RSG
Naweekaktueel
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Motorrubriek: Ford Tourneo 17.10.2026 4:52
Wessel Pretorius toetsry 'n Ford Tourneo Custom Sport.
Naweekaktueel: Tshwane-metro loop deur onder kabeldiewe 17.10.2026 52:09
17 Oktober 2026: Slegs 1,5% van DNS-bewyse word binne 30 dae by polisie-laboratoriums verwerk. Die Tshwane-metro loop deur onder kabeldiewe, terwyl 'n burgerregte groep aanbied om kragsubstasies te beveilig. Ons praat met die nuwe beskermpersone van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Naweekaktueel: Bendegeweld in die Wes-Kaap, en pogings om gemeenskappe te red 10.10.2026 53:39
10 Oktober 2026: Ons plaas die kollig op bendegeweld in die Wes-Kaap, en pogings om gemeenskappe en kinders te red. 'n Ma praat oor die dood van haar twee seuns weens bendegeweld. Woordfees 2026: 'n fees van woorde, idees en onvergeetlike oomblikke, kom tot 'n einde.
Naweekaktueel: Pessimisme oor Ramaphosa-plan om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te pak 03.10.2026 50:17
3 Oktober 2026: Sewe jaar te laat... Dit is die gevoel oor President Ramaphosa se plan om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord uit te wis. Waarna kan jy alles uitsien by die Toyota Stellenbosch Woordfees? Die Afrikaanse sang-ikoon, Amanda Strydom, praat met ons oor haar groei as mens en haar loopbaan van byna vyf dekades.
Motorrubriek: Renault Kiger Iconic 26.09.2026 3:05
Wessel Pretorius toetsry ‘n Renault Kiger Iconic outomaties.
Naweekaktueel: Liggaam van halfnaakte vrou naby Tembisa gevind. 26.09.2026 51:13
26 September 2026: Die liggaam van 'n halfnaakte vrou in Mooifontein-begraafplaas naby Tembisa aan Oos-Rand gevind. Suid-Afrika beoog om 'n handelsooreenkoms oor kritieke minerale met Amerika te sluit. Kritiek oor die weermag se tentatiewe planne om die R4 en R5 met nuwe dienswapens te vervang.
Motorrubriek: Haval H7 HEV Super Luxury 19.09.2026 3:33
Wessel Pretorius toetsry Haval se H7 HEV Super Luxury.
Naweekaktueel: Kenners verduidelik hoe vroue hulleself moet beveilig 19.09.2026 51:53
19 September 2026: Ons praat met kenners oor hoe vroue hulleself moet beveilig. Die Springbok-kaptein het 'n sterk boodskap teen geslagsbaseerde geweld. Suid-Afrika verower goud by die Toutrek Wêreldkampioenskap in Mosselbaai.
Motorrubriek: Omoda C7 Elegance 12.09.2026 3:35
Wessel Pretorius toetsry die Omoda C7 Elegance.
Naweekaktueel: Ons kyk terug na die terreuraanvalle op New York 25 jaar gelede 12.09.2026 49:17
12 September 2026: Die VF+ sê gemeenskappe moet groter seggenskap hê oor die samestelling van munisipale begrotings en tariewe. Die familie van een van ses Suid-Afrikaners wat steeds in Nepal vermis word, bly hoopvol dat sy steeds leef. 'n Suid-Afrikaanse egpaar in Amerika kyk terug na die terreuraanvalle op New York 25 jaar gelede.
Motorrubriek: Augustus-voertuigverkope 05.09.2026 3:59
Wessel Pretorius bespreek Augustus se nuwe voertuigverkope.
Naweekaktueel: Hoekom bly vroue in verhoudings waarin hulle mishandel word? 05.09.2026 49:46
5 September 2026: Hoekom bly vroue in verhoudings waarin hulle mishandel word? Ons praat met 'n kenner. 'n Doktorsgraad-gegradueerde van Atlantis deel haar storie. 'n Voorskou van die groot stryd tussen die Bokke en All Blacks vanmiddag.
Motorrubriek: GWM P300 LS 29.08.2026 4:08
Wessel Pretorius toetsry GWM se P300 LS dubbelkajuitbakkie.
Naweekaktueel: Meer as 50 000 geslagsgeweldsake elke jaar aangemeld 29.08.2026 45:52
29 Augustus 2026: Meer as 50 000 geslagsgebaseerde geweldsake word elke jaar by die polisie aangemeld. Om stamselle te skenk, kan moontlik aan pasiënte met lewensbedreigende bloedverwante siektes 'n beter kans op lewe gee. Ons praat met oudBok Kobus Wiese oor vanmiddag se groot kragmeting in Kaapstad.
Motorrubriek: Geely E2 Apex 22.08.2026 3:48
Wessel Pretorius toetsry ‘n Geely E2 Apex.
Naweekaktueel: Knysna-raadslede kruip weg ná moord op drie ANC-lede 22.08.2026 48:00
22 Augustus 2026: Raadslede in Knysna skuil in plekke van veiligheid ná die moord op drie ANC-lede. Huldeblyke stroom in ná die skietdood van die bokslegende, Zolani Tete. Die eerste van drie titaniese kragmetings tussen die Springbokke en die All Blacks vind vanmiddag plaas.
Motorrubriek: GAC GS3 Emzoom Nova 15.08.2026 3:31
Wessel Pretorius toetsry ‘n GAC GS3 Emzoom Nova.
Naweekaktueel: Ons ontleed die afname in die ANC se steun 15.08.2026 49:15
15 Augustus 2026: Omgewingsgroepe en vissersgemeenskappe langs die Wildekus is verheug oor die Konstitusionele Hof-uitspraak teen Shell. Meningspeilings wys die ANC se steun is op 'n afwaartse kurwe - ons praat met 'n politieke ontleder. 'n Groot taak wag op die Bulls vanaand teen die All Blacks.
Motorrubriek: Volvo XC90 T8 08.08.2026 4:28
Wessel Pretorius toetsry ‘n Volvo XC90 T8.
Naweekaktueel: Al hoe meer vroue stres oor hulle geldsake 08.08.2026 49:04
8 Augustus 2026: Die DA stel sy verkiesingsmanifes vir die plaaslike regeringsverkiesing bekend, met groot beloftes van betroubare en goedkoper krag- en watervoorsiening. Al hoe meer vroue stres oor hulle geldsake. Die pasaangestelde Nasionale Raad vir Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord moet die regering se strategiese plan teen dié verskynsel oor die volgende drie jaar implementeer.
Motorrubriek: Chery Tiggo Cross 01.08.2026 4:03
Wessel Pretorius toetsry die kruisvoertuig wat die meeste gekoop word in Suid-Afrika, die Chery Tiggo Cross.
Naweekaktueel: Laaste kans om te registreer as kieser 01.08.2026 49:23
1 Augustus 2026: Voornemende kiesers kan vandag, tydens die OVK se tweede registrasiedag, by hulle stemlokale registreer vir die plaaslike verkiesings op 4 November. Die SAUK vier sy 90ste verjaarsdag. Suid-Afrika het nou 25 medaljes by die Statebondspele, nadat hulle gisteraand nog twee gewen het.
Naweekaktueel: Oorlog in die Midde-Ooste kring uit 25.07.2026 46:56
25 Julie 2026: Die EFF stel sy verkiesingsmanifes in Limpopo bekend. Die oorlog in die Midde-Ooste is besig om weier uit te kring. Die SAUK en RSG-nuuskopieskrywer en nuusleser, Helena van Vuuren, vertel staaltjies uit haar ryk joernalistieke loopbaan van 39 jaar, voordat sy volgende week aftree. Die 55-jarige skrywer en aktivis, Bettina Wyngaard, sterf.
Motorrubriek: Bande 18.07.2026 4:22
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief oor bande.
Naweekaktueel: Rooibossaad gaan ruimte toe! 18.07.2026 46:22
18 Julie 2026: Die DA eis verpligte leefstyloudits op staatsamptenare, veral binne wetstoepassingsagentskappe. Ondanks 'n groeiende behoefte, bly tuisversorging 'n minder gewilde beroepskeuse in Suid-Afrika. Rooibossaad gaan vir die eerste keer ooit op ’n ruimtesending.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos