RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rand en sent 13.07.2019 20:08
Weet jy watter deel van jou salaris word oorbetaal aan die Werkloosheidversekeringsfonds? En hoe weet jy of jou werkgewer wel die geld betaal aan die fonds? Olivia Sambo kry antwoorde op hierdie vrae, en vind ook uit wat jy kan verwag wanneer jy vir die eerste keer registreer by die Departement van Arbeid.
Rand en sent 06.07.2019 19:50
Daar is min dinge wat jou so onkant kan tref soos die dood. In sulke tye van nood tel elke sent. Olivia Sambo praat met Anta de Korte van die Werkloosheidsversekeringsfonds oor doodsvoordele; wat lei daartoe dat eise soms lank neem om uitbetaal te word, en wat jy kan doen om jou geld gouer te kry.
Rand en sent 29.06.2019 18:56
Olivia Sambo praat met Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid oor hoe jy kan eis wanneer jy 'n kind aanneem. 'n Finansiële kenner gee wenke oor hoe om die regte finansiële adviseur te identifiseer.
Rand en sent 22.06.2019 19:29
Olivia Sambo praat met Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid oor wat jy kan doen om te eis as jy weens siekte nie meer kan werk nie. 'n Kenner deel ook inligting oor hoe die gebrek aan veiligheid in die werksplek kan lei tot ernstige beserings aan diens, en hoe sowel werkers as werkgewers kan baat vind by 'n veiliger werksomgewing.
Rand en sent 15.06.2019 21:25
Kenners verduidelik hoe kraamvoordele van die Werkloosheidversekeringsfonds geëis kan word. Hulle verduidelik stap vir stap watter dokumente nodig is, sodat eise vinnniger uitbetaal kan word. 'n Deskundige in die Mensehulpbronbedryf gee raad oor wat jy kan doen om jou kanse te verbeter om 'n werk te kry.
Rand en sent 08.06.2019 18:10
In Rand en Sent gesels Olivia Sambo met Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid oor wat jy kan doen om te eis wanneer jy werkloos is. Hulle deel ook inligting oor wie almal kwalifiseer vir die voordele van die Werkloosheidsversekeringsfonds, en verduidelik hoe hulle bereken hoeveel geld in jou sak gaan wanneer jy uitbetaal word.
Rand en sent 01.06.2019 19:27
In die eerste program in die reeks oor die Werkloosheidversekeringsfonds, neem twee kenners neem ons stap-vir-stap deur die wysigings aan die wet, en verduidelik watter dokumentasie nodig is wanneer jy 'n eis indien.
Rand en sent 25.05.2019 25:04
'n Kenner verduidelik hoe mens met aandele kan begin “speel”. En 'n skuldkenner gee nuttige wenke oor hoe om van skuld ontslae te raak, en waaraan jy moet dink voordat jy skuld maak.
Rand en sent 18.05.2019 25:08
Daar is spaarwenke vir diegene wat binnekort aftree, en ook net ná aftrede. 'n Belastingspesialis bespreek volgende jaar se veranderinge in belastingwetgewing wat Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, se sak sal raak.
Rand en sent 11.05.2019 24:53
Daar is spaarwenke vir wanneer jy in die middel van jou loopbaan is. Wat is die verskillende beleggingsopsies wanneer jy geld in die buiteland wil belê?
Rand en sent 04.05.2019 27:32
Hoe kan jongmense wat pas begin werk het, en vir die eerste keer na hulle eie fiansies moet omsien, begin spaar? Die moets en moenies wanneer jy jou finansiële adviseur kies, en die mees algemene vraag van beleggers aan 'n finansiële beplanner.
Rand en sent 27.04.2019 23:36
Die laaste van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierdie Nywerheidsrewolusie handel oor hoe vroue hulleself kan bemagtig vir 'n suksesvolle beroepslewe. Kenners praat weer oor verskillende geldpersoonlikhede, en hoe kennis hieroor jou kan help om die hantering van jou eie finansies, asook die van jou lewensmaat, beter te verstaan.
Rand en sent 20.04.2019 26:01
Die derde van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierde Nywerheidsrewolusie handel oor verdere faktore wat vroue terughou in die ekonomie. 'n Kenner verduidelik ook hoe ons geld uitgee op belastingheffings waarvan ons nie eens bewus is nie, en hoe ons hierop kan bespaar.
Rand en sent 13.04.2019 27:24
Die tweede van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierde Nywerheidsrewolusie handel oor hoe vroue hulle gedagtegang kan verander om hulle posisie te verbeter t.o.v. loopbane, salarisse en entrepreneurskap.'n Kenner beantwoord ook 'n luisteraarsvraag oor aftrede, aftreeprodukte en die raad wat finansiële adviseurs soms verkeerdelik gee.
Rand en sent 06.04.2019 26:12
Die eerste van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierde Nywerheidsrewolusie handel oor waar vroue hulle in die digitale era bevind m.b.t. loopbane en entrepreneurskap. Daar word ook gepraat oor beurtkrag en korttermynversekering.
Rand en sent 30.03.2019 25:16
Suzaan Steyn het alles wat jy moet weet oor: alle risikoversekering; die enorme koste wat jy jouself op die hals kan haal indien jy naamskending of haatspraak op sosiale media pleeg; asook die feite rondom volmag wat verval wanneer jy nie meer in staat is om jou eie besluite te neem nie.
Rand en sent 23.03.2019 24:20
Die laaste gesprek in die reeks oor aftredebepanning handel oor boedelbeplanning. Dis iets wat jy eintlik al moet doen sodra jy begin bates versamel. Daar is ook nuus oor belastingtoepassings om jou belastinginligting makliker bymekaar te maak.
Rand en sent 16.03.2019 22:48
Die derde van vier gesprekke oor aftredebeplanning handel oor “Beplanning NÁ aftrede”. 'n Finansiële beplanner verduidelik ook wat die verband is tussen fietsry, finansies en goeie beleggings.
Rand en sent 09.03.2019 23:27
Die tweede van vier gesprekke oor aftredebeplanning handel oor “Beplanning BY aftrede”. 'n Prokureur verduidelik ook wat handelsmerke, pattente en kopiereg behels, en hoekom dit nodig is dat ons almal daarvan kennis moet neem.
Rand en sent 02.03.2019 25:34
Die eerste van vier gesprekke oor aftredebepanning handel oor “Beplanning VIR aftrede". En 'n prokureur praat oor die voordele daarvan om eiendom en ander bates in 'n trust te registreer, en hoe om dit op die regte manier te doen.
Rand en sent 23.02.2019 26:57
Sien só om na jou werknemers se emosionele en liggaamlike welstand vir beter produktiwiteit - 'n kundige deel statistiek en gee raad, en 'n TV-vervaardiger verduidelik hoe hulle hulle personeel emosioneel ondersteun. En daar is nuus oor debietorderbedrog en nuwe maniere om dit die hoof te bied.
Rand en sent 16.02.2019 24:54
'n Finansiële kenner bespreek gesondheidsversekering wat vir jou kinders die heel beste behandeling sal help koop in geval van kanker of 'n ander gevreesde siekte. En daar is nuus oor nuwe internetbedrogslenters en hoe jy jouself daarteen kan beskerm.
Rand en sent 09.02.2019 25:14
Finansiële state en 'n begroting kom aan die beurt in die sesde en laaste gesprek in die reeks oor finansiële geletterdheid. En 'n prokureur verduidelik hoekom dit noodsaaklik is om alle ooreenkomste op skrif te stel om geskille, wat later mag opduik, te voorkom.
Rand en sent 02.02.2019 22:08
Skuld is die onderwerp in die vyfde en voorlaaste gesprek in die reeks oor finansiële geletterdheid. En 'n kenner van tegnologie praat oor maklike, nuwe en veilige maniere vir kleinsake-ondernemings om betalings te ontvang.
Rand en sent 26.01.2019 23:42
In die vierde in 'n reeks van ses gesprekke oor finansiële geletterdheid kom basiese ekonomiese beginsels onder die soeklig. En beleggings in maatskappye met beter volhoubaarheidspraktykte word al hoe meer gewild. 'n Kenner verduidelik hoekom dit belangrik is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.