RSG

Rand en sent

Business AF ↓ 777 episodes

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Business

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Sep 27, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

21 Aug 2016 20.08.2016

Hoe werk 'n aandeleklub, en is dit 'n goeie idee om as deel van so 'n klub te belê? Is dit wys om in hierdie moeilike finansiële tye finansiering vir jou sake-onderneming te kry? Wanneer is dit veilig, en wat is die beste manier om daarvoor aansoek te doen?

14 Aug 2016 13.08.2016

Is jy bewus van die slegte uitwerking van inflasie op jou swaarverdiende spaargeld, en hoe kan jy dit vermy? 'n Entrepeneur wat self moes uitspring nadat sy haar werk ná 'n operasie verloor het, gee ook finansiële wenke aan vroue. En 'n luisteraar deel sy gedagtes oor spaar en hoe om beter met jou geld te werk.

7 Aug 2016 07.08.2016

Hoe gemaak as jy in kuns of edelgesteentes wil belê? Is dit enigsins 'n goeie belegging? Sal jy jou geld terugkry, en waar kan jy dit weer gaan verkoop? 'n Prokureur verduidelik ook waarom dit so belangrik is vir maatskappye om jaarliks 'n aanslag na die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom, voorheen bekend as CIPRO, te stuur.

31 Jul 2016 30.07.2016

As jy 'n boer is en meer as een kind het, aan wie moet jy jou plaas bemaak en hoe verdeel jy die erfporsie op 'n regverdige manier? Kenners praat ook oor of direkteure van maatskappye 'n kontrak behoort te teken al dan nie; en 'n kenner kyk na finansële beplanning wat jy deesdae sommer self op die internet kan doen.

24 Jul 2016 23.07.2016

Rykdom begin in jou kop... 'n Leefstylafrigter gesels oor armoede-mentaliteit en hoe jy dit nek-om kan draai. En 'n ekonoom kyk na waar Suid-Afrika staan, 'n maand ná Brexit.

17 Jul 2016 16.07.2016

Hoekom spaar Suid-Afrikaners nie? Wat is die beste manier om aftreebeplanning te doen? Suzaan Steyn kyk ook na geleenthede vir entrepreneurs wat deesdae baie meer is as in die verlede; hoe jong kinders van vroeg af hulle belangstelling in entrepreneurskap kan ontwikkel; en wat die rol van sosiale media hierin is.

10 Jul 2016 09.07.2016

Kenners bespreek piramiede- en Ponzi-skemas, en hoe irrasionele besluite ons lewe en beleggings beïnvloed. Daar is ook raad om jou te beskerm wanneer jy aanlyn-inkopies doen.

3 Jul 2016 02.07.2016

'n Kenner van entrepeneurskap gee wenke oor hoe jy te werk moet gaan om 'n aanlyn-sakeonderneming of -winkel te begin; 'n regspraktisyn praat oor wat jy in plek moet hê om jouself regstegnies as eienaar van so 'n onderneming te beskerm; en 'n luisteraar wat self baas is van 'n aanlynwinkel, vertel van haar ervarings en al die voor- en nadele van so 'n bedryf.

26 Jun 2016 25.06.2016

Een van die grootste gunste wat jy vir jou kinders kan doen, is om hulle van kleins af die waarde van geld te leer. 'n Kenner praat oor hoe mens jou kind leer spaar en hoe belangrik dit is om vir jou inkomste te werk. 'n Bekende in die vermaaklikheidsbedryf vertel hoe sy haar kind van kleins af leer om geld te waardeer, en 'n finansiële adviseur help universiteitstudente om wys met hulle geld te w...

19 Jun 2016 18.06.2016

Kenners bespreek versekering vir kleinsake-ondernemings; die eienskappe van 'n goeie werkNEMER word onder die loep geneem; en 'n skuldberader praat oor die uitwerking van Suid-Afrika se kredietgradering op verbruikers.

12 Jun 2016 11.06.2016

Maandelikse premies op korttermynversekering is dikwels een van die eerste uitgawes waarop mense besnoei wanneer die ekonomie noustrop trek. 'n Kenner verduidelik Sondagmiddag in Rand en Sent hoe jy kan bespaar op jou versekeringspremie. Daar word ook gekyk na die eienskappe van 'n goeie werkgewer en hoe jy jou werknemers gelukkig en gemotiveerd kan hou.

5 Jun 2016 04.06.2016

Hoekom sukkel mens soms so om jou geld uit die werkloosheidsversekeringsfonds te kry en wat kan ons doen om probleme met die fonds te vermy? Dis van die vrae wat 'n toesighouer by die fonds se hoofkantoor in Pretoria Sondagmiddag in Rand en Sent gaan beantwoord. 'n Kenner verduidelik ook hoe kraamverlofbyvoordele werk en waarop jy alles geregtig is wanneer jou baba opdaag.

29 May 2016 29.05.2016

Wanneer Suid-Afrikaners die dag met elektriese motors en motors wat hulself bestuur begin rondry, gaan ons motorversekeringsbedryf en die premies wat ons maandeliks betaal aansienlik verander. Suzaan Steyn se gaste praat hieroor asook hoe jy die regte sake-vennoot vir jou onderneing moet kies; en luisteraars reageer op wat die beste manier is om vir jóú kinders se studies te betaal.

22 May 2016 21.05.2016

Suzaan Steyn se gaste praat oor passiewe beleggings, die drie grootste risikos wat sake-ondernemings in vandag se ekonomiese klimaat in die gesig staar en hoe jy dit die hoof kan bied. En 'n arbeidskenner kyk na supersiklusse en hoe die afswaai van die huidige supersiklus ons ekonomie asook werkgeleenthede beïnvloed.

15 May 2016 14.05.2016

'n Finansiële adviseur bespreek studiepolisse en beleggings as 'n vorm van spaar vir jou kind se naskoolse opleiding. En 'n kenner praat oor die wyndruiwe-oessyfers wat pas bekendgestel is, en hoe die kleiner oes wynboere en die verbruiker sal raak.

8 May 2016 08.05.2016

Suzaan Steyn se gaste praat oor die uitgawes waarvoor jy moet begroot wanneer jy 'n nuwe eiendom in jou naam laat registreer. 'n Versekeringspesialis verduidelik hoe alkoholgebruik die uitbetaal van jou versekeringspolis kan beïnvloed. En 'n kenner gee 'n aanduiding van die droogte se impak op die versekeringsbedryf en uiteindelik die gewone man se beursie.

1 May 2016 30.04.2016

Suzaan Steyn se gaste praat oor hoe om aanlyn in aandele te belê. 'n Finansiële adviseur verduidelik wat om in gedagte te hou wanneer jy iemand kies vir jóú beleggingsadvies, en 'n kenner kyk na hoe noodsaaklik dit is om die regte testament te hê wanneer jy kinders het.

24 Apr 2016 23.04.2016

Suzaan Steyn kyk na die risikos vir sakemense om veral in Afrika te reis; waarom dit so belangrik is om die regte reisversekeringspolis uit te neem; en wenke in geval jy in die buiteland siek word. Sy hoor ook hoekom gereelde boedelontleding so belangrik is.

17 Apr 2016 16.04.2016

'n Kenner gee raad aan jongmense wat wil begin spaar. Die voordele van lewens- en ongeskiktheidsversekering word bespreek. En 'n portefeuljebestuurder beantwoord 'n luisteraarsvraag oor aandele.

10 Apr 2016 09.04.2016

Die Vereniging vir Spaar en Belegging Suid-Afrika (ASISA) het 'n nuwe standaard gestel waarvolgens die koste van verskillende beleggingsprodukte binnekort maklik vergelyk sal kan word. Hoor hoe dít jóú sal help met jou beleggingskeuses. 'n Kenner van entrepreneurskap gee ook basiese wenke oor wat jy móet weet voordat jy sommer net spring om jou eie sake-onderneming te begin.

10 Apr 2016 09.04.2016

Die Vereniging vir Spaar en Belegging Suid-Afrika (ASISA) het 'n nuwe standaard gestel waarvolgens die koste van verskillende beleggingsprodukte binnekort maklik vergelyk sal kan word. Hoor hoe dít jóú sal help met jou beleggingskeuses. 'n Kenner van entrepreneurskap gee ook basiese wenke oor wat jy móet weet voordat jy sommer net spring om jou eie sake-onderneming te begin.

3 Apr 2016 02.04.2016

Wil jy seker maak dat jou sake-onderneming in die regte hande beland en tot die voordeel van jou werknemers en erfgename bestuur word indien jy iets sou oorkom? En weet jy waarop jy alles geregtig is onder die voorgeskrewe minimum voordele op jou mediese fonds?

3 Apr 2016 02.04.2016

Wil jy seker maak dat jou sake-onderneming in die regte hande beland en tot die voordeel van jou werknemers en erfgename bestuur word indien jy iets sou oorkom? En weet jy waarop jy alles geregtig is onder die voorgeskrewe minimum voordele op jou mediese fonds?

27 Mar 2016 26.03.2016

Suzaan Steyn praat met 'n kenner oor hoe verbruikers kan spaar. Vind uit hoe jy jou huwelikskontrak kan opstel as jy reeds 'n besigheid besit.

20 Mar 2016 19.03.2016

'n Luisteraar vertel van haar finansiële verknorsing as gevolg van leningsagentskappe. Suzaan Steyn se gaste kyk onder meer na waarvoor mense uiters versigtig moet wees wanneer hulle geld leen, asook die nuwe stelsel vir die invordering van debietorders wat miljioene rande se bedrog sal voorkom.

Listen to the Rand en sent podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.