RSG
Naweekaktueel
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Naweekaktueel 5 Oktober 2024 05.10.2024 53:19
Op Wêreld-Onderwysersdag vra ons of die onderwysbedryf rede het om fees te vier te midde van begrotingsbesnoeiings. Ons vind uit wat die landboubedryf se bydrae is tot die Wes-Kaap se ekonomie. Suid-Afrika se olyfbedryf kry groot aftrek in die buiteland - ons praat met die hoof die Suid-Afrikaanse Olyfvereniging.
Motorrubriek 28 September 2024 28.09.2024 3:27
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
Naweekaktueel 28 September 2024 28.09.2024 52:34
Die minister van polisie, Senzo Mchunu, sy adjunk, Cassel Mathale, en polisiekommissaris Fannie Masemola sal na verwagting later vanmiddag 'n nuuskonferensie hou oor die moord op 17 mense in Lusikisiki in die Oos-Kaap. 'n Kenner meen munisipaliteite wat astronomiese bedrae aan elektrisiteit skuld, sal Eskom se ondergang verhaas. In Afghanistan is gesprekke met vroue in die openbaar nou taboe.
Motorrubriek 21 September 2024 21.09.2024 4:32
'n Motor wat op water loop? Wessel Pretorius kyk na dié moontlikheid.
Naweekaktueel 21 September 2024 21.09.2024 54:28
Choas en vertragings op van die land se vernaamste paaie weens swaar sneeuneerslae. Op Wêreld-Alzheimersdag praat ons met 'n versorger en 'n mediese dokter oor dié siektetoestan. Elektriese motors is deesdae 'n algemene verskynsel, maar hoe gemaak met 'n wateraangedrewe voertuig?
Motorrubriek 14 September 2024 14.09.2024 5:55
Die Bakkie van die Jaar word bekendgemaak.
Naweekaktueel 14 September 2024 14.09.2024 50:35
Die president verras met die BELA-wet, maar belangbebbendes sê die gevaar is nie afgeweer nie. Ons kondig die Bakkie van die Jaar aan. Dis die Leeus teen die Cheetahs, en die Bulle teen die Haaie in die Curriebeker-halfeindstryde.
Motorrubriek 7 September 2024 07.09.2024 3:59
Wessel Pretorius toetsry 'n Ford-bakkie.
Naweekaktueel 7 September 2024 07.09.2024 47:17
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Thembi Simelane, reageer op bewerings van korrupsie teen haar. 'n Tiener-seun van Hazyview in Mpumalanga sterk aan na 'n noue ontkoming op 'n tamatieplaas. 'n Kenner gee raad aan mense wat worstel met selfdood.
Motorrubriek 31 Augustus 2024 31.08.2024 4:39
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
Naweekaktueel 31 Augustus 2024 31.08.2024 52:40
'n Kenner waarsku oor egskeiding- skuiwergate in die nuwe tweepot-stelsel. Reaksie op Namibië se planne om wild te skiet vir dié wat weens die droogte honger ly. Die Silwerskermfees bekyk die volhoubaarheid van Afrikaanse rolprente, televisie en stroomdienste.
Motorrubriek 24 Augustus 2024 24.08.2024 3:51
Wessel Pretorius toetsry die jongste weergawe van 'n ou bekende op ons paaie.
Naweekaktueel 24 Augustus 2024 24.08.2024 53:33
Nuwe variant van a-pokke wek kommer. Negatiewe reaksie op die moontlikheid dat Afrika ’n sitplek in die VN se Veiligheidsraad kan kry. Reaksie op die dood van die 87 jarige skrywer, Abraham H. de Vries.
Naweekaktueel 17 Augustus 2024 17.08.2024 51:09
Dada Moreo tot burgemeester van Johannesburg verkies. Ons neem die krisis by Johannesburg se hospitale onder die loep. Die ikoniese rolprent, The Lion King, gedenk 30 jaar sedert die eerste uitreiking.
Motorrubriek 17 Augustrus 2024 17.08.2024 5:03
Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese bakkie.
Motorrubriek 10 Augustus 2024 10.08.2024 4:25
Wessel Pretorius toetsry 'n Japanese bakkie.
Naweekaktueel 10 Augustus 2024 10.08.2024 52:04
Die beweerde verkragting van 'n 101-jarige ouma in Limpopo skok en ontstel inwoners. 'n Vierde dam naby Malmesbury word fyn dopgehou vir tekens van ineenstorting. Ons praat met die voormalige Olimpiese atleet, Zola Budd, oor haar onderonsie met die Amerikaner, Mary Decker, op die atletiekbaan op 10 Augustus 1984.
Motorrubriek 3 Augustus 2024 03.08.2024 3:52
Wessel Pretorius toetsry 'n Suid-Koraanse buksie.
Naweekaktueel 3 Augustus 2024 03.08.2024 49:01
'n Kwadrupleeg vertel sy merkwaardige verhaal as fotograaf by die Olimpiese Spele. Ons ondersoek probleme met borsvoeding in Suid-Afrika. 'n Verbod op die hantering van koalabere.
Motorrubriek 27 Julie 2024 27.07.2024 3:04
Wessel Pretorius toetsry 'n Ford.
Naweekaktueel 27 Julie 2024 27.07.2024 49:49
Medici reageer op die hofbeslissing dat aspekte van die gesondheidswet ongrondwetlik is. Johannesburgers worstel steeds met wateronderbrekings - ons soek antwoorde by Rand Water. In die gees van die Olimpiese Spele praat ons met sportfotograaf Wessel Oosthuizen wat al 5 Olimpiese Spele op foto’s verewig het.
Motorrubriek 20 Julie 2024 20.07.2024 3:59
Wessel Pretorius toetsry 'n diesel voorwielaangedrewe Kia-sportnutsvoertuig.
Naweekaktueel 20 Julie 2024 20.07.2024 53:48
Plantkundige, prof. Ben-Erik van Wyk deur die Nasionale Wetenskap en Tegnologie Forum vereer vir sy lewenslange bydrae tot die wetenskap. Ons fokus op gestremdheid, en gee aktiviste ’n spreekbeurt. El Salvador in die internasionale kollig ná ‘n verslag oor die marteling van meer as 3 000 kinders in tronke.
Motorrubriek 13 Julie 2024 13.07.2024 3:57
Wessel Pretorius toetsry ‘n Ford-bakkie.
Naweekaktueel 13 Julie 2024 13.07.2024 51:05
‘n Waarskuwing vir nóg stormwind in die George-omgewing, en swaar reën in die res van die Wes-Kaap. Die eerste kabinetlekgotla van die nuwe regering van nasionale eenheid begin in Pretoria. Die eerste episode van 'n dramareeks oor die reënkoningin, Modjadji, sal ondanks groot omstredenheid op televisie uitgesaai word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.