Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 645 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na

Author

Kosmos 94.1

Category

News

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

Oct 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Akademiese krisis aan't broei by Nust 30.09.2026

'n Akademiese krisis is aan die broei by Nust, waar meer as 124 studente in mediese laboratoriumwetenskap die skielike uitsluiting van hul studierigtings in die gesig staar. Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ingegryp en die bestuur se stappe as "onaanvaarbaar" bestempel, aangesien studente sonder bevestigde plasings of duidelike antwoorde gelaat is. Nanso-lid en Nust-student...

Shadrack Sibiya word Maandag dissiplinêr verhoor 30.09.2026

Die Suid Afrikaanse polisie gaan sy geskorste adjunk-kommissaris, Shadrack Sibiya, Maandag dissiplinêr verhoor. Hy het borgtog gevra in die Randburgse Landdroshof in Gauteng, waar hy aangekla word van verkragting, seksuele gereedmaking en ander misdrywe. Woordvoerder Athlenda Mathe sê Sibiya moet die verhoor persoonlik bywoon, en die plek waar dit gehou word sal bepaal word ná Donderdag se uitspra...

Zaamwani gee vandag BKS-uitvoerstatus-opdatering 30.09.2026

Daar word verwag dat landbouminister Inge Zaamwani vanmiddag in die parlement 'n ministeriële verklaring sal lewer oor die uit-voer-status van Namibië se beesvleis ná die bek-en-klouseer uitbreking. Zaamwani sê die ministerie beraadslaag met internasionale vennote oor die pad vorentoe. Sy het in die Nasionale Vergadering gepraat.

SA kabinet veroordeel toename in GBV 30.09.2026

In Suid-Afrika veroordeel die kabinet die toename in geslagsgeweld ná die wrede moord op dertien vroue in Gauteng. Vier verdagtes is borgtog geweier en bly in aanhouding. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê vrouemoord verg 'n dringende reaksie en sê die onlangs gewysigde wetgewing verseker dat oortreders vervolg word:

Meer BKS-gevalle op 4 ||Kharas-streek plase 30.09.2026

Meer gevalle van beeste wat tekens van bek-en-klouseer toon is op vier plase in die ||Kharas-streek gevind, volgens die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. Hy het die inligting gisteraand in 'n opdatering aan NLU-lede oorgedra.

Die dag wat was, 29 September 2026 29.09.2026

Kry die nuus soos dit breek.

SA kabinet juig oor kersie-uitvoere na China 29.09.2026

Die kabinet verwelkom 'n belangrike ooreenkoms waarvolgens Suid-Afrikaanse kersieprodusente die eerste keer toegang kry tot die Chinese mark. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dit maak deure oop na een van die wêreld se grootste kersiemarkte, wat verlede jaar alleen kersies ter waarde van meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse rand ingevoer het. Sy sê die geskiedkundige markgel...

Nasionale Raad, streeksrade beoog beter samewerking 29.09.2026

Die konsultasiekonferensie van die Nasionale Raad en streeksrade sal 'n platform bied om deelnemende demokrasie te versterk en na verwagting samewerking tussen streeksrade verbeter. Die sekretaris van die Nasionale Raad, Tousy Namiseb, sê die konferensie, wat van vandag tot Saterdag in Otjiwarongo plaasvind, sal ook help verseker dat streekskwessies onder die parlement se aandag gebring word.

NV bekommerd oor verouderende waterinfrastruktuur 29.09.2026

Die parlement spreek kommer uit oor die land se verouderende waterinfrastruktuur. Die PDM-parlementslid Diederik Vries het landbouminister Inge Zaamwani vandag uitgevra oor die betroubaarheid en veerkragtigheid van waterinfrastruktuur. Vries sê verouderende pypleidings, reservoirs en pompstasies kan bydra tot onklaarrakings, waterverliese en diensonderbrekings, wat verdere druk op die reeds beperk...

Olie-wette, regulasies moet in plek kom, sal duur geskille vermy 29.09.2026

Daar word gewaarsku dat die land die risiko loop om homself bloot te stel aan duur geskille met internasionale oliemaatskappye, indien hy tot petroleumproduksie oorgaan sonder om omvattende wetgewing en regulasies vir die stroomop-sektor in plek te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gesels.

Gesinne 'moet vroegtydig praat oor dood, begrafnisse' 29.09.2026

Gesinne word aangemoedig om moeilike gesprekke oor die dood en begrafnisreëlings te voer voordat ’n krisis ontstaan. Eusebio Fredericks, verkoopsbestuurder vir die suidelike streek van Old Mutual Namibië se afdeling vir massamark-kleinhandel, sê gesinne behoort vooraf oor begrafnisdekking, finale wense en waar belangrike dokumente is te gesels. Hy sê dat sulke gesprekke kan help om verwarring en k...

SA verloor 14 000 werksgeleenthede in drie maande 29.09.2026

Statistiek Suid-Afrika sê werksgeleenthede het tussen Maart en Junie met 14 000 afgeneem, met vervaardiging, sakedienste, handel en die vervoersektor wat die grootste verliese toon. Indiensneming het met 95 000 gedaal vergeleke met Junie verlede jaar. Voltydse poste het met 40 000 afgeneem, maar deeltydse poste het met 26 000 toegeneem. Gemeenskapsdienste het die grootste toename aangeteken, met 2...

IPC-leier kap gesondheid se logistieke reëling met NamPost 29.09.2026

IPC-leier Imms Nashinge het die gesondheidministerie se multimiljoen-dollar-direkte logistieke ooreenkoms met NamPost veroordeel. Hy sê dat die omseiling van oop verkrygingsprosesse plaaslike vervoer-SME's benadeel. Nashinge sê die ministerie se vragmotors en bestuurders staan nou onbenut terwyl belastingbetalers vir opgeblase koste opdok. Hy het onderneem om in die parlement by die eerste ministe...

Staatdiensvakbond onthuts oor R2 miljard verdedigingskandaal 29.09.2026

Die Vereniging van Staatsamptenare is ontsteld oor die Spesiale Ondersoekeenheid se onthullings van meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand se onreëlmatige kontrakte in die Departement van Verdediging. Die SOE het onder meer 'n kontrak van 217-miljoen-rand uitgewys vir die verkryging van 'n Alpha-2 Covid-19-teenmiddel van Kuba. Claude Naicker van die vakbond sê onreëlmatige uitgawes van dié omva...

Nust kan help met BKS-reaksie en voorkoming 29.09.2026

Terwyl Namibië op die huidige uitbreking van bek-en-klouseer reageer, bly navorsing en samewerking noodsaaklik om siekte-toesig en paraatheid te versterk. Dit is volgens Lamech Mwapagha, 'n medeprofessor in mediese biochemie by Nust. Hy sê dat die universiteit se vermoëns vir genoom-volgorde bepaling die identifisering van patogene, die monitering van uitbrekings en samewerking met veeartsenykundi...

RAF Fairford-ondersoeke duur voort 29.09.2026

Die hoof van die Britse teen-terrorisme-agentskap, Laurence Taylor, sê ondersoeke duur voort, na die vyf mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat is. Die ondersoek na die saak is nog nie afgehandle nie en Taylor sê die vyf mans is onderworpe aan streng voorwaardes wat hul bewegings en kontak met ander betref.

SA Raad van Kerke: Massaskietvoorvalle 'n nasionale krisis 29.09.2026

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê die onlangse massaskietvoorvalle in die land is nie meer net ʼn reeks geïsoleerde tragedies nie, maar ʼn nasionale krisis. Agtien mense is die naweek by ʼn taverne in Wedela, Gauteng, doodgeskiet, en tien mense is by ʼn vermaaklikheidsplek in Lwandle, Kaapstad, dood. Verlede week in KwaMakhutha, KwaZulu-Natal, is elf mense doodgeskiet. Die raad se hoofsekretaris,...

Regering moet beloftes aan Namibiese kinders nakom 29.09.2026

Na aanleiding van verbintenisse wat die regering op die Dag van die Namibiese Kind gemaak het, word daar 'n beroep op die regering gedoen om hierdie verbintenisse na te kom. Ingrid Husselmann, voormalige Kinderadvokaat en tans hoof van die Ombudsman se kantoor, sê dat die beskerming en bemagtiging van kinders 'n gedeelde verantwoordelikheid van elke Namibiër is.

Namibiese besighede moet hul inligtingsekuriteit opskerp 29.09.2026

Na aanleiding van die onlangse kuberaanvalle op openbare instellings soos die Ministerie van Verdediging en die Namibië-lughawemaatskappy, word instellings aangemoedig om hul interne kontroles vir inligtingsekuriteit te hersien en te versterk. Mufaro Nesongano, woordvoerder van Namibië se span vir die hantering van kuberveiligheidsvoorvalle, sê die enkripsie van sensitiewe data, gereelde stelsel-o...

Unam Cares kry internasionale erkenning 29.09.2026

Unam se gemeenskapsbetrokkenheidsprogram, Unam Cares, het internasionale erkenning van die Wereld Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy bydrae tot "One Health" of Een Gesondheid in landbouvoedselstelsels. Die programhoof, professor Rachel Freeman, sê die erkenning beklemtoon inisiatiewe wat praktiese, innoverende en volhoubare benaderings tot gesonder en meer veerkragtige gemeenskappe too...

Trump ontken aanbod aan Iran 29.09.2026

President Donald Trump van Amerika ontken berigte dat hy aangebied het om sommige sanksies teen Iran op te hef en fondse vry te stel in ruil vir toegewings oor kernkrag. Amerikaanse en Iranse amptenare het gister afsonderlik met bemiddelaars beraadslaag in ʼn hernude poging om die sewe maande lange vyandelikhede te beëindig. Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê Teheran is heelt...

SA Reserwebank waarsku kuberaanval kan volgende wêreldwye finansiële krisis veroorsaak 29.09.2026

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku ʼn groot kuberaanval kan die volgende ernstige wêreldwye finansiële krisis veroorsaak. Hy het gister in Johannesburg die hoofrede oor Afrika en geopolitiek gelewer by die derde forum van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Kganyago sê toenemende wanorde wêreldwyd, aangedryf deur geopolitiek, klimaatskokke, d...

Gauteng-polisie sê moordverdagte dood in voertuig gevind 29.09.2026

Die polisie in Gauteng sê 'n man wat verdink word van die moord op 'n 23-jarige vrou gisteroggend in Tembisa, is dood aangetref in sy voertuig in Midrand. Boitumelo Gift Mashita is tydens 'n beweerde rooftog doodgeskiet, terwyl sy op pad werk toe was. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man is Mashita se vervreemde eggenoot. Die ondersoek het hom met haar moord verbind, waarna 'n opsporings...

Paniek-vleisaankope lei tot prysverhogings van ander vleis-produkte 29.09.2026

Landboukundige Wallie Roux waarsku teen paniek-vleisaankope deur die publiek, wat gelei het tot 'n tekort aan rooivleis by kruidenierswinkels en slaghuise reg oor die land ná die bek-en-klouseer uitbreking. Roux sê dit lei tot prysstygings van ander produkte, soos hoender. Hy het meer.

Lamola: Die beveg van rassisme en onverdraagsaamheid nie net regering se werk nie 29.09.2026

Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan 'n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te gedenk. Die verklaring erken geskiedkundige onr...

Listen to the Nuus podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.