RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
13 Mar 2016 12.03.2016 24:24
Volgens 'n kenner in die wynbedryf kan wyntoerisme in Suid-Afrika teen 2025 verdubbel, onder meer danksy die swak rand. Suzaan Steyn se gaste kyk na die groeiende aantal entrepeneuriese geleenthede wat die bedryf deesdae bied. 'n Regskenner gee ook vier belangrike regswenke vir diegene wat 'n eie onderneming wil begin en 'n arbeidspesialis bespreek alles wat jy moet weet oor eise vir beserings aan...
6 Mar 2016 05.03.2016 19:35
Luisteraars gee hulle mening oor die impak van die begroting en 'n kenner verduidelik hoe dit ons gaan raak indien Suid-Afrika rommelstatus kry. Daar is ook wenke aan entrepeneurs om jou onderneming se geldsake deur moeilike tye te bestuur.
28 Feb 2016 27.02.2016 22:16
Wat staan jou te doen staan indien jy vanjaar in hierdie moeilike ekonomiese tye waardeur ons gaan, jou werk verloor? 'n Luisteraar vertel hoe hy dit hanteer het en gee raad, veral wanneer jy dit oorweeg om dalk jou eie sake-onderneming te begin.
21 Feb 2016 20.02.2016 20:50
Hoe beïnvloed die droogte wynproduksie en -pryse? Wat doen die swakker rand aan wynuitvoere? 'n Kenner praat oor voorlopige belasting, en daar is wenke oor hoe om goedkoper in die buiteland te reis ten spyte van die swak rand en ekonomie.
14 Feb 2016 13.02.2016 23:10
Suzaan Steyn kyk na die omstrede nuwe belastingwetgewing vir aftree- en voorsorgfondse wat 1 Maart in werking tree. 'n Arbeidspesialis beantwoord ook luisteraarsvrae oor die Werkloosheidsversekeringsfonds, en wanneer jy mag eis.
7 Feb 2016 06.02.2016 23:04
Baie luisteraars het die afgelope tyd gekla dat hulle uit die bloute hemelhoë selfoonrekeninge kry, en geen idee het waarom nie. 'n Verbruikerskenner gee raad.
31 Jan 2016 30.01.2016 23:56
Ná die afgelope beraad van die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, is die vierde nywerheidsomwenteling op almal se lippe. Wat behels dit en hoe gaan dit werkgewers en werknemers in Suid-Afrika beïnvloed? En daar word gekyk hoe om slaggate te vermy wanneer jy eiendom uitverhuur.
24 Jan 23.01.2016 23:38
Suzaan Steyn se gaste praat oor hoe die droogte verbruikers se sak gaan raak, 'n ekonoom waag voorspellings oor wat nog hierdie jaar vir ons voorlê en 'n kenner van begrotings help met maniere waarop ons kan bespaar in die moeilike tye wat wag.
17 Jan 16.01.2016 20:10
Suzaan Steyn se gaste praat oor die belangrikheid van 'n goeie kredietrekord, hoe dit onregmatig gebruik kan word en hoekom jy jaarliks 'n gratis verslag oor jóúne behoort aan te vra. Hulle kyk ook na hoe jy vanjaar kan spaar.
10 Jan 09.01.2016 23:02
Suzaan Steyn se gaste luisteraars help om 'n begroting op te stel, hulle praat oor jou regte wanneer skuldinvorderaars op jou bates beslag wil lê, en vind meer uit oor debietorderbedrog.
3 Jan 02.01.2016 22:31
Suzaan Steyn en haar gaste kyk na van die redes waarom soveel Suid-Afrikaners skuld maak. Hulle gee ook wenke wat jy vanjaar kan volg om van jou skuld ontslae te raak of te voorkom dat jy geldelik in die moeilikheid raak.
27 Dec 2015 26.12.2015 22:36
Suzaan Steyn kyk na wat indringerplante die verbruiker direk en indirek kos. 'n Kenner verduidelik watter regulasies daar bestaan rondom die verwydering van uitheemse plante op jou eiendom en wat jy hiervoor moet betaal, maar daar is wel 'n bedryf wat baat vind by sommige van die indringerspesies.
20 Dec 2015 19.12.2015 22:25
Suzaan Steyn praat oor hoe entrepeneurs 'n terugblik op die jaar wat verby is, kan gebruik om hulle onderneming in die toekoms te laat groei. 'n Arbeidspesialis gee al die inligting wat jy moet hê oor die onlangse styging in die minimumlone van huishulpe en tuiniers.
13 Dec 2015 12.12.2015 22:03
Suzaan Steyn na kredietkaartbedrog kyk na die veilige aankoop van produkte aanlyn. Een van haar gaste praat oor die invloed van die feestyd op die wynbedryf en wat dit vir die verbruiker inhou, en 'n kenner gee belangrike wenke wat jy gerus kan volg voordat jy met vakansie vertrek.
6 Dec 2015 05.12.2015 21:25
Suzaan Steyn gesels met skuldberaders oor die grootste foute wat verbruikers oor die Kersseisoen maak en hoe hulle dit kan vermy om die nuwe jaar met skuld te begin. 'n Kenner praat ook oor die versteekte kostes van aanlyn inkopies asook die reëls en regulasies wat jy in gedagte moet hou wanneer jy Kersgeskenke oorsee stuur of vandaar af ontvang.
29 Nov 2015 28.11.2015 22:48
Olivia Sambo kyk na verskillende beleggingsopsies en die slaggate wat daarmee gepaardgaan. 'n Kenner verduidelik ook hoe jy burgerskap in 'n tweede land kan bekom, sonder om soontoe te verhuis.
22 Nov 2015 21.11.2015 23:10
Olivia Sambo gesels oor die ideale Kersgeskenk wat nooit ophou met gee nie. Die belangrikheid van risikobestuur vir jou maatskappy kom onder die soeklig. En 'n skuldberader waarsku teen onnodige skuld hierdie tyd van die jaar.
15 Nov 2015 14.11.2015 23:17
Olivia Sambo kyk na die uitwerking wat die swak reën op die wynbedryf het, en die vooruitsigte vir volgende jaar se wingerdoes. Die top wynkelderwerker gesels ook oor sy prestasie.
8 Nov 2015 08.11.2015 23:23
Olivia Sambo kyk na loonbeslagleggingsbevele, en hoe jy gehelp kan word daarteen. Sy het ook inligting oor hoe jy kan uitvind of jy nie dalk 'n begunstigde is van 'n polis wat moontlik duisende rande aan jou sal uitbetaal nie.
1 Nov 2015 31.10.2015 22:13
Rand en sent 1 November 2015
25 Oct 2015 24.10.2015 23:04
Rand en sent 25 Oktober 2015
18 Oct 2015 17.10.2015 21:21
Rand en sent 18 Oktober 2015
11 Oct 2015 10.10.2015 22:30
Rand en sent 11 Oktober 2015
4 Oct 2015 03.10.2015 22:17
Rand en sent 4 Oktober 2015
27 Sep 2015 27.09.2015 21:40
Rand en sent 27 September 2015
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.