RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
13 Aug 12.08.2017 23:40
'n Kenner van Stokvel verduidelik presies wat 'n stokvel nou eintlik is, en hoe jy dit kan gebruik om te spaar. En 'n finansiële beplanner gee inligting oor wat jy alles in plek moet hê voordat jy te sterwe kom.
6 Aug 05.08.2017 24:15
Suzaan Steyn kyk na die winter en jou versekering. wat jy moet weet as jy 'n onderneming het en produkte op krediet aan mense verskaf, en hoe om jou kinders van geld te leer en hoe om daarmee te werk.
30 Jul 29.07.2017 23:53
In die lig van 'n luisteraarsnavraag, gee 'n prokureur riglyne vir wanneer jy jou eie onderneming begin. 'n Finansiële kenner help met idees hoe jy 'n onderneming, wat reeds op die been is, suksesvol kan bedryf. En 'n skuldberader het wenke wat jy in gedagte moet hou voordat jy vir die eerste keer huis koop.
23 Jul 22.07.2017 21:00
Suzaan Steyn kyk hoe die nuwe wetgewing rondom mediese fondse en mediese versekering verbruikers kan beskerm, en hoe om jou kredietkaart reg te gebruik sodat dit 'n hulpmiddel is en nie iets wat jou in die skuld sal dompel nie.
16 Jul 15.07.2017 23:37
Dit kos lugrederye miljoene rande wanneer 'n passasier tydens 'n vlug medies ongesteld raak en die vliegtuig moet terugdraai of elders as beplan moet land. Net so kan dit jóú beursie 'n groot knou gee as jy op reis is en siek raak, veral in die buiteland. Suzaan Steyn se gaste praat oor reisversekering, hulle kyk na die beste maniere om jou geld plaaslik te belê, en wat vrywillige oorgawe of besla...
9 Jul 08.07.2017 21:35
Kenners beantwoord 'n luisteraarsvraag rondom 'n eie onderneming: Hoe registreer jy, hoe lyk jou sakeplan en wat moet jy in gedagte hou met betrekking tot belastingkwessies?
2 Jul 01.07.2017 22:40
Die wêreld verander vinnig en dít geld natuurlik ook vir loopbane. 'n Kenner van die arbeidsmag gee sy mening oor die beste studie- en werkrigtings om jou kind van 'n goeie toekoms te verseker. 'n Finansiële beplanner bring millenniërs op hoogte van die beste maniere om hulle geldsake te bestuur, en 'n aktuaris wys die groot onkoste wat finansiële stres meebring.
25 Jun 24.06.2017 22:58
Finansiële beplanners kyk hoe ons die kredietgraderingsmaatskappye se afgraderings kan oorleef en op watter maniere jy geld in die buiteland kan belê.
18 Jun 17.06.2017 21:48
Met die verwoestende brande in die Suid-Kaap en die oorweldigende storms in die Kaap, besef 'n mens net weer hoe maklik 'n ramp enige een van ons kan tref. Jy kan nie altyd die emosionele impak van so iets voorspel óf beheer nie, maar jy kan ten minste finansiële voorsorg tref. 'n Versekeraar verduidelik vir ons hoe om jou huis en besittings teen die soort rampe te beskerm. 'n Kenner van die arbei...
11 Jun 10.06.2017 23:41
'n Luisteraar vra wat die belastingimplikasies is indien jy met buitelandse valuta handel dryf en 'n finansiële kenner kyk na die beleggingswaarde hiervan vir die individu. 'n Prokureur verduidelik wat in 'n huurkontrak beskryf moet word as jy eiendom uitverhuur, en wat jou te doen staan as 'n huurder nie betaal nie.
4 Jun 03.06.2017 25:01
Ons praat oor maniere hoe jy jou sake-onderneming by SARS kan registreer en ook hoe jy jou bedryf se belastinguitgawes kan beperk. 'n Finansiële beplanner gee raad aan kort-, medium-, en langtermynbeleggers oor die stand van beleggings ná die afgraderings.
28 May 27.05.2017 24:04
Wat is waagkapitaalmaatskappye, en hoe werk dit? Wat moet jy in gedagte hou wanneer jy eiendom koop en verkoop? En 'n finansiële kenner praat oor afgetredenes en mense wat binnekort aftree se beleggings in die lig van al die afgraderings wat Suid-Afrika in die gestig staar.
21 May 20.05.2017 23:50
Suzaan Steyn kyk na die voor- en nadele van trusts; dinge wat jy in gedagte móet hou om jou versekeringseis te bespoedig ná 'n motorongeluk; luisteraarsnavrae oor aftree-geld; en waar jy 'n verdagte advertensie kan aanmeld.
14 May 13.05.2017 25:00
Trou is nie perdekoop nie, maar is dikwels net duur so of nog duurder. En jy het regtig nie lus om die eerste twee of drie jaar van jou huwelikslewe aan skuld vir die groot makietie af te betaal nie. Suzaan Steyn en haar gaste gee wenke hoe om die groot stap sonder te veel finansiële stres aan te pak. 'n Finansiële kenner gee ook 'n formule waarvolgens jy kan uitwerk of jy genoeg geld sal hê om af...
7 May 06.05.2017 22:47
'n Finansiële kenner verduidelik hoe jy 'n voet in die deur van die eiendomsmark kan kry as jy nie genoeg geld het vir 'n deposito nie. Dis ook die laaste gesprek in die kort reeks oor ons denkpatrone oor geld met praktiese wenke hoe jy jou ongesonde geldgewoontes kan verander.
30 Apr 29.04.2017 24:28
Begin só vroegtydig vir jou kind se studies spaar. 'n Entrepreneur in die wynbedryf het wenke vir opkomende entrepreneurs en vroue wat hulle eie onderneming wil bedryf. En in die tweede gesprek in 'n kort reeks verduidelik 'n lewensafrigter en kenner van die neurowetenskap hoe ons ons denke oor geld kan verander.
23 Apr 22.04.2017 24:30
Beleggings in wyn is groot nuus in die buiteland, maar hoe lewendig en toeganklik is die mark in Suid-Afrika, en wat is die opbrengste? 'n Lewensafrigter en kenner van die neurowetenskap verduidelik hoekom elkeen van ons ons eie bepaalde manier het waarop ons met geld werk, en 'n luisteraar vra 'n vraag oor eiendomsbeleggings.
16 Apr 15.04.2017 22:09
Ons geldmentaliteit kan ons ryker of armer maak. Hoe lyk joune en hoe kan jy dit verander? Baie jong vroue dink meer aan hulle droomman of troue as hulle finansiële toekoms. 'n Kenner wys hoe jy dit kan verander. Die noodsaaklikheid van groener klein-sakeondernemings word ook bespreek met wenke vir 'n meer omgewingsvriendelike bedryf.
9 Apr 08.04.2017 22:35
'n Finansiële kenner deel sy mening oor beleggings in die lig van Suid-Afrika se afgradering na rommelstatus. 'n Versekeraar sê wat jy moet weet wanneer jy jou eiendom op Airbnb uitverhuur, en daar is wenke oor belastingkwessies wanneer jy jou eie kleinsake-onderneming besit.
2 Apr 01.04.2017 22:57
'n Kenner verduidelik hoe robo- of aanlyn-advies in Suid-Afrika werk, en hoe jy dit ten beste kan gebruik vir jou finansiële beplanning. 'n Luisteraarsvraag oor hoe mens jou paaiement op die beste manier kan spaar wanneer jy jou verbandlening klaar afbetaal het, word beantwoord. En daar word gekyk na maniere om sosiale media te gebruik om jou onderneming te bemark.
26 Mar 25.03.2017 24:44
'n Kenner van entrepreneurskap bespreek die vooruitsigte vir entrepreneurs vir 2017, asook die sektore waarin die meeste groei verwag word. 'n Vroue-entrepreneur in die wynbedryf deel haar ervarings, en 'n finansiële beplanner beantwoord 'n luisteraarsnavraag oor aanlyn-aandelebeleggings.
19 Mar 18.03.2017 23:18
'n Finansiële kenner beantwoord 'n luisteraarsklagte oor annuïteite, en verduidelik weer hoe die verskillende soorte annuïte lyk en hoe dit as belegging gebruik kan word. 'n Ekonoom werp ook lig op hoe die nasionale begroting opgestel word en wat alles agter die skerms by die tesourie plaasvind.
12 Mar 11.03.2017 23:33
Wat is 'n sambreelfonds, en watter voordele bied dit aan beleggers in aftreefondse? 'n Skuldberader verduidelik ook hoe belangrik 'n noodfonds vir elke huishouding is, hoe jy aan een kan begin bou, en op watter maniere 'n mens 'n ekstra inkomste kan verdien.
5 Mar 04.03.2017 23:31
Die regering oorweeg dit sterk om BTW op brandstof te begin hef. 'n Senior belastingkonsultant sê dit sal verreikende gevolge vir elke verbruiker in Suid-Afrika hê. En 'n eiendomsbelegger kyk na wat beleggers in 2017 in die huismark kan verwag.
26 Feb 25.02.2017 23:23
Al hoe meer internasionale maatskappye bied sabbatsverlof as byvoordeel aan hulle werknemers. Hoe lyk die situasie in Suid-Afrika? Hoe kan jy seker maak dat jy nie te veel betaal vir jou aftreefonds nie? En pas op vir gimnasiumkontrakte wat jou onnodige geld uit die sak jaag as jy nie jou nuwejaarsvoornemens nakom nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.