RSG
Naweekaktueel
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Motorrubriek 11 April 2020 11.04.2020 4:22
Dis tyd vir ons weeklikse motorrubriek. Wessel Pretorius het - vóór die inperking - 'n Hyundai getoets..
Naweekaktueel 28 Maart 2020 28.03.2020 54:56
Moody's het Suid-Afrika se soewereine kredietgradering afgegradeer tot rommelstatus.; Die regering verklaar landbou as 'n noodsaaklike diens.; Suid-Afrikaners sal vanaand Aard-uur vier deur hul ligte af te skakel.; en 'n Springbok-legende het die coronavirus opgedoen.
Motorrubriek 28 Maart 2020 28.03.2020 6:58
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Fransman en 'n Chinese bakkie...
Motorrubriek 21 Maart 2020 21.03.2020 3:39
In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Suzuki..
Onstuimige 1960's onthou 21.03.2020 20:11
Te midde van die Korona-virus, herinner ons dat dit vandag Menseregtedag is... Dis vandag presies SESTIG jaar gelede dat 'n skare swart Suid-Afrikaners by Sharpeville se plaaslike polisie stasie naby Vereeniging saamgetrek het om teen die paswette te betoog. DIE vreedsame betoging het tot n bloedbad gelei toe die polisie nege-en-sestig mense dood geskiet het. Wilna Matthee het in 2004 'n spesiale...
Naweekaktueel by Woordfees 14 Maart 2020 14.03.2020 52:54
Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.
Motorrubriek 7 Maart 2020 07.03.2020 2:31
In sy weeklikse motorrubriek kyk Wessel Pretorius na die jongste motorverkoopsyfers...
Motorrubriek 29 Februarie 2020 29.02.2020 4:04
In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Peugeot luikrug...
Internasionale moedertaaldag 22.02.2020 3:51
Wêreldwyd word moedertale hierdie naweek gevier. Plaaslik val die fokus veral op moedertaalonderrig. In Suid-Afrika is moedertaalonderrig eintlik net vir Afrikaans en Engelssprekendes beskore, alhoewel dit die land ekonomies sou baat indien dit na AL elf landstale uitgebrei sou word, volgens die taalbestuurder by die ATKV, Karien Brits....
SA-dokkie benoem vir prys by Berlyn Filmfees 22.02.2020 5:47
'n Suid-Afrikaanse rolprentmaker se werk is benoem in die kategorie " Beste dokumentêr" by die Berlynse Internasionale rolprentfees. Vanaand word Teboho Edkins, se dokumentêr "Days of Cannibalism" vir die eerste keer ooit, juis by die filmfees vertoon. Die fliek handel oor die Sjinese invloed op Lesotho se ekonomie. Dit is vanjaar die sewentigste keer dat die Berlynse Filmfees plaasvind. Edkins he...
Koos Kombuis-lied gee fliek vlerke 22.02.2020 4:36
Die rolprent "Vergeet My Nie" het tydens sy eerste week se vertonings meer as 2 miljoen rand by die loket verdien. "Vergeet my Nie" speel in die laat negentigerjare in Potchefstroom, Londen en Kaapstad af. Die draaiboekskrywer, Tarryn Tanille Prinsloo, sê " Lisa se klavier" van Koos Kombuis word prominent in die agtergrond in die fliek gebruik. Sy het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê die lied...
Motorrubriek 22 Febuarie 2020 21.02.2020 6:49
In sy weeklikse motorrubriek het Wessel Pretorius dit oor gepantserde voertuie....
Motorrubriek 15 Februarie 2020 15.02.2020 5:42
In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Jaguar....
Motorrubriek 8 Februarie 2020 08.02.2020 4:56
In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Chinese sportnuts...
Motorrubriek 1 Februarie 2020 01.02.2020 4:59
In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraarsbrief, en hy toets 'n Renault...
Teenstanders van Brexit neem vir oulaas 'n musikale standpunt in 01.02.2020 4:55
Britte wat verkies het om in die EU te bly, het besluit om vir 'n laaste keer hulle stem dik te maak. Hulle het besluit dat Beethoven se "Ode aan die Vreugde", nommer 1 op die Britse treffersparade moet wees - JUIS op die historiese dag waarop Brexit sou plaasvind. Die Europese raad het in 1972 besluit dat Beethoven se komposisie voortaan hulle kenwysie sou wees, terwyl die Europese Unie dit in 19...
Motorrubriek 25 Januarie 2020 25.01.2020 4:08
In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Nissan-bakkie...
Motorrubriek 18 Januarie 2020 18.01.2020 5:10
In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Mahindra..
Motorrubriek 11 Januarie 2020 11.01.2020 7:39
In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Ford en 'n Suzuki..
Naweekaktueel 28.12.2019 4:12
Johan Fourie van die Agri-raad op Calitzdorp in die Wes-Kaap, of Klokkie soos hy algemeen bekend staan - sê die boere gaan gebuk onder die voortslepende droogte en staar 'n donker feesgety in die gesig.
Naweekaktueel 28.12.2019 1:48
Die 24-jarige fietsryer, Nic Dlamini, het 'n gebreekte arm opgedoen tydens 'n onderonsie met veldwagters in die Silwermyn-natuurreservaat in die Tafelberg Nasionale Park. In beeldmateriaal wat op sosiale media die ronde doen, kan gesien word hoe die fietsryer na bewering deur veldwagters rondgeruk word. Die Minister van Omgewingsake, Barbara Creecy het opdrag gegee dat alle beamptes wat betrokke w...
Naweekaktueel 28.12.2019 2:00
Daar is 'n week oor voor die jaarlikse Tweede Nuwe Jaar Kaapse Klopse-parade. Die verskeie groepe is besig om die laaste verstelling te maak aan hulle skitterende kostuums en klanke. Die Kaapse Klopse gaan Saterdag 4 Januarie die strate invaar.
Naweekaktueel 28.12.2019 2:51
Sowat 40 van die pasiënte by die Thandanani-sentrum vir mense met geestessiektes het Kersfees hierdie week by die inrigting gevier. Net sowat 20 van die pasiënte kon huis toe gaan. Dit blyk dat daar 'n tekort aan noodsaaklike psigiatriese medisyne is. Metzi van der Merwe het met die direkteur van die Thandanani-sentrum, Margie King, gepraat.
Naweekaktueel 28.12.2019 4:10
Inwoners van die Kaapse Vlakte word geleer om afvalmateriaal in kreatiewe beeldhouwerke te omskep. Die kunswerke word dan tydelik in openbare ruimtes opgerig, om kunswere meer toeganklik en inklusief te maak. 'n Argitektuur-ateljee in Woodstock het die inisiatief begin. Jean Esterhuizen het meer oor die gemeenskapsprojek.
Naweekaktueel 28.12.2019 4:25
Die Kaapse Metro poog om meer Moslem-vriendelik te word en op die manier die ervaring van die Moslem-toeris te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Geleenthede en Batebestuur by die Kaapse Metro, James Vos, sê die Moslem-kultuur is onlosmaaklik deel van Kaapstad en dat dit ekonomies sin maak om in die behoeftes van Moslem-toeriste te voorsien.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.