RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 17.09.2019 7:35
Meer as vyf en veertig duisend besoekers het verlede jaar die eerste Comic Con Africa bygewoon. Dit is so gewild dat hulle vanjaar 'n groter lokaal gekry het om aan die aanvraag te voldoen. Strokiesprent liefhebbers, aanhangers van sogenaamde "pop culture" en superhelde gaan die naweek weer skouers skuur by die gewilde expo. Maar hoekom is die wereld van rekenaarspeletjies, strokiesprente en super...
Monitor 16.09.2019 8:52
By die Sentrum vir Siektebeheer in die VSA word een uit elke 59 kinders met outisme gediagnoseer. 'n Suid-Afrikaner wat twee outistiese seuns het, Ilana Gerschlowitz, s^e die statistiek in Suid-Afrika stem ooreen met die in Amerika. Sy deel haar reis met outisme in 'n boek "Saving my Sons", wat sy onlangs geskryf het. Tegnologie op 'n Ipad maak dit vir haar oudste seun wat nie kan praat nie moontl...
Monitor 16.09.2019 8:52
OUTISME By die Sentrum vir Siektebeheer in die VSA word een uit elke 59 kinders met outisme gediagnoseer. 'n Suid-Afrikaner wat twee outistiese seuns het, Ilana Gerschlowitz, s^e die statistiek in Suid-Afrika stem ooreen hiermee. Sy deel haar reis met outisme in 'n boek Saving my Sons, wat sy onlangs geskryf het. Tegnologie op 'n Ipad maak dit vir haar oudste seun wat nie kan praat nie moontlik om...
Monitor 12.09.2019 8:00
Verskeie regters het gereageer op bewerings dat die regbank korrup is. Die leierskap van die regbank het aangedui dat hulle, met groot kommer kennis neem van die bewerings waaroor die afgelope weke skerp in die hoofstroom- en sosiale media berig is. Este de Klerk doen verslag.
Monitor 10.09.2019 5:18
Suid-Afrikaners in Nederland het in Amsterdam vergader vir 'n optog teen geslagsgeweld in Suid-Afrika. Die beweging is deur Keö Borejszo op Facebook begin, waar Suid-Afrikaners in Nederland uitgenooi is na die betoging. Dit volg na duisende Suid-Afrikaners landwyd uitgepraat het teen die voortgesette geweld teen vroue en kinders. Annelu le Roux doen verslag.
Monitor 10.09.2019 7:31
Verskeie gedenkdienste word hierdie week vir die ontslape Springbokvleuel, Chester Williams, gehou. Williams is Vrydag op die ouderdom van 49 aan 'n hartaanval oorlede. Anita Visser het met Heindrich Wyngaardt, 'n voormalige kollega maar ook die skrywer van rugbyboeke oor Peter de Villiers, Errol Tobias en Ashwin Willemse gepraat.
Monitor 06.09.2019 13:20
Die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering het pas 'n beraad in Toulouse, Frankryk bygewoon, waar die nuutste inligting bspreek is sodat riglyne vir beleid geskep kan word. Professor Francois Engelbrecht van Wits Universiteit se Global Change Institute was daar en is self ook betrokke by die skryf van die dokument, met 'n spesifieke fokus op die implikasies van klimaatsverandering vir Afrika...
Monitor 05.09.2019 21:14
Suid-Afrika is die afgelope week in 'n greep van geweld. Xenofobiese aanvalle in Gauteng het wyd voorgekom, en geweld teen vroue en kinders - en vragmotorbestuurders - het opnuut opgang gemaak. Vroue-drukgroepe het selfs begin vra dat geweld teen vroue en kinders as 'n noodtoestand in die land verklaar word, en vandag en more vind verskeie optogte in solidariteit in Suid-Afrika plaas. Ons samelewi...
Monitor 04.09.2019 22:25
Ons fokusgesprek is Xenofobie. Vandeesweek het ons weereens die plundery van winkels wat aan buitelanders behoort in verskeie dele van Gauteng beleef. Die polisie moes bontstaan om oproeriges in Turfontein, Germiston, Jeppestown, Alexandra, Malvern, asook die middestad self en dan in PRETORIA, onder beheer te bring. Die afgelope naweek is vragmotors op die N3 in Ashburton en die N2 naby Port Sheps...
Monitor 28.08.2019 7:42
Navorsers aan die Universiteit van East Anglia in Brittanje waarsku dat mense met tipe twee diabetes nie Omega 3 aanvullings moet neem nie. Anita Visser het die vetsugkenner, professor Tess van der Merwe van die Universiteit van Pretoria, gevra wat die Britte se navorsing hieroor behels het.
Monitor 28.08.2019 8:11
Die afgelope paar weke word daar debat gevoer oor die regering se plan om die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan te implementeer. Die plan beloof om Suid-Afrika se gesondheidsorg fundamenteel te verander. Terwyl argumente ten gunste van die NGV fokus op die ongelykhede in die bestaande stelsel, draai die argumente daarteen om die praktiese aspekte en volhoubaarheid van die implementering. Este...
Monitor 22.08.2019 6:13
Die Gelykheidshof het die doelbewuste vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag tot haatspraak en diskriminasie teen swart mense verklaar. In sy uitspraak, het Regter Phineas Mojapelo gesê die swaai van die vlag wakker seer en kwade gevoelens aan - en dit is vernietigend van ons nie-rassige demokrasie. Maar wat is die implikasies van die uitspraak? Este de Klerk doen verslag.
Monitor 21.08.2019 5:23
Die wolbedryf in Suid-Afrika is tot stilstand geruk, weens volgehoue droogte-toestande, die uitbreek van bek- en klouseer vroeër vanjaar, en China se streng invoermaatreëls vir wol. Dit bepaal dat die wol eers vir 'n paar maande in sekere toestande geberg moet word, voordat dit uitgevoer kan word. Wolprodusente en wol-agente in Suid-Afrika staar nou ernstige kontantvloei-probleme in die gesig. Ver...
Monitor 21.08.2019 18:59
"Daar heers n verwronge beeld oor Sjina se voornemens in Afrika." SO glo Gert Grobler, gewese ambassadeur in onder meer Tokio en Madrid, wat tans aan die CHêSJANG Normal University in die stad, SJHINWHA in SUID-OOS Sjina, klas gee oor Suid-Afrikaanse buitelandse beleid: Hy is dan ook vanoggend MONITOR se ateljee gas.
Monitor 13.08.2019 3:48
'n Suid-Afrikaner in Melbourne is lid van n span rekonstruktiewe plastiese sjirurge wat 'n nuwe tegniek ontwikkel het, wat van groot nut kan wees vir kwadrupleë en mense met ernstige rugstring beserings. Dr Natasha van Zyl is verbonde aan Austin Health sentrum in Melbourne, wanwaar sy met MONITOR gepraat het:
Monitor 13.08.2019 12:02
Terug na gister se uitspraak in die Pretoriase Hoog geregshof, waar 'n tussentydse interdik toegestaan is aan President Ramaphosa oor aanbevelings vervat in die Openbare Beskermer se verslag oor skenkings aan sy 2017 verkiesings veldtog. Mkhwebane het vroeër bevind dat Ramaphosa die Parlement DOELBEWUS mislei het. Die aanbevelings in die O.B. se verslag is dus opgeskort, totdat 'n GEREGTELIKE hers...
Monitor 09.08.2019 13:19
Borskanker is die algemeenste kanker onder vroue wêreldwyd. Dit is veral aan die toeneem in ontwikkelende lande, waar die meerderheid gevalle in 'n reeds gevorderde stadium gediagnoseer word. Kenners waarsku ook dat meer en meer jonger vroue, asook mans, met die kanker gediagnoseer word. Este de Klerk doen verslag.
Monitor 07.08.2019 7:06
Die ANC sê hy neem kennis van eposboodskappe wat skynbaar aan die media uitgelek is en wat besonderhede gee van president Cyril Ramaphosa se veldtog om die leierskap van die ANC in 2017. Maar die party sê hy is nie bewus van enige onwettige optrede met Ramaphosa se veldtog of die van enige ander kandidaat nie. Suzanne Paxton het met 'n politieke ontleder van Unisa se departement politieke studies,...
Monitor 07.08.2019 3:01
Die burgerregte-organisasie, Afriforum, het gister strafregtelike aanklagtes van korrupsie en geldwassery teen die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, aanhangig gemaak. Die aanklagtes is gegrond op bevindinge van die Openbare Beskermer in 2018 dat 'n sportprodukteverskaffer, Sedgars Sport, Mbalula se gesinsvakansie na Dubai in 2016 gefinansier het. Mbalula was toe die Minister van Sport. Este de...
Monitor 07.08.2019 5:16
'n Video van die Rustenburg Hoërskool wat Bohemian Rhapsody van Queen opvoer, het sosiale media gaande. Die skool het Maandag die video op hulle Facebook-blad gedeel en teen Woensdag is die video al 600 000 keer gekyk. Boonop is die brein agter die inisiatief niemand anders nie as Ralf Schmitt, dieselfde man wat verantwoordelik is vir die Ndlovu jeugkoor se vertonings op America's Got Talent. Moni...
Monitor 02.08.2019 4:52
Fliekrubriek met Leon van Nierop
Monitor 01.08.2019 5:42
Amnestie Internasionaal het met die #SignTheSmileOff-veldtog begin om druk op die regering uit te oefen om die onderwysstelsel reg te ruk. Die glimlag moet van oud-Eerste Minister Hendrik Verwoerd se gesig gevee word omdat die stelsel swak resultate lewer. Die lede van die veldtog eis dat die Suid-Afrikaanse regering dringend gehalte basiese onderwys aan Suid-Afrikaanse kinders bied soos wat die g...
Monitor 01.08.2019 10:08
Anita Visser het ook met dr Francois Naude, van die Instituut vir Kinderonderrig by die Universiteit van Johannesburg, gepraat.
Monitor 01.08.2019 4:56
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is tevrede met die eerste maand van die belastingseisoen. Die diens sê in 'n verklaring dat meer as 'n miljoen opgawes reeds via elektroniese platforms ingedien is. Teen Maandag is sowat vyf-komma-vyf miljard rand reeds aan belastingbetalers terugbetaal, met 'n gemiddelde wagtyd van net sewe dae. Belastingbetalers kan van vandag af ook by die SAID se takke hulle o...
Monitor 29.07.2019 13:26
Die voormalige premier van die Wes-Kaap en tussen 2007 en 2015, leier van die D.A, Helen Zille, is by die Instituut vir Rasse aangeleenthede aangestel as 'n senior BELEIDS ontleder. Vir meer hieroor, praat ons met die uitvoerende Hoof van die Instituut VIR RASSE AANGELEENTHEDE, FRANS CRONJE:
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.