RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 26.11.2018

16 Dae van aktivistme teen geweld teen vroue en kinders het gister in die land afgeskop. Oor die volgende 15 dae, gaan maatskappye en politici hulle aandag fokus op aktivisme teen die geweld. Vir die res van die jaar, is daar egter organisasies wat elke dag met die werklikheid gekonfronteer word. Marlinee Fouche het by hulle gaan gaan uitvind wat gebeur agter die skerms en of die veldtog hoegenaam...

Monitor 22.11.2018

Nuwe navorsing wat in die vakjoernaal Cell Reports gepubliseer is, skep hoop vir hartlyers. Die Britse Hartstigting doen navorsing oor 'n merkwaardige Meksikaanse tetra-vis, wat in staat is om skade aan sy hart te herstel. Jaarliks sterf 1 uit elk 5 mense aan hartverwante oorsake in Suid-Afrika. Ons praat nou met ons wetenskap-korrespondent George Claassen....

Monitor 22.11.2018

Die aanlyn nuusblad, Daily Maverick, se Scorpio ondersoek-eenheid het gister nuwe onthullings bekendgemaak oor hoe EFF-leiers direk voordeel getrek het by die plundering van die VBS Bank. Ons praat nou hieroor met 'n ondersoekende joernalis by Scorpio, Pauli van Wyk....

Monitor 20.11.2018

Die Ierse astro-fisikus en kosmoloog Jocelyn Bell-Burnell is met die Breakthrough Prize van 3 miljoen dollar - of sowat 42 miljoen rand - beloon. In 1974 is die Nobelprys in Fisika NIE aan haar toegeken nie, maar eerder haar studieleier by Cambridge, Anthony Hewish. Ons praat nou hieroor met ons wetenskap-korrespondent George Claassen...

Monitor 20.11.2018

'n Storm het op sosiale media losgebars, met die nuus dat Momentum Versekering NIE Nathan Ganas, wie in Maart 2017 in sy oprit deur kapers in Durban doodgeskiet is, se lewensversekering polis van 2,4 miljoen rand gaan uitbetaal nie. Die Ombudsman vir Versekering het Momentum gelyk gegee, omdat Ganas nie in goeder trou inligting verskaf dat hy aan diabetes gelei het, toe hy die polis in 2014 uitgen...

Monitor 19.11.2018

Sowat 1300 mense is steeds vermis na veldbrande tien dae gelede in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië ontstaan het. Die plaaslike owerheid sê 76 mense is dood in die dodelikste en mees vernietigende brand in Kalifornië se geskiedenis. Justin Kennerley het met Hendrik van Niekerk in Sanoma in Kalifornië gepraat...

Monitor 15.11.2018

Vandag, presies 30 jaar gelede, het Barend Strydom agt swart mense in Pretoria koelbloedig doodgeskiet. Die sogenaamde Wit Wolf het in 1988 met 'n vuurwapen - op Strydom Plein in die Pretoriase middestad - op mense losgebrand. Strydom was 21 jaar oud ten tye van die voorval. Hy is later ter dood veroordeel, maar daar is in 1990 'n moratorium op die doodstraf geplaas en Strydom is in 1994 vrygelaat...

Monitor 12.11.2018

Verskeie families in Westbury, 'n woonbuurt aan Gauteng se Wesrand sukkel steeds om die dood van hulle geliefdes te verwerk. Lede van die gemeenskap het onlangs betogings gehou teen bendegeweld en misdaad in die gebied. Die SAUK se verslaggewer, Jamaine Krige het met 'n groep vroue gepraat wat kinders in bendegeweld verloor het en wat saam die pyn moet verwerk.....

Monitor 09.11.2018

Kenners is dit eens dat die vredesverdrag van Versailles wat die Eerste Wereldoorlog 'n honderd jaar gelede beeindig het, ook die oorsaak van die Tweede Wereldoorlog was. Die einde van die Eerste Wereldoorlog word Sondag in Parys herdenk. Metzi van der Merwe doen verslag.

Monitor 06.11.2018

Een van die vakbonde wat SAUK-werknemers verteenwoordig, BEMAWU,het gister met sy lede vergader om 'n mandaat te kry vir 'n hofaansoek om die uitsaaier in sake-redding te plaas. Dit volg nadat 'n memorandum aan die SAUK SE Groepshoof van Menslike Hulpbronne, Johanthan Thiekiso, gestuur is om te vra dat die korporasie moet bevestig of werknemers wel vir die volgende drie maande betaal gaan word. Be...

Monitor 06.11.2018

Anita Visser sit die gesprek voort oor beplande afleggings by die SAUK....Hier is Deel 2.

Monitor 02.11.2018

Die toekoms van Westbury is in die hande van die jeug. Dit is volgens gemeenskapsleiers en regeringsdepartemente, wat met jong mense in die bende- en dwelm geteisterde woonbuurt werk. Inwoners het meer as 'n maand gelede betoog en vir die regering gevra om in te gryp. Sedertdien het die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid 'n jeugkamp opgerig, om lewensvaardighede vir hoërskool leerling...

Monitor 01.11.2018

Tientalle mense is die afgelope twee jaar in 'n bende-oorlog in Westbury aan die Wesrand vermoor. Die buurt, wat aan Sophiatown grens, is deur bendegeweld, hoë vlakke van werkloosheid, dwelmmisbruik en huishoudelike geweld verwoes. Inwoners het onlangs op straat geëis dat die regering moet ingryp. Die dertien-en-'n-half duisend inwoners, oorwegend bruin, word in 'n gebied van net meer as een vierk...

Monitor 26.10.2018

Kwaksalwery kan kankerpasiënte nie net baie geld kos nie, maar soms ook hulle lewens. Volgens Quackwatch, 'n webwerf wat wêreldwye kwaksalwery ontbloot, word miljarde rand per jaar op sogenaamde alternatiewe kankergeneesmiddels bestee. In sommige gevalle, is mense dood as gevolg van twyfelagtige terapieë. Gillian de Gouveia doen verslag..

Monitor 23.10.2018

Die voorsitter van die direksie van Agri-All-Africa, Theo de Jager, sê hy weet dat 18 boere uit Suid-Afrika vertrek het om landbou-geleenthede in Rusland te ondersoek. Dit volg na berigte in September vanjaar dat Rusland glo Suid-Afrikaanse boere probeer lok met die belofte van goeie grond, betreklike veiligheid en 'n land wat tradisonele Christelike waardes handhaaf. Metzi van der Merwe het meer...

Monitor 23.10.2018

'n Prokureur het die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal in Durban gedwing om 'n pasiënt te behandel vir wie hulle na bewering nierdialise geweier het omdat spore van dagga in sy gestel gevind is. Die SAUK het verlede week met die 44-jarige man gepraat, wat net drie weke om te lewe gegee is tensy hy benadeling sou ontvang.

Monitor 19.10.2018

Verskeie Tuks-studente en -personeellede is omgekrap oor die manier waarop die universiteit selfdood-gevalle en pogings tot selfdood hanteer. Hulle het gister 'n stil plakkaatoptog by die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus gehou om aandag hierop te vestig. Hulle griewe sluit in dat die beraders by die Universiteit volgens hulle of oorwerk of onbekwaam is, en by tye te besig is om student...

Monitor 18.10.2018

Die vier grootste selfoonmaatskappye sal vandag voorleggings maak aan die Mededingings Kommissie se ondersoek na data pryse. Die kommissie, wat in Pretoria sit, het reeds gehoor dat data in Suid-Afrika sowat sewe keer duurder is as die goedkoopste data in Afrika. Arm mense word ook uitgebuit deur kleiner hoeveelhede data te koop, omdat dit al is wat hulle kan bekostig. Liela Magnus doen verslag.

Monitor 18.10.2018

Duisende matrikulante het vandeesweek begin met hulle eindeksamen en die meeste van hulle maak daagliks gebruik van openbare vervoer, om by die skool uit te kom. In die Wes-Kaap is daar groot kommer dat matrikulante nie betyds by hul eksamenlokale sal uitkom nie. Die Wes-Kaapse Minister van Vervoer, Donald Grant, sê treine word gevandaliseer en gevolglik is daar te min treine wat ry. Hy sê die ope...

Monitor 18.10.2018

Landbou-tegnologie word daagliks meer gevorderd, en kan glo 'n positiewe impak hê op volhoubaarheid, voedselsekerheid en omgewingsbewaring. Tydens 'n landwye konferensie is nuwe tegnologie bekendgestel, wat die onderhoud en bestuur van plantasies, boorde en wingerde, kan vergemaklik. Marlinee Fouche berig dat die tegnologie gebruik maak van hommeltuie en algo-ritmes, om boere 'n beter idee te gee...

Monitor 15.10.2018

Die begrafnisdiens van oud-minister Pik Botha gaan volgende week Dinsdag vanuit die NG Kerk in Wonderpark, Pretoria plaasvind. Die 86-jarige Botha is vroeg Vrydag in sy slaap by sy huis in Pretoria dood, nadat hy die afgelope paar weke siek was. Hy was op 'n stadium die langsdienende Minister van Buitelandse Sake in die wêreld. Hy het die amp beklee tydens die bewind van John Vorster, P.W. Botha,...

Monitor 15.10.2018

Die Sunday Times Sondagkoerant het in gister se uitgawe erken dat hy vals berigte geplaas het oor moorde in Cato Manor by Durban, 'n geheime ondersoekeenheid in die Inkomstediens, en die deportasie van Zimbabwiërs. Die koerant het om verskoning gevra en ingestem om die prysgeld terug te gee wat met toekennings vir die berigte gewen is. Ons praat nou verder hieroor met die veteraan-joernalis, skryw...

Monitor 15.10.2018

Die rolprent "Kanarie" het die afgelope week drie internasionale toekennings ingepalm. In Chicago is dit aangewys as die beste fiksie-speelfilm, terwyl dit onderskeidelik as "Beste internasionale film" en "Beste speelfilm" by Atlanta se LGBT-rolprentfees "OUT" in die VSA bekroon is. "Kanarie" se storie is gegrond op die komponis Charl-Johan Lingenfelder se eie ervaring in die Suid-Afrikaanse weerm...

Monitor 12.10.2018

Die SAUK se finansiële bestuurshoof, Yolande van Biljon, was gister deel van die SAUK-direksie wat sy 2017/2018 finansiële state aan die Parlement voorgelê het. Vandag vergader die openbare uitsaaier se topbestuur met verskeie vakbonde - onder meer BEMAWU, om die uitsaaier se finansiële herstrukturering te bespreek. Die SAUK sê op sy beurt die huidige salarisrekening is onvolhoubaar hoog. Vir die...

Monitor 10.10.2018

Voorvalle van kinder-ontvoerings, soms met noodlottige gevolge, was die afgelope tyd gereeld in die nuus. 'n Onlangse skool-uitstappie na Johannesburg het byna deel geword van die statistiek. Marlinee Fouche het twee hoërskool leerlinge raakgeloop wat beweer dat daar 'n poging aangewend is om hulle te ontvoer. As hulle NIE kop gehou het nie, kon hulle moontlik vandag vermis gewees het. Die meisies...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.