Waldo Krugell

Die ekonomie minuut

Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.ekonomieblog.me

Author

Waldo Krugell

Category

Business

Podcast website

www.ekonomieblog.me

Latest episode

Oct 13, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ekonomiese groei in Sjina 13.10.2026

Sjina sê sy ekonomie het in die eerste helfte van 2026 met 4,7% gegroei. Maar die vreemde deel is waarop daardie groei kwansuis gebou is.

Ekonomiese nuus opvang 09.10.2026

My vol program het die Minuut bietjie uitgeklop maar die laaste weke was daar net soveel ekonomiese nuus soos altyd. Luister hier om op te vang met inflasie, rentekoerse, en brandstofprys(verligting?).

Fiskale konsolidasie 22.09.2026

Vandag se episode het sy oorsprong in ʼn deurlopende gesprek met Prof Raymond Parsons in die aanloop na die MTBPS in Oktober. Die goeie idees is syne.

Rentekoersbesluite 18.09.2026

Die Amerikaanse Fed het Woensdag hulle beleidskoers met 25 basispunte verhoog en dit het die nuus gehaal, omdat dit vir President Trump so kwaad maak, maar dit het ook belangrike gevolge vir ons eie repokoersbesluit volgende week.

Nog druk in die pyplyn 15.09.2026

Dit is die middel van September en daar is reeds bekommernis oor die onderverhaling van die brandstofprys en die Amerikaanse Fed se rentekoersbesluit die week.

Vandag se groeisyfer is belangrik 08.09.2026

Ekonome hou vandag asem op vir die tweede kwartaal se BBP syfer. Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 0,5% gegroei. Daarna het die brandstofprysskok en enkele repokoersverhoging verbruikers ʼn knou toegedien. Aanwysers soos aankopebestuurdersindekse, verbruikers- en sakevertroue is alles laer. Ekonome verwag ʼn goeikoers van 0,1 of 0,2% vir die tweede kwartaal.

Ons buitelandse lenings 04.09.2026

Die Suid-Afrikaanse regering het sedert 2018 ongeveer R288,8 miljard by internasionale instellings soos die IMF en Afrika Ontwikkelingsbank geleen. Baie mense het twee bekommernisse. Een is of dit bydrae tot ʼn onvolhoubare fiskale posisie. Die ander is of ons beleid dan nou gedikteer word deur internasionale instellings. Nie een van die twee bekommernisse moet jou wakker hou nie.

Die wisselkoers en brandstofprys 01.09.2026

Die rand-dollar wisselkoers is die laaste paar weke in die nuus en bly interessant. Die wisseklkoers is nou weer effens swakker. Die dryfveer is die Fed voorsitter Kevin Warsh se toespraak by die Jackson Hole byeenkoms

Aanwysers 28.08.2026

Hierdie week se aanwysers gaan oor ekonomiese aktiwiteit en oor inflasie.

Amerikaanse staatskuld en rentekoerse 25.08.2026

Vandag se onderwerp is dalk bietjie tegnies, maar interessant as jy wil weet hoekom die rand relatief sterk is.

'n Bietjie laer inflasiekoers 21.08.2026

Wanneer die inflasiekoers relatief hoog is en die ekonomie nie groei nie is huishoudings se begrotings onder druk en ons almal voel dit. Statistieke Suid-Afrika het hierdie week Juliemaand se VPI inflasiekoers bekend gemaak en dié is nog bo die 3% mikpunt, maar het afgeneem vanaf 5% in Junie tot 4,3%.

Uitvoere en AGOA 18.08.2026

In hierdie week se nuus is dat die kans goed lyk dat AGOA hernu gaan word vir nog twee jaar. Die Amerikaanse wet gee vir uitvoerprodukte uit Afrika en Suid-Afrika tariefvrye toegang tot die Amerikaanse mark. Die wet moet nog terug na die Huis van Verteenwoordigers en dan na President Trump, maar dit is ʼn positiewe teken dat die Amerikaners nog belangstel in groei en geleenthede in Afrika. Presies...

Dele van die ekonomie is onder druk 07.08.2026

Dit is nie maklik om te sê die gaan goed of sleg met die ekonomie nie. Die ekonomie het baie dele. Ons weet dat die reele inkomste van middelklas verbruikers is onder druk. Die afgelope week was daar nuus wat wys dat vervaardiging steeds swaar trek en die landbou-sektor staar uitdagings in die gesig.

Die Big Mac indeks op 40 04.08.2026

The Economist tydskrif se Big Mac indeks is 40 jaar oud maar so vars soos altyd in die debatte of ʼn land se geldeenheid oor- of onder gewaardeer is. President Trump is ʼn teenstaandervan goedkoop Asiese geldeenhede en Frankryk se President Macron het onlangs gesê dat die onder-gewaardeerde Sjinese Yuan onhoudbaar is.

Die middeklas onder druk 31.07.2026

Wanneer die ekonomie ophou groei en inflasie styg kom die middelklas vinnig onder druk. Ou Mutual se spare en beleggingsverslag wat hierdie week gepubliseer is het ʼn klompie insiggewende syfers in.

Rentekoerse en die rand 28.07.2026

Wanneer ekonome gesels oor die verwantskappe tussen die repokoers, ander rentekoerse en die wisselkoers klink dit baie keer soos goed wat net in handboeke saak maak, maardaar was in die afgelope week ʼn interessante berig oor hoe dit in finansiele markte uitwerk.

Repokoers onveranderd! 24.07.2026

Die inflasiekoers het in Junie maand van 4,5% tot 5% gestyg en is nou redelik ver bo die Reserwebank se teiken. Tog het die Monetêre Beleidskomitee gistermiddag vriend en vyand verras deur die repokoers onveranderd te laat.

Die krisis by munisipaliteite 21.07.2026

Dit word oral in die nuus genoem dat die Nasionale Tesourie oorbetalings aan 69 munisipaliteite gestaak het, en dat dit deel is van Operasie Vulindlela se hervormingsproses,maar waar staan sake? Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek het ʼn verslag uit wat van die knelpunte verduidelik.

Dit gaan oor meer as Hormuz 17.07.2026

Die konflik tussen die VSA en Iran duur voort en die olieprys is rondom $85 dollar. Dit is rede om bekommerd te wees oor ons eie brandstofprysvooruitsigte, maar ek het die week ʼn paar interessante dinge raakgelees.

Mededingendheid sal die ekonomie meer veerkragtig maak 14.07.2026

As die skote klap in die straat van Hormuz is ekonome se voorspellings oor brandstofpryse, die wisselkoers, inflasie, rentekoerse en ekonomiese groei baie moeiliker om te maak, maar kom ons kyk na een of twee dinge wat ons weet.

Ekonome se voorspellings 10.07.2026

Die ou grappie is dat ekonome voorspellings maak om weervoorspellers beter te laat voel, maar al is ons gereeld verkeerd hou ons aan probeer. The Economist tydksrif is ʼn redelike gesaghebbende bron wat uitsprake maak oor politiek, die markte en die ekonomie. Hulle het onlangs hulle akkuraatheid in oënskou geneem en die resulaat is interessant.

Die prys van 'n rugbykaartjie 07.07.2026

Verlede Saterdag het die Springbokke teen Engeland uitgedraf voor 'n stampvol Ellispark. Maar die Dinsdag vantevore was daardie stadion op koers om half leeg te wees. Kaartjies het by R950 begin, verkope was traag, en ondersteuners het die somme gemaak: 'n gesin van vier, as jy vervoer en 'n boereworsrol bytel, het teen die vyfduisend rand gestaar. Toe swig SA Rugby. Hulle het die goed...

Hoë frekwensie aanwysers 03.07.2026

Die draai van die maand het twee hoë frekewensie aanwysers van hoe dit met die ekonomie gaan: ‘naankopebestuurdersindeks en voertuigverkope.

Skade aan die handelsmerk 30.06.2026

Daar is baie te sê oor vandag se beplande grootskaalse betogings teen ongedokumenteerde immigrante. Een ding wat ekonome verseker weet is dat markte nie hou vangrootskaalse betogings nie. Daar is maar altyd ʼn kans vir geweld, skade en lewensverlies en dit is sleg vir beleggersentiment. As almal bekommerd is en endie dag by die huis bly is dit ook ʼn dag se verlore besigheid.

Verbruikers trek swaar 26.06.2026

Die afgelope week was daar ʼn paar aanwysers wat kommer wek. Dit wys dat brandstofprysskokke gevolge het.

Listen to the Die ekonomie minuut podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.