Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Savanna Beef-aandeelprys styg weens goeie aanvraag 08.07.2026 0:21
Savanna Beef-aandele verhandel stewig op die Namibiese Sekuriteitebeurs teen een Namibiese dollar en sewentien sent per aandeel, 'n styging vanaf sowat 1 dollar en 5 sent aan die begin van Junie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus se medestigter Romé Mostert gepraat, wat sê die onlangse styging, gerugsteun deur 32 000 aandele wat verhandel is, weerspieël versterkende beleggersvertroue namate die maat...
Trump dreig Iran-aanvalle, olieprys spring 5% 08.07.2026 0:22
Dit blyk asof die skietstilstand tussen Amerika en Iran iets van die verlede is, met Amerikaanse president Donald Trump wat by die Navo-beraad in Turkye gedreig het om Iran vanaand weer hard met lugaanvalle te slaan. Hy het ook gedreig om Khargh-eiland in te neem en die haweblokkade weer in te stel. Hy het ook gesê die Iranse leierskap is skuim en bose mense, en sover dit hom aangaan is die skiets...
FNB Namibia kry beste SME-bank in Namibië-toekenning 08.07.2026 0:33
FNB Namibia is aangewys as die beste SME-bank in Namibië by die gesogte Global Banking & Finance Awards. Die bank bedien tans SME's in al 14 streke en handhaaf 'n geraamde aandeel van 35 tot 40 persent van Namibië se SME-bankmark. Nesdha de Jongh, hoof van SME-bankdienste by FNB Namibia, sê hierdie nasionale voetspoor het die bank as die land se toonaangewende SME-bankvennoot geposisioneer.
SA munisipaliteite moet skuldplanne maak: Tesourie 08.07.2026 0:18
Die Nasionale Tesourie sê munisipaliteite moet eers ooreenkomste oor volhoubare betalingsplanne met hul skuldeisers bereik voordat teruggehoue fondse vrygestel word. Gister is aangekondig befondsing aan 69 munisipaliteite sal tydelik teruggehou word weens oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Ogalaletseng Gaarekwe van die Tesourie het vanoggend op 'n nuuskonferensie gesê die reë...
NV nogmaals ontwrig deur uitstappe 08.07.2026 0:17
Die parlement is weereens in prosedurele onrus gedompel nadat opposisielede uit die Nasionale Vergadering gestap het, wat die Huis sonder 'n kworum gelaat het. Die jongste dooiepunt kom net dae na 'n soortgelyke dispuut oor die genomineerdes vir die Staatsdienskommissie, voordat Swapo uiteindelik op sy meerderheid staatgemaak het om hul goedkeuring te verseker. Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila h...
Baba-Bokke het nog werk voor Wêreldkampioenskap-halfeindronde 08.07.2026 0:15
Rugby: Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, sê daar is steeds ruimte vir verbetering voor hulle Engeland Maandag pak in die halfeindronde van die Junior Wêreldkampioenskap in Georgië. Suid-Afrika was 14 punte agter, maar het ingehaal en Wallis uiteindelik 52-33 verslaan na agt drieë teenoor vyf om die voorlaaste ronde te haal. Foote sê hulle moet veral werk aan hulle verdediging en bal...
Die hoofnuus om 13:00 08.07.2026 5:01
Kry die nuus soos dit breek.
DA sê voldoende toilette by skole is 'n reg, nie 'n doelwit nie 08.07.2026 0:23
Die DA doen ʼn beroep op alle provinsiale onderwysdepartemente om dringend skole wat nog sanitasieprobleme het, te identifiseer en duidelike planne en tydlyne te verskaf oor hoe hulle dit gaan hanteer. Dit volg nadat die Departement van Basiese Onderwys al 3 372 sanitasieprojekte by skole afgehandel het wat in die 2018-oudit oor sanitasie geïdentifiseer is. Desiree van der Walt van die DA sê veilig...
Badenoch verduidelik onttrekking by Clacton 08.07.2026 0:23
Nie die Arbeiders nog die Tories sal 'n kandidaat vir die Clacton-tussenverkiesing daarstel nie. Die verkiesing is veroorsaak deur die bedanking uit die parlement van Reform UK se Nigel Farage, en hy sal weer staan vir die pos. Hy sal na verwagting wen en dan terugkeer na die parlement en dan kan die ondersoek na sy befondsing hervat word. Tory-leier Kemi Badenoch het verduidelik hoekom hulle nie...
Dagga-aktiviste op hete kole, uitspraak môre verwag 08.07.2026 0:23
Daar is nog geen uitsluitsel in die Grondwetlike dagga saak deur aktiviste Brian Jaftha en Borro Ndungula nie. Uitspraak was Maandag verwag maar regter Claudia Claasen het die indiening van verdere dokumente geëis. Die staat het 'n aansoek vir 'n spesiale pleit gedoen om die saak van die rol te skrap, omdat hulle meen dit is 'n beleidskwessie en nie 'n regskwessie nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaf...
IPC eis rekord van Amutse se ondersoek na Nasan en Vivo 08.07.2026 0:32
Die IPC het die regering se hantering van 'n omstrede brandstof-mededingingsbesluit na die parlement geneem. Die party eis antwoorde van die energieminister oor die opskorting van sleutelvoorwaardes wat deur die Mededingingskommissie opgelê is vir die samesmelting van Vivo Energy Namibia met Engen. Dit raak ook Nasan Energies wat verhoed is om vir vyf jaar brandstof by Vitol aan te koop ná sy verk...
Nabta stel maatreëls vir langafstand taxi's voor 08.07.2026 0:28
Die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging, Pendapala Nakathingo, stel voor dat alle openbare vervoervoertuie handmatige passasiersregistrasies deur middel van kontroleboeke moet hê om owerhede na ongelukke by te staan, sowel as outomatiese brandblusserstelsels. Hy het gepraat tydens die Nasionale Raad se staande komitee oor vervoer se verhore oor padongelukke:
EU sê oor gryslysverwydering, sy stelsel sal nog tyd neem 08.07.2026 0:39
Die Europese Unie het die land gelukgewens met sy verwydering van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys, asook die vrystelling van die Finansiële Intelligensiesentrum se 2025/2026 jaarverslag. Die EU se ambassadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins, het die stappe vorentoe aangedui vir die EU om ook sy wetgewing aan te pas. Namibië se nuwe status sal teen die einde van die jaar tot sy verwydering...
Boumafia beheer R63 miljard se openbare projekte 08.07.2026 0:21
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê daar is meetbare vordering in optrede teen afpersing en intimidasie in die boubedryf. Volgens die bedryf word ongeveer 180 openbare infrastruktuurprojekte ter waarde van 63 miljard Suid-Afrikaanse rand weens afpersing, intimidasie of geweld vertraag. Die bou-mafia is veral bedrywig in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap. Mac...
GRN se energiebesteding onder die loep 08.07.2026 0:34
Globale energiebesteding is op koers om vanjaar 3,4 triljoen Amerikaanse dollar te bereik, volgens 'n verslag van die Internasionale Energie-agentskap. Ongeveer 2,2 triljoen dollar hiervan sal aangewend word vir kragnetwerke, berging, brandstowwe met lae emissies, kernenergie, hernubare energie, doeltreffendheid en elektrifisering. Net sowat 1,2 triljoen dollar gaan na olie, aardgas en steenkool....
Rusland se atlete mag aan die Spele deelneem 08.07.2026 0:21
Die Internasionale Olimpiese Komitee het die Russiese Olimpiese Komitee se skorsing voorwaardelik opgehef en Russiese atlete kan nou aan sommige span-items en kwalifiserende kompetisies deelneem voor 2028 se Olimpiese Spele in Los Angeles. Die Russiese vlag en volkslied word steeds verbied. Die IOK se president, Kirsty Coventry, sê ʼn atleet se deelname aan internasionale kompetisies moenie beperk...
Action Society eis misdaadondersoek wanneer kinders kraam 08.07.2026 0:18
Action Society sê die 292 geboortes wat tussen April en Desember verlede jaar onder meisies van 10 tot 14 jaar in die Wes-Kaap aangeteken is, behoort elk tot 'n misdaadondersoek te lei. Die organisasie sê elke kinderswangerskap moet as 'n kinderbeskermingsaak behandel word om te bepaal of seksuele misbruik of uitbuiting plaasgevind het. Juanita du Preez van Action Society sê kinders moet beskerm w...
Reform UK se Farage bedank as LP 08.07.2026 0:38
Die leier van die Reform UK, Nigel Farage, het skielik bedank as die parlementslid vir Clacton, wat 'n hoërisiko-tussenverkiesing veroorsaak het waarin hy onmiddellik wil deelneem.
Handelsyfers lê lae Afrika-handel bloot 08.07.2026 0:35
Die handelstatistieke vir Mei is bekend en soos gewoonlik is streekshandel gesentreer in die Sacu-gebied. Namibië het 'n handelsurplus van 1,3 miljard Namibiese dollar met Botswana aangeteken terwyl 'n handelstekort van 2,5 miljard dollar met Suid Afrika aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gekry oor die lae vlakke van handel met die vasteland buite die...
VN se weeragentskap het kommer oor El Nino 08.07.2026 0:31
El Nino-toestande ontwikkel tans in die Stille Oseaan en die Wêreld Meteorologiese-organisasie van die VN sê die warmer toestande in die oseaan het 'n groot impak op weerpatrone wat hittegolwe, droogtes en uiters swaar reën en oorstromings kan veroorsaak. Celeste Saulo van die organisasie.
Trump vaar weer uit teen Navo 08.07.2026 0:22
President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie nie Amerika met sy oorlog teen Iran help nie. Trump woon tans Navo se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Trump sê hy is baie teleurgesteld in Navo:
Los eerder wilde sampioene uit 08.07.2026 0:19
Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na 'n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van 'n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai enigiemand wat 'n wilde sampioen geëet het aan om onmiddell...
Noa gesels oor 20 jaar by die ACC 08.07.2026 0:39
Kry die nuus soos dit breek.
Noa gesels oor 20 jaar by die ACC 08.07.2026 0:37
Die stigtersdirekteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, berei voor om die instelling op 31 Julie te verlaat, wat 'n 20-jaar lange ampstermyn aan die stuur van Namibië se korrupsiewaghond tot 'n einde bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Noa besin oor die afgelope 20 jaar. Hy sê die instelling het voortdurend gesukkel om bekwame ondersoekers te behou terwyl hulle met...
Owerhede moet toerisme-misdaad hokslaan 08.07.2026 0:26
Die Gasvryheidsvereniging spreek kommer uit oor 'n reeks misdade wat toeriste raak. Dit volg op onlangse inbrake by twee lodges naby Outjo, die aanranding van 'n toeris by Spitzkoppe, en 'n reeks reiswaarskuwings wat uitgereik is deur lande soos Kanada, Duitsland en die Verenigde State oor toenemende misdaad in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold ge...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.