RSG

Monitor

News AF ↓ 4391 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 19.02.2019

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag nie verder deurdringende reën wat oorstromings kan veroorsaak nie. Verskeie dele van die land het die afgelope week en naweek erge oorstromings ervaar. Die waarnemende uitvoerende hoof van weer en klimaatdienste by die Weerdiens, Tshepo Ngobeni, sê die erge reën vir die tyd van die jaar is normaal. Liela Magnus doen verslag.

Monitor 19.02.2019

Georganiseerde landbou is intussen dankbaar oor die reën. Die voorsitter van TLU SA, Louis Meinjies, het aan Metzi van der Merwe gesê dit is veral nodig om die ondergrondse water aan te vul.

Monitor 18.02.2019

Wat maak mense gelukkig? Ons wetenskapkorrespondent George Claassen sê sosiale wetenskaplikes en medici op die terrein van psigiatrie doen al dekades lank navorsing hieroor, en kom tot interessante gevolgtrekkings...

Monitor 06.02.2019

Die ambassadeurs van Duitsland, Nederland, Switserland en Amerika asook die Hoë Kommissaris van Brittanje ontken dat hulle 'n voorskriftelike brief oor korrupsie in SA aan president Cyril Ramaphosa gestuur het. Dit volg na 'n berig in Sunday Times hoe die lande glo regstreeks aan Ramaphosa voorskryf hoe hy korrupsie in SA moet hanteer. Die departement van buitelandse sake en die ANC het skerp hier...

Monitor 05.02.2019

Onderrig van Graad 11 en 12 leerlinge by die Hoërskool Driehoek in Vanderbiljpark word die week hervat. Drie leerlinge is Vrydag dood toe 'n loopvlak by die skool ineengestort het. 'n Vierde kind het die naweek in die hospitaal gesterf. Negentien van die beseerde leerlinge word steeds in die hoësorg-eenheid behandel. Marlinee Fouche doen verslag.

Monitor 04.02.2019

Die gemeenskap in Vanderbijlpark is steeds geskok na die ineenstorting van 'n loopvlak by Hoërskool Driehoek, wat vier leerlinge se lewens geëis het. Daar is vroeër berig oor drie leerlinge wat in die voorval dood is. 'n Vierde leerling is gisteroggend in 'n hoësorg-eenheid oorlede na hy saam met meer as twintig ander leerlinge hospitaal toe geneem is. Annari du Plessis van die "Go Purple"-stigtin...

Monitor 04.02.2019

Die Congress of the People sê die party gaan 'n klagte van haatspraak teen lede van Black First Land First indien. Dit volg na aanmerkings wat glo deur die woordvoerder van BLF, Lindsay Maasdorp, gemaak is na vier kinders gesterf het toe 'n loopvlak Vrydag by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort het. Annelu le Roux doen verslag.

Monitor 29.01.2019

Izak du Plessis praat met Bun Booyens, George Claassen en Francois Redelinghuys oor die geloofwaardigheid van die media.

Monitor 28.01.2019

Politieke partye vry kliphard na die steun van bruin kiesers in die Wes-Kaap. Die provinsie word die afgelope jaar of twee gekenmerk deur politieke woelinge wat kiesers na die een of ander rigting toe kan beïnvloed, volgens politieke ontleders. Om duidelikheid hieroor te kry praat Izak du Plessis met drie politieke kommentators. Heindrich Wyngaard, Christo van der Rheede en Christian Martin.

Monitor 25.01.2019

Verskeie lande reageer op Venezuela se opposisie leier, Juan Guaidó, wat hom as tussentydse president verklaar het. Landburgers betoog teen President Nicolas Maduro se regering en vra dat 'n verkiesing gehou moet word. Maduro is op 10 Januarie as president ingehuldig. Johannes Myburg, 'n joernalis by die nuusagentskap, Agence France Presse in Sao Paulo in Brasilië, het aan Jean Esterhuizen gesê di...

Monitor 25.01.2019

Daar word daagliks in die media oor die Mokgoro-ondersoek, die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping en die ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie berig. Maar hoe groot is hierdie ondersoeke op sosiale media? Die direkteur van Acumen Media, Tonya Khoury, het aan Jean Esterhuizen gesê die staatskapings-kommissie is verreweg die gewildste onderwerp onder sosiale media gebruikers.

Monitor 24.01.2019

Ons praat met Piet le Roux, die hoof van Sakeliga, en Roelof Botha, die ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep, oor die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos..

Monitor 23.01.2019

Izak du Plessis praat met Peter Marais oor sy aanwysing as die VF Plus se premierskandidaat vir die Wes-Kaap.

Monitor 22.01.2019

Die multi-miljoen rand projek van die Sarah Baartman Herinneringsentrum op Hankey in die Oos-Kaap, sloer al vier jaar, om verskeie redes. Die 165 miljoen rand ontwikkeling sou werk aan plaaslike inwoners verskaf, die ekonomie 'n hupstoot gee, en die Khoi-ikoon Sarah Baartman vereer. Maar tot dusver het dit net ontevredenheid meegebring, berig Veronica Fourie.

Monitor 18.01.2019

Wedvlugduiwe maak hul gewoonlik nie by ander mense tuis nie, maar dit gebeur dikwels genoeg om nie te groot bohaai daaroor te maak nie. Wanneer jy egter familie van FA Venter is en die duif keer elke dag terug sodat daar 'n verhouding tussen julle ontwikkel, dan kry die storie 'n ander kleur. Gerhard Jooste van Durbanville in die Wes-Kaap het sy storie aan Izak du Plessis vertel.

Monitor 21.12.2018

Besoekers aan die Overberg-distrik in die Wes-Kaap, is geskok deur intensiewe perlemoenstropery wat oop en bloot op die strande plaasvind - veral in die Pearly Beach omgewing. Verskeie anonieme luisteraars wat hulle persoonlike ervarings met ons deel, is gefrustreerd met die swak vordering in die stryd teen perlemoenstropery. Marlinee Fouche het meer...

Monitor 21.12.2018

Die weermag is onlangs in die Overstrand-distrik in die Wes-Kaap ontplooi, as versterking in die stryd teen die stropery. Die weermag is intussen weer aan die gebied onttrek. Marlinee Fouche berig voorvalle van stroprery het weer hervat, en dat die regering nou internasionale hulp inroep, vir 'n meer volhoubare stryd.

Monitor 18.12.2018

President Cyril Ramaphosa vier vandeesmaand sy eerste jaar as ANC-president. Hy is op 18 Desember verlede jaar by die ANC se 54ste verkiesingskonferensie met 'n skrale meerderheid oor Nkosazana Dlamini-Zuma tot die posisie verkies. Hoewel dit nog twee maande sou neem voordat hy as President by Jacob Zuma oorgeneem het, het die land reeds in daardie stadium 'n magdom verwagtinge aan hom gestel. Iza...

Monitor 13.12.2018

Seksuele- en ander trauma laat dikwels permanente emosionele en fisiese letsels agter. Een van hulle, staan bekend as vaginisme. Dis 'n mediese toestand, waar die vrou se vagina onwillekeurig in 'n spasma trek, en enige vorm van penetrasie uiters pynlik maak. Soveel so, dat selfs in-vitro bevrugting onmoontlik is. Uit gesprekke met vroue wat hieraan ly, blyk dit egter dat heelparty dokters nie een...

Monitor 13.12.2018

'n Kliniese Seksioloog van die DISA gesondheidsentrum in Sandton, Professor Elna McIntosh, antwoord verskeie vrae oor vaginisme. Dis 'n toestand wat seksuele omgang of enige ander vorm van vaginale penetrasie by vroue uiters pynvol en dikwels onmoontlik maak.

Monitor 05.12.2018

'n Hoof van 'n bekende hoërskool in Johannesburg, wat anoniem wil bly, sê daar is eindelose probleme met die merk van vanjaar se matriekvraestelle. Anita Visser het by haar gaan uitvind wat die ergste frustrasies is.

Monitor 05.12.2018

Tydens '16 Dae van Aktivisme teen geweld teen Vroue en Kinders', het Monitor berig oor die noodsaaklikheid daarvan om seuns en dogters wat slagoffers is van geweld, emosioneel en fisies, by te staan. Maar hoe doen mens dit? Ons het 'n draai gemaak by 'n paar tieners wat toegang het tot gereëlde berading en 'n veilige blyplek, om te hoor watter impak die regte hulp kan hê...

Monitor 05.12.2018

Hoewel voorvalle van kindermishandeling nie in die media aan die groot klok gehang word nie, is dit 'n daaglikse realiteit. Die wet vereis dat enigeen wat kennis neem van so 'n voorval moet ingryp. Jy kan egter nie net by iemand se huis instorm, en 'n kind van sy ouers of voog wegneem nie. Marlinee Fouche berig verder dat daar veral omgesien moet word na kinders se geestelike welstand na 'n trauma...

Monitor 30.11.2018

Kenners waarsku dat die emosionele gevolge van geweld dikwels misgekyk word en langer neem om te verwerk, as liggaamlike wonde. Marlinee Fouche berig dat die samelewing se houding jeens die probleem, óók kan veroorsaak dat vroue in die tipe verhoudings bly.

Monitor 30.11.2018

Om weg te breek van emosionele geweld, is makliker gesê as gedaan. Slagoffers word dikwels daarmee gedreig dat hulle alleen op straat gaan beland sonder kind of kraai. Marlinee Fouche berig egter dat die 'n taktiek is om slagoffers vas te keer. As jy die regte hulp kry kán jy wegbreek - kinders en al.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.