RSG

Naweekaktueel

Society AF ↓ 1135 episodes

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Motorrubriek 6 Julie 2024 06.07.2024

Wessel Pretorius toetsry GWM se nuwe Tank.

Naweekaktueel 6 Julie 2024 06.07.2024

Verskeie nuwe ministers bevind hulle in portefeuljes waarvan hulle nie veel weet nie. Ons praat met die nuwe Adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham. 'n Rowwe see word vir die Wes-Kaap voorspel, en mense word aangeraai om tuis te bly.

Motorrubriek 29 Junie 2024 29.06.2024

Wessel Pretorius bespreek ‘n luisteraarsvraag.

Naweekaktueel 29 Junie 2024 29.06.2024

Die Wes-Kaapse premier reageer op kritiek oor kindersterftes op die Kaapse Vlakte. Dit is vandag is Wêreld Trope-dag. Die medestigter van die Encounters dokumentêre rolprentfees, Steven Markovitz, lê ná 26 jaar die tuig neer.

Motorrubriek 22 Junie 2024 22.06.2024

Wessel Pretorius praat oor Volvo se vlagsklip.

Naweekaktueel 22 Junie 2024 22.06.2024

Die voormalige SAL-voorsitter, Dudu Myeni, word begrawe. Ons praat met 'n aktivis oor die dood van kinders op die Kaapse Vlakte, en wat die regering kan doen om die probleem te bekamp.

Motorrubriek 15 Junie 2024 15.06.2024

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsvraag.

Naweekaktueel 15 Junie 2024 15.06.2024

Meer oor die herverkiesing van Cyril Ramaphosa as president, en die keuses van die land se nuwe Speaker en Adjunkspeaker. G7-leiers vergader sedert Donderdag in Apulia, Suid-Italië, om rente op Russiese bates wat bevries is, te gebruik vir 'n lening van aan Oekraïne. Vyf-en-negentig lande neem die naweek deel aan vredesgesprekke in 'n poging om die oorlog in Oekraïne te beëindig.

Wessel Pretorius toetsry ‘n Mazda. 08.06.2024

Wessel Pretorius ‘n Mazda

Naweekaktueel 8 Junie 2024 08.06.2024

Samesprekings word gevoer om 'n Regering van Nasionale Eenheid saam te stel. Nuwe lede van die Europese Parlement sal aanstaande week verkies word. 'n Anti-toerisme sentiment is aan die toeneem in Europa.

Motorrubriek 1 Junie 2024 01.06.2024

Wessel Pretorius beamntwoord 'n luisteraarsvraag.

Naweekaktueel 1 Junie 2024 01.06.2024

Die MK-party vra dat die stemme met die hand oorgetel word. Buitelandse reaksie op Suid-Afrika se verkiesings is oor die algemeen gunstig. Waarheen nou vir die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump?

Motorrubriek 25 Mei 2024 25.05.2024

Wessel Pretorius toetsry 'n Indiese sportnuts.

Naweekaktueel 25 Mei 2024 25.05.2024

'n Vrou deel haar angs met ons nadat haar identiteit gesteel is. Die redakteur van Plane Talking verduidelik wat presies turbulensie is ná vandeesweek se Singapore Airlines-drama. Twee milleniërs deel hulle menings oor die stand van sake in Suid-Afrika.

Motorrubriek 18 Mei 2024 18.05.2024

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.

Naweekaktueel 18 Mei 2024 18.05.2024

Wat sou die implikasies wees vir die nasionale gesondheidsplan sou die ANC die verkiesing verloor? Kommer dat misdaadstatistiek weerhou word omdat die verkiesing om die draai is. Die Lions wil met 'n oorwinning oor die VRK-voorlopers, hulle kanse op 'n plek in die laaste agt 'n hupstoot gee.

Motorrubriek 11 Mei 2024 11.05.2024

Wessel Pretorius beantwoord 'n luisteraarsbrief.

Naweekaktueel 11 Mei 2024 11.05.2024

Die reddingsoperasie by die ineengestorte woonstelgebou in George duur vir 'n vyfde dag voort. Die amptelike dodetal staan nou op dertien. Vroue in Suid-Afrikaanse politiek lig hulle menings oor uitdagings in dié beroep.

Motorrubriek 4 Mei 2024 04.05.2024

Wessel Pretorius toetsry ‘n Ford.

Naweekaktueel 4 Mei 2024 04.05.2024

Die Oekraïense oorlog is vandag 800 dae aan die gang. ISIS, oftewel DASH, is besig om Malawi te radikaliseer. Terwyl die wêreld mediavryheidsdag vier te midde van Suid-Afrika se viering van 30 jaar demokrasie, vertel joernaliste hoe hulle destyds onder ‘n nuwe bewind begin berig het.

Naweekaktueel 27 April 2024 27.04.2024

Anita Visser kyk op Vryheidsdag terug op 30 jaar van demokrasie in Suid-Afrika. Haar gaste is die politieke ontleder, prof. Susan Booysen, professor Anthoni Van Nieuwkerk van Wits en prof. Dirk Kotzé van Unisa.

Motorrubriek 20 April 2024 20.04.2024

Wessel Pretorius toetsry 'n Nissan-bakkie.

Naweekaktueel 20 April 2024 20.04.2024

Byna ‘n miljard Indiërs stem in die geskiedenis se grootste demokratiese verkiesing ooit. Kommer oor Suid-Afrikaners se hoë skuldvlakke.

Motorrubriek 13 April 2024 13.04.2024

Wessel Pretorius toetsry 'n Land-Rover.

Naweekaktueel 13 April 2024 13.04.2024

Byna die helfte van Suid-Afrika se gesuiwerde drinkwater kom nié by die verbruiker uit nie weens grootskaalse infrastruktuurverval. Gautengers reageer op die afskakeling van die omstrede e-tolstelsel. Selfstandig en uitgesproke - ons ontleed die jongste navorsing oor die sogenaamde Generasie Z.

Listen to the Naweekaktueel podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.