RSG

Monitor

News AF ↓ 4391 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 07.01.2020

Op 18 Junie 2002 het die SAUK se ondersoekende nuus program, Special Assignment, beeldmateriaal uitgesaai wat in die geheim deur 'n groep gevangenes by die Grootvlei tronk naby Bloemfontein opgeneem is. Die videomateriaal het gewys hoe bewaarders bottels brandewyn saam met gevangenes in hulle selle drink, en hoe korrektiewe dienste personeel dwelms, vuurwapens en ammunisie aan gevangenes verkoop....

Monitor 06.01.2020

Ons het Vrydag op Monitor met die entomoloog Prof Erik Holm oor klimaatsverandering gepraat. Die onderhoud het nogal uiteenlopende reaksie ontlok, en ons het die potgooi daarvan op RSG se webblad gesit. Maar ons sit die geprek vanoggend voort. Die omgewingsaktivismegroep Extinction Rebellion sê die afgelope jaar se vreemde weersomstandighede kan met klimaatsverandering verbind word. Mariëtta Kruge...

Monitor 03.01.2020

Matrikulante en hulle ouers hou asem op vir wanneer die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, die matriekuitslae op 7 Januarie bekend maak. Individuele uitslae sal die volgende dag by skole afgehaal kan word. Die fokus val waarskynlik weer op óf die slaagsyfer verbeter het van die 78,2 persent van die vorige jaar. Izak du Plessis het met dr. Francois Naude, 'n benoemde onderwyser en navo...

Monitor 03.01.2020

Ons gaan voort met ons reeks oor wat ons in die volgende dekade kan verwag ... Klimaatverandering is een van die groot agendas die afgelope dekade. Volgens alle aanduidings sal dit ook so wees in die volgende dekade. Ons praat nou hieroor met die entomoloog prof Erik Holm wat onlangs 'n rubriek hieroor geskryf het.

Monitor 30.12.2019

'n Nieregeringsorganisasie, Voice of the Unborn Baby, het die Hooggeregshof in Pretoria genader om dit moontlik te maak vir ouers om dooie fetusse jonger as 26 weke te begrawe of te laat veras. Fetusse wat vóór 26 weke sterf, word tans as mediese afval hanteer. Annelene Moses doen verslag.

Monitor 30.12.2019

Leon van Nierop gesels gewoonlik teen die einde van die jaar oor die beste rolprente van die jaar. Hier is sy 20 gunstelinge.

Monitor 24.12.2019

Dis Kersdag, en in plaas daarvan dat hulle tyd by hulle gesinne en uitgebreide familie kan deurbring, moet heelwat mense wat noodsaaklike dienste lewer, vandag werk. Dit sluit nooddienswerkers, die polisie en selfs uitsaaiers in. Maar daar is nog mense wat op Kersdag werk, en dis die geestelike- en ondersteuningspersoneel by kerke oor die wêreld heen. Een van hulle is Marnus Greyling, 'n bekende S...

Monitor 24.12.2019

Net soos die Springbokke se oorwinning in die Wêreldbeker die land se verbeelding aangegryp het, het die Ndlovu Jeugkoor op die internasionale verhoog, Suid-Afrikaners se verbeelding aangegryp. Die Ndlovu koor het ook daarin geslaag om die land saam te snoer as 'n eenheid - net soos die Springbokspan. Suzanne Paxton, aanbieder van SAUK nuus se nuusaktualiteitsprogramme op RSG, Monitor en Spektrum...

Monitor 18.12.2019

COP 25 het die week n verklaring uitgereik waarin gevra is dat nuwe riglyne daargestel moet word om koolstofdioksied uitlaatgasse verder te verminder. Intussen was daar kritiek vanuit mediakringe dat die beraad wat in MADRID gehou is, nie genoeg gedoen het om markte te reguleer in die verband nie. Vir meer hieroor, praat ons nou met professor Francois Engelbrecht van WITS universiteit se GLOBAL CH...

Monitor 12.12.2019

Ons bly by beurtkrag en praat nou met ESKOM se bedryfshoof, Jan Oberholzer:

Monitor 12.12.2019

Verskeie gerugte en stellings oor Eskom doen tans die rondte op sosiale media, maar hoeveel van die is waar? Voor ons die gerugte met n ingenieur bespreek, kom ons luister na 'n tipiese voorbeeld van 'n gerug wat vroeër die week sy kop uitgesteek het en nou soos die spreekwoordelike veldbrand versprei:

Monitor 11.12.2019

Die Milnerton Kanoeklub gaan die hof vra om die Kaapstad metro te dwing om die hoë vlak van besoedeling in die plaaslike strandmeer op te ruim. Klublede en die Milnerton Inwoners Vereniging het 'n betoging met plakate gehou, met die opening van die nuwe houtbrug wat die voorstad met die strandgebied verbind.

Monitor 11.12.2019

Mejufrrou Heelal Zozibini Tunzi het reeds in haar nuwe woonstel in New York ingetrek, na sy Sondag die kompetisie gewen het. Tunzi is die derde Suid-Afrikaner wat die gesogte kroon dra. Ons Amerikaanse korrespondent, Sherwin Bryce-Pease, het gister met haar 'n onderhoud op die Empire State Gebou gevoer.

Monitor 11.12.2019

Suid-Afrikaners se kerse en lampe staan reeds die afgelope week gereed vir elke keer wanneer die ligte weer uitgaan - wat nou, met Eskom se nuwe skedule - sommer meer as een keer per dag gebeur. Maar dit is geen grap vir sake-ondernemings in die land wat probeer om hulle besighede aan die gang te hou nie. En met die vakansie-seisoen wat pas aangebreek het, is dit 'n ewe erge nagmerrie van donkerte...

Monitor 11.12.2019

Verskeie gevestigde boere in die Noord-Kaap, staan op die drumpel om plase wat nou reeds drie tot vier generasies in hulle families floreer het, aan die droogte af te staan. Vir baie van hulle, is dit nie meer 'n nuwe ding om karkaste van vee of wild op hulle plase te kry nie, en selfs al reën dit môre, gaan dit hulle tussen 5 en 7 jaar neem om die punt te bereik waar hulle voor die droogte was. M...

Monitor 11.12.2019

Meer vroue gaan na skuilings vir oorlewendes van geslagsgeweld in die Noord Kaap as voorheen. So sê 'n nie-regerings organisasie in Kimberley. Soveel as sestig vroue het oor die afgelope twee jaar daar kom woon as gevolg van geweld teen hulle. Neo Bodumela doen verslag.

Monitor 10.12.2019

Bykans 18 jaar gelede het vier aangehoudenes in die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein 'n video gemaak wat skokgolwe deur die land gestuur het. Die beeldmateriaal, wat op die SABC se nuusaktualiteitsprogram, Special Assignment uitgesaai is, het gewys hoe gevangenes dwelms, alkohol, en selfs 'n vuurwapen van bewaarders koop. Die video het in 2002 die Jali-kommissie van ondersoek na korrupsie en m...

Monitor 10.12.2019

Boervroue in Vanwyksvlei in die Noord-Kaap, weier om hoop te verloor in die voortslepende droogte wat die gebied op sy knieë het. Minstens 12 boere, het hulle plaashekke permanent gesluit. Landbou organisasies soos AgriSA, spreek intussen toenemend kommer uit oor voorvalle van boere wat hulle eie lewens neem omdat die las te swaar word, en dit nie voel of daar uitkomkans is nie. Verskeie vroue in...

Monitor 09.12.2019

Suid-Afrika se Zozibini Tunzi is as Mejuffrou Heelal 2019 gekroon. Die 25-jarige is van Tsolo in die Oos-Kaap. Die laaste keer toe Suid-Afrika die kroon gedra het, was in 2017 toe Demi-Leigh Nel-Peters die internasionale kompetisie gewen het. Marlinee Fouche doen verslag.

Monitor 09.12.2019

'n Prominente figuur in San-kringe in die Kalahari, asook Platfontein buite Kimberley, Hennie Swart het gesterf. Swart is die afgelope naweek na 'n lang siekbed dood. Hy was die direkteur van die Suid-Afrikaanse San Instituut, oftewel SASI, met 'n agtergrond in sielkunde, ontwikkeling en onderwys. Sy spesialis-kundigheid was vroeë kinderjare ontwikkeling. Wejoenke Kambungu berig.

Monitor 09.12.2019

Terwyl inwoners van Upington in die Noord-Kaap verlede week in die strate geswem het na swaar reën, het opkomende boere suid-oos van die stad, woordeloos staan en toekyk. Dit het vier jaar terug ordentlik gereën in dorpe soos Vanwyksvlei, Niekerkshoop en Griekwastad naby Carnavorn, en veral opkomende boere trek swaar. Marlinee Fouche berig dat die beroep op meer doeltreffende droogtehulp van die r...

Monitor 06.12.2019

'n Skrywe van 'n bokboer in Witsand in die NoordKaap - het sosial -media gebruikers se harte aangegryp. Die Boer, Hennie Le Roux trek ook swaar aan die droogte juk wat op sy skouers rus. Hennie het vroeër die week droogtehulp ontvang en op Facebook sy gevoel en dankbaarheid oor die hulp neergepen. Die skrywe is binne 'n dag meer as 2000 keer op Facebook gedeel, meer as 900 mense het kommentaar gel...

Monitor 04.12.2019

Transnetpensioenarisse gaan die maand 'n R10 000 rand bonus ontvang. Dit in terme van die skikkings-ooreenkoms wat onderteken is. t Advokaat Anton Alberts van die Vryheidsfront Plus verduidelik.

Monitor 04.12.2019

Restaurant Mosaic in Elandsfontein in Gauteng het kulinêre geskiedenis gemaak toe dit in Parys, Frankryk aangewys is as Afrika, en Suid-Afrika se beste eetplek. Elandsfontein is sowat 18km vanaf Pretoria en 25km vanaf Johannesburg geleë. Die toekenning is deel van die gesogte La Liste (L-EAST) Wêreld Restaurant Toekennings wat vanjaar wenners gekies het uit 'n duisend restaurante wêreldwyd. Restau...

Monitor 02.12.2019

Hier in Suid-Afrika het die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, verlede week n nuwe vigs-middel bekend gestel, D.T.G - 'n belangrike gebeurtenis in n land waar 7,8 miljoen van sy landgenote MIV-positief is. Met Wêreld Vigsdag gister, gee ons dan ook vanoggend aandag aan die stand van vigs in ons land. Monitor se ateljeegas, Mia Malan - die direkteur van die Mail and Guardian se BHEKI-SIESA sent...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.