RSG

Rand en sent

Business AF ↓ 765 episodes

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Author

RSG

Category

Business

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Rand en sent 20 Augustus 2023 20.08.2023

Dr. Thelma Louw bespsreek die talle slaggate en struikelblokke vir vroue wat hulle eie besigheid wil begin. Sy beklemtoon dat ’n gelyke speelveld noodsaaklik is vir eienaars van klein ondernemings.

Rand en sent 13 Augustus 2023 13.08.2023

Staatsverval is ’n dreigende gevaar vir florerende besighede en gemeenskappe. Sakeliga is ‘n voertuig vir entrepreneurs, professionele persone en beleggers om skaalbare oplossings tot staatsverval te gee, en om ‘n gesonde sakeomgewing te skep.

Rand en sent 6 Augustus 2023 06.08.2023

Dis Vrouemaand, en Jody Hendricks praat met Denise Stubbs, 'n entrepreneur in die landbou- en toerismesektor, oor die uitdagings en geleenthede vir vroueentrepeneurs in Suid-Afrika.

Rand en sent 30 Julie 2023 30.07.2023

Jody Hendricks praat met prof. Nelie Swart oor die bekostigbaarheid van toerisme vir Suid-Afrikaners. Hulle kyk ook na die ekonomiese bydrae wat die toerismebedryf maak.

Rand en sent 23 Julie 2023 23.07.2023

Jody Hendricks praat met belastingkenner Annette Visser oor die belastingseisoen wat onlangs begin  het, en wat jou verantwoordelikheid teenoor Jan Taks is.

Rand en sent 16 Julie 2023 16.07.2023

Jody Hendricks praat met fondsbestuurder Mia Kriegler oor die belangrikheid daarvan om ‘n begroting te hê, en daarby te hou. Navorsing wys dat meer as 75% van Suid-Afrikaners nie met hulle maandelikse salaris kan uitkom nie.

Rand en sent 9 Julie 2023 09.07.2023

Jody Hendricks praat met skuldberader Carla Oberholzer oor hoe jy jou skuld beter kan bestuur, en die proses indien jy vir skuldberading wil aansoek doen.

Rand en sent 2 Julie 2023 02.07.2023

Jody Hendricks praat met prof. Annemarie Davis oor die belangrikheid van mentors vir entrepreneurs, en hoe dit hulle kan help om suksesvol te wees en slaggate te vermy in die sakewêreld.

Rand en sent 25 Januarie 2023 25.06.2023

Leatitia de Wet vertel van ‘n internasionale entrepreneurskapsprogram wat plaaslike studente help om globale kwessies aan te pak.

Rand en sent 18 Junie 2023 18.06.2023

Jody Hendricks praat met twee entrepreneurs wat hul eie ding doen, en ‘n positiewe bydrae tot Suid-Afrika wil maak. Anna-Lea van Niekerk is jong beesboer van die Vrystaat, en Ashley Wynand is ‘n sjef van Stellenbosch. Hulle gee raad aan jongmense oor die uitdagings en geleenthede wat met entrepreneurskap gepaard gaan.

Rand en sent 11 Junie 2023 11.06.2023

Yolanda Botha en Magnus Heysteck vertel wat jy alles in ag moet neem voor jy jou geld belê. Daar is so baie menings en opsies as dit by beleggings kom, dat die gemiddelde persoon verlore voel en nie weet wat om te doen nie. Dié gebrek aan kennis en inligting, of dan eerder die oormaat opsies, veroorsaak dat baie mense hulle kontant net in die bank los, wat beslis nie ’n positiewe opbrengs sal real...

Rand en sent 4 Junie 2023 04.06.2023

Jaco Deacon van FEDSAS praat oor die ekonomiese uitdagings om jou kind op skool te hou. Hy bespreek die koste van skoolfooie, handboeke, skryfbehoeftes en uitstappies.

Rand en sent 28 Mei 2023 28.05.2023

Manie van Schalkwyk verduidelik die proses wat jy moet volg indien daar 'n rekening by 'n kettingwinkel in jou naam oopgemaak word, Hy praat ook oor die gevare wanneer jy 'n skakel op 'n vreemde SM of e-pos opmaak.

Rand en sent 21 Mei 2023 21.05.2023

Wat is die verantwoordelikheid van verbruikers en die sakesektor ten opsigte van billike en etiese handel?

Rand en sent 14 Mei 2023 14.05.2023

Ekonoom Hassan Essop praat oor die implikasies daarvan om R19 vir 'n Amerikaanse dollar te betaal. Tegnologiekenner Pieter Gelkdenhuys gee raad aan sakeondernemings oor hoe om CHATGPT te gebruik om meer doeltreffend te wees.

Rand en sent 7 Mei 2023 07.05.2023

Ekonoom Hugo Pienaar praat oor die faktore wat tot ‘n styging in die brandstofprys gelei het. Hy en Dawie Roodt antwoord ook ‘n luisteraarsvraag oor die nuwe note en munte wat vandeesweek bekendgestel is.

Rand en sent 30 April 2023 30.04.2023

Ekonoom prof. Raymond Parsons en Christo van der Rheede, bestuurshoof van Agri SA, praat oor die sakevertroueindeks en hoe dit voedselpryse beïnvloed.

Rand en sent 23 April 2023 23.04.2023

Jody Hendricks praat met ekonoom Richard Downing oor die sakevertroue-indeks en verbruikersprysinflasie.

Rand en sent 16 April 2023 16.04.2023

Prof. Jurie van Vuuren praat oor die rol en impak wat klein tot medium sakeondernemings kan speel om ekonomiese groei in die land te bevorder.

Rand en sent 9 April 2023 09.04.2023

Jody Hendricks en sy gas, Yolande Botha, kyk na verskeie metodes hoe jy rente op jou geld en beleggings kan verdien. Daar word ook gekyk na die gevare van beleggings.

Rand en sent 2 April 2023 02.04.2023

Jody Hendricks en sy gas, Yolande Botha, kyk na die konsep en definisie van finansiële geletterdheid.  Daar word ook gekyk na hoe die nuwe uitleenkoers jou sak sal raak.

Rand en sent 26 Maart 2023 26.03.2023

Arehan Brand gesels met Jan Vermeulen, die redakteur van MyBroadband, oor internet-konnektiwiteit en die koste van data.

Rand en sent 19 Maart 2023 19.03.2023

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord luisteraars se vrae oor die fonds, pensioenvoordele, aftrede en ander verwante sake. Hulle bied ook duidelikhied oor belastingsake, aftrede en bedanking, en onopgeëisde voordele.

Rand en sent 12 Maart 2023 12.03.2023

Fabian Crouch van die Staatspensioenfonds beantwoord luisteraars se vrae oor die fonds, pensioenvoordele, aftrede en ander verwante sake.

Rand en sent 5 Maart 2023 05.03.2023

Fabian Crouch van die Staatspensioenfonds beantwoord lede en pensionarisse se vrae oor die fonds, voordele en aftrede.

Listen to the Rand en sent podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.