RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rand en sent 11.11.2017 23:21
'n Beleggingskonsultant verduidelik wat effektetrusts is, en hoe om die regtes vir jóú behoeftes te kies. In die laaste gesprek oor huiskoop, gee 'n eiendomsagent handige wenke oor kontrakte, lenings en al die ander papierwerk. En 'n entrepreneur met 'n liefde vir entrepreneurskap, praat oor sy groot stap vir jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs.
Rand en sent 04.11.2017 21:19
'n Kenner praat oor die vaardighede wat jy jou kinders kan help aanleer om te verseker dat hulle in die toekoms 'n werk kry. In die tweede gesprek oor wat jou te doen staan wanneer jy 'n nuwe huis wil aanskaf, wys 'n eiendomsagent waarna jy moet oplet om te voorkom dat jy vir jouself 'n kat in die sak koop.
Rand en sent 28.10.2017 25:02
'n Kenner verduidelik wat klein en medium sake-ondernemings te doen staan wanneer die ekonomie knyp. 'n Entrepreneur deel sy suksesresep vir moeilike tye. En daar is inligting oor versekering vir kleinsake-ondernemings.
Rand en sent 21.10.2017 23:52
Kenners voorspel 'n vlaag van ID-diefstal nadat miljoene Suid-Afrikaners se ID-nommers en ander persoonlike inligting in die kuberruim uitgelek het. 'n Prokureur verduidelik hoe dit verbruikers raak, en hoe ons kan voorkom dat ons slagoffers van bedrog word. Met die Desembervakansie wat oor net meer as 'n maand begin, het 'n bekende in misdaadvoorkomingskringe ook raad om swendelaars te vermy wann...
Rand en sent 14.10.2017 24:48
'n Versekeraar gee wenke om op jou korttermynversekering te bespaar. 'n Skuldkenner het ook wenke om jou kontantvloei te verbeter, en 'n prokureur praat oor data-integriteit en hoe jy jouself en jou sake-onderneming teen data-boewe moet beskerm.
Rand en sent 07.10.2017 23:19
'n Regspraktisyn verduidelik hoe 'n kontrak behoort te lyk vir paartjies wat in 'n langtermynverhouding is en saam woon, maar nie getroud is nie. 'n Belastingkenner sê wanneer en hoe jy vir belasting behoort te registreer.
Rand en sent 30.09.2017 23:30
'n Skuldberader gee wenke hoe jy ekstra geld kan verdien. 'n Finansiële kenner praat oor die moets en moenies wanneer jy besluit om jou onderneming saam met 'n vennoot te bedryf, en 'n finansiële beplanner gee raad aan afgetredenes hoe om hulle beleggings te versorg in moeilike ekonomiese tye.
Rand en sent 23.09.2017 24:25
'n Regskenner gee inligting oor hoe 'n huwelikskontrak moet lyk, en verduidelik waarom jy een behoort op te stel voor jy trou. En 'n belastingkundige verduidelik wat die belastingimplikasies van 'n egskeiding is.
Rand en sent 16.09.2017 24:02
'n Skuldkenner gee wenke hoe jy kan bespaar op jou kruideniersrekening. 'n Finansiële kenner verduidelik wat die verskil is tussen 'n makelaar, 'n finansiële adviseur en 'n onafhanklike en afhanklike finansiële beplanner. Hy verduidelik ook wat nuwe wetgewing hieroor behels, en hoe dit ons as verbruikers kan beskerm.
Rand en sent 09.09.2017 18:45
Na aanleiding van 'n vorige onderhoud oor stokvel, vertel 'n luisteraar van haar ervaring daarmee. 'n Finansiële beplanningsbestuurder verduidelik watter foute mense maak met hulle beleggings in tye van resessie. Hy gee ook wenke hoe jy jou belegging nou moet bestuur.
Rand en sent 02.09.2017 23:20
'n Kenner beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die pligte van die eksekuteur van 'n boedel. En 'n finansiële beplanner verduidelik aan 'n jong luisteraar wat die beste plek is om 'n kleinerige bedrag geld te belê teen die beste opbrengs.
Rand en sent 26.08.2017 24:34
'n Kenner verduidelik hoe digitale geldeenhede werk, wat Bitcoin is, en hoe verbruikers daarby kan baat. 'n Kundige gee ook wenke aan eienaars van klein-sakeondernemings wat oorweeg om aandele in die besigheid te verkoop.
20 Aug 19.08.2017 24:46
Suzaan Steyn gee wenke om jou kind entrepreneursvaardighede aan te leer, en hoe jy self meer entrepreneuries kan dink. 'n Kundige verduidelik wat die impak van 'n egskeiding is op individue in 'n gesin se geldsake. En is dit wys om jou pensioengeld te gebruik om 'n eie onderneming te begin?
13 Aug 12.08.2017 23:40
'n Kenner van Stokvel verduidelik presies wat 'n stokvel nou eintlik is, en hoe jy dit kan gebruik om te spaar. En 'n finansiële beplanner gee inligting oor wat jy alles in plek moet hê voordat jy te sterwe kom.
6 Aug 05.08.2017 24:15
Suzaan Steyn kyk na die winter en jou versekering. wat jy moet weet as jy 'n onderneming het en produkte op krediet aan mense verskaf, en hoe om jou kinders van geld te leer en hoe om daarmee te werk.
30 Jul 29.07.2017 23:53
In die lig van 'n luisteraarsnavraag, gee 'n prokureur riglyne vir wanneer jy jou eie onderneming begin. 'n Finansiële kenner help met idees hoe jy 'n onderneming, wat reeds op die been is, suksesvol kan bedryf. En 'n skuldberader het wenke wat jy in gedagte moet hou voordat jy vir die eerste keer huis koop.
23 Jul 22.07.2017 21:00
Suzaan Steyn kyk hoe die nuwe wetgewing rondom mediese fondse en mediese versekering verbruikers kan beskerm, en hoe om jou kredietkaart reg te gebruik sodat dit 'n hulpmiddel is en nie iets wat jou in die skuld sal dompel nie.
16 Jul 15.07.2017 23:37
Dit kos lugrederye miljoene rande wanneer 'n passasier tydens 'n vlug medies ongesteld raak en die vliegtuig moet terugdraai of elders as beplan moet land. Net so kan dit jóú beursie 'n groot knou gee as jy op reis is en siek raak, veral in die buiteland. Suzaan Steyn se gaste praat oor reisversekering, hulle kyk na die beste maniere om jou geld plaaslik te belê, en wat vrywillige oorgawe of besla...
9 Jul 08.07.2017 21:35
Kenners beantwoord 'n luisteraarsvraag rondom 'n eie onderneming: Hoe registreer jy, hoe lyk jou sakeplan en wat moet jy in gedagte hou met betrekking tot belastingkwessies?
2 Jul 01.07.2017 22:40
Die wêreld verander vinnig en dít geld natuurlik ook vir loopbane. 'n Kenner van die arbeidsmag gee sy mening oor die beste studie- en werkrigtings om jou kind van 'n goeie toekoms te verseker. 'n Finansiële beplanner bring millenniërs op hoogte van die beste maniere om hulle geldsake te bestuur, en 'n aktuaris wys die groot onkoste wat finansiële stres meebring.
25 Jun 24.06.2017 22:58
Finansiële beplanners kyk hoe ons die kredietgraderingsmaatskappye se afgraderings kan oorleef en op watter maniere jy geld in die buiteland kan belê.
18 Jun 17.06.2017 21:48
Met die verwoestende brande in die Suid-Kaap en die oorweldigende storms in die Kaap, besef 'n mens net weer hoe maklik 'n ramp enige een van ons kan tref. Jy kan nie altyd die emosionele impak van so iets voorspel óf beheer nie, maar jy kan ten minste finansiële voorsorg tref. 'n Versekeraar verduidelik vir ons hoe om jou huis en besittings teen die soort rampe te beskerm. 'n Kenner van die arbei...
11 Jun 10.06.2017 23:41
'n Luisteraar vra wat die belastingimplikasies is indien jy met buitelandse valuta handel dryf en 'n finansiële kenner kyk na die beleggingswaarde hiervan vir die individu. 'n Prokureur verduidelik wat in 'n huurkontrak beskryf moet word as jy eiendom uitverhuur, en wat jou te doen staan as 'n huurder nie betaal nie.
4 Jun 03.06.2017 25:01
Ons praat oor maniere hoe jy jou sake-onderneming by SARS kan registreer en ook hoe jy jou bedryf se belastinguitgawes kan beperk. 'n Finansiële beplanner gee raad aan kort-, medium-, en langtermynbeleggers oor die stand van beleggings ná die afgraderings.
28 May 27.05.2017 24:04
Wat is waagkapitaalmaatskappye, en hoe werk dit? Wat moet jy in gedagte hou wanneer jy eiendom koop en verkoop? En 'n finansiële kenner praat oor afgetredenes en mense wat binnekort aftree se beleggings in die lig van al die afgraderings wat Suid-Afrika in die gestig staar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.