Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
WGO: Gesondheidswerkers in DRK sukkel met Ebola-uitbreking 30.09.2026 0:21
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê gesondheidswerkers wat die grootste Ebola-uitbreking ooit in die Demokratiese Republiek die Kongo bestry, sukkel met ernstige probleme om pasiënte te versorg. Met agt-duisend-67 bevestigde gevalle en drie-duisend-901 sterftes, is die sterftesyfer meer as 48-persent in 63 gesondheidsones in sewe van die DRK se 26 provinsies. Dokter Janet Diaz van die organisasie...
DA sê sterker optrede nodig om vuurwapengeweld in WK te bekamp 30.09.2026 0:19
Die DA sê sterker optrede is nodig om vuurwapengeweld in die Wes-Kaap te bekamp ná twee afsonderlike skietvoorvalle in Khayelitsha en Lwandle oor die naweek. Benedicta van Minnen van die party sê Lwandle het dringend 'n permanente polisiestasie met voldoende hulpbronne nodig, terwyl meer gedoen moet word om ondersoeke en vervolgings te verbeter. Van Minnen sê onwettige vuurwapens vererger geweldsm...
Erongo-streek benodig meer as N$230m om skoleinfrastruktuur te verbeter 30.09.2026 0:27
Die Erongo-streek benodig meer as 230 miljoen Namibiese dollar om kritieke infrastruktuurbehoeftes by skole regoor die streek aan te spreek. Na verwagting sal die befondsing die bou van nuwe skole en klaskamers ondersteun, asook die uitbreiding, opknapping en modernisering van bestaande fasiliteite. Goewerneur Nathalia /Goagoses het dit vandag tydens die eerste Erongo-konferensie oor belegging in...
Infrastruktuur alleen kan nie digitale transformasie meebring 30.09.2026 0:29
Kundiges waarsku dat tegnologie-infrastruktuur alleen nie voldoende is om betekenisvolle digitale transformasie te bewerkstellig nie. Pascal Haingura, hoof van ingenieurswese en tegniese dienste by Cran, sê Namibië moet nie net in netwerke, datasentrums en digitale platforms belê nie, maar ook in die vaardighede en kundigheid wat nodig is om dit doeltreffend te benut.
Is staatsbehuising te duur? 30.09.2026 0:40
Met die regering wat nie sy teiken, om 3 000 huise per jaar te bou, tot op hede gehaal het nie, is daar nou baie vrae oor die bekostigbaarheid van staats-behuising. Die Nasionale Behuisings Onderneming beplan om 249 huise teen 'n geraamde koste van 80 miljoen Namibiese dollar te bou, wat die koste op 'n rapsie meer as 320 000 Namibiese dollar per huis te staan bring. In teenstelling bou die Shack...
Kosmos 94.1 Nuus ondersoek: Hoe presies het BKS in Namibië beland? 30.09.2026 1:00
Kosmos 94.1 Nuus het ondersoek ingestel na presies hoe bek-en-klouseer in Namibië beland het. Die grootste sondebok is die onbeperkte beweging van vee oor die Oranjerivier-grens, veral met lae rivier-vlakke - ‘n probleem wat reeds jare voortduur. Die regering is gewaarsku. Herhaaldelik. Yanna Smith doen verslag.
Gauteng-polisie arresteer 121 vermeende onwettige mynwerkers 30.09.2026 0:21
Die polisie in Gauteng en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het 121 vermeende onwettige mynwerkers tydens Operasie Prosper in Fochville, Gauteng, in hegtenis geneem. Die operasie is in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die sekuriteitspan van die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater uitgevoer. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi sê die operasie is deel van voortduren...
Opsomming van vanoggend se Roadwatch 30.09.2026 0:40
Die Stad se verkeerspolisie vra bestuurders om te alle tye te verseker dat hulle met hul bestuurslisensies in hul voertuie rondry. Dit, na verskeie bestuurders in die moeilikheid beland het omdat hulle op die pad was sonder hul lisensies, tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag:
Aanhoudende kragonderbrekings in Tshwane moontlik skending van lisensievoorwaardes 30.09.2026 0:16
Die DA sê die aanhoudende en duur van kragonderbrekings in Tshwane is moontlik 'n skending van die stad se lisensievoorwaardes vir elektrisiteitsverspreiding. Die party het 'n klag by die energiereguleerder, Nersa, ingedien en vra vir 'n ondersoek na die stad se elektrisiteitsvoorsiening. Cilliers Brink van die DA sê Tshwane ervaar ongeveer een-duisend-600 kragonderbrekings per maand, waarvan 70-p...
NamPower belê naastens N$1-miljard in maatskaplike-beleggings-inisiatiewe 30.09.2026 0:30
Die krag-verspreider, NamPower, het dusver naastens een-miljard Namibiese dollar belê in sy maatskaplike-beleggings-inisiatiewe. NamPower besturende direkteur, Kahenge Haulofu, sê die inisiatiewe net, onder ander, verseker dat landelike gebiede nou toegang het tot elektrisiteit, terwyl studiebeurse verseker het dt jongmense hul studie-drome kon najaag:
RISE Mzansi: SA se toekoms bedreig deur spanning regeringsvlakke 30.09.2026 0:19
RISE Mzansi se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Lukhona Mnguni, sê Suid-Afrika se toekoms word bedreig deur toenemende spanning tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Mnguni het op 'n geleentheid by Unisa gesê die land benodig 'n eerlike heronderhandeling van sy maatskaplike kontrak. Hy is bekommerd oor oproepe om die Grondwet te wysig en die doodstraf weer in te s...
Besluit om nie meer bierbottels by verkopers te koop nie wek kommer 30.09.2026 0:33
Die Native Small Traders Association het ernstige kommer uitgespreek oor kleinhandelaars se besluit om nie meer bierbottels by verkopers te koop nie. Die vereniging beklemtoon die hoë werkloosheid in die streke. Dit volg nadat Metro Katima Mulilo opgehou het om leë Carling Black Label-bottels by ongeregistreerde informele verkopers te koop. Die vereniging se voorsitter, Simasiku Mulijani, het met...
Manchester City-baas ontken gekonkel met kontrakte 30.09.2026 0:17
Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18 miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van die Premierliga se finansiële reëls tussen die 200...
N$228m Medicare 24-bedrogsaak deur NVG hersien 30.09.2026 0:21
Die korrupsiesaak van 228 miljoen Namibiese dollar wat met Medicare 24 verband hou, wag op 'n besluit van 'n hersieningspaneel van die Nasionale Vervolgingsgesag. Die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala en 15 ander staan tereg op aanklagte van korrupsie weens die beweerde onreëlmatige toekenning van die Medicare 24-kontrak vir die Tshwane-distrik. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korr...
Trump onderteken bevel om KI na “Superintelligensie” te verander 30.09.2026 0:12
President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om die term Kunsmatige Intelligensie na Superintelligensie te verander wanneer dit in sy administrasie se amptelike kommunikasie gebruik word. Hy het gister in die Withuis met voorste uitvoerende tegnologiehoofde, onder andere van OpenAI, Anthropic, Nvidia, Meta en Google, vergader. Daar word strenger oorsig oor kunsmatige intel...
Ramaphosa: Verkiesing alleen kan nie vrede in Suid-Soedan waarborg nie 30.09.2026 0:20
President Cyril Ramaphosa sê 'n verkiesing alleen kan nie vrede en demokrasie in Suid-Soedan waarborg nie. Ramaphosa het tydens 'n virtuele beraad van die Afrika-unie gesê geloofwaardige verkiesings moet ondersteun word deur 'n inklusiewe politieke proses, behoorlike veiligheidsmaatreëls en sterk instellings. Hy het 'n beroep op Suid-Soedanese leiers gedoen om hul verskille opsy te skuif, sleutelu...
Ballotti bevestig opgraderingswerk by Sam Nujoma-stadion is hervat 30.09.2026 0:29
Die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, het bevestig dat opgraderingswerk by die Sam Nujoma-stadion hervat is. Die projek is weens kontraktuele kwessies en stadige vordering van vroeg in Oktober tot die einde van Oktober 2026 uitgestel. Ballotti het gepraat tydens Nasan Energies se aankondiging van sy borgskap vir die Millennium Julinho-sokkerklub:
Akademiese krisis aan't broei by Nust 30.09.2026 0:25
'n Akademiese krisis is aan die broei by Nust, waar meer as 124 studente in mediese laboratoriumwetenskap die skielike uitsluiting van hul studierigtings in die gesig staar. Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ingegryp en die bestuur se stappe as "onaanvaarbaar" bestempel, aangesien studente sonder bevestigde plasings of duidelike antwoorde gelaat is. Nanso-lid en Nust-student...
Shadrack Sibiya word Maandag dissiplinêr verhoor 30.09.2026 0:16
Die Suid Afrikaanse polisie gaan sy geskorste adjunk-kommissaris, Shadrack Sibiya, Maandag dissiplinêr verhoor. Hy het borgtog gevra in die Randburgse Landdroshof in Gauteng, waar hy aangekla word van verkragting, seksuele gereedmaking en ander misdrywe. Woordvoerder Athlenda Mathe sê Sibiya moet die verhoor persoonlik bywoon, en die plek waar dit gehou word sal bepaal word ná Donderdag se uitspra...
Zaamwani gee vandag BKS-uitvoerstatus-opdatering 30.09.2026 0:39
Daar word verwag dat landbouminister Inge Zaamwani vanmiddag in die parlement 'n ministeriële verklaring sal lewer oor die uit-voer-status van Namibië se beesvleis ná die bek-en-klouseer uitbreking. Zaamwani sê die ministerie beraadslaag met internasionale vennote oor die pad vorentoe. Sy het in die Nasionale Vergadering gepraat.
SA kabinet veroordeel toename in GBV 30.09.2026 0:17
In Suid-Afrika veroordeel die kabinet die toename in geslagsgeweld ná die wrede moord op dertien vroue in Gauteng. Vier verdagtes is borgtog geweier en bly in aanhouding. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê vrouemoord verg 'n dringende reaksie en sê die onlangs gewysigde wetgewing verseker dat oortreders vervolg word:
Meer BKS-gevalle op 4 ||Kharas-streek plase 30.09.2026 0:22
Meer gevalle van beeste wat tekens van bek-en-klouseer toon is op vier plase in die ||Kharas-streek gevind, volgens die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. Hy het die inligting gisteraand in 'n opdatering aan NLU-lede oorgedra.
Die dag wat was, 29 September 2026 29.09.2026 6:37
Kry die nuus soos dit breek.
SA kabinet juig oor kersie-uitvoere na China 29.09.2026 0:14
Die kabinet verwelkom 'n belangrike ooreenkoms waarvolgens Suid-Afrikaanse kersieprodusente die eerste keer toegang kry tot die Chinese mark. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dit maak deure oop na een van die wêreld se grootste kersiemarkte, wat verlede jaar alleen kersies ter waarde van meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse rand ingevoer het. Sy sê die geskiedkundige markgel...
Nasionale Raad, streeksrade beoog beter samewerking 29.09.2026 0:37
Die konsultasiekonferensie van die Nasionale Raad en streeksrade sal 'n platform bied om deelnemende demokrasie te versterk en na verwagting samewerking tussen streeksrade verbeter. Die sekretaris van die Nasionale Raad, Tousy Namiseb, sê die konferensie, wat van vandag tot Saterdag in Otjiwarongo plaasvind, sal ook help verseker dat streekskwessies onder die parlement se aandag gebring word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.