RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 11.07.2019 17:32
Vandag is dit wêreldbevolkingsdag, die dertigste viering van die dag, wat in 1989 geloods is, toe die aarde maar net vyf miljard mense gehad het. Vandag staan daardie syfer op 7,7 miljard. En om dit in 'n historiese konteks te plaas - slegs een eeu gelede, was daar maar net een komma nege miljard aardbewoners. Volgens vooruitskouings van die Verenigde Nasies, sal ons teen die jaar 2100 10,9 miljar...
Monitor 10.07.2019 13:43
Die tweede bydrae in 'n reeks van twee oor die langdurige droogte wat boere van Sutherland en die res van die Karoo nou al vir jare in 'n wurggreep het. Izak du Plessis het Sutherland besoek om uit te vind wat die impak van so 'n droogte op die boere is.
Monitor 09.07.2019 17:45
'n Besliste plan om 'n oplossing vir die kwessie van bendegeweld te vind sal na verwagting deur die veiligheidsgroepering van die kabinet bespreek word. Ten minste elf mense is die afgelope naweek in Philippi-Oos vermoor. Twee ander is in Hanover Park op die Kaapse Vlakte dood. Anita Visser het met die DA se woordvoerder oor polisie, Andrew Whitfield, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-K...
Monitor 08.07.2019 15:09
'n Knellende droogte het Karooboere in 'n wurggreep beet. Veeboere van Sutherland beskou dit as die langste droogte wat hulle ken. Izak du Plessis was op Sutherland om uit te vind watter sielkundige impak die langdurige droogte op boere en die gemeenskap het.
Monitor 08.07.2019 20:49
President Donald Trump was die ENIGSTE van die G-20 leiers by die onlangse OSAKA beraad, wat WEIER om hom te verbind tot die stryd teen klimaats verandering. Trouens, by DIE beraad in Japan, was die Amerikaanse president boonop besig om druk te plaas op leiers van Brasilie, Turkye, Australie en SAUDI ARABIE om die Parys ooreenkoms te ignoreer. Dit alles was onder bespreking in Hamburg, Duitsland,...
Monitor 05.07.2019 4:30
Leon van Nierop herstel nog na hy saam met Spiderman tussen geboue deur kerjakker het.
Monitor 05.07.2019 5:10
Die droogte in die Kalahari het 'n skaapboer gedwing om 'n ander manier te vind om aan die lewe te bly. Hans Knoesen het na drie seisoene se min of geen reên, besluit die trop wilde kamele wat op sy plaas rondhardloop en amok maak, kan 'n bron van inkomste wees. Hy het sy navorsing gedoen en besef dat kameelmelk die antwoord op sy probleme kan wees. Anita Visser het met hom gepraat...
Monitor 05.07.2019 3:19
Die Solidariteit-beweging het die aanvaarding van ʼn mosie oor grondonteiening in Suid-Afrika deur die Nederlandse parlement verwelkom. Die mosie spreek hom sterk uit teen die stappe wat geneem word om die onteiening van grond sonder vergoeding in Suid-Afrika moontlik te maak. Anita Visser praat met Solidariteit se hoof van internasionale skakeling, Jaco Kleynhans.
Monitor 04.07.2019 3:54
Al gehoor van 'n Thana-toeris? Dis is een van die nuwe woorde wat in die eerste Suid-Afrikaanse toerisme woordeboek opgeneem is. Dit is saamgestel deur die Nasionale Direkteur van 'n nie-winsgewende organisasie vir toerisme in Suid-Afrika, Elsabe Engelbrecht.
Monitor 04.07.2019 5:07
'n Waterskeiding-beslissing is onlangs in die Johannesburgse Arbeidshof gelewer, wat werkgewers twee keer sal laat dink oor hul opsies rakend die bedanking van werknemers, wat dissiplinêre verhore in die gesig staar. Johan Olivier van die regsfirma, WEBBER WENTZEL, het aan MONITOR verduidelik hoekom DIE beslissing so belangrik is:
Monitor 03.07.2019 2:21
Die Kaapstad Metroraad sê munisipale regulasies geld vir alle inwoners wat ook haweloses insluit. Dit volg nadat die metroraad mense begin beboet het wat sypaadjies versper en skuilings bou in gebiede wat nie daarvoor toegewys is nie. Corbin August doen verslag.
Monitor 03.07.2019 2:36
Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê sy is nie verbaas met die bevindinge van die 2018 Internasionale Onderwys en Opleiding Opname, TALIS nie. Die navorsing is in Mamelodi in die Ooste van Pretoria bekend gemaak. Altesaam 48 lande het aan die opname deelgeneem, insluitend die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koningkryk, Japan en Rusland. Suid-Afrika was die enigste Afri...
Monitor 03.07.2019 4:27
Die kampvegter wat as 'n Boesman identifiseer, Piet Berendse van die Oos-Kalahari, is een van die trekpleisters by vanjaar se Vryfees in Bloemfontein. Berendse leer kinders om spoor te sny en as't ware die veld te lees. Hy het aan Annelene Moses gesê die vaardighede word so lewendig gehou, omdat dit aan die jonger generasie oorgedra word.
Monitor 03.07.2019 5:53
Suid-Afrika se eerste gebaretaal onderwysersprogram is Maandag in Pretoria begin en gaan voornemende gebaretaal onderwysers en hulponderwysers in dowe skole oplei. Dit word gedoen deur die Embury Instituut vir Hoër Onderwys en die Ontwikkelings Instituut vir Dowes en Blindes. Die instellings is dit eens dat hierdie tipe opleiding groot verligting behoort te bring vir die meer as vier miljoen dowe...
Monitor 03.07.2019 1:41
'n Enkelmoeder van Khayelitsha buite Kaapstad het vra Twitter-gebruikers om ander mense te help. Dit volg nadat die 32-jarige Thabisa Xhelithole verlede maand op die sosiale media platform, Twitter, 'n tien rand elektrisiteits betaling versoek het. Sy het 'n foto van haar voorafbetaalde elektrisiteitsmeter met die lesing nul kilowatt uur ook geplaas. Sy het sedertdien veel meer gekry wat sy gevra...
Monitor 01.07.2019 2:45
Die gemeenskap van Delft op die Kaapse Vlakte is pal in die nuus vir die verkeerde redes, maar nou is daar goeie nuus. 'n Ma wat aangeneem het dat haar seun dood is nadat hy ses jaar gelede vermis geraak het buite hulle huis, is met hom herenig. Jane en haar seun, Denzil Daniels, het gister in Kaapstad aangekom. Dit is nadat sy na eSwatini moes reis om Denzil terug te bring. Ons Wes-Kaapse korresp...
Monitor 28.06.2019 4:24
Leon van Nierop was onlangs omring deur troeteldiere in die teater. Hy het darem heelhuids uitgekom, en vertel van sy ervaring..
Monitor 26.06.2019 15:00
SA Rugby en die Springbokke loods hulle Gesigte op Nommers-veldtog vir die komende rugby wereldbekertoernooi wat September in Japan begin. Vincent Mofokeng en Anita Visser het met die Springbok flank, Pieter-Steph du Toit, slot Marvin Orie, en die mediabestuurder van die Springbokke, Rayaan Adriaanse gepraat.
Monitor 21.06.2019 2:03
Monitor het verlede week gevra dat luisteraars hulle geliefde woorde instuur. Maaifoedie en kakkerlak is van die gunstelingwoorde wat ingestuur is. Baie luisteraars het ook gevra na die herkoms van hierdie woorde. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha praat oor die herkoms van hul geliefde woorde.
Monitor 21.06.2019 3:24
Die Universiteit van Kaapstad maak gereed om die oorblyfsels van nege geraamtes aan hulle afstammelinge in Sutherland in die Noord-Kaap te oorhandig. Die universiteit was besig met 'n ouditproses van sy geraamte-argief toe die beendere verlede jaar in sy versameling ontdek is. Volgens argeoloë en ander kundiges aan die universiteit, dateer die beendere uit die negentiende eeu. Annelene Moses het m...
Monitor 21.06.2019 3:55
'n Internasionale navorsingspan het twee aardagtige planete, wat om 'n nabygeleë ster wentel, ontdek. Die ster, waarom twee moontlik bewoonbare planete wentel, is 12 ligjare van die aarde af. Wetenskaplikes glo die twee planete is in die perfekte sone om water op hul vermoedelik rotsagtige oppervlaktes te laat vloei en poele vorm. Annelu le Roux doen verslag...
Monitor 21.06.2019 1:45
Die San-gemeenskap van Smidtsdrift in die Noord-Kaap gaan voort om in die wildernis te woon. Die groep het besluit om nie te trek met die res van die gemeenskap na Platfontein, toe die anders in 2003 verskuif was nie. Hulle het besluit om eerder agter te bly. Sedertdien woon hulle in armoede. Sommige inwoners bly nou in 'n saal, terwyl ander in tente leef. Bert Katjorro doen verslag.
Monitor 21.06.2019 2:03
Monitor het verlede week gevra dat luisteraars hulle geliefde woorde instuur. Maaifoedie en kakkerlak is van die gunstelingwoorde wat ingestuur is. Baie luisteraars het ook gevra na die herkoms van hierdie woorde. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha praat oor die herkoms van hul geliefde woorde.
Monitor 21.06.2019 4:21
In vandag se Fliekrubriek kyk Leon van Nierop onder andere na een van die wêreld se mees geliefde animasiereekse, Toy Story, waarvan daar nou 'n vierde aflewering is.
Monitor 18.06.2019 14:47
Suid-Afrika se ambassadeur in Kopenhagen, Zindzi Mandela, het deur haar beweerde rassistiese uitlatings op Twitter, ernstige vrae gelaat oor of sy hoegenaamd vir haar pos geskik is. Trouens, in sekere Suid-Afrikaanse kringe word haar kop ge-eis. Anita Visser het hierdie verslag saamgestel en met 'n kenner oor die saak gepraat.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.