RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rand en sent 11 Februarie 2024 11.02.2024 26:50
Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Coertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor verskeie aspekte van ‘n gemeenskapskema.
Rand en sent 4 Februarie 2024 04.02.2024 25:10
Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Coertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor die verantwoordelikhede van die trustees van 'n gemeenskapskema.
Rand en sent 28 Januarie 2024 28.01.2024 21:33
Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Coertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor die verantwoordelikhede van die trustees van 'n gemeenskapskema.
Rand en Sent 21 Januarie 2024 21.01.2024 22:42
Dit is episode drie in die reeks met die GKOD en in hierdie aflewering van Rand en Sent bespreek Jody Hendricks en sy gas Chantelle Coertzen, wat is ‘n gemeenskapskema?
Rand en Sent 14 Januarie 2024 14.01.2024 22:20
Dit is episode twee in die reeks met die GKOD en in hierdie aflewering van Rand en Sent bespreek Jody Hendricks en sy gas Chantelle Coertzen, wat is ‘n gemeenskapskema?
Rand en sent 7 Januarie 2024 07.01.2024 20:56
In hierdie aflewering van Rand en Sent bespreek Jody en ‘n verteenwoordiger van die GKOD hoe dispute in ‘n gemeenskapsforum opgelos word.
Rand en sent 31 Desember 2023 31.12.2023 20:21
In hierdie aflewering van Rand en Sent doen Jody ‘n oorsig van die programme wat die afgelope jaar baie aanklank by luisteraars gekry het.
Rand en sent 24 Desember 2023 24.12.2023 21:54
In hierdie bespreking kyk Jody na of Desembermaand ‘n goeie tyd is om ‘n nuwe motor te koop en kyk ook na die faktore wat jy in ag moet neem indien jy dit oorweeg.
Rand en sent 17 Desember 2023 17.12.2023 18:58
In hierdie bespreking kyk Jody na wat verbruikers tydens die feesseisoen in gedgate moet hou wanneer hulle ekstra geld soos byvoorbeeld ‘n bonus kry, en gee ook ‘n paar wenke oor hoe om binne jou begroting te bly.
Rand en sent 10 Desember 2023 10.12.2023 21:54
In hierdie bespreking kyk Jody na die uitdagings wat entrepreneurs in die gesig staar en hoor by Dr Willie Cilliers voorsitter van die AHI wat die kleinsakesektor kan doen om volhoubaar te bly.
Rand en sent 3 Desember 2023 03.12.2023 19:47
Hierdie week kyk Jody na wat die GEPF se algehele prestasie in die boekjaar 2022 – 2023 was. Netto beleggingsinkomste vir die jaar het R82,2 miljard beloop. Die positiewe prestasie kan hoofsaaklik toegeskryf word aan onder andere waardevermindering van die plaaslike geldeenheid.
Rand en sent 26 November 2023 26.11.2023 21:16
Tracy Peters van Staatsdienspensioenfonds praat oor die GEPF se veerkragtigheid. Lede word dikwels gekonfronteer met halwe waarhede oor die pensioenfonds se finansiële gesondheid. Die GEPF-lede en pensioenarisse word gereeld meegedeel dat hulle moet bedank, en al hul spaargeld uit die fonds haal en dit privaat belê, omdat dit kwansuis met rasse skrede sal groei.
Rand en sent 19 November 2023 19.11.2023 19:54
Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds verduidelik hoe die GEPF sy goeie finansiële prestasie oor die jare bestuur het, en hoe die fonds sy veerkragtigheid behou het, selfs tydens moeilike ekonomiese toestande.
Rand en sent 12 November 2023 12.11.2023 17:57
Die Staatsdienspensioenfonds word jaarliks gekonfronteer met vrae oor bonusse vir pensioenarisse, belasting op pensioen, lewensertifisering, en om die koopkrag van lede ongeskonde te hou.
Rand en sent 5 November 2023 05.11.2023 18:27
Themla Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die aktuariële belangefaktore wat gebruik word om die aktuariële rentevoordele te bepaal, wat die waarde van ‘n lid se voordeel in die fonds verteenwoordig.
Rand en sent 29 Oktober 2023 29.10.2023 18:09
Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor onopgeëiste voordele.
Rand en sent 22 Oktober 2023 22.10.2023 22:03
Bedrog is een van die mees algemene maniere waarop besighede en mense geld verloor. Dis een van die kwessies waaroor die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) ernstig bekommerd is. Tracy Peters van GEPF praat oor die veiligheidsmaatreëls wat in plek kan stel om nie ‘n slagoffer te word nie.
Rand en sent 15 Oktober 2023 15.10.2023 19:21
Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die Wet op Staatsamptenare van 1996 wat voorsiening maak vir die fonds se Raad van Trustees om die maandelikse pensioen vir te lede te verhoog. Die wet sit uiteen wat trustees in ag moet neem by die neem van hierdie besluit.
Rand en sent 8 Oktober 2023 08.10.2023 19:39
Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor wat met lede se pensioengeld vyf jaar na aftrede gebeur, en hoe lank uitbetalings aanhou.
Rand en sent 1 Oktober 2023 01.10.2023 20:50
Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds verduidelik die belangrikheid daarvan om te verseker dat al jou besonderhede en nominasielyste op datum gehou word.
Rand en sent 24 September 2023 24.09.2023 21:38
Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor die voordele wat die fonds bied, wanneer word dit in werking tree, en watter proses gevolg moet word om dit op te eis.
Rand en sent 17 September 2023 17.09.2023 21:45
Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor die tendens waar lede binne die aftreeouderdom van 55 tot 60 jaar kies vir bedankingsvoordele in plaas van aftreevoordele. Terwyl die fonds lede aanmoedig om aftrede te kies en lewenslange voordele te ontvang, blyk dit dat finansiële adviseurs in die versekeringsbedryf hierdie gedrag aanmoedig.
Rand en sent 10 September 2023 10.09.2023 19:59
Tracy Peters van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor die regering se konsepwetgewing oor aftreehervorming. Die wetgewing maak voorsiening vir vroeë toegang tot pensioenfondsgeld terwyl die lid nog in diens is.
Rand en sent 3 September 2023 03.09.2023 23:41
Huishoudings moet hulle nie vasstaar teen die land se inflasiekoers nie, maar eerder hulle eie inflasiekoers bepaal, sê prof. Jannie Rossouw, hoof van die Skool vir Ekonomiese en Besigheidswetenskappe by Wits.
Rand en sent 27 Augustus 2023 27.08.2023 24:01
Die uitvoerende hoof van AgriSA, Christo van der Rheede, praat oor die ekonomiese geleenthede wat die BRICS-beraad vir Suid-Afrika se ekonomie en vir Jan Alleman kan inhou.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.