taaldinge 25 April 2021 25.04.2021 18:18
SADiLaR is ‘n sentrum wat digitale taalhulpbronne skep en bewaar en navorsing doen in en vir al die landstale. Ina Strydom praat met die projekbestuurder, Juan Steyn, en die Afrikaans-navorser Benito Trollip oor hulle werk en projekte.
Taaldinge 16 April 2021 18.04.2021 18:06
In Taaldinge word daar gepraat oor newwies, kwaggakaiings en die herkoms van die woord imbesiel.
Taaldinge 11 April 2021 11.04.2021 19:07
Jana Luther praat oor die rol van die teksredakteur, en hoe hy die leser én die skrywer help.
Taaldinge 4 April 2021 04.04.2021 20:17
In Taalnavrae word onder meer gepraat oor die verskil tussen oppervlak en oppervlakte, alma mater en alumni en stiekem.
Taladinge 28 Maart 2021 28.03.2021 19:14
Die taalkundiges, Nerina Bosman en Sulene Pilon van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, vertel vir Ina Strydom meer oor die Afrikaanse Skryfhulp wat saam met die Leuven Universiteit ontwikkel is.
Taaldinge 21 Maart 2021 21.03.2021 20:13
In Taalnavrae word gepraat oor onderstebo klere en die oorsprong van "na iemand se pype dans." Is daar ‘n woord wat op j eindig?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.