Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Oliepryse bo US$120 'sal globale resessie veroorsaak' 19.10.2026 0:39
Toenemende spanning in die Midde-Ooste na aanvalle op tenkskepe in die Straat van Hormuz kan 'n wêreldwye resessie veroorsaak as oliepryse bo 120 Amerikaanse dollar per vat styg, sê ekonoom Dawie Roodt. Hy waarsku dat brandstofinvoerders soos Namibië onmiddellike druk by die pomp in die gesig staar, met verdere prysstygings wat ernstige skade aan kleiner ekonomieë kan veroorsaak. Hy het met Kosmos...
Plaaslike Konstitusionele Hof nie nou dringend nodig: LAC 19.10.2026 0:39
Die Regshulpssentrum sê voorstelle om 'n Konstitusionele Hof in Namibië te vestig is nie tans dringend nie, midde debat oor of die land 'n toegewyde hof vir grondwetlike sake nodig het. Dit volg na die voormalige parlementslid Hidipo Hamata sy steun aan die idee toegesê het, met die argument dat dit groter spesialisering in grondwetlike uitsprake moontlik sal maak. Die sentrum se direkteur, Toni H...
Swapo, ECN beroof kiesers van hul stemme: LPM 19.10.2026 0:31
Die LPM beskuldig Swapo daarvan dat die party vorige verkiesings gesteel het en die regbank gebruik het om homself van aanspreeklikheid te beskerm. Die LPM se hoofsweep, Dawid Eigub, beweer dat die uitvoerende gesag en die Verkiesingskommissie kiesers sistematies van hul stemme beroof het deur opposisiepartye van plaaslike stembriewe af te hou. Hy het vandag tydens 'n perskonferensie gepraat.
Horner erken rol in omstrede 2021 Abu Dhabi Grand Prix 19.10.2026 0:21
Motorsport: Red Bull se voormalige spanhoof, Christian Horner, erken hy het druk geplaas op die destydse wedren-direkteur, Michael Masi, tydens die beslissende Abu Dhabi Grand Prix van 2021. Masi is uit sy pos onthef oor 'n laat veiligheidsmotor-ontplooiing, waarna Max Verstappen van Red Bull vir Lewis Hamilton van Mercedes kon verbysteek en sy eerste wêreldkampioenskap inpalm. Horner sê hy het Ma...
Mbeki ontken hy het apartheid-generaals beskerm 19.10.2026 0:18
Oudpresident Thabo Mbeki het voor die Khampepe-kommissie getuig hy het verskeie aansoeke om presidensiële kwytskelding goedgekeur. Die kommissie ondersoek bewerings van politieke inmenging in sake van die Waarheids-en-Versoeningskommissie. Hy sê bewerings dat hy geheime samesprekings met generaals uit die apartheidsera gevoer het om hulle teen vervolging te beskerm, is 'n versinsel. Hy sê hy het w...
Oekraïne sal oorlog moeilik wen as VSA Putin steun - Zelensky 19.10.2026 0:20
Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê dit sal ʼn geskiedkundige fout wees indien Amerika amptelik standpunt inneem saam met president Vladimir Putin van Rusland. Die verhouding tussen Washington en Kiëf het verswak nadat Amerika verlede week ʼn omstrede diesel-invoerooreenkoms met Rusland gesluit het. President Donald Trump beskuldig Zelensky dat hy nie die oorlog wil beëindig nie. Zelensky...
Duitse debat oor volksmoord ' 'n klein oorwinning' 19.10.2026 0:34
Sima Luipert van die Nama Tradisionele Owerheid sê die debat in die Duitse parlement is 'n kragtige oomblik vir die afstammelinge van die Nama- en OvaHerero-volksmoord. Sy sê egter dat hoop op dade gegrond moet wees. Dit kom terwyl wetgewers versoeke oorweeg dat Duitsland volle wetlike verantwoordelikheid aanvaar en omvattende herstelbetalings direk aan die afstammelinge van volksmoord-slagoffers...
Namibiër deel drie dekades se Angola-ervarings 19.10.2026 0:27
Terwyl president Netumbo Nandi-Ndaitwah tans op 'n staatsbesoek aan Angola is, met die doel om bande tussen die twee buurlande te versterk, gesels Kosmos 94.1 Nuus met 'n Namibiër wat Angola al drie dekades lank sy tuiste noem. Stefan van Wyk deel sy ervarings van lewe en werk oorkant die grens.
Namises waarsku oor geweld en ekonomiese uitsluiting 19.10.2026 0:33
Terwyl Namibië wêreldwyd die vierde plek beklee met 'n geslote geslagsgaping van 84,5 persent, het die menseregte-aktivis Rosa Namises gewaarsku dat plaaslike realiteite 'n ander storie van ernstige geweld en ekonomiese uitsluiting vertel. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Namises daarop aangedring dat politieke verbintenisse moet lei tot beskerming op grondvlak, effektiewe beskermingsbevel...
Paaie-owerheid verskerp beheer oor ingevoerde voertuie 19.10.2026 0:38
Die Paaie-owerheid waarsku dat voertuie wat uit Hongkong ingevoer word, slegs geregistreer sal word indien hul registrasie- en stawende dokumente suksesvol deur die betrokke owerhede geverifieer is. Die owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, sê daar was 'n toename in aansoeke wat onverifieerbare of bedrieglike dokumentasie behels, en beklemtoon dat sodanige voertuie nie ooreenkomstig die Regul...
DA sê Eskom moet rekenskap gee oor kontrakte van N$ 41,4-miljard 19.10.2026 0:22
Die DA sê Eskom se leierskap moet rekenskap gee oor bykomende werk wat deur bestaande kontrakte eerder as mededingende tenders toegeken is. Sunday Times het bevind die kragverskaffer was tussen Oktober 2023 en Maart vanjaar verantwoordelik vir byna 60-persent van die 69,6-miljard-rand se kontrakuitbreidings in nasionale departemente en staatsinstellings. DA-woordvoerder Kevin Mileham sê Eskom het...
NCCI steun besighede wat deur BKS geraak word 19.10.2026 0:26
Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Vetumbuavi Mungunda, sê maniere gaan gevind moet word om besighede te ondersteun wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking in die land geraak word. Mungunda het tydens die NCCI se oorhandiging van een en ‘n half miljoen Namibiese dollar aan die BKS-taakspan gesê die NCCI sal nou met die regering saamwerk om vertroue in Namibië as uitvoer...
Onderwysministerie verdedig data-opsporingstelsel se doeltreffendheid 19.10.2026 0:31
Die leierskap van die onderwys-ministerie het die sektor se data-opsporing en daaglikse ingrypings verdedig... en minister Sanet Steenkamp het beklemtoon dat die ministerie statistieke noukeurig dophou deur 'n onderwysbestuurs-inligtingstelsel. Sy het opgemerk dat kinders wat uit die skool-stelsel verdwyn, ook breër gemeenskaps- en sosio-ekonomiese uitdagings in die gesig staar. Sy het met Kosmos...
Kamwi prys Pohamba se nalatenskap in moedersorg 19.10.2026 0:41
Die voormalige minister van gesondheid, Richard Kamwi, het voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba, as Namibië se "Florence Nightingale" beskryf en haar vrywillige leierskap in die transformasie van moeder-gesondheidsorg geprys. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Kamwi klem gelê op haar onbetaalde werk – wat gewissel het van fondsinsameling by internasionale ambassades vir die oprigting...
Blou Bulle maak gereed vir wedstryd teen Ulster 19.10.2026 0:37
Die Blou Bulle maak gereed vir Saterdag se volgende VRK wedstryd teen Ulster nadat hulle die afgelope naweek met 56-20 teen Stade Français gewen het. Die span se hoofafrigter, Johan Ackerman, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
BoN maan teen vervalste banknote. 19.10.2026 0:37
Kassiere en besigheids-eienaars word versoek om waaksaam te bly nadat twee Rehoboth-leerders betrap is met vervalste Suid-Afrikaanse banknote. Voor die feestyd raai Sencia Kaizemi-Rukata, direkteur van die Bank van Namibië se valutabestuur, winkeleienaars aan om die sekuriteitskenmerke van banknote noukeurig te inspekteer en vals geld onmiddellik by die polisie aan te meld. Sy het met Kosmos 94.1...
11:00 Nuus 19.10.2026 3:57
Kry die nuus soos dit breek.
Gevalle van A-pokke in Suid-Afrika styg tot 26 19.10.2026 0:20
Die SA Departement van Gesondheid het vier nuwe gevalle van A-pokke bevestig, wat die gevalle in Suid-Afrika vanjaar op 26 te staan bring. Daar is 18 gevalle in die Wes-Kaap, drie in Gauteng, twee in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, en een in KwaZulu-Natal. Die departement sê die meeste pasiënte is mans tussen 23- en 50-jaar oud. Woordvoerder Foster Mohale vra enige iemand wat simptome ervaar,...
Tradisionele leiers moet hul gemeenskappe se kultuur bewaar - Sankwasa 19.10.2026 0:42
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, sê tradisionele leiers moet daarop fokus om te alle tye hul gemeenskappe se leefwyse en kultuur te bewaar. Sankwasa woon tans die 27ste jaarlikse vergadering van die Raad van Tradisionele Leiers in Otjiwarongo by. Hy het met Nampa gepraat en gesê dat tradisionele norme en reëls veral nagekom moet word wanneer geskille binne geme...
Ramaphosa verdedig die RNE en moedig SAners aan om te stem 19.10.2026 0:22
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê partye in die regering van nasionale eenheid, met uiteenlopende beleid en ideologieë, kon daarin slaag om saam te werk tot voordeel van Suid-Afrika. Verlede week het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gevra vir ’n hersiening van die DA se rol binne die regering van nasionale eenheid, nadat die partye gebots het oor die ANC se saak teen die Verkiesi...
ZANU-PF betuig medelye ná die afsterwe van voormalige presidentsvrou Penehupifo Pohamba 19.10.2026 0:36
Die ZANU- PF party het uit Harare in Zimbabwe gereageer op die dood van die voormalige presidents vrou Penehupifo Pohamba. Die ZANU- PF party woordvoerder, Christopher Mutsvangwa het met Kosmos 94.1 nuus uit Harare gepraat.
09:00 Nuus 19.10.2026 4:09
Kry die nuus soos dit breek.
Penehupifo Pohamba se afsterwe ’n groot verlies vir familie en plaaslike owerhede 19.10.2026 0:40
Mandume Pohamba het sy ma, Penehupifo Pohamba, as ’n sorgsame en liefdevolle ma beskryf. Die 78-jarige Pohamba is oor die naweek in die Lady Pohamba-privaat hospitaal in Windhoek oorlede. Mandume het aan New Era gesê dat sy goed na haar man, voormalige president Hifikepunye Pohamba, omgesien het. Die burgemeester van Helao Nafidi, Darius Shaalukeni, het met Nampa oor Pohamba se dood gepraat en haa...
AfriForum wil Mbeki onder kruisverhoor plaas 19.10.2026 0:17
AfriForum het die Khampepe-kommissie gevra om advokaat Gerrie Nel toe te laat... om oud-president Thabo Mbeki onder kruisverhoor te plaas. Dit hou verband met bewerings van politieke inmenging om vervolging vir misdade in die apartheids-era te voorkom, insluitend die 1985-landmynaanval naby Musina, waarin Kobie van Eck en haar twee jong kinders dood is. Mbeki se getuienis van twee dae begin vandag...
08:00 Nuus 19.10.2026 4:31
Kry die nuus soos dit breek.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.