RSG
Naweekaktueel
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Motorrubriek 4 Januarie 2025 04.01.2025 3:04
Wessel Pretorius praat oor padveiligheid.
Naweekaktueel 4 Januarie 2025 04.01.2025 51:49
'n Ekonoom verduidelik hoe jy jou rande in die nuwejaar kan rek, en 'n skuldberader gee raad. Is nuwejaarsvoornemens 'n euwel of 'n aansporing? Die Kaapse Klopse laat waai in Kaapstad.
Naweekaktueel 28 Desember 2024 28.12.2024 48:58
Anita Visser kyk terug op 2024 met van die program se beste stories.
Motorrubriek 21 Desember 2024 21.12.2024 5:06
Wessel Pretorius raad oor padveiligheid.
Naweekaktueel 21 Desember 2024 21.12.2024 54:01
Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, moet norme daar stel vir die volledige implementering van die Bela-wet. Beeld het gister vir die laaste keer op straat verskyn. Die nuus- en aktualiteitspan groet Anita Visser wat op 31 Desember aftree.
Motorrubriek 14 Desember 2024 14.12.2024 4:12
Wessel Pretorius gee padveiligheidswenke.
Naweekaktueel 14 Desember 2024 14.12.2024 45:56
Talle bejaardes in die Tshwane- metro sit dalk oor die feesseisoen op straat. Die DBV sê hy is bekommerd oor mense se interaksies met wilde diere oor die Desembervakansie. Ons volg op oor die onderwyskrisis in die Noord-Kaap.
Motorrubriek 7 Desember 2024 07.12.2024 4:06
Wessel Pretorius kry raad oor hoe jy jou voertuig gereed kry vir die langpad.
Naweekaktueel 7 Desember 2024 07.12.2024 47:59
Die staking deur vlieëniers van die SAL is vir eers opgeskort. Chris Hani se moordenaar is amptelik gedeporteer. Pole neem van 1 Januarie af die roterende presidentskap van die EU oor.
Motorrubriek 30 November 2024 30.11.2024 3:50
Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese sportnutsvoertuig.
Naweekaktueel 30 November 2024 30.11.2024 51:05
Die Kiernan AKA Forbes-moordsaak gaan voort in weerwil van 'n vertraging in die uitlewering van twee verdagtes uit eSwatini. Die Gidshond-vereniging wil Uber hof toe sleep omdat bestuurders weier om dié diere in hulle voertuie toe te laat. Die idee van beperkings op drankverkope in Limpopo oor die feestyd kry weerstand van plaaslike sakelui.
Motorrubriek 23 November 2024 23.11.2024 5:59
Wessel Pretorius gee raad oor jou voertuig se gereedheid vir die langpad.
Naweekaktueel 23 November 2024 23.11.2024 52:19
Bewerings van 'n ernstige geldnood in die Nood-Kaapse Departement van Onderwys kan beteken dat skole nie in Januarie sal heropen nie. Kinders op die Kaapse Vlakte ervaar trauma omdat hulle dikwels oogetuies van bendegeweld is. In sy weeklikse motorrubriek gee Wessel Pretorius raad oor jou voertuig se gereedheid vir die langpad.
Motorrubriek 16 November 2024 16.11.2024 4:35
Wessel Pretorius toetsry nóg 'n toetreder tot die kruisvoertuig-mark.
Naweekaktueel 16 November 2024 16.11.2024 47:23
Spazawinkels moet sluit, en binne 21 dae geregistreer wees. 'n Kritieke tekort aan lugverkeerbeheer-beamptes stel die lugruim in gevaar. 'n R90 miljoen opgeradering van die Wits-planetarium bied besoekers 'n asemrowende ervaring.
Motorrubriek 9 November 2024. 09.11.2024 4:13
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
Naweekaktueel 9 November 2024 09.11.2024 54:19
Die president sê die Bela-wet sal ten volle inwerking gestel word indien daar nie 'n ooreenkoms oor twee omstrede klousules bereik word nie. Kommer oor toenemende gevalle van moontlike voedselvergifting onder leerders. Ons fokus op die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, se moontlike kabinetskeuses.
Motorrubriek 2 November 2023 02.11.2024 4:11
Wessel Pretorius toetsry 'n Sweed.
Naweekaktueel 2 November 2024 02.11.2024 53:27
'n Senior amptenaar van UNRWA in Gasa sê Israel se verbod op humanitêre dienste stuur af op 'n katastrofe. 'n Beroep om vroue in Suid-Afrika só te posisioneer dat hulle voordeel trek uit die land se G20-presidentskap. Met enkele dae oor voor Amerikaners hulle kruisies trek, neem ons die stryd tussen die twee presidentskandidate onder die loep.
Motorrubriek 26 Oktober 2024 26.10.2024 4:46
Wessel Pretorius toetsry 'n Citroën.
Naweekaktueel 26 Oktober 2024 26.10.2024 50:24
Ontploffings in Teheran - Israel doen verskeie aanvalle teen Iran, én rig 'n ernstige waarskuwing. 'n Roudiens vir die ontslape Minister van Arbeid, Membathisi Mdladlana, word in Kaapstad gehou. Die voormalige Bafana Bafana kaptein, Senzo Meyiwa, is vandag presies tien jaar gelede vermoor. Ons praat met musikant en sanger Jonathan Butler oor sy eredoktorsgraad van Maties.
Motorrubriek 19 Oktober 2024 19.10.2024 3:13
Wessel Pretorius beantwoord luisteraarsvrae.
Naweekaktueel 19 Oktober 2024 19.10.2024 55:31
Regter Nolwazi Mabindla-Boqwana is aanbeveel vir die pos van Regterpresident van die Wes-Kaapse Hooggeregshof. Meer as 800 000 matrieks begin Maandag met hulle Nasionale Senior Sertifikaat-eindeksamen. Twee groot geeste word ter ruste gelê.
Motorrubriek 12 Oktober 2024 12.10.2024 3:45
Wessel Pretorius toetsry 'n Ford-bakkie.
Naweekaktueel 12 Oktober 2024 12.10.2024 54:48
Orkaan Milton saai groot verwoesting in die Amerikaanse deelstaat Florida - ons vra wat die verband met Klimaatsverandering is? Dis Nasionale Voedingsweek - wat is die moets en moenies van gesonder eet, en hoe doen jy dit sonder om platsak te wees? Die vroue Proteas mik vandag teen Bangladesh na die T20-Wêreldbeker-halfeindstryd.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.