RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 25.03.2020

'n Waarskuwing dat Suid-Afrikaners wat tuis op hul rekenaars werk, meer kwesbaar is; Alle SAL, Comair en Kulula vlugte word oormôre opgeskort; En restaurante moet môre om middernag vir 21 dae sluit.

Monitor 24.03.2020

In die Tweede halfuur van Monitor... Die 21 dae afsonderingstydperk sal oormôre om middernag in werking tree. In reaksie op die regering se nuwe regulasies praat ons met die ekonoom, Dawie Roodt en die politieke ontleder, Dr Piet Croucamp. Intussen gaan die regering die skandering en toetsing van mense verskerp om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Monitor 24.03.2020

In die program... Die 21 dae afsonderingstydperk sal oormôre om middernag in werking tree. In reaksie op die regering se nuwe regulasies praat ons met die ekonoom, Dawie Roodt en die politieke ontleder, Dr Piet Croucamp. Intussen gaan die regering die skandering en toetsing van mense verskerp om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Monitor 23.03.2020

'n Waterskeiding-uitspraak hou gevolge in vir die dekking van die Covid-19 pandemie; En hoe onderskei 'n mens tussen waarheid en versinsel oor die Covid-19 virus?

Monitor 23.03.2020

Hulde aan Sol Kerzner; Talle Suid-Afrikaners is in die buiteland vasgekeer weens die Covid-19 reisverbod; Die skrywer Marita van der Vyfer vertel hoe die Franse die pandemie hanteer..

Monitor 20.03.2020

'n Kliniese tegnikus by Mediclinic in Bloemfontein het positief vir die coronavirus getoets.; Die vakbond UNTU versoek dat Metrorail sy treindienste tydelik moet opskort.; Rolspelers in die landboubedryf vergader oor die coronavirus se impak op voedselsekerheid.; En rentekoerse word verlaag.

Monitor 20.03.2020

Restaurant eienaars is bekommerd oor die impak van die regering se streng maatreëls oor Covid 19 op hul sakeondernemings.; Troues word toenemend uitgestel weens die Corona virus.; Frankryk het sy inwoners onder 'n verpligte 15-dae isolasie-tydperk geplaas.; en vir mense wat wonder of fliekteaters nog vir die volgende paar weke gaan oop wees, het Leon van Nierop nuus in sy weeklikse fliekrubriek.

Monitor 20.03.2020

Die Suid-Afrikaanse Silwerdoek Federasie oftewel SASFED beraadslag tans oor hoe om Covid-19 se potensiële impak op die plaaslike rolprent bedryf te bestuur. SASFED verteenwoordig vervaardigers, draaiboekskrywers, redigeerders, akteurs en animeerders. Intussen krap onafhanklike rolprentmakers kop oor hoe hulle kos op die tafel gaan sit. Die filmmaker, Pieter Lombaard, het aan Anna-Marie Jansen van...

Monitor 20.03.2020

In Victoria Wes in die Noord-Kaap probeer plaaslike entrepeneurs reeds 'n geruime tyd om meer toeriste na die bestemming te lok. Volgens 'n restaurant-eienaar in die dorp is die regering se nuwe strenger Covid-19 beleid besig om al hierdie planne te snoeker. Intussen meen nog 'n restaurant eienaar van Bloemfontein, dat hierdie maatreëls gaan maak dat meer mense van die honger as van die Covid-19 v...

Monitor 19.03.2020

Die wynbedryf word hard geslaan deur die Korona-virus; Mag 'n werkgewer jou dwing om steeds fisies werk toe te gaan? En 'n plaaslike fliek oor ouervervreemding roer internasionale hartsnare.

Monitor 19.03.2020

Talle lande verskerp maatreëls teen die Korona-virus, terwyl Suid-Afrika se parlement sluit; Hoe groot gaan vandag se rentekoers-verlaging wees? Mag 'n werkgewer jou dwing om steeds fisies werk toe te gaan; En, 'n draaiboekskrywer se storie ewenaar 'n plaaslike fliek s'n.

Monitor 19.03.2020

Die plaaslike fliek "Losing Lerato" is met ses toekennings by die "Idyll Wild" internasionale rolprentfees in Kalifornië bekroon. Die toekennings sluit in: beste akteur, beste aktrise, beste oorspronklike klankbaan, 'beste spel van 'n kinderakteur' sowel as 'gehoorgunsteling'. In mediafoto's pryk die wenners met hul trofees - geklee in aandklere sowel as gesigsmaskers vir beskerming teen die Covid...

Monitor 18.03.2020

Monitor - Deel 1: 18 Maart .. Die regering stel strenger reismaatreëls in op buitelandse besoekers.... Die Valke glo hulle ondersoekers word geteiken na die moord van 'n top-ondersoekbeampte gister....en die Reserwebank waarsku dat hulle NIE kontant terugneem omdat dit moontlik met die Coronavirus besmet is nie....

Monitor 18.03.2020

Die departement van gesondheid het laat gisteraand in 'n verklaring gesê dat nog 23 nuwe gevalle van die coronavirus in die land bevestig is. Praktiese raad oor die COVID19-virus. Intussen het die hof gelas dat twee mense onder kwarantyn geplaas moet word - 'n regskenner gee duidelikheid oor wat jy mag en nie mag doen in terme van die Gesondheidswet, wanneer dit kom by die siekte.....

Monitor 17.03.2020

Monitor 17 maart 2020: Die Korona-virus het nou reeds na 25 Afrika-lande versprei. Jy MAG gedwing word om onder kwarantyn geplaas te word... 'n Nederlander verduidelik hoe hy en sy landgenote die Korona-krisis hanteer... Kunstenaars gaan ook die ekonomiese prys van die Corona-virus betaal .En die jongste oor die brande in die Wes-Kaap.

Monitor 17.03.2020

In Monitor 17 Maart 2020.... 'n Nederlander verduidelik hoe hy en sy landgenote die Korona-krisis hanteer... Die Korono-virus gaan veral nie-regerings organisasies hard slaan...Kunstenaars gaan ook die ekonomiese prys van die Corona-virus betaal

Monitor 17.03.2020

Ons keer terug na ons hoofstorie - die krisis wat wêreldwyd deur die Korona-virus veroorsaak word. Die aantal gevalle in Nederland het ook skerp toegeneem tot meer as 1 400. Ons praat nou met 'n Nedelandse joernalis by die Nederlandse Reformatoriese Dagblad, Evert van Vlastuin, wat in die laat negentiger-jare in Suid-Afrika studeer het...

Monitor 16.03.2020

Monitor : Deel 1 - President Cyril Ramaphosa stel maatreëls in om die verspreiding van die COVID19-virus in Suid-Afrika te bekamp.... En die jongste oor die Kloof Nek brande in die Kaap wat gister motors en eiendom vernietig het.....

Monitor 16.03.2020

Monitor: Deel 2 Talle byeenkomste in Suid-Afrika is gekanselleer weens die COVID19-virus - die ekonomie en veral die toerisme sektor word geraak.

Monitor 13.03.2020

Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.

Monitor 13.03.2020

Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.

Monitor 12.03.2020

Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.

Monitor 12.03.2020

Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.

Monitor 11.03.2020

Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.

Monitor 11.03.2020

Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.