RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 25.05.2020 53:01
** Ons praat met 2 mediese kenners oor die vraag: watter doel dien die inperking, op Dag 60, en is daar nie dalk ander opsies om die COVID 19 virus te bestuur nie? ** En 'n intense koue front tref die land vandag, en gaan Gauteng teen môre bereik..
Monitor 22.05.2020 49:38
Talle sake-eienaars word gedwing om mense af te dank tydens die pandemie - ons hoor hoe dit hulle raak op alle vlakke; Aptekers sê meer mense koop pille om hulle te help slaap in die tydperk; en die Gautengse onderwysdepartement stel die Covid-19-veiligheidsprotokol oop vir openbare deelname.
Monitor 22.05.2020 43:52
Die Organisasie teen Belastingmisbruik waarsku dat burgerlike verset kan toeneem weens die inperking; die watertoevoer na dele van die Oos-Kaap bly 'n groot uitdaging en die Nelson Mandelabaai-streek stuur af op Dag Zero; Die Reserwebank het sy terugkoopkoers met 50 basispunte verlaag om die ekonomie aan te help - hoe raak dit jou sak? en Eskom voorspel dat hulle drie dae se beurtkrag gedurende di...
Monitor 21.05.2020 49:33
** Die Wêreld Handels organisasie is om verskeie redes in die kollig. Ons praat met Johann Human, wat vir sewentien jaar by die organisasie in New York gewerk het.. ** RSG maak skoonskip by die ATKV Mediaveertjies, en ons praat met die wenners van die Hetzog- en Eugene Marais-pryse.. ** En Nic de Jager en Margot Luyt praat oor hulle LEWENSBYDRAE-toekennings.
Monitor 21.05.2020 40:22
** Ekonome verwag dat die Rentekoers vandag verder gaan daal..... ** 'n Suid-Afrikaner is al vir 5 maande in China vasgekeer.
Monitor 20.05.2020 42:22
Vakbonde by die Suid-Afrikaanse Lugdiens stem in tot salarisbesnoeiings - maar te midde van skerp kritiek teen die sakereddingspraktisyns; en Suid-Afrikaanse bemanningslede op skepe word uiteindelik aan wal toegelaat.
Monitor 20.05.2020 50:01
Suid-Afrikaanse bemanningslede op skepe word uiteindelik aan wal toegelaat; en skole staan bont om vir leerlinge se terugkeer voor te berei.
Monitor 19.05.2020 39:22
** Insekboerdery is die vinnigste groeiende landbousektor ter wêreld.. ** Die Minister van Basiese Onderwys gaan na verwagting vandag duidelikheid gee oor die oopstel van skole.
Monitor 19.05.2020 44:28
** COVID 19 het ook 'n sielkundige effek, wat normale slaappatrone fnuik. Ons praat breedvoerig hieroor met 'n kenner .. ** En 'n blinde persoon blink uit in die wyn-wêreld.
Monitor 18.05.2020 47:22
Die versekeringsbedryf kom dalk voor groot verliese te staan weens Covid 19, en ons kyk na skerp meningsverskille tussen die regering en mediese wetenskaplikes oor die bestuur van Covid 19.
Monitor 18.05.2020 37:54
Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum wil met polisiebestuur vergader na NOG 'n bewering van die aanranding van 'n lid van die media, en die Kaapse metro sal binne die volgende paar dae met herstelwerk aan die beskadigde skanskorf steunmuur tussen Grootbaai en Kleinbaai naby Bloubergstrand begin.
Monitor 15.05.2020 44:16
** Aanlyn-kleinhandelaars mag nou enige produkte buiten drank en sigarette verkoop.. ** Net na half-sewe bespreek ons die politieke krisis in Lesotho.. ** En die Comrades word vir die eerste keer in 75 jaar afgelas.
Monitor 15.05.2020 43:00
** Algemene praktisyns ervaar verskeie probleme.. ** Die Comrades word vir die eerste keer in 75 jaar afgelas. ** En, sensasionaliseer die media sekere berigte? In sy weeklikse fliekrubriek kyk Leon van Nierop na 'n nuwe reeks op Netflix oor die wyse waarop die media krisisse hanteer: Trial By Media.
Monitor 14.05.2020 41:24
Sommige arm mense het nog geen hulp van die staat te midde van die Covid 19-krisis ontvang nie en verskeie waarnemers meen Suid-Afrika stuur op 'n humanitere krisis af.
Monitor 14.05.2020 47:54
Dit lyk of mense wye draaie om dokters loop uit vrees vir Covid 19 en meer as een organisasie spreek kommer uit oor die veiligheidsmagte se beweerde misbruik van mag onder Covid 19-regulasies.
Monitor 13.05.2020 41:27
Arrive Alive sê daar is motoriste wat die padreëls in die grendeltydperk oortree.; Die metaalverpakkinsgindustrie is nog 'n sektor wat nie deur die inperkingstydperk gespaar word nie.; Die minister van gesondheid, Dr Zweli Mkhize, het internasionale verpleegstersdag, toegewy aan gesondheidswerkers en verpleegsters in die stryd teen COVID-19. en 'n navorsingsgenoot verbonde aan Chatham House, sê Af...
Monitor 13.05.2020 49:34
In die program: Navorsers ondersoek die invloed van die Grendeltydperk op mense se slaappatrone en daaglikse roetine.; Justin Kennerley en Suzanne Paxton het saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag op patrollie uitgegaan in Rabie Ridge in Midrand, Gauteng.; Die aanvraag na pynappels neem toe.; en Landwyd word daar daagliks kos uitgedeel aan duisende mense, soos wat die inperkingstyd aanstap...
Monitor 12.05.2020 43:22
'n Voorval by Shaka's Rock aan die noordkus van KwaZulu-Natal waartydens verkeersbeamptes skynbaar 'n kind probeer arresteer, word ondersoek en die Wereldgesondheidsorganisasie meen China is die sleutel, en nie die slot nie, as dit kom by die raaisel van Covid 19.
Monitor 12.05.2020 48:24
Suid-Afrikaners word filosofies oor Covid 19-inperkinge en die luiperds in die Boland is nie 'n afsonderlike subspesie nie....maar hulle is tog die luiperds in die Boland.
Monitor 11.05.2020 44:36
In die program: Ekonome voorspel dat die Europese ekonomie met 7,7 % gaan krimp.; Produksiemaatskappye het weer begin om sepies en ander televisieprogramme te vervaardig.; burgers word toegelaat om na 'n nuwe woning te trek, indien die eiendomsoordrag teen 26 Maart plaasgevind het.; en die uitgerekte grendel tydperk begin sy tol eis op talle kleiner privaat kleuterskole en dag sorg sentra.
Monitor 11.05.2020 38:47
In die program: Afrika varkpes het in die Amathole-distrik in die Oos-Kaap uitgebreek.; Restaurant-eienaars in Pretoria sê hul werknemers het nie werkloosheidversekering betalings ontvang nie.; inperkings maatreëls het kos voorsiening in Afrika se informele sektor wesenlik benadeel.; en die Pretoria Dieretuin is een van die jongste slagoffers van die Covid-19 inperking.
Monitor 08.05.2020 43:59
'n Virtuele komiteevergadering in die parlement word - tot al die lede se ontsteltenis - deur pornografie onderbreek en ons kyk ook na virtuele hofsake en of dit die litigante se regte belemmer.
Monitor 08.05.2020 47:43
Lugbesoedeling in Suid-Afrika neem af weens die Covid 19-pandemie en 'n mediese verwikkeling in Israel bring dalk hoop in die stryd teen die siekte.
Monitor 07.05.2020 44:13
In die program: Toetsings-hokkies word gebruik om gesondheidswerkers in die Wes-Kaap teen Covid-19 te beskerm; Ons praat met 'n luisteraar en regskundige oor die verhuring van tuinwoonstelle tydens die vlak vier inperking.; Die Noord-Kaapse Gesondheids Departement sê dit is 'n stryd om mediese dokters na die platteland te ontplooi.; en klein sakeondernemings in die Suid-Kaap trek finansieel swaar.
Monitor 07.05.2020 48:31
In die program: Die Suid-Afrikaanse Beroepsjagvereniging sê wildplase wat buitelandse jagters ontvang is die swaarste getref in die toerisme bedryf.; Wolveilings kan tydens die vlak vier inperking weer plaasvind, maar onder streng voorsorgmaatreëls.; Justice Project South Africa, is bekommerd oor die groot aantal Suid-Afrikaners wat glad nie gesigsmaskers dra nie.; en verskeie uitgewers staak die...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.