RSG

Rand en sent

Business AF ↓ 765 episodes

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Author

RSG

Category

Business

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Rand en sent 26 Februarie 2023 26.02.2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord lede en pensionarisse se vrae.

Rand en sent 19 Februarie 2023 19.02.2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord lede en pensionarise se vrae.

Rand en sent 12 Februarie 2023 12.02.2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord lede en pensionarise se vrae.

Rand en sent 5 Februarie 2023 05.02.2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die probleme en uitdagings wat lede het.

Rand en sent 29 Januarie 2023 29.01.2023

Athina Jansen praat met Neil van der Walt van Debtsafe oor die belangrikheid daarvan om aandag te skenk aan ons finansiële situasie. Sy gesels ook met twee entrepreneurs in die skoonheidsbedryf oor hoe beurtkrag en ander uitdagings hulle werk affekteer.

Rand en sent 22 Januarie 2023 22.01.2023

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die opdatering van persoonlike inligting en die nominasievorm.

Rand en sent 15 Januarie 2023 15.01.2023

Tracy Peters van die Staatsdiens-pensioenfonds verduidelik hoe die fonds sy lede teen bedrog, swendelary en kansvatters beskerm.

Rand en sent 8 Januarie 2023 08.01.2023

Arehan Brand gesels met Johann Rossouw, ‘n geregistreerde finansiële beplanner, oor hoe om meer geld as dae in Januarie te hê. Hulle bespreek hoe om met begrotings te werk, finansiële doelwitte te stel, en om jou geldsake verantwoordelik te bestuur met die hulp van ‘n finansiële beplanner. ‘n Paar luisteraars deel ook hulle 2023 finansiële doelwitte.

Rand en sent 1 Januarie 2023 01.01.2023

Dawie Roodt, ekonoom by die Efficient Groep, praat oor die ekonomiese gebeure van 2022 en die vooruitsigte vir 2023. Hy maak sin van die stygende rentekoerse, skerp inflasie, politieke gebeure, asook die voortslepende kragkrisis. Hy deel ook ‘n paar wenke om verbruikers finansieel te help.

Rand en sent 18 Desember 2022 18.12.2022

Arehan Brand praat met Pierre Cloete, ‘n korttermyn-versekeringspesialis, oor motor-, reis- en huisinhoudverserkering, asook die belangrikheid van hierdie soorte dekking in die feesseisoen.

Rand en sent 11 Desember 2022 11.12.2022

Arehan Brand praat met Tracy Peters van die Staatsdioens-pensioenfonds oor die ontstaan en doel van die fonds. Hulle bespreek ook verskeie voordele van die fonds, en die bydraes wat werknemers en die werkgewer maak.

Rand en sent 4 Desember 2022 04.12.2022

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor aftrede en bedanking.

Rand en sent 27 November 2022 27.11.2022

Athina Jansen gesels met Fabian Crouch van die Staatsdiens-pensioenfonds oor onopgeëiste voordele.

Rand en sent 20 November 2022 20.11.2022

Arehan Brand gesels met Tracy Peters van die Staatspensioenfonds oor die ontstaan en doel van die fonds. Hulle bespreek ook verskeie voordele van die fonds, asook die bydraes wat werknemers en die werkgewer maak.

Rand en sent 13 November 2022 13.11.2022

Athina Jansen gesels met Fabian Crouch van die Staatsdienspensioenfonds oor die hoër belastings wat sedert September van pensioenarisse se pensioen afgetrek is. Hy verduidelik wat pensioenarisse te doen staan om hierdie aftrekkings te verander, of om terug te keer na die normale laer aftrekkings.

Rand en sent 6 November 2022 06.11.2022

Athina Jansen gesels met entrepreneur Marina Prinsloo oor die belangrikheid van jou en jou besigheid se handelsmerk. Christiaan van der Spuy, ‘n argitek en entrepreneur, het onlangs sy eie besigheid begin. Hy deel wenke met mense wat ook werk wil skep.

Rand en sent 30 Oktober 2022 30.10.2022

Arehan Brand praat met prof. Jurie van Vuuren van die Leerstoel vir Entrepreneurskap by die Universiteit van Pretoria, oor hoekom sekere entrepreneurs se produkte nie verkoop nie. Hy gee raad oor hoe klein sakeondernemings hulle verkope kan vermeerder deur middel van bemarking.

Rand en sent 23 Oktober 2022 23.10.2022

Verskeie Suid-Afrikaanse besighede beplan om van Februarie 2023 af, ‘n vierdag werksweek te implementeer om werkstevredenheid en produktiwiteit te verhoog. Dis ‘n projek deur die niewinsgewende organisasie, 4 Day Work Week SA, wat vir ses maande geïmplementeer sal word, waarna die navorsing en uitslae evalueer sal word. Arehan Brand gesels met Jakobus Wilken, ‘n vennoot by IQBusiness in Kaapstad,...

Rand en sent 16 Oktober 2022 16.10.2022

Onlangse navorsingwys dat slegs 8% van Suid-Afrikaners genoeg finansiële beplanning in plek het vir hulle aftrede. Arehan Brand vind uit wat die verreikende gevolge hiervan is, en wat jy kan doen om te verseker dat jy genoeg geld het vir jou oudag. Johann Rossouw, ‘n geregistreerde finansiële beplanner, het raad. ‘n Paar Suid-Afrikaners deel ook wenke en vertel van hulle aftreeplanne.

Rand en sent 9 Oktober 2022 09.10.2022

Inflasie veroorsaak dat verbruikers al duurder vir goedere en dienste betaal.  Arehan Brand gesels met Johann Rossouw, ‘n finansiële beplanner, oor hoe om die impak van inflasie te verminder. Pierre Cloete, ‘n korttermynversekeringspesialis, deel geldspaar wenke.

Rand en sent 2 Oktober 2022 02.10.2022

Athina Jansen gesels met prof. Jurie van Vuuren van die Leerstoel vir Entrepreneurskap by die Universiteit van Pretoria oor entrepreneurskap, en gee raad oor hoe om jou eie besigheid te begin.

Rand en sent 25 September 2022 25.09.2022

Met al die ekonomiese onsekerheid, stygende inflasie en hoë brandstofpryse, hoe kan ‘n mens steeds optimisties bly oor jou persoonlike finansies? Lise-Mari Crafford, hoof van Fondsdistribusie by Allan Gray, het raad hieroor. Marilyn Andreas, die eienaar van Polish Perfection by Marilyn, vertel van haar entrepreneurskapsreis.

Rand en sent 18 September 2022 18.09.2022

Athina Jansen gesels met die bestuurshoof: aktuarieel by Hollard Life Solutions, Gerhard van Wyngaardt, oor lewensversekering en hoe beter finansiële opvoeding groter inklusiwiteit in die versekeringsmark kan bevorder.

Rand en sent 11 September 2022 11.09.2022

Athina Jansen gesels met entrepreneur Jolene Barnes, die eienaar van Prettyful, oor hoe om jou eie besigheid te begin. Sy gesels ook met finansiële adviseur Luther Jooste oor hoe verbruikers hulle finansies beter kan bestuur.

Rand en sent 4 September 2022 04.09.2022

Athina Jansen gesels met skuldadviseur Carla Oberholzer van Debtsafe, oor hulle opname oor Suid-Afrikaanse verbruikers se finansiële realiteit. Sy gee ook praktiese wenke oor hoe om jou finansies aan te pak.

Listen to the Rand en sent podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.