RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 31.03.2020 55:44
In die tweede uur: Sommige ekonome meen die daling in die rand is dalk net 'n vlugtige verskynsel.. ons praat oor die swak rand, Moody's se afgradering en ook wisselvalligheid in die markte. En President Cyril Ramaphosa dink Suid-Afrika kan hierdie ekoniese uitdagings oorleef....
Monitor 31.03.2020 37:55
In die eerste uur van Monitor:Die veiligheidsmagte word van brutaliteit beskuldig weens hulle optrede tydens die grendelstaat wat ingestel is om Covid-19 te beveg... Sommige Suid-Afrikaners is kwaad omdat hulle nie hulle frustrasies kan versuip nie... En 'n bietjie later praat ons met die sanger Karen Zoid oor die impak wat die virus op die musiekbedryf het.
Monitor 30.03.2020 32:27
In die program.... Daar is 'n toename in gevalle van kinders wat hand-reinigers drink. Alle Suid-Afrikaners wat uit die Chinese stad Wuhan na Suid-Afrika gerepatrieer is, het negatief vir Covid 19 getoets. Die Amerikaanse regering wil Venezuela se president, Nicolas Maduro, hof toe sleep op 'n aanklag van narko-terreur en ontleders sê dis nou die ideale tyd om S.A.L vir eens en altyd te sluit.
Monitor 30.03.2020 44:25
Die W.G.O sê sewe miljoen mense sterf jaarliks aan oorsake wat direk toegeskryf word aan lug besoedeling. Nigerië maan sy landsburgers teen die verkeerdelike gebruik van chloroquin. Intussen is daar ook 'n groot aanvraag na Chloroquin in Zimbabwe.
Monitor 27.03.2020 11:59
"Nie alles wat oor die landbou op sosiale media in omloop is, is waar nie." Die waarskuwing kom van die Uitvoerende Hoof van AGRI S.A, Omri van Zyl.
Monitor 27.03.2020 10:16
Vandag is die eerste dag van Suid-Afrika se COVID-19 afsonderings-tydperk. Die regering het streng maatreëls in plek gestel om die verspreiding van die Corona-virus te probeer inperk en maan die publiek om daarby te hou. Maar vir baie van Suid-Afrikaners voel dit dalk of hulle wêreld oornag verander het.
Monitor 27.03.2020 11:37
Die publiek het sedert President Cyril Ramaphosa se aankondiging Maandagaand, daagliks kosvoorraad by winkels gaan aankoop. In die lang rye om te betaal, het min mense hulle gesteur daaraan om 'n veilige afstand tussen mekaar te handhaaf. Kan dit moontlik veroorsaak het dat ons in die volgende paar dae 'n toename in bevestigde COVID-19 gevalle gaan sien as gevolg hiervan? Ons gesels met die voorsi...
Monitor 26.03.2020 36:47
Die verkoop van drank word tydens die afsonderingstydperk verbied; Wêreldwyd word weermagte gevra om die verspreiding van die Corona virus te help bestuur; Distriks-munisipaliteite in die Wes-Kaap sal voortgaan om noodsaaklike dienste te lewer; en Landbouorganisasies maan boere om ekstra waaksaam te wees tydens die inperking.
Monitor 26.03.2020 40:54
Die Reserwebank gaan staatseffekte aankoop.; Die Franse ambassade in Pretoria beraam planne om duisende van hul landsburgers te repatrieer.; TLU SA sê georganiseerde landbou moet 'n vrywaringsertifikaat ontvang om onverpoos voort te gaan om voedsel te produseer tydens die afsonderingstydperk; en by vier universiteite kon daar nog geen onderrig vanjaar plaasvind nie.
Monitor 25.03.2020 33:52
Die Olimpiese Spele word met 'n jaar uitgestel. Watter impak het COVID-19 op boere en plaaswerkers? En 'n algehele inperking is gistermiddag in twee streke van Nambië afgekondig.
Monitor 25.03.2020 35:47
'n Waarskuwing dat Suid-Afrikaners wat tuis op hul rekenaars werk, meer kwesbaar is; Alle SAL, Comair en Kulula vlugte word oormôre opgeskort; En restaurante moet môre om middernag vir 21 dae sluit.
Monitor 24.03.2020 35:15
In die Tweede halfuur van Monitor... Die 21 dae afsonderingstydperk sal oormôre om middernag in werking tree. In reaksie op die regering se nuwe regulasies praat ons met die ekonoom, Dawie Roodt en die politieke ontleder, Dr Piet Croucamp. Intussen gaan die regering die skandering en toetsing van mense verskerp om die verspreiding van Covid-19 te beperk.
Monitor 24.03.2020 38:51
In die program... Die 21 dae afsonderingstydperk sal oormôre om middernag in werking tree. In reaksie op die regering se nuwe regulasies praat ons met die ekonoom, Dawie Roodt en die politieke ontleder, Dr Piet Croucamp. Intussen gaan die regering die skandering en toetsing van mense verskerp om die verspreiding van Covid-19 te beperk.
Monitor 23.03.2020 40:46
'n Waterskeiding-uitspraak hou gevolge in vir die dekking van die Covid-19 pandemie; En hoe onderskei 'n mens tussen waarheid en versinsel oor die Covid-19 virus?
Monitor 23.03.2020 33:06
Hulde aan Sol Kerzner; Talle Suid-Afrikaners is in die buiteland vasgekeer weens die Covid-19 reisverbod; Die skrywer Marita van der Vyfer vertel hoe die Franse die pandemie hanteer..
Monitor 20.03.2020 30:18
'n Kliniese tegnikus by Mediclinic in Bloemfontein het positief vir die coronavirus getoets.; Die vakbond UNTU versoek dat Metrorail sy treindienste tydelik moet opskort.; Rolspelers in die landboubedryf vergader oor die coronavirus se impak op voedselsekerheid.; En rentekoerse word verlaag.
Monitor 20.03.2020 39:42
Restaurant eienaars is bekommerd oor die impak van die regering se streng maatreëls oor Covid 19 op hul sakeondernemings.; Troues word toenemend uitgestel weens die Corona virus.; Frankryk het sy inwoners onder 'n verpligte 15-dae isolasie-tydperk geplaas.; en vir mense wat wonder of fliekteaters nog vir die volgende paar weke gaan oop wees, het Leon van Nierop nuus in sy weeklikse fliekrubriek.
Monitor 20.03.2020 3:37
Die Suid-Afrikaanse Silwerdoek Federasie oftewel SASFED beraadslag tans oor hoe om Covid-19 se potensiële impak op die plaaslike rolprent bedryf te bestuur. SASFED verteenwoordig vervaardigers, draaiboekskrywers, redigeerders, akteurs en animeerders. Intussen krap onafhanklike rolprentmakers kop oor hoe hulle kos op die tafel gaan sit. Die filmmaker, Pieter Lombaard, het aan Anna-Marie Jansen van...
Monitor 20.03.2020 8:48
In Victoria Wes in die Noord-Kaap probeer plaaslike entrepeneurs reeds 'n geruime tyd om meer toeriste na die bestemming te lok. Volgens 'n restaurant-eienaar in die dorp is die regering se nuwe strenger Covid-19 beleid besig om al hierdie planne te snoeker. Intussen meen nog 'n restaurant eienaar van Bloemfontein, dat hierdie maatreëls gaan maak dat meer mense van die honger as van die Covid-19 v...
Monitor 19.03.2020 38:59
Die wynbedryf word hard geslaan deur die Korona-virus; Mag 'n werkgewer jou dwing om steeds fisies werk toe te gaan? En 'n plaaslike fliek oor ouervervreemding roer internasionale hartsnare.
Monitor 19.03.2020 36:06
Talle lande verskerp maatreëls teen die Korona-virus, terwyl Suid-Afrika se parlement sluit; Hoe groot gaan vandag se rentekoers-verlaging wees? Mag 'n werkgewer jou dwing om steeds fisies werk toe te gaan; En, 'n draaiboekskrywer se storie ewenaar 'n plaaslike fliek s'n.
Monitor 19.03.2020 6:37
Die plaaslike fliek "Losing Lerato" is met ses toekennings by die "Idyll Wild" internasionale rolprentfees in Kalifornië bekroon. Die toekennings sluit in: beste akteur, beste aktrise, beste oorspronklike klankbaan, 'beste spel van 'n kinderakteur' sowel as 'gehoorgunsteling'. In mediafoto's pryk die wenners met hul trofees - geklee in aandklere sowel as gesigsmaskers vir beskerming teen die Covid...
Monitor 18.03.2020 34:30
Monitor - Deel 1: 18 Maart .. Die regering stel strenger reismaatreëls in op buitelandse besoekers.... Die Valke glo hulle ondersoekers word geteiken na die moord van 'n top-ondersoekbeampte gister....en die Reserwebank waarsku dat hulle NIE kontant terugneem omdat dit moontlik met die Coronavirus besmet is nie....
Monitor 18.03.2020 41:43
Die departement van gesondheid het laat gisteraand in 'n verklaring gesê dat nog 23 nuwe gevalle van die coronavirus in die land bevestig is. Praktiese raad oor die COVID19-virus. Intussen het die hof gelas dat twee mense onder kwarantyn geplaas moet word - 'n regskenner gee duidelikheid oor wat jy mag en nie mag doen in terme van die Gesondheidswet, wanneer dit kom by die siekte.....
Monitor 17.03.2020 33:07
Monitor 17 maart 2020: Die Korona-virus het nou reeds na 25 Afrika-lande versprei. Jy MAG gedwing word om onder kwarantyn geplaas te word... 'n Nederlander verduidelik hoe hy en sy landgenote die Korona-krisis hanteer... Kunstenaars gaan ook die ekonomiese prys van die Corona-virus betaal .En die jongste oor die brande in die Wes-Kaap.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.