RSG

Naweekaktueel

Society AF ↓ 1160 episodes

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 17, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Motorrubriek: Ford Tourneo 17.10.2026

Wessel Pretorius toetsry 'n Ford Tourneo Custom Sport.

Naweekaktueel: Tshwane-metro loop deur onder kabeldiewe 17.10.2026

17 Oktober 2026: Slegs 1,5% van DNS-bewyse word binne 30 dae by polisie-laboratoriums verwerk. Die Tshwane-metro loop deur onder kabeldiewe, terwyl 'n burgerregte groep aanbied om kragsubstasies te beveilig. Ons praat met die nuwe beskermpersone van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Naweekaktueel: Bendegeweld in die Wes-Kaap, en pogings om gemeenskappe te red 10.10.2026

10 Oktober 2026: Ons plaas die kollig op bendegeweld in die Wes-Kaap, en pogings om gemeenskappe en kinders te red. 'n Ma praat oor die dood van haar twee seuns weens bendegeweld. Woordfees 2026: 'n fees van woorde, idees en onvergeetlike oomblikke, kom tot 'n einde.

Naweekaktueel: Pessimisme oor Ramaphosa-plan om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te pak 03.10.2026

3 Oktober 2026: Sewe jaar te laat... Dit is die gevoel oor President Ramaphosa se plan om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord uit te wis. Waarna kan jy alles uitsien by die Toyota Stellenbosch Woordfees? Die Afrikaanse sang-ikoon, Amanda Strydom, praat met ons oor haar groei as mens en haar loopbaan van byna vyf dekades.

Motorrubriek: Renault Kiger Iconic 26.09.2026

Wessel Pretorius toetsry ‘n Renault Kiger Iconic outomaties.

Naweekaktueel: Liggaam van halfnaakte vrou naby Tembisa gevind. 26.09.2026

26 September 2026: Die liggaam van 'n halfnaakte vrou in Mooifontein-begraafplaas naby Tembisa aan Oos-Rand gevind. Suid-Afrika beoog om 'n handelsooreenkoms oor kritieke minerale met Amerika te sluit. Kritiek oor die weermag se tentatiewe planne om die R4 en R5 met nuwe dienswapens te vervang.

Motorrubriek: Haval H7 HEV Super Luxury 19.09.2026

Wessel Pretorius toetsry Haval se H7 HEV Super Luxury.

Naweekaktueel: Kenners verduidelik hoe vroue hulleself moet beveilig 19.09.2026

19 September 2026: Ons praat met kenners oor hoe vroue hulleself moet beveilig. Die Springbok-kaptein het 'n sterk boodskap teen geslagsbaseerde geweld. Suid-Afrika verower goud by die Toutrek Wêreldkampioenskap in Mosselbaai.

Motorrubriek: Omoda C7 Elegance 12.09.2026

Wessel Pretorius toetsry die Omoda C7 Elegance.

Naweekaktueel: Ons kyk terug na die terreuraanvalle op New York 25 jaar gelede 12.09.2026

12 September 2026: Die VF+ sê gemeenskappe moet groter seggenskap hê oor die samestelling van munisipale begrotings en tariewe. Die familie van een van ses Suid-Afrikaners wat steeds in Nepal vermis word, bly hoopvol dat sy steeds leef. 'n Suid-Afrikaanse egpaar in Amerika kyk terug na die terreuraanvalle op New York 25 jaar gelede.

Motorrubriek: Augustus-voertuigverkope 05.09.2026

Wessel Pretorius bespreek Augustus se nuwe voertuigverkope.

Naweekaktueel: Hoekom bly vroue in verhoudings waarin hulle mishandel word? 05.09.2026

5 September 2026: Hoekom bly vroue in verhoudings waarin hulle mishandel word? Ons praat met 'n kenner. 'n Doktorsgraad-gegradueerde van Atlantis deel haar storie. 'n Voorskou van die groot stryd tussen die Bokke en All Blacks vanmiddag.

Motorrubriek: GWM P300 LS 29.08.2026

Wessel Pretorius toetsry GWM se P300 LS dubbelkajuitbakkie.

Naweekaktueel: Meer as 50 000 geslagsgeweldsake elke jaar aangemeld 29.08.2026

29 Augustus 2026: Meer as 50 000 geslagsgebaseerde geweldsake word elke jaar by die polisie aangemeld. Om stamselle te skenk, kan moontlik aan pasiënte met lewensbedreigende bloedverwante siektes 'n beter kans op lewe gee. Ons praat met oudBok Kobus Wiese oor vanmiddag se groot kragmeting in Kaapstad.

Motorrubriek: Geely E2 Apex 22.08.2026

Wessel Pretorius toetsry ‘n Geely E2 Apex.

Naweekaktueel: Knysna-raadslede kruip weg ná moord op drie ANC-lede 22.08.2026

22 Augustus 2026: Raadslede in Knysna skuil in plekke van veiligheid ná die moord op drie ANC-lede. Huldeblyke stroom in ná die skietdood van die bokslegende, Zolani Tete. Die eerste van drie titaniese kragmetings tussen die Springbokke en die All Blacks vind vanmiddag plaas.

Motorrubriek: GAC GS3 Emzoom Nova 15.08.2026

Wessel Pretorius toetsry ‘n GAC GS3 Emzoom Nova.

Naweekaktueel: Ons ontleed die afname in die ANC se steun 15.08.2026

15 Augustus 2026: Omgewingsgroepe en vissersgemeenskappe langs die Wildekus is verheug oor die Konstitusionele Hof-uitspraak teen Shell. Meningspeilings wys die ANC se steun is op 'n afwaartse kurwe - ons praat met 'n politieke ontleder. 'n Groot taak wag op die Bulls vanaand teen die All Blacks.

Motorrubriek: Volvo XC90 T8 08.08.2026

Wessel Pretorius toetsry ‘n Volvo XC90 T8.

Naweekaktueel: Al hoe meer vroue stres oor hulle geldsake 08.08.2026

8 Augustus 2026: Die DA stel sy verkiesingsmanifes vir die plaaslike regeringsverkiesing bekend, met groot beloftes van betroubare en goedkoper krag- en watervoorsiening. Al hoe meer vroue stres oor hulle geldsake. Die pasaangestelde Nasionale Raad vir Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord moet die regering se strategiese plan teen dié verskynsel oor die volgende drie jaar implementeer.

Motorrubriek: Chery Tiggo Cross 01.08.2026

Wessel Pretorius toetsry die kruisvoertuig wat die meeste gekoop word in Suid-Afrika, die Chery Tiggo Cross.

Naweekaktueel: Laaste kans om te registreer as kieser 01.08.2026

1 Augustus 2026: Voornemende kiesers kan vandag, tydens die OVK se tweede registrasiedag, by hulle stemlokale registreer vir die plaaslike verkiesings op 4 November. Die SAUK vier sy 90ste verjaarsdag. Suid-Afrika het nou 25 medaljes by die Statebondspele, nadat hulle gisteraand nog twee gewen het.

Naweekaktueel: Oorlog in die Midde-Ooste kring uit 25.07.2026

25 Julie 2026: Die EFF stel sy verkiesingsmanifes in Limpopo bekend. Die oorlog in die Midde-Ooste is besig om weier uit te kring. Die SAUK en RSG-nuuskopieskrywer en nuusleser, Helena van Vuuren, vertel staaltjies uit haar ryk joernalistieke loopbaan van 39 jaar, voordat sy volgende week aftree. Die 55-jarige skrywer en aktivis, Bettina Wyngaard, sterf.

Motorrubriek: Bande 18.07.2026

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief oor bande.

Naweekaktueel: Rooibossaad gaan ruimte toe! 18.07.2026

18 Julie 2026: Die DA eis verpligte leefstyloudits op staatsamptenare, veral binne wetstoepassingsagentskappe. Ondanks 'n groeiende behoefte, bly tuisversorging 'n minder gewilde beroepskeuse in Suid-Afrika. Rooibossaad gaan vir die eerste keer ooit op ’n ruimtesending.

Listen to the Naweekaktueel podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.