RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rand en sent 28 Junie 2020 27.06.2020 18:22
Martiens Barnard van Momentum praat oor kognitiewe afwykings wat jou besluite beïnvloed, en die verskil tussen instink en 'n kritiese denkwyse. Marise Smit van Brenthurst Wealth vertel waarom jy na 'n finansiële adviseur moet gaan om jou te help met 'n plan vir jou aftrede. Richus Nel waarsku teen slenters van skelms, en gee wenke oor hoe jy 'n verneukspul kan identifiseer. En dr. Franco van Wyk v...
Rand en sent 21 Junie 2020 20.06.2020 19:20
Div de Villiers van die Instituut vir Besigheidsadviseurs praat oor die ondersteuning wat hulle aan kleinsake-ondernemings bied, en doen 'n beroep op ander besighede om hulle ook te help. Ian Scott van Momentum Beleggings identifiseer moontlike beleggingsgeleenthede wat inflasie sal klop. En Louwrens Basson van Mazars praat oor die spesiale begroting wat weens Covid-19 geskep moes word.
Rand en sent 14 Junie 2020 13.06.2020 18:49
Hennie Heymans van DHL Express praat met Olivia Sambo oor e-handel in Afrika, en die moontlikhede vir groei in hierdie sektor. Dr. Franco van Wyk van Comparisure gesels oor sagteware wat ontwikkel word om menslike kommunikasie na te boots, en hoekom dit nou so 'n belangrike deel van jou besigheid moet wees. En Div de Villiers praat oor die Instituut vir Besigheidsadviseurs, en die ondersteuning wa...
Rand en sent 7 Junie 2020 06.06.2020 19:30
Richus Nel van PSG Wealth praat oor die moeilike finansiële besluite wat ons nou moet neem om kop bo water te hou. Herman van Papendorp van Momentum herinner ons daaraan dat mense die vermoë het om die ergste rampe te oorleef, en steeds voort te gaan. En Anta de Korte van die Departement van Arbeid gesels oor die Werkloosheidsversekeringsfonds.
Rand en sent 31 Mei 2020 30.05.2020 18:19
Richus Nel van PSG Wealth wys met berekeninge hoe 'n betalingsvakansie op jou huislening jou sal raak, en hoekom dit nie raadsaam is om dit te doen nie. Herman van Papendorp van Momentum praat oor die lae rentekoerse, en waar jy jou geld moet belê om die beste opbrengs te kry. En Regine le Roux van Reputation Matters praat oor die belangrikheid van jou werkers, en hoekom hulle die beste mense is o...
Rand en sent 24 Mei 2020 23.05.2020 18:57
Prof. Danie Meyer van Noordwes-Universiteit praat oor maniere om werkskepping te bevorder, en hoekom hy glo mense moet begin werk. Andrea Camphor van AgriSA gesels oor die hulp wat hulle verleen deur voedsel te skenk aan mense wat in die nood is. En Richus Nel van PSG Wealth deel sy siening oor die grendelmaatreëls, en bespreek die opsies wat die regering het.
Rand en sent 17 Mei 2020 17.05.2020 18:33
Olivia Sambo praat met kenners oor die verskillende soorte belasting, en hoe die verligtingsmaatreëls deur die regering aangewend word om die belastingslas van maatskappye en kleinsake ondernemings te verlig tydens die Covid-19-pandemie.
Rand en sent 10 Mei 2020 09.05.2020 18:05
Marli Schnetler van OneDayOnly praat oor die impak wat die inperking op e-handel het, en hoeveel kleinsake-ondernemings gehelp kan word as die verbod op produkte opgehef word. Franzo Friedlich van Momentum Beleggings gesels oor bemarking tydens die inperking, en hoe kommunikasie en bemarking verander het.
Rand en sent 3 Mei 2020 03.05.2020 18:39
Wat doen jy om finansieel te oorleef wanneer iemand wat afhanklik van jou is, ernstig siek word? En hoe weet jy of jy voldoende versekering het vir so 'n situasie? Richus Nel van PSG Wealth vertel watter impak dit op jou kan hê as 'n afhanklike siek word. Marise Smit van Brenthurst Wealth vertel wat dit beteken as jy ekstra geld op jou huisverband betaal. En prof. Danie Meyer van die Noordwes-Univ...
Rand en sent 26 April 2020 25.04.2020 20:12
Prof. Danie Meyer van die Noordwes-Universiteit praat oor die Internasionale Monetêre Fonds en sy mening oor die aanwending van die stimuluspakket. Herman van Papendorp van Momentum gesels oor die uitwerking wat die lae rentekoerse op die ekonomie het, en hoekom dit nou 'n goeie besluit sal wees om jou skuld te betaal, as jy dit kan bekostig.
Rand en sent 19 April 2020 18.04.2020 18:40
Dis onvermydelik dat die Covid-19 pandemie 'n negatiewe uitwerking op die wêreldekonomie sal hê. Richus Nel, 'n finansiële beplanner by PSG Wealth, en Herman van Papendorp, hoof van beleggings by Momentum, praat oor die ekonomiese impak van Covid-19. Hulle gee ook raad aan kleinsake-ondernemings en beleggers oor oorlewing in hierdie onsekere finansiële tye.
Rand en sent 12 April 2020 11.04.2020 19:00
Hoe onderskei jy tussen fopnuus en nuus wat van betroubare bronne kom? Jeanette Marais van Momentum Beleggings en Richus Nel van PSG Wealth probeer die vraag beantwoord. Hulle gee ook raad oor hoe jy die vrees van die Covid-19 pandemie onder beheer kan hou deur kalm te bly, en moedig ons aan om juis die tyd te gebruik om ons persoonlike finansies te hersien. Leonard Willemse van Mazars praat oor b...
Rand en sent 5 April 2020 04.04.2020 18:29
Hoe pas jy jou salaris aan as jy nie gereeld 'n inkomste verdien nie? Marise Smit van Brenthurst Wealth gee raad oor hoe om te oorleef in onsekere finansiële tye. Leonard Willemse van Mazars vertel hoekom dit noodsaaklik is dat entrepreneurs uit die staanspoor uit hulle belastingsake in orde moet kry. Allan Hannie van Cliffe Decker Hofmeyer sê entrepreneurs móet 'n onderskeid tref tussen geld vir...
Rand en sent 29 Maart 2020 29.03.2020 19:12
Hoeveel dra ons as individue by tot die staatskoffers, en hoekom moet ons belasting betaal? Leonard Willemse van Mazars in Kaapstad beantwoord die vrae, en praat ook oor die spandering van die regering. Allan Hannie van Cliffe Decker Hofmeyer praat oor die administratiewe sy van klein sakeondernemings, en verduidelik hoekom finansiële geletterheid so belangrik is vir entrepreneurs.
Rand en sent 22 Maart 2020 21.03.2020 19:12
Is jy bekommerd dat jy nie genoeg geld sal hê wanneer jy aftree nie? Of dink jy dat jy nog jonk is, en aftrede net vir oumense is want jy het nog genoeg tyd om te beplan? Marise Smit van Brenthurst Wealth gee jou 'n dosis realiteit, maar ook aanmoediging om te begin spaar en minder skuld te maak. Eugene Botha van Momentum Belegggings wys ook dat dit 'n mite is dat jy moet wag tot jy ryk is of meer...
Rand en sent 15 Maart 2020 14.03.2020 18:04
Johan Vorster van PPC sement praat oor onwettige invoere, en die nadelige uitwerking wat dit op die ekonomie het. Hy gesels ook oor die stand van die sementbedryf en die groot rol van die boustof in die konstruksiebedryf speel. Anton Roelofse van Business Partners praat oor bemarking en die gevolge van negatiewe blootstelling vir jou maatskappy.
Rand en sent 8 Maart 2020 07.03.2020 18:21
Eugene Botha van Momentum praat oor buitelandse beleggings, en hoekom dit so belangrik is om die regte vrae te vra wanneer jy jou geld wil belê. Weet jy hoeveel fooie daar op die belegging is, en watter uitwerking dit op jou opbrengste kan hê? Is jy die eienaar van 'n kleinsake-onderneming, maar het nie 'n benul wat bemarking behels en hoe om jou dienste of produk te adverteer nie? Anton Roelofse...
Rand en sent 1 Maart 2020 29.02.2020 17:36
Rika Wedderburn van Pretoria is 'n gekwalifiseerde prokureur en tuisskoolouer, wat begin navorsing doen het oor emigrasie, nadat die behoefte ontstaan het om 'n nuwe begin in 'n ander land te maak. Sy deel haar ervarings en die foute wat sy gemaak het, en praat oor hoe die besluit haar familie geraak het. Sy deel sy ook wenke oor hoe om die regte agent te vind, en hoe om die emosionele tol van emi...
Rand en sent 23 Februarie 2020 22.02.2020 20:18
Olivia Sambo doen 'n samevatting van die belangrikste punte wat genoem is in die reeks oor die Pensioenfonds vir Staatsamptenare.
Rand en sent 16 Februarie 2020 15.02.2020 18:53
Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor die verouderde stelsel van lewenssertifikate, en hoekom dit steeds in sekere omstandighede gebruik word. Francois Lombard van Momemtum gee raad met beleggings, en wat 'n realistiese opbengs is.
Rand en sent 9 Februarie 2020 08.02.2020 19:06
Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare vertel meer van die pensioenvoordele vir gades van lede van die fonds. Sy neem jou stap-vir-stap deur die dokumente wat nodig is, en hoe die fonds die verskillende soorte huwelike in Suid-Afrika benader. Ilse-Marie van de Wall van Serrsynergy praat oor die veiligheid in die werksplek, en hoekom dit so belangrik is om jou dokumentasie op...
Rand en sent 2 Februarie 2020 01.02.2020 19:52
Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare verduidelik wanneer die jaarlikse verhogings vir pensioenarisse in werking tree, en wie daarvoor in aanmerking kom. Olivia Sambo praat met Francois Lombard van Momentum oor die verband tussen beleggings en wyn.
Rand en sent 26 Januarie 2020 25.01.2020 19:25
Olivia Sambo praat met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare oor kinderpensioen. Hulle gesels oor die nuwe wetgewing, wie in aanmerking daarvoor kom, en die regte dokumentasie. Eric Jordaan van Crue Invest verduidelik wat finansiële ontrouheid is, en hoe om uit die strik van finansiële leuens te kom.
Rand en sent 19 Januarie 2020 18.01.2020 17:23
Die week praat Olivia Sambo met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare oor die veranderinge in die Egskeidingsreël. Sy verduidelik die implikasies vir jou as lid, en doen 'n beroep op lede om op hoogte te bly van veranderinge in die wetgewing. Sy deel ook belangrike inligting oor die dokumentasie en die eisproses.
Rand en sent 12 Januarie 2020 11.01.2020 17:58
Olivia Sambo praat met Richus Nel van PSG Wealth, oor hoe jy jou denkwyse kan verander deur meer op positiewe ekonomiese ontwikkelinge te fokus. Hy praat ook oor die belangrikheid van 'n suksesvolle vennootskap tussen die regering en die sakesektor. En tienjarige Jamien Green deel sy reis na entrepreneurskap met ons.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.