RSG

Monitor

News AF ↓ 4392 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 23.10.2018

Die voorsitter van die direksie van Agri-All-Africa, Theo de Jager, sê hy weet dat 18 boere uit Suid-Afrika vertrek het om landbou-geleenthede in Rusland te ondersoek. Dit volg na berigte in September vanjaar dat Rusland glo Suid-Afrikaanse boere probeer lok met die belofte van goeie grond, betreklike veiligheid en 'n land wat tradisonele Christelike waardes handhaaf. Metzi van der Merwe het meer...

Monitor 23.10.2018

'n Prokureur het die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal in Durban gedwing om 'n pasiënt te behandel vir wie hulle na bewering nierdialise geweier het omdat spore van dagga in sy gestel gevind is. Die SAUK het verlede week met die 44-jarige man gepraat, wat net drie weke om te lewe gegee is tensy hy benadeling sou ontvang.

Monitor 19.10.2018

Verskeie Tuks-studente en -personeellede is omgekrap oor die manier waarop die universiteit selfdood-gevalle en pogings tot selfdood hanteer. Hulle het gister 'n stil plakkaatoptog by die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus gehou om aandag hierop te vestig. Hulle griewe sluit in dat die beraders by die Universiteit volgens hulle of oorwerk of onbekwaam is, en by tye te besig is om student...

Monitor 18.10.2018

Die vier grootste selfoonmaatskappye sal vandag voorleggings maak aan die Mededingings Kommissie se ondersoek na data pryse. Die kommissie, wat in Pretoria sit, het reeds gehoor dat data in Suid-Afrika sowat sewe keer duurder is as die goedkoopste data in Afrika. Arm mense word ook uitgebuit deur kleiner hoeveelhede data te koop, omdat dit al is wat hulle kan bekostig. Liela Magnus doen verslag.

Monitor 18.10.2018

Duisende matrikulante het vandeesweek begin met hulle eindeksamen en die meeste van hulle maak daagliks gebruik van openbare vervoer, om by die skool uit te kom. In die Wes-Kaap is daar groot kommer dat matrikulante nie betyds by hul eksamenlokale sal uitkom nie. Die Wes-Kaapse Minister van Vervoer, Donald Grant, sê treine word gevandaliseer en gevolglik is daar te min treine wat ry. Hy sê die ope...

Monitor 18.10.2018

Landbou-tegnologie word daagliks meer gevorderd, en kan glo 'n positiewe impak hê op volhoubaarheid, voedselsekerheid en omgewingsbewaring. Tydens 'n landwye konferensie is nuwe tegnologie bekendgestel, wat die onderhoud en bestuur van plantasies, boorde en wingerde, kan vergemaklik. Marlinee Fouche berig dat die tegnologie gebruik maak van hommeltuie en algo-ritmes, om boere 'n beter idee te gee...

Monitor 15.10.2018

Die begrafnisdiens van oud-minister Pik Botha gaan volgende week Dinsdag vanuit die NG Kerk in Wonderpark, Pretoria plaasvind. Die 86-jarige Botha is vroeg Vrydag in sy slaap by sy huis in Pretoria dood, nadat hy die afgelope paar weke siek was. Hy was op 'n stadium die langsdienende Minister van Buitelandse Sake in die wêreld. Hy het die amp beklee tydens die bewind van John Vorster, P.W. Botha,...

Monitor 15.10.2018

Die Sunday Times Sondagkoerant het in gister se uitgawe erken dat hy vals berigte geplaas het oor moorde in Cato Manor by Durban, 'n geheime ondersoekeenheid in die Inkomstediens, en die deportasie van Zimbabwiërs. Die koerant het om verskoning gevra en ingestem om die prysgeld terug te gee wat met toekennings vir die berigte gewen is. Ons praat nou verder hieroor met die veteraan-joernalis, skryw...

Monitor 15.10.2018

Die rolprent "Kanarie" het die afgelope week drie internasionale toekennings ingepalm. In Chicago is dit aangewys as die beste fiksie-speelfilm, terwyl dit onderskeidelik as "Beste internasionale film" en "Beste speelfilm" by Atlanta se LGBT-rolprentfees "OUT" in die VSA bekroon is. "Kanarie" se storie is gegrond op die komponis Charl-Johan Lingenfelder se eie ervaring in die Suid-Afrikaanse weerm...

Monitor 12.10.2018

Die SAUK se finansiële bestuurshoof, Yolande van Biljon, was gister deel van die SAUK-direksie wat sy 2017/2018 finansiële state aan die Parlement voorgelê het. Vandag vergader die openbare uitsaaier se topbestuur met verskeie vakbonde - onder meer BEMAWU, om die uitsaaier se finansiële herstrukturering te bespreek. Die SAUK sê op sy beurt die huidige salarisrekening is onvolhoubaar hoog. Vir die...

Monitor 10.10.2018

Voorvalle van kinder-ontvoerings, soms met noodlottige gevolge, was die afgelope tyd gereeld in die nuus. 'n Onlangse skool-uitstappie na Johannesburg het byna deel geword van die statistiek. Marlinee Fouche het twee hoërskool leerlinge raakgeloop wat beweer dat daar 'n poging aangewend is om hulle te ontvoer. As hulle NIE kop gehou het nie, kon hulle moontlik vandag vermis gewees het. Die meisies...

Monitor 08.10.2018

Die wêreld se eerste lewer-oorplanting van 'n MIV-positiewe ma na haar kind, wat nie die virus het nie, is in Suid-Afrika uitgevoer. Daar is regoor die wereld daaroor berig. Die medici het die operasie duidelik nie sonder wroeging gedoen nie en ook binne die konteks van 'n desperate situasie - trouens hulle het die besluit beskryf as 'n Salomo-besluit. Anita Visser het met Prof Anton van Niekerk -...

Monitor 04.10.2018

Die Gautengse polisie het Dinsdag 'n saak van poging tot moord geopen ná 'n skietvoorval in Westbury, wes van Johannesburg. Dit het gebeur enkele ure na die minister van Polisie, Bheki Cele, se besoek aan die buurt waartydens hy belowe het dat die polisie se taktiese reaksie-span ontplooi sal word om sulke voorvalle te voorkom. Die gemeenskap betoog reeds twee weke lank oor bende- en dwelmverwante...

Monitor 03.10.2018

In Julie vanjaar het die voorsitter van die Sernick Groep en die Vrystaatse 2016 Boer van die Jaar, Nic Serfontein, 'n pleidooi aan President Cyril Ramaphosa gerig om kommersiële boere te betrek by sy planne vir grondhervorming. Die gevolg was dat Ramaphosa hom betrek het by 'n paneel van net tien raadgewers oor hervorming. In sy ope brief aan Ramaphosa wat goeie vrug vir hom gedra het, skryf Serf...

Monitor 02.10.2018

Dit was oud-president Bill Clinton se huldeblyk aan die bokser Mohammed Ali, waarby Ton Vosloo aanklank gevind het: "He decided that not his race nor the expectation of others, would strip him of his power to tell his own story." En dis presies wat Naspers se gewese grootbaas gedoen het met sy boek, Oor Grense. Anita Visser het met hom gepraat.

Monitor 01.10.2018

Deel 2 van die storie oor betogings in Westbury in Johannesburg waar inwoners betoog teen bendegeweld en dwelmmisbruik in die gebiede. Ons het vroeer gehoor dat paaie in en om die Westbury-woonbuurt reeds gesluit is weens geweld wat sedert vroeg vanoggend daar uitgebreek het. Hier is Deel 2 van die onderhoud....

Monitor 01.10.2018

Ons hoofstorie vanoggend is die betogings en geweld wat die afgelope ruk in verskeie woonbuurte in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng en Noord-Kaap plaasvind onder die vaandel, SHUTDOWN. Dit is daarop gemik om bedrywighede in sekere woonbuurte tot stilstand te dwing uit verset teen onder meer bendegeweld en dwelmmisbruik in die gebiede. Ons het vroeer gehoor dat dat paaie in en om die Westbury-woonbu...

Monitor 27.09.2018

Krieket Suid-Afrika en die SAUK het 'n venootskap aangekonding vir die nuwe 2018 T20- krieket liga. Die venootskap gee die SAUK eksklusiewe uitsaai-regte vir die Sub- Sahara streek. Die venootskap sal vir drie jaar geld. Die SAUK se finansiële hoof, Yolande van Biljon sê die ooreenkoms laat die SAUK toe om in krieket liefhebbers se befhoetes te voorsien en om luisteraar- en kykers gehore te groei.

Monitor 21.09.2018

Die joernalis, Stephan Hofstatter se boek, Licence to Loot is gisteraand in Johannesburg te midde van oproer en betogings bekend gestel. Anita Visser praat met die gebore Oostenryker oor die vele onthullings in sy boek wat vir groot reaksie sorg...

Monitor 21.09.2018

Vandag is Internasionale Alzheimers Dag. Wêreldwyd is daar sowat 44 miljoen mense wat aan die toestand ly. Gewoonlik kry die pasiente - relatief gesproke - heelwat media aandag, maar die familie-lede wat saam deur die toestand worstel, se verhale word minder dikwels vertel. Werner Zybrands is n munisipale dienste konsultant wat op Bettiesbaai, Wes-Kaap woon. Sy vrou, Bibette, is 10 jaar gelede met...

Monitor 20.09.2018

Die Konstitusionele hof het eergister beslis dat mense dagga mag gebruik, besit en kweek ....solank dit in die privaatheid van hulle wonings geskied. Maar wat presies beteken dit in die praktyk, en waar word die streep getrek? Ons praat nou met 'n strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria, dr. Llewellyn Curlewis.....

Monitor 18.09.2018

Vandeesweek plaas die media die fokus op die belangrikheid van 'n testament - en die dokument is nie sommer een wat jy SELF vinnig kan opstel nie, al het jy min geld en besittings om na te laat. Só waarsku die Uitvoerende Hoof van die Fidusiere Instituut van Suid-Afrika, Louis van Vuuren.

Monitor 13.09.2018

'n Jaar gelede is die Britse openbare betrekkinge maatskappy, Bell Pottinger, onder administrasie geplaas na 'n skandaal as gevolg van sy verbintenis met die Gupta-familie en sy aktiwiteite in Suid Afrika. De maatskappy bestaan nie meer nie. Maar die gevolge van Bell Pottinger se aktiwiteite - oftewel sy nalatenskap van skade - duur ongelukkig nog voort. Gillian de Gouveia doen verslag…

Monitor 10.09.2018

Die mede-skrywer van die boek “The boys of Bird Island”, Chris Steyn, sê sy het nie vir haar lesers weggesteek dat sy met 'n voormalige lid van die Burgerlike Samewerkingsburo getroud was nie. Steyn het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê ondersoekende joernalis Jacques Pauw het verskeie feite foute gemaak in sy resensie van die boek. Volgens haar het sy respek vir Pauw se joernalistieke vernuf,...

Monitor 10.09.2018

Wêreldwyd word daar vandag gefokus op die voorkoming van selfdood. Volgens die Suid-Afrikaanse Angs en Depressie Groep is daar in ons land elke dag 23 geslaagde selfmoorde en 460 pogings daartoe. Professor Alban Burke, hoof van die Sentrum vir Sielkunde-Voorligting aan die Universiteit van Johannesburg, praat met Anita Visser oor die universiteit se nuwe program om jongmense te verhoed om hulle ei...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.