RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 24.08.2018 5:55
Wat sal ''n moeder so vêr dryf dat sy die lewe van haar eie kind sal neem? Dit was die vraag wat op menigte Suid-Afrikaners se lippe was – EN nou in ''n rolprent ondersoek word. Die fliek “Ellen, die Ellen Pakkies storie” het sy Suid-Afrikaanse buiging by die Silwerskermfilmfees in Kampsbaai gemaak waar dit met drie groot toekennings vereer is: Jill Levenberg as beste aktrise vir haar rol as Ellen...
Monitor 23.08.2018 3:25
Venezuela word heel moontlik die wêreld se eerste moderne mislukte staat. Dit is die mening van die senior direkteur van die Universiteit van Johannesburg se Besigheidskool, Professor Lyal White. Hy het aan Marlinee Fouche gesê die land is nie net in 'n ekonomiese krisis gewikkel nie, maar ook 'n humanitêre een.
Monitor 23.08.2018 4:38
Intussen sê professor Sary Levy-Carciente aan die Sentrale Universiteit van Venezuela, en 'n Direkteur van die Nasionale Akademie van Ekonomiese Wetenskap, dat almal in die land geraak word deur die ineenstorting. Sy het aan Marlinee Fouche gesê ander lande kan baie uit Venezuela se foute leer, veral wanneer eiendomsreg en populisme ter sprake kom.
Monitor 23.08.2018 3:25
Venezuela gaan heel moontlik die wêreld se eerste moderne mislukte staat word. Dit is die mening van die senior direkteur van die Universiteit van Johannesburg se Besigheidskool, Professor Lyal White. Hy het aan Marlinee Fouche gesê die land is nie net in 'n ekonomiese krisis gewikkel nie, maar ook 'n humanitêre een.
Monitor 23.08.2018 4:38
"Almal in Venezuela word geraak deur die ekonomiese ineenstorting," sê Professor Sary Levy-Carciente aan die Sentrale Universiteit van Venezuela, en 'n Direkteur van die Nasionale Akademie van Ekonomiese Wetenskap. Sy het aan Marlinee Fouche gesê ander lande kan baie uit Venezuela se foute leer, veral wanneer eiendomsreg en populisme ter sprake kom...
Monitor 23.08.2018 6:33
Minstens sewe persent van Venezuela se bevolking het sedert 2014 uit die land migreer om van die vernietigende ekonomiese- en humanitêre krisis te ontsnap. Hoewel migrante onlangs in Brasilië met geweld begroet is, stroom mense steeds land-uit. Heelwat jong musikante en musiekgroepe het die waarskuwingsliggies egter lank gelede sien flikker, en het die land verlaat om hulle musikale loopbaan van v...
Monitor 23.08.2018 20:38
Vroue verkies sorg-gerigte loopbane eerder as beroepe soos ingenieurswese. Dis een van die uitlatings wat die Hoof van die Suid-Afrikaanse Siviele Ingenieurs Instituut, Manglin Pillay, onlangs in die spervuur gehad het. Die uitlatings het tot oproepe vir Pillay se bedanking gelei. Anita Visser het die kwessie ondersoek.
Monitor 22.08.2018 2:27
Fair Play sê dat slegs plaaslike vervaardige hoender van BTW vrygestel moet word. Fair Play se woordvoerder, Lionel Adendorf, sê hulle sal die parlement nader oor die saak.
Monitor 21.08.2018 9:41
'n Omvattende Amerikaanse studie wat in die Britse vaktydskrif, The Lancet, gepubliseer is, toon dat te min koolhidrate jou lewe met vier jaar kan verkort. Lae koolhidraat-diete soos byvoorbeeld die Atkins-dieet het oor dekades gewild geraak as 'n soort vinnige oplossing om van oortollige vet ontslae te raak. Anita Visser berig....
Monitor 21.08.2018 4:07
Met die viering van Nasionale Vrouemaand is dit ook die tyd om vroue te gedenk wat agter die skerms 'n groot rol in die geskiedenis gespeel het. Dit is die woorde van Antoinette Louw, wat die rol van "Susanna Johanna" oftewel Molly Fischer in die rolprent "An Act of Defiance" uitbeeld. Die rolprent, wat veral op die lewens van Bram en Molly Fischer fokus, het binnekort sy rooitapyt-premiere by die...
Monitor 21.08.2018 2:18
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê hy teleurgesteld dat hoender nie op die Woolard-paneel se lys van voorgestelde BTW-vrystellings is nie. Die paneel kon nie konsensus bereik oor watter individuele gevriesde hoenderporsies BTW vry moet wees nie. 'n Raadslid van die Suid-Afrikaanse Pluimvee Vereniging en die uitvoerende hoof van Country Bird Holdings, Marthinus Stander, sê lae inkomste huish...
Monitor 21.08.2018 4:14
'n Gesin van sewe sal in Augustus gemiddeld meer as drie duisend rand per maand aan voedsel bestee. Dis volgens die jongste Huishoudelike Voedselmandje van die Pietermaritzburgse organisasie, die Economic Justice & Dignity Group. Die groep sê huishoudings bestee die meeste van hulle inkomste aan kos. Jean Esterhuizen berig dat die groep wil hê 'n wye reeks kossoorte moet van BTW vrygestel word.
Monitor 21.08.2018 4:07
Met die viering van Nasionale Vrouemaand is dit ook die tyd om vroue te gedenk wat agter die skerms 'n groot rol in die geskiedenis gespeel het. Dit is die woorde van Antoinette Louw, wat die rol van "Susanna Johanna" oftewel Molly Fischer in die rolprent "An Act of Defiance" uitbeeld. Die rolprent, wat veral op die lewens van Bram en Molly Fischer fokus, het binnekort sy rooitapyt-premiere by die...
Monitor 21.08.2018 7:49
Vier-en-twintig jaar ná die dood van die teoloog en moderator van die N.G. Kerk, Johan Heyns, dink die rolprentmaker Adam Heyns terug aan die rol wat sy oupa gespeel het in die beëindiging van Apartheid. Die resultaat: 'n onafhanklik vervaardigde dokumentêre film genaamd: "Johan Adam Heyns: the exorcist of Apartheid". Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag.
Monitor 20.08.2018 4:17
Die departement van omgewingsake en die Vrystaatse Staatsdepartement vir die ontwikkeling van klein sakeondernemings, toerisme en omgewingsake, het oorlog verklaar teen 'n indringerspesie varswater kreef. Die indringerspesie, wat uit Amerika afkomstig is, versprei glo vinnig en is 'n bedreiging vir inheemse spesies. Joan-Marie Verhoeg het meer...
Monitor 17.08.2018 4:00
Eskom gaan weer eens aansoek doen om vrygestel te word van minimum emissiestandaarde by baie van sy kragsentrales. Dit beteken besoedelingsbeheermaatreels soos deur die departement van Omgewingsake voorgeskryf sal - soos in 2013 - weer uitgestel word. Eskom sê hy sukkel om die standaarde toe te pas, en sal as deel van sy aansoek ook 'n openbare deelnameproses loods. Die Sentrum vir Omgewingsregte...
Monitor 15.08.2018 18:58
Is daar Afrikaners vir die toekoms? - dis die vraag wat Solidariteit Akademies gaan navors het. By my in die ateljee is Connie Mulder, die Hoof van Solidariteit se Navorsings-instituut, asook dr Dirk Hermann, die Bestuurshoof van die organisasie:
Monitor 14.08.2018 4:00
Die Verening van Staatsamptenare sê die regering se kat-en-muis-speletjies met die toekoms van staatsdienswerkers, is onaanvaarbaar. Die vakbond het so gereageer op gister se aankondiging deur die minister van Staatsdiens en Administrasie, Ayanda Dlodlo, dat die regering nie beplan om meer as 30-duisend staatsdienswerkers af te lê nie. Dit ondanks vroeere mediaberigte wat tot paniek in die sektor...
Monitor 14.08.2018 15:59
President Cyril Ramaphosa se ekonomiese stimilusplan se koste vir Suid-Afrika word bereken op sowat 43-miljard rand. Die Nasionale Studente Finansieringsplan oftewel NSFAS, gaan die regering uiteindelik tot 60 miljard rand kos. Die DA se Alf Lees waarsku dat die regering se finansiële waarborg van 59-miljard rand aan staatsbeheerde instellings die staat se skuldlas gaan verhoog tot 60 persent van...
Monitor 09.08.2018 8:10
'n Aansoek is gister by die Wes-Kaap Hooggeregshof ingedien waarin die Universiteit Stellenbosch Regskliniek, Summit Financial Partners en 10 van hul kliënte, regterlike ingryping versoek. Dit hou verband met onwettige skuld-invorderingspraktyke van na bewering meer as 'n miljard rand. Ons praat nou hieroor met Stephan van der Merwe, die Senior Prokureur en Notaris Publiek by die US Regskliniek..
Monitor 08.08.2018 6:52
Magnus Malan se familie beoog volgens mediaberigte regstappe na die publikasie van Chris Steyn en Mark Minnie se boek, "Seuns van Bird-eiland". Anita Visser het met Llewellyn Curlewis, 'n regskenner aan die Universiteit van Pretoria gepraat.
Monitor 08.08.2018 12:34
Die land is steeds aan't praat oor die Magnus Malan pedofilie skandaal. Alet van Rensburg-Wright van die SAUK se veel-bekroonde TV program, FOKUS, sê egter daar was ook al in die verlede reeds bewerings oor bande tussen drie oud-Nasionale Party ministers en die veroordeelde pedofiel Gert van Rooyen. Anita Visser het met haar gepraat.
Monitor 07.08.2018 5:18
Mense wat op die oewer van die Vaalrivier bly sê hulle kan nie meer toekyk hoe die water besoedel word nie. Johan de Klerk, die eienaar van die hengelbesigheid Twin Series Fishing, het 'n video op sosiale media geplaas waarin hy sê die water is so besoedel dat dooie visse en voëls orals op die walle van die rivier lê. Anita Visser het met hom gepraat.
Monitor 07.08.2018 2:46
Die Vaalrivier-streek se waterprobleme is 'n groot kopseer vir die inwoners, sedert rioolwater vanaf die Emfuleni waterwerke in die rivier gestort is. Johan de Klerk, die eienaar van 'n hengel-onderneming, het met Vincent Mofokeng gepraat...
Monitor 06.08.2018 3:25
Onwettige delwers in Kleinsee en Port-Nolloth in die Noord-Kaap dring daarop aan dat die regering hulle permitte gee. Hulle sê die gebied waar hulle delf is nie gevaarlik nie - omdat dit bogronds in die diamantryke myndorpie is. Hulle sê voortslepende botsings met die polisie verhoed hulle om te delf. Ons Noord-Kaapse korrespondent Reginald Witbooi besoek Kleinsee en het diè verslag saamgestel…
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.