RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Monitor: Hernieude kommer oor kunsmis- en brandstofpryse 10.07.2026 50:22
10 Julie 2026: Kommer oor kunsmis- en brandstofpryse weens die hernieude konflik in die Midde-Ooste. Voëlgriep vlam weer op langs die Wes- en Oos-Kaap se kus. Sestienduisend maatskapye wat versuim om werknemers se pensioenfondse oor te betaal, gaan vasgevat word.
Monitor: Skietstilstand tussen VSA en Iran wankel 09.07.2026 46:34
9 Julie 2026: Die skietstilstand tussen die VSA en Iran wankel. Hoeveel mense is nou al gerepatrieer, en watter hervormings in beleid sal volg? March and March vertel wat die plan is met vandag se eerste Donderdag-optog teen onwettige immigrasie. Suid-Afrika se ekonomiese aktiwiteit verlangsaam verder.
Monitor: Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite 08.07.2026 49:11
8 Julie 2026: Die Nasionale Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite. Minister Pieter Groenewald reageer op die MK Party se eis dat buitelandse gevangenes gerepatrieer word. Kommer oor die omstandighede waarin 350 soldate in Bloemfontein in kwarantyn gehou word.
Monitor: MRK vra regering om in te gryp met buitelanders wat in Kaapstad gestrand is 07.07.2026 52:34
7 Julie 2026: Die Menseregtekommissie vra die regering om in te gryp nadat minstens 600 buitelanders in Kaapstad gestrand is. Ons bespreek Ayanda Dlodlo se aanstelling as ambassabeur in Frankryk. Ongeloof oor FIFA se besluit om 'n verbod op 'n Amerikaanse doelskieter op te hef ná 'n telefoonoproep van president Trump - nie dat dit gewerk het nie, want Amerika was gister die laaste gasheerland om d...
Monitor: Europa steier onder hittegolwe en veldbrande 06.07.2026 53:24
6 Julie 2026: Kommer oor die humanitêre impak van die landwye protesoptrede teen ongedokumenteerde buitelanders. Europa en Brittanje steier onder die soveelste hittegolf dié somer, en verwoestende veldbrande. Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi het presies 'n jaar gelede die land laat regop sit met sy bewerings: Was dit in die beste belang van Suid-Afrika?
Monitor: RNE is twee jaar oud 03.07.2026 50:32
3 Julie 2026: 'n Regter vonnis die Saunders-moordenaars lewenslank, en sê die motief bly 'n raaisel. Die Regering van Nasionale Eenheid is vandag twee jaar oud. Kan Nigerië vergoeding eis namens sy burgers wat gerepatrieer is? 'n Malawiër weier om die land sonder sy hond te verlaat.
Monitor: 80 000 Werksgeleenthede verlore in eerste kwartaal 02.07.2026 50:06
2 Julie 2026: AARTO-wetgewing is nou amptelik in werking in 62 munisipaliteite. Die Inkomstediens hoop om vanjaar sowat ses miljoen outo-assesserings te doen. Sowat 80 000 werksgeleenthede gaan in die eerste kwartaal van 2026 verlore.
Monitor: Betogings teen buitelanders voortaan elke Donderdag 01.07.2026 48:12
1 Julie 2026: Betogers sê hulle sal die veldtog teen ongedokumenteerde buitelanders voortsit, en voortaan elke Donderdag betoog. Talle besighede sluit hulle deure uit vrees vir onluste tydens die betogings. Wie en wat is agter die veldtog teen onwettige buitelanders?
Monitor: Maak seker dat almal in jou diens oor die regte dokumentasie beskik 30.06.2026 49:10
30 Junie 2026: Ons praat met 'n risiko-ontleder oor vandag se beplande optogte teen ongedokumenteerde buitelanders. Maak seker dat almal in jou diens oor die regte dokumentasie beskik. Op Wêreld Sosiale Media-dag val die kollig op die verspreiding van vals nuus.
Monitor: Sowat 15 000 Malawiese burgers wag op repatriasie 29.06.2026 50:57
29 Junie 2026: Die Departement van Binnelandse Sake en die Grensbestuurowerheid verwerk sowat 15 000 Malawiese burgers se repatriasie. Ernstige bewerings van korrupsie, finansiële wanbestuur en bedrog by openbare skole in Gauteng. Israel en Libanon sluit 'n ooreenkoms om wedersydse aanvalle te staak.
Monitor: Vusimuzi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms met die Staat 26.06.2026 48:46
26 Junie 2026: Ons praat met 'n regskenner oor Vusimuzi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms met die Staat. Die Amerikaanse ambassadeur se kritiek op Suid-Afrika se bande met Iran en China ontlok wye reaksie. Presies vier jaar ná die Enyobeni-tragedie, vra organisasies dat Suid-Afrika dringend na sy beleid oor alkoholgebruik moet kyk.
Monitor: Bafana Bafana deur na uitklopronde in Sokkerwêreldbeker 25.06.2026 48:48
25 Junie 2026: Bafana Bafana klop Suid-Korea 1 – 0, en pak Kanada Sondag in hulle eerste uitklopwedstryd in die FIFA Sokkerwêreldbeker. March and March en 26 burgerregtegroepe gee die versekering dat daar géén geweld sal wees op 30 Junie nie. Die ANC trek sy aansoek terug om deel te wees van die Phala Phala-hofsaak.
Monitor: Polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens teen-immigrasiebetogings 24.06.2026 48:57
24 Junie 2026: Die polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens Dinsdag se beplande teen-immigrasiebetogings. Ons praat met Jacinta Ngobese-Zuma van die teen-immigrasiebeweging, March and March, oor volgende week se verwagte betogings. Ons praat met 'n regsgeleerde oor die polisie se verbod op wapens by die betogings.
Monitor: 80% van nuwe geregistreerde kiesers is jonger as 30 23.06.2026 48:07
23 Junie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader môre om sy werksaamhede voort te sit. te midde van 'n poging deur president Cyril Ramaphosa om die komitee te stop. Die Ngwathe-munisipaliteit, wat Parys, Vredefort, Koppies, Edenville en Heilbron insluit, is dalk binnekort onder administrasie. 80% van die 477 000 nuwe kiesers wat die afgelope naweek geregistreer is, is jonger as 30.
Monitor: Sommige boere bevraagteken John Steenhuisen se beplande skuif 22.06.2026 49:42
22 Junie 2026: Politici betreur die moord op 'n DA-kandidaat in Kaapstad én 'n ANC-raadslid in Nelson Mandelaaai. Vyfduisend ongedokumenteerde Malawiërs word deur Beitbrug gerepatrieer. Sommige boere bevraagteken waarom die DA die Minister van Landbou, John Steenhuisen, uit sy pos wil skuif.
Monitor: Meer as helfte van polisiestasies beantwoord nie oproepe nie 19.06.2026 49:01
19 Junie 2026: 'n Landwye oudit bevind dat meer as die helfte van polisiestasies nie oproepe beantwoord nie. Ons praat met Helen Zille oor haar omstrede besoek aan March and March. Ons ontmoet BOSA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg.
Monitor: Reaksie op die DA se minister-skommelinge 18.06.2026 49:07
18 Junie 2026: Reaksie op die DA se minister-skommelinge. Nóg 'n reddingsboei om die suikerreus Tongaat Hulett te red. Meer besonderhede oor Amerika en Iran se vredesooreenkoms.
Monitor: Is Rampahosa besig met Stalingrad-taktiek oor Phala Phala? 17.06.2026 51:11
17 Junie 2026: Advokaat Thuli Madonsela praat oor studenteskuld en gelyke toegang tot onderrig, terwyl 9.5 miljoen jeugdigdes sonder werk of onderrig sit. Is president Rampahosa besig met sy eie Stalingrad-taktiek oor Phala Phala? Kan 'n ouderdomsbeperking op die gebruik van sosiale media werk? Die eerste Springbokspan van die jaar word bekendgemaak.
Monitor: Vyf dekades ná 1976 staan jong Suid-Afrikaners steeds voor talle uitdagings 16.06.2026 49:45
16 Junie 2026: Vyf dekades ná die opofferings van slagoffers van die 1976 Soweto-betogings, staan jong Suid-Afrikaners vandag steeds voor talle uitdagings. Die jongste misdaadstatistiek van die Noord-Kaap dui daarop dat die stryd teen georganiseerde misdaad vrugte afwerp. Sowat 70 000 toelaes word tydelik opgeskort weens nie-nakoming en onvoldoende verfikasieprosesse by SASSA.
Monitor: Is vredesooreenkoms tussen VSA en Iran volhoubaar? 15.06.2026 51:15
15 Junie 2026: Is die ooreenkoms tussen die VSA en Iran volhoubaar? 'n Beoogde wet poog om die polisiediens meer professioneel te maak. Nóg twee kandidate tree toe tot die die stryd om die burgemeesterskap van Kaapstad.
Monitor: OUTA vra Eskom om deelnameproses te verleng oor Jhb-skuld 12.06.2026 46:50
12 Junie 2026: OUTA vra Eskom om sy openbare deelnameproses te verleng, oor sy voorneme om kragtoevoer aan Johannesburg te onderbreek. Dringende ingryping word geëis om die land se staalbedryf te red. Moedelose inwoners van Atlantis wil voor die wonings van vermeende bendeleiers betoog om bendegeweld te stop.
Monitor: Menseregtekommissie sê Makana-plaaslike owerheid in Makhanda moet ontbind 11.06.2026 50:52
11 Junie 2026: Die Menseregtekommissie beveel aan dat die Makana-plaaslike owerheid in Makhanda ontbind, omdat hulle nie die behoeftes van die kiesers dien nie. Sowat 80% van selfdoodgevalle in Suid-Afrika is mans. Sommige lede van die parlement se Polisiekomitee sê daar is 'n toesmeerdery van die diefstal op president Cyril Ramaphosa se Phala-Phala-plaas.
Monitor: ‘ANC-studiegroepe in die parlement is problematies’ 10.06.2026 49:42
10 Junie 2026: Die Staatsdienskommissie sê die ANC se studiegroepe in die parlement is problematies. Ons praat met werkgewers oor die regering se plan om maatskappye oor ongedokumenteerde buitelandse werkers vas te vat. Nuwe navorsing toon dat 77% van diabete ook aan angs en depressie ly.
Monitor: Kommerwekkende vlakke van drankmisbruik onder meisies en jong vroue 09.06.2026 50:33
9 Junie 2026: Politieke partye reageer uiteenlopend op president Cyril Ramaphosa se plan met ongedokumenteerde buitelanders. Die Maquassi Hills-munisipaliteit reageer op skerp vrae van die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys drankmisbruik neem toe onder meisies en jong vroue.
Monitor: Ons ontleed die president se plan vir xenofobie 08.06.2026 50:38
8 Junie 2026: Ons ontleed die president se plan oor die xenofobiese drukpot. Kommer oor die groot getal polisiewapens wat in misdadigers se hande beland. Fitch het Suid-Afrika opgradeer - 'n ekonoom verduidelik watter voordele dit vir die land inhou.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos