RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rand en sent 28 Augustus 2022 28.08.2022 16:26
Hoe kan jy beheer van jou persoonlike finansies en geldsake neem? Arehan Brand praat hieroor met Lelané Bezuidenhout, die bestuurshoof van die Finansiële Beplanningsinstituut. Sy verduidelik ook hoe ‘n finansiële beplanner jou kan bystaan en ondersteun.
Rand en sent 21 Augustus 2022 21.08.2022 22:47
Waarom verval internet-databondels? Betaal Suid-Afrikaners te veel vir data? Arehan Brand praat met Jan Vermeulen, die redakteur van My Broadband, om antwoorde op hierdie vrae te kry.
Rand en sent 14 Augustus 2022 14.08.2022 22:35
Arehan Brand gesels met Nico van Gijsen, ‘n geregistreerde finansiële beplanner, en Karen Bongers, ‘n produkaktuaris by Sanlam, oor finansiële beplanning en langtermynversekering. Die bepalings en voorwaardes van versekeringspolisse is in die kollig, asook waar om te begin om dekking te kry.
Rand en sent 7 Augustus 2022 06.08.2022 20:31
Arehan Brand praat met Nico van Gijsen, ‘n geregistreerde finansiële beplanner, oor finansiële beplanning en langtermynversekering. Nico vertel watter versekering verbuikers moet hê, en of dit moontlik is om daarop te spaar.
Rand en sent 31 Julie 2022 31.07.2022 25:47
Hoe raak die onlangse rentekoersverhoging jou geldsake? Arehan Brand praat met Johann van Tonder, 'n ekonoom en navorser, oor die redes vir die styging. Hy vertel ook watter van jou maandelikse paaiemente voorkeur moet geniet, wat verbruikers kan doen om geld te spaar, en hoe die res van 2022 lyk vanuit ‘n ekonomiese perspektief.
Rand en sent 24 Julie 2022 24.07.2022 25:06
Wat is die impak van die voortslepende kragonderbrekings op Suid-Afrikaners en ondernemings, veral in die vervaardigingssektor?
Rand en sent 17 Julie 2022 17.07.2022 16:19
Athina Jansen gesels met ‘n skuldberader oor die rol van ‘n skuldberader, en hoe voordelig hulle kan wees vir verbruikers wat deur hulle uitgawes oorweldig word. Sy gee ook wenke oor hoe jy kan spaar.
Rand en sent 10 Julie 2022 10.07.2022 18:11
Athina Jansen gesels met Denise Maré, eienaar van Maré Squared, oor BTW en die belastingseisoen.
Rand en sent 3 Julie 2022 03.07.2022 20:44
Athina Jansen gesels met belastingpraktisyn Martin de Kock oor die belastingseisoen wat aangebreek het, en hoe dit werk.
Rand en sent 26 Junie 2022 26.06.2022 17:00
Athina Jansen praat met verbruikersjoernalis Ina Opperman oor hoe ons spaarsamig ons geld kan bestuur.
Rand en sent 19 Junie 2022 19.06.2022 13:30
Athina Jansen gesels met ‘n finansiële geletterheidsambassadeur, Delphine van Wyk, olor hoe pa’s kan spaar en hulle geld beter bestuur.
Rand en sent 12 Junie 2022 12.06.2022 21:21
Olivia Sambo praat met rekenmeester Ilze Botha oor rekeningkunde en finansiële state. Wicky Oosthuizen van Functional Forms Architectural Studio gee raad vir wanneer jy jou droomhuis wil ontwerp of net wil aanbou.
Rand en sent 5 Junie 2022 05.06.2022 21:57
Olivia Sambo praat met die eienaar van’ n gastehuis om uit te vind hoe jy suksesvol in gasvryheidsbedryf kan wees. Sy vind ook uit hoe jy kan bespaar op selfoonkoste as jy ‘n besigheid besit.
Rand en sent 29 mei 2022 29.05.2022 17:57
Mei is Nasionale Energiemaand. Athina Jansen hoor by skuldadviseur Carla Oberholzer hoe ons krag en geld kan spaar, en hoe ons kan aanpas met beurtkrag hierdie winter.
Rand en sent 22 Mei 2022 22.05.2022 20:33
Olivia Sambo praat met Lizette Botha van L & A Medical Accounts, wat mediese praktisyns help met hulle rekeninge. Susan Marais van die The Ultimate Bucket List vertel van die wonderlike aktiwiteite en eetervarings in Pretoria, en hoe jy plaaslike besighede kan ondersteun.
Rand en sent 15 Mei 2022 15.05.2022 17:33
Athina Jansen gesels met ‘n die hoof van belasting by Allan Gray, Carla Rossouw, oor belastingterugbetaling en hoe om dit te bestuur. Sy praat ook met Eduann Vorster ‘n bemarkingdirekteur by Capital Legacy oor testamente.
Rand en sent 8 Mei 2022 08.05.2022 21:57
Athina Jansen praat met ‘n skuldadviseur oor die uitdagings en uitgawes wat moeders ervaar. Sy gee raad oor hoe hulle hulle geld beter kan bestuur.
Rand en sent 1 Mei 2022 01.05.2022 22:01
Argitek Wicky Oosthuizen gesels oor haar liefde vir argitektuur en hoe belangrik kreatiwiteit vir haar is. Lizette Botha vertel meer van die dienste wat sy in die mediese sektor aanbied, soos die bestuur van rekeninge en skudinvordering. Caro van Caro’s Creations gesels oor haar unieke handsakke met bemoedigende boodskappe daarop. Susan Marais deel haar liefde vir Bybelskrywing, en verduidelik hoe...
Rand en sent 24 April 2022 24.04.2022 13:31
Verbruikersjoernalis Ina Opperman praat oor hoe versigtig jy moet wees oor waar jy jou geld belê.
Rand en sent 17 April 2022 17.04.2022 21:19
Athina Jansen praat met rekenmeester en belastingpraktisyn Eben Genis oor belasting en belastingopgawes.
Rand en sent 10 April 2022 10.04.2022 20:21
Ons sluit die reeks oor die Staatsdoens Pensioenfonds af met 'n bespreking van die belangrikheid van nominasievorms.
Rand en sent 3 April 2022 03.04.2022 23:59
Tracy Peters van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor versekering wat vier lede beskikbaar is, en hoe die nominasievorms werk.
Rand en sent 27 Maart 2022 27.03.2022 26:52
Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor veranderings aan egskeidingsreëls en oor verhogings in die maandelikse pensioen.
Rand en sent 20 Maart 2022 20.03.2022 26:07
Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds praat ooor gade- en kinderpensioen.
Rand en sent 13 Maart 2022 13.03.2022 18:55
Tracy Peters van die Staatsdiens Pensionfonds praat oor hoe om bedrog te voorkom.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.