RSG

Monitor

News AF ↓ 4391 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 20.04.2020

In die tweede uur van die Monitor-uitsending op 20 April 2020 ** Kommer heers oor 'n toename in die styging van see vlakke weens die smelting van Groenland se ys-plaat; Die laaste oorlewende lid van die Stander-bende, Allan Heyl is oorlede - een van sy jarelange vriende praat met ons oor sy lewe; en tegnologie het skielik 'n noodsaaklikheid geword in hierdie tyd van inperking - wat beteken dit vir...

Monitor 20.04.2020

In die eerste uur van die Monitor-uitsending Die premier van KwaZulu-Natal wil strenger maatreels instel in die provinsie, om die verspreiding van die Coronavirus te beperk; Oud-president Jacob Zuma stel 'n nuwe prokureur aan vir sy korrupsiesaak; Jong Suid-Afrikaners word finansieel die swaarste getref deur die impak van die Covid-19 pandemie; en Solidariteit sê die Nasionale Departement van Toer...

Monitor 17.04.2020

Geringe wysigings aan die grensdelstaatregulasies bring min verligting vir die gewone landsburger - intussen maan die Wereldgesondheidsorganisasie regerings om nie oorboord met beperkings te gaan nie; en die Covid-19 epidemie bring sogenaamde "corona-drome" mee.

Monitor 17.04.2020

* Suid-Afrikaanse wetenskaplikes is hard aan't werk om die spesifieke genoom van die Suid-Afrikaanse COVID 19 virus te ontleed; en hulpvoorrade vir die stryd teen die siekte word vanuit Ethiopië na talle bestemmings in Afrika gestuur.

Monitor 16.04.2020

Unies vra strenger optrede teen privaat hospitale omdat hulle lede nie genoegsame opleiding ontvang het om met COVID-19 gevalle te werk nie; 'n Ekonoom stem nie saam met die paniek rondom die Covid19-virus nie; en twee kenners gee raad oor wat jy vir die res van die skooljaar kan verwag en hoe ouers moet maak wie se kinders volgende jaar verder wil studeer.

Monitor 15.04.2020

** Ons vra Jan Oberholzer van ESKOM uit oor beurtkrag en instandhoudings-werk... ** Die Reserwebank verras met 'n tweede rentekoersverlaging in minder as 'n maand - terwyl die regering nog geld vir die SAL weier. ** En, bestuur mans regtig beter as vroue?

Monitor 15.04.2020

'n Nuwe toep help ouer mense. Ons praat met 'n sielkundige oor die belangrikheid van aanraking in die inperkingstyd. En 'n bestuurder van 'n tehuis vir ouer mense verduidelik hoe hulle oor die weg kom.

Monitor 14.04.2020

Syfers toon dat Suid-Afrika moontlik daarin geslaag het om die kurwe van die coronaviruspandemie af te plat;Plaasaanvalle het afgeneem sedert die landwye inperking einde Maart begin het; Boere in die Wes-Kaap het hulle harte ruim oopgemaak vir kwesbare gemeenskappe wat tydens die afsonderings-tydperk voedselnood ervaar.

Monitor 13.04.2020

** Die wêreld verander nou op vele vlakke - ons praat met 'n toekomskundige. ** Kommer dat Suid-Afrikaners swaar gaan trek ná die verlengde inperking... ** En, die Europese Unie waarsku Suid-Afrika oor sy voorgestelde wysigings aan kopiereg-wetgewing.

Monitor 13.04.2020

* Tien mense is in Khayelitsha in Kaapstad inhegtenis geneem, nadat onwettige grondbesetters die voertuig van 'n burgemeesterskomiteelid met klippe bestook. * Wat dink Suid-Afrikaners van die COVID-19 maatreëls, en hoe hanteer hulle hul angs en kommer? 'n Maatskappy monitor derduisende Suid-Afrikaners. * Hongsnood vererger in Zimbabwe. * Frans Steyn sluit hom vir twee jaar by die Cheethas aan.

Monitor 10.04.2020

Die president het die staat van inperking verleng tot einde April; 'n Politieke ontleder gee sy mening oor die besluit en die impak daarvan;.....en Christene regoor die wêreld gedenk vandag Goeie Vrydag.

Monitor 09.04.2020

Ons praat met 'n kollega wat van die Corona-virus herstel het; 'n Waarskuwing dat die verbod op alkoholverkope verreikende gevolge op maatskaplike vlak het; Is die dae van die gedrukte media getel?

Monitor 09.04.2020

Kommer dat meer Suid-Afrikaners aan armoede gaan sterf, as aan COVID 19; en ons praat met professor Jean Sonnekus - hy is pas vereer met die Jan H Marais prys.

Monitor 08.04.2020

Kwarantyn is nie 'n vakansie nie, meen Suid-Afrikaners wat uit die buiteland terugkeer; 'n projek om mense in nood te help is besig om 'n reuse tekort aan basiese behoeftes landwyd uit te wys; en Japan finaliseer 'n reuse hulppakket om die land se ekonomie te help. .

Monitor 08.04.2020

Verskeie maatskappye aanvaar die uitdaging om tegnologiese hulpmiddele in die stryd teen Covid-19 te vervaardig; nog 'n Covid-19-pasient in Limpopo se regte dalk geskend; en ingrypende veranderinge by die Universiteit van Johannesburg weens Civid-19.

Monitor 07.04.2020

Sitrusplukkers neem spesiale voorsorg om die Korona-virus te bekamp. Die COP26 klimaatsberaad is uitgestel. 'n Kenner verduidelik die verreikende implikasies hiervan. Hoe ervaar Suid-Afrikaners met chroniese siektes die afsonderings-periode?

Monitor 07.04.2020

61 % van Suid-Afrikaners wat aanlyn werk het vertroue in die manier waarop die regering die COVID 19 virus bestuur. Vandag val die internasionale fokus op verpleërs, vroedvroue en gesondheidsdiens werkers. En, die Covid-inperking forseer ook fliekmakers om uit hul gemaksone te kom en nuwe geleenthede te skep.

Monitor 06.04.2020

* Misdaad daal skerp tydens die eerste week van die grendelstaat; * En trauma-gevalle daal by Johannesburgse hospitale.

Monitor 06.04.2020

* Ons praat oor die jongste wat die Covid-19-siekte betref; * En paleoantropoloë meen - na 'n opspraakwekkende vonds - die oermens kom toe tog wel uit Suidelike Afrika.

Monitor 03.04.2020

'n Regsgeleerde reageer op die aankondiging dat verhoor-afwagtendes wat van minder ernstige misdade aangekla is, vrygelaat word; Kommer oor milisiemagte se aanvalle in Noord-Mosambiek; En Afrika as vrye-handels gebied se inwerkingstelling op 1 Julie is in die gedrang.

Monitor 03.04.2020

Reisagente ontken dat hulle reisigers uitbuit; Hoe verskil die verwoestende Spaanse griep, 'n eeu gelede, van vandag se Corono-pandemie? Leon van Nierop gee raad oor 'n wye verskeidenheid vermaak op stromingsplatforms, in sy weeklikse fliekrubriek; En ons woord van die week, is "strokiesprent".

Monitor 02.04.2020

* Vandag is dag sewe van die land se grendelstaat en die getal mense wat positief toets vir Covid-19 styg tot 1380; * Mediese wetenskaplikes krap egter kop oor die relatief beperkte toename in nuwe gevalle in Suid-Afrika; * En baie mense is bekommerd omdat hulle nie drank of sigarette tydens die grendelperiode sal kan kry nie.

Monitor 02.04.2020

* Vandag is dag sewe van die land se grendelstaat en die getal mense wat positief toets vir Covid-19 styg tot 1380; * Rusland skerp sy maatreels teen Covid-19 op met tronkstrawwe van tot sewe jaar; * En die Bloemfonteinse dieretuin is op sy laaste bene.

Monitor 01.04.2020

Koning Khoisan S.A. weier om sy protesoptrede by uniegebou te stop te midde van die COVID 19 pandemie.; Perlemoenstropery in die Wes-Kaap het sedert Desember verlede jaar drasties afgeneem.; 'n ACDP LP wat positief vir Covid-19 getoets het, Steve Swart, sê hy herstel baie goed.; Hoe gaan sakeondernemings en inwoners op klein plattelandse dorpies soos St Helenabaai aan die Weskus die inperkingsmaat...

Monitor 01.04.2020

Meer klem moet geplaas word op die aankoop van voedsame voedselprodukte in die stryd teen die coronavirus.; 'n Groep sakelui het Business SA gestig om uit een mond met die regering te praat oor hoe die Corona virus bestuur kan word.; Ons praat met dr Lisa Le Roux van die Universiteit Stellenbosch oor die sosiale impak van COVID 19 op die land.;en Suid-Afrikaanse navorsers gebruik ou brood om alkoh...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.