RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 13.11.2019 18:24
LAND GIVES US LIFE. SO beskryf een boer in die boek, FOR THE LOVE OF THE LAND, sy sentiment aan Ivor Price en Kobus Louwrens. Een boer, Alfreda Mars wat grond-eise op 36 plase in die Ceres distrik het, sê eenvoudig: "When I retire, I MUST have my own land. Then this hunger of mine will be over." Ander vroue kry ook hul regmatige plek in die pas gepubliseerde boek. Lizemarie de Klerk van ONDERSTEPO...
Monitor 12.11.2019 5:15
Marinebioloë is bekommerd oor die effek van die smelting van Arktiese ys op die verspreiding van 'n spesifieke virus wat robbe en see-leeus afmaai. Dit spruit uit 'n 15-jaar lange wetenskaplike studie, wat satellietdata behels. Anita Visser het professor Nico de Bruyn, in beheer van Suid-Afrika se marinesoogdierplan op Marion-eiland, gevra of hy sy kollegas se kommer oor 'n moontlike epidemie van...
Monitor 11.11.2019 5:58
INTRO: Ons het verlede week berig oor Laerskool Louw Geldenhuys in Linden, Johannesburg wat besluit het om weg te doen met 'n leerlingraad in die skool. Prefekte, hoof-dogters en hoof-seuns, sal vanaf volgende jaar iets van die verlede wees. Die skoolhoof, Martin Bensch, het aan Monitor gesê daar is verskeie aspekte wat 'n rol gespeel het in die skool se besluit. Die kliniese sielkundige, Dr Johan...
Monitor 08.11.2019 5:00
Niemand kan vertrou word in die gewelddadige aksiedrama Black and Blue nie. Leon van Nierop vertel wat hy daarvan gedink het.
Monitor 08.11.2019 9:38
Die N1 by De Doorns in die Hexriviervallei was gedurende die nag vir verkeer gesluit na twee vragmotors gestroop is. Betogers het die pad met bourommel en brandende bande afgesper. Daar was ook voorvalle van klipgooiery. Vragmotorbestuurders het intussen hulle frustrasie op sosiale netwerke uitegespreek en se^ hulle is die teiken van misdaad. Anita Visser het met Willem Geldenhuys, die eienaar van...
Monitor 07.11.2019 6:56
Laerskool Louw Geldenhuys in Linden, Johannesburg het besluit om weg te doen met 'n leerlingraad. By die prysuitdeling eergisteraand is daar nie prefekte, 'n hoof-dogter en hoof-seun vir volgende jaar aangewys nie. Die skoolhoof, Martin Bensch, sê verskeie aspekte het 'n rol gespeel in die besluit...
Monitor 07.11.2019 7:12
'n Muur van herinnering is vir die slagoffers van die pedofiel, Gert van Rooyen en sy houvrou, Joey Haarhof, by hul huis in Capital Park in Pretoria, opgerig. Van Rooyen en Haarhof is by die verdwying van 6 meisie tussen 1988 en 1990 betrek. Die meisies is nooit gevind nie. Mond- en voetkunstenaars het blomme vir elke vermiste meisie geverf. Afdrukke van die skilderye is teen die eiendom se muur a...
Monitor 05.11.2019 23:08
Wat kan politici leer van die Springbokke se Wêreldbeker strategie, spanbou, wedersydse respek en oorwinning? Dit is die vrae wat by mens opkom, ná die Bokke se puik oorwinning teen Engeland. Ons praat nou hieroor met professor Dirk Kotze van UNISA se Departement Politieke Wetenskap, en die politieke kommentator, skrywer en veteraan-joernalis Max du Preez.
Monitor 04.11.2019 4:23
Die taai stryd tussen die Springbokke en die Rose is eintlik die voltooiing van 'n rugbywedstryd wat tydens die Anglo-Boereoorlog sou plaasvind. So sê die Departementshoof van Geskiedenis by die Nasionale Museum in Bloemfontein, Dr Hendrik Snyders. Volgens Snyders was die rugbywedstryde tussen verskillende kampe nie net vir ontspanning nie......
Monitor 04.11.2019 4:09
Verskeie grappies en boodskappe het die week die spot daarmee gedryf dat SPRINGBOKKE en die ENGELSE se titaniese stryd amper met die Anglo-Boereoorlog vergelyk kan word. Die departementshoof van Geskiedenis by die Nasionale Museum in Bloemfontein, Dr Hendrik Snyders stem saam. Hy het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat die konflik belangrike sade van rugbykultuur in Suid-Afrika gesaai het......
Monitor 01.11.2019 7:15
INTRO: Die SAUK is in die spervuur, nadat 'n televisie-onderhoud uitgesaai is met die Ma van die veroordeelde verkragter, Nicholas Ninow. Die onderhoud met Chantelle Ninow - waarin sy erken dat sy in die verlede dwelms saam met haar seun gebruik het - het verontwaardiging op sosiale media veroorsaak. Chantelle Ninow is 'n herstellende dwelmverslaafde. Sy het in die onderhoud gesê haar seun, Nichol...
Monitor 01.11.2019 7:15
Groot opgewondenheid heers oor die Springbokke wat môre teen Engeland in die Wêreldbeker-eindstryd speel. Kaartjiepryse het die afgelope week die hoogte ingeskiet, veral op nie-amptelike kaartjie-verkope platforms. Este de Klerk doen verslag.
Monitor 30.10.2019 17:05
Medium Termyn Begrotingsrede Ontleding op Monitor
Monitor 30.10.2019 16:09
Die kuberkrakergroep wat hulleself die "Shadow Kill Hackers" noem sê hulle het die persoonlike data wat hulle by die Johannesburgse metro gesteel het, aan 'n derdeparty-maatskappy verkoop. Die groep het vroeer aan Spektrum gese^ hulle het sowat een teratyte se data van die metro se bedieners afgelaai na hulle die rekenaarnetwerk binnegedring het. Anita Visser het met Jacques van Heerden, 'n kuber...
Monitor 25.10.2019 5:25
Leon van Nierop met sy weeklikse fliekrubriek.
Monitor 25.10.2019 5:16
Die navorsings-professor in die eenheid Onderwys en Menseregte in Diversiteit aan die Noordwes Universiteit, Professor Elda de Waal, sê daar is 'n oordrewe klem op matriekresultate, terwyl baie nie eers veilig is, terwyl hulle skryf nie. Dit behalwe dat moontlike beurtkrag ook 'n baie belangrike mylpaal in hulle lewe negatief kan beinvloed. Volgens haar is die twee elemente uiters belangrik en ont...
Monitor 25.10.2019 4:23
Die oorskot van 'n San-vrou wat Madawas gedoop is, is onlangs in die Tankwa-Karoo Nasionale Park herbegrawe. Volgens navorsing het die vrou tussen die tydperk van 1436 tot 1622 geleef. Die bestuurder van die park, Kenneth Makondo, sê die beendere is in 2007 ontdek en na deeglike navorsing is Madawas die afgelope naweek seremonieel te ruste gelê.
Monitor 25.10.2019 5:13
Daar heers groot opgewondenheid onder sterrekundiges oor die ontdekking van n nuwe melkweg. Die ontdekking was toevallig - onder meer weens die feit dat die nuwe stelsel verskuil was agter n kosmiese stofwolk. Monitor het dr Pieter Kotze, Navorsingsgenoot by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte Agentskap, SANSAT op Hermanus uitgevra oor die besonderhede van die ontdekking.
Monitor 25.10.2019 12:02
Die meningspeiler, IPSOS, het n seminaar vir vandeesweek gereël met die titel: THE AGE OF CRISIS - COMMUNICATION IN CRISIS. Monitor het met n direkteur by die maatskappy, Mari Harris gepraat, oor die huidige krisisse in ons politiek.
Monitor 25.10.2019 2:02
"Siesa, hier kom Desember se kakkerlakke" lui 'n opskrif vandeesweek in Die Burger. Dr. Willem Botha, die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal bespreek die woorde: kakkerlakke, kokkerotte en ander goggas en siesa.
Monitor 25.10.2019 6:18
Die voormalige DA-leier, Mmusi Maimane het gister sy bedanking van die party en uit die Parlement aangekondig, skaars 24-uur nadat hy die tuig as die amptelike opposisie se leier neergelê het. Die verrassende wendings het gekom nadat Helen Zille die naweek as die Voorsitter van die DA se Federale Raad verkies is. Wat voorspel al hierdie wendings vir die DA, en wat voorspel hierdie politieke skomme...
Monitor 23.10.2019 4:02
Wetenskaplikes aan die Universiteit van Cambridge glo dat tipe twee diabete wat 'n gewigsverlies van tien persent kan toon in die eerste vyf jaar na diagnose, in remissie kan gaan. Hul aanvanklike bevindings is gebasseer op die noukeurige bestudering van data tot hul beskikking vanuit verskeie studies. Monitor het gister gepraat met Dr Hajira Dambha-Miller van Cambridge Universiteit se Departement...
Monitor 23.10.2019 4:08
Die Bloodhound supersoniese motor gaan vandag poog om sy hoë snelheidstoets van 8-honderd kilometer per uur op Hakskeenpan in die Noord-Kaap af te lê. Dit word gedoen voor die voertuig volgende jaar sal poog om 'n landspoed-rekord van 1-duisend 6-honderd kilometer op te stel. Die voertuig is amptelik Maandag bekendgestel. Ons Noord-Kaapse korrespondent Reginald Witbooi is op Hakskeenpan en het hie...
Monitor 23.10.2019 3:34
Die waternood is so groot in Barberton dat opposisie-lede die ANC-Stadsraad gevra het om aansoek te doen om die dorp tot 'n rampgebied te verklaar. Monitor kon nie die woordvoerder van die Stadsraad op Barberton, Joseph Ngala, opspoor nie, maar die DA-Raadslid, Phillip Minnaar sê die Lomatie dam is tans 20% vol.
Monitor 23.10.2019 3:28
Monitor het 'n nuusverklaring van die Stadsraad onder oë gehad. Daarin word voorgestel dat die Mbombela munisipaliteit die Umjindi gebied tot 'n rampgebied verklaar, en dat die Departement Water en Sanitasie genader word vir dringende bystand. Maar 'n besproeingsboer in die gebied, Alwyn van Graan, het bygevoeg dat die probleem jare lank reeds bestaan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.