RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rand en sent 12.10.2019 19:46
Olivia Sambo praat met Ian Scott van Momentum Beleggings oor die uitwerking wat politieke uitlatings en negatiewe nuus op beleggings het. Gustav Reinach van Brenthurst Wealth verduidelik hoe rentekoerse jou sak raak. En Martiens Barnard van Momemtum Beleggings gee raad oor hoe om kalm te bly wanneer jy paniekbevange raak, of as die twyfel jou beetpak oor jou beleggings.
Rand en sent 05.10.2019 20:00
West Hendriks van John West Art Galleries deel sy passie oor Suid-Afrikaanse kuns, en hoekom hulle trots Suid-Afrikaans is. Hy vertel hoe hulle daaraan kon slaag om nie net te bestaan nie, maar ook te groei in die afgelope 16 jaar. Hy praat oor die belangrikheid daarvan om netwerke te bou, en vertel watter verskil die regte prys maak as jy 'n skildery as 'n belegging wil koop. Gustav Reinach van B...
Rand en sent 28.09.2019 20:16
Om 'n boer te wees, is in jou bloed. Riaan Agenbag van Agenbag Alltrade Beslote Korporasie maak sy hart oop oor wat dit vir hom beteken om 'n boer te wees, en deel sy passie en liefde vir sy daaglikse werk. En Omri van Zyl van AgriSA praat oor tegnologie, klimaatsverandering en hernieubare energie in die lanbousektor. Hy deel sy mening van hoe die probleme in die bedryf opgelos kan word.
Rand en sent 21.09.2019 19:47
Wat is die slaggate waarop jy moet let wanneer jy eiendom koop? En wat is die koste wanneer jy in eiendom wil belê? Louis Fourie van Okandivi Properties Franchise bantwoord hierdie en ander vrae. En Ian Scott van Momentum praat oor beleggings op die aandelemark, en vertel hoekom hy opgewonde is oor die geleenthede wat daar is.
Rand en sent 14.09.2019 19:20
West Hendriks van Gauteng North Obstacle Race Course vertel hoe jy jou welstand en gesondheid 'n hupstoot gee deur in jou liggaam te belê. En Elsèbe Koorsen van Luxebox praat oor haar passie vir plaaslike produkte. Sy gee ook wenke vir die bemarking van klein ondernemings wat aanlyn meer sigbaar wil wees.
Rand en sent 07.09.2019 19:13
Martiens Barnard, 'n aktuaris by Momentum Beleggings, praat oor die gedragspatrone van beleggers, en hoe jy jou opbrengste uit beleggings kan verbeter deur meer op jou finansiële doelwitte te fokus. En Eugene Antak en Hendri de Klerk van Ultima Finansiële Dienste het raad as die finansiële fonteintjie opgedroog het en jy oorweeg om jou geld uit jou pensioenfonds te onttrek.
Rand en sent 31.08.2019 19:41
Twee kundiges praat oor swart ekonomiese bemagting, en neem jou stap-vir-stap deur die elemente van die wet. Hulle vertel hoe maatskappye voordeel uit die wet kan trek, sonder om 'n sent te spandeer, maar terselfdertyd hulle gradering kan verbeter. En Elsèbè Koorsen van Luxebox vertel hoe dit haar finansieël byna uitgeroei het toe sy haar werk verloor het, omdat haar werkgewer ontdek het dat sy ha...
Rand en sent 24.08.2019 18:59
Die verskillende voordele van die Werkloosheidversekeringsfonds word weer bespreek, asook die rol van die Vergoedingsfonds. En 'n kenner gee raad aan jongmense wat die werksplek vir die eerste keer betree, oor hoe om die oorgang te maak van student af na werker.
Rand en sent 17.08.2019 18:57
Die direkteurgeneraal van die departement van werkverskaffing en arbeid praat oor die funksies wat hulle verrig, en die wetgewing wat daar is om werkers en werkgewers te beskerm.
Rand en sent 10.08.2019 20:41
Olivia Sambo doen 'n samevatting van al die voordele van die Werkloosheidversekeringsfonds met Anta de Korte en Isaac Mogorosi. Hulle gesels weer oor hoe die eise bereken word, en verduidelik wat skeefgeloop het met die opgradering van hulle aanlynstelsel. En Richus Nel van PSG Wealth praat oor die risiko's wanneer jy jou eie besigheid besit, en hoe jy voorsiening kan maak vir onvoorsiene voorvall...
Rand en sent 03.08.2019 18:35
Olivia Sambo doen 'n samevatting van al die voordele van die Werkloosheidversekeringsfonds. Daar word sterk fokus gelê op die verskeie soorte dokumentasie wat nodig is wanneer jy vir die verskillende voordele aansoek doen. Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid deel al hierdie inligting en nog meer.
Rand en sent 27.07.2019 20:08
Die opgegradeerde aanlynstelsel van die Werkloosheidversekeringsfonds het baie gebruikers rooi laat sien, en het tot groot ongerief en frustrasties gelei vir sowel werkgewers as werkers. Anta de Korte van die Departement van Arbeid probeer om 'n oplossing te bied vir die probleme wat mense ondervind met die stelsel. Sy neem jou ook stap-vir-stap deur die aanlynstelsel, en vertel jou wat om te verw...
Rand en sent 20.07.2019 19:55
Olivia Sambo praat met Anta de Korte oor die bedrag wat werkgewers tot die Werkloosheid-versekeringsfonds moet bydra. Sy gee ook raad ook kontrakte, en verduidelik hoeveel jy kan verwag wanneer jy van die fonds eis.
Rand en sent 13.07.2019 20:08
Weet jy watter deel van jou salaris word oorbetaal aan die Werkloosheidversekeringsfonds? En hoe weet jy of jou werkgewer wel die geld betaal aan die fonds? Olivia Sambo kry antwoorde op hierdie vrae, en vind ook uit wat jy kan verwag wanneer jy vir die eerste keer registreer by die Departement van Arbeid.
Rand en sent 06.07.2019 19:50
Daar is min dinge wat jou so onkant kan tref soos die dood. In sulke tye van nood tel elke sent. Olivia Sambo praat met Anta de Korte van die Werkloosheidsversekeringsfonds oor doodsvoordele; wat lei daartoe dat eise soms lank neem om uitbetaal te word, en wat jy kan doen om jou geld gouer te kry.
Rand en sent 29.06.2019 18:56
Olivia Sambo praat met Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid oor hoe jy kan eis wanneer jy 'n kind aanneem. 'n Finansiële kenner gee wenke oor hoe om die regte finansiële adviseur te identifiseer.
Rand en sent 22.06.2019 19:29
Olivia Sambo praat met Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid oor wat jy kan doen om te eis as jy weens siekte nie meer kan werk nie. 'n Kenner deel ook inligting oor hoe die gebrek aan veiligheid in die werksplek kan lei tot ernstige beserings aan diens, en hoe sowel werkers as werkgewers kan baat vind by 'n veiliger werksomgewing.
Rand en sent 15.06.2019 21:25
Kenners verduidelik hoe kraamvoordele van die Werkloosheidversekeringsfonds geëis kan word. Hulle verduidelik stap vir stap watter dokumente nodig is, sodat eise vinnniger uitbetaal kan word. 'n Deskundige in die Mensehulpbronbedryf gee raad oor wat jy kan doen om jou kanse te verbeter om 'n werk te kry.
Rand en sent 08.06.2019 18:10
In Rand en Sent gesels Olivia Sambo met Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid oor wat jy kan doen om te eis wanneer jy werkloos is. Hulle deel ook inligting oor wie almal kwalifiseer vir die voordele van die Werkloosheidsversekeringsfonds, en verduidelik hoe hulle bereken hoeveel geld in jou sak gaan wanneer jy uitbetaal word.
Rand en sent 01.06.2019 19:27
In die eerste program in die reeks oor die Werkloosheidversekeringsfonds, neem twee kenners neem ons stap-vir-stap deur die wysigings aan die wet, en verduidelik watter dokumentasie nodig is wanneer jy 'n eis indien.
Rand en sent 25.05.2019 25:04
'n Kenner verduidelik hoe mens met aandele kan begin “speel”. En 'n skuldkenner gee nuttige wenke oor hoe om van skuld ontslae te raak, en waaraan jy moet dink voordat jy skuld maak.
Rand en sent 18.05.2019 25:08
Daar is spaarwenke vir diegene wat binnekort aftree, en ook net ná aftrede. 'n Belastingspesialis bespreek volgende jaar se veranderinge in belastingwetgewing wat Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, se sak sal raak.
Rand en sent 11.05.2019 24:53
Daar is spaarwenke vir wanneer jy in die middel van jou loopbaan is. Wat is die verskillende beleggingsopsies wanneer jy geld in die buiteland wil belê?
Rand en sent 04.05.2019 27:32
Hoe kan jongmense wat pas begin werk het, en vir die eerste keer na hulle eie fiansies moet omsien, begin spaar? Die moets en moenies wanneer jy jou finansiële adviseur kies, en die mees algemene vraag van beleggers aan 'n finansiële beplanner.
Rand en sent 27.04.2019 23:36
Die laaste van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierdie Nywerheidsrewolusie handel oor hoe vroue hulleself kan bemagtig vir 'n suksesvolle beroepslewe. Kenners praat weer oor verskillende geldpersoonlikhede, en hoe kennis hieroor jou kan help om die hantering van jou eie finansies, asook die van jou lewensmaat, beter te verstaan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.