RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 22.06.2020 48:11
Duisende pendelaars kan vanoggend gestrand wees weens 'n taxi-staking in Gauteng; Tattooer kunstenaars moes tydens die inperking hulle ateljees se deure sluit - ons praat met die sektor oor die swaar tye wat voorle; en die voormalige president FW de Klerk, het hom onttrek aan 'n gesprek oor ras en minderheidsregte by die Amerikaanse advokaatvereniging se jaarvergadering weens druk vanaf aktiviste...
Monitor 19.06.2020 54:41
President Cyril Ramaphosa plaas die fokus op werkskepping in sy eerste virtuele vraag-en-antwoordsessie in die parlement; en Postbank, 'n filiaal van die Poskantoor, moes twaalf miljoen bankkaarte teen 'n koste van een miljard rand vervang nadat die hoof sleutelkode glo gesteel is.
Monitor 19.06.2020 52:41
Die land treur oor die dood van minstens 21 vroue in geslagsgebaseerde geweld...maar statistiek toon dat MANS 'n veel groter kans staan om vermoor te word; en daar is groot opgewondenheid oor die sardientjieloop aan die Suidkus.
Monitor 18.06.2020 48:03
Sewe verdagtes verskyn vandag in die hof in verband met die plundering van die VBS Bank; President Cyril Ramaphosa het die nuus verwelkom van 'n middel wat die dodetal van Covid-19-pasiënte met 'n derde kan verminder; Die Hooggeregshof in Pretoria het gister regsargumente aangehoor van die Vryheidsfront Plus en die regering oor die Rampbestuurswet - ons kry reaksie op die saak
Monitor 18.06.2020 49:36
Dit is die Wêrelddag vir Volhoubare Gastronomie - ons kyk na hoe mense hulle dieetvoorkeure herevalueer om meer gesond te leef; en klimaatvriendelike-landboupraktyke wat nie net voedselproduksiestelsels kan herstel nie, maar ook genesing vir Suid-Afrika kan bring, word bekendgestel; Ons praat ook met 'n regskenner oor die inhegtenisnemings in verband met die plundering van die VBS Onderlinge Bank...
Monitor 17.06.2020 48:21
'n Kenner sê ondersoek moet ingestel word na Suid-Afrikaanse mans se geweldadige gedrag.; 'n Onderwysvakbond eis dat Angie Motshekga afgedank word.; Professor Abel Esterhuyse van die Universiteit Stellenbosch sê die onttrekking van Amerikaanse troepe uit Duitsland kom as geen verrassing nie.; en 'n Vyftigjarige man verskyn vanoggend in die Pretoriase landdroshof in verband met die moord op 'n vrou...
Monitor 17.06.2020 52:36
Kenners waarsku dat Suid-Afrika nie gereed is vir 'n werksplek waar menslike aanraking iets van die verlede is nie.; Die portefeuljekomitee oor polisie het 'n nuwe vuurwapen amnestie tydperk goedgekeur.; Akademici by WITS universiteit wil 'n klag by die Raad op Gesondheidsberoepe indien, teen 'n algemene internis, dr Jaco Laubscher, na sy uitsprake oor Covid-19.; en besonderse kunswerke van gevang...
Monitor 16.06.2020 42:09
President Cyril Ramaphosa sê die jeug moet bemagtig word om Suid-Afrika se ekonomiese herstel te lei; Ysreen word vandag vir dele van die binneland voorspel; en die regering vra vir kommentaar oor die bou van 'n kernkrag stasie.
Monitor 16.06.2020 51:32
** Volgens berigte steun die ANC nuwe voorstelle om werkers se pensioenfondse te gebruik om Eskom te help; Ons praat met twee kenners oor die moontlikheid dat die voorstelle 'n realiteit word....en wat y kan doen om jou geld te beskerm; en ons praat met internet-sterre wat gebore is ná die omstrede verbod op drank- en sigaretverkope
Monitor 15.06.2020 45:51
Inwoners en sake eienaars van Johannesburg is woedend oor die voorgestelde elektrisiteitsverhoging vir voorafbetaalde gebruikers.; Khoisan Tradisionele Geneeshere in die Noord-Kaap sê baie mense verwag hulp van hulle teen die Covid-19 pandemie.; 'n Kommersiële laboratorium het vir die eerste keer ooit, die Ribonukleïensuur van die Covid19-virus, uit riool gehaal.; en een in elke drie Suid-Afrikaan...
Monitor 15.06.2020 44:33
Huldeblyke stroom in ná die moord op die choreograaf en danser, Kirvan Fortuin.; Khoi en San leiers sê die erfenisroete sal Suid-Afrikaners die geleentheid gee om te besef dat die gemeenskappe deel is van die land se nalatenskap.; Die organisasie, Capexit sê die voordele vir die Wes-Kaap om onafhanklik te word, is groter as die nadele.; en die bekroonde skrywer Elsa Joubert is in Kaapstad oorlede.
Monitor 12.06.2020 43:25
Die hoofstad Pretoria bly onder administrasie hangende NOG 'n regsgeding - ons kyk ontledend na die hofgeding en wat dit vir jou as inwoners beteken; Ouetehuise in die Wes-Kaapse kry 'n reuse finansiele inspuiting om COVID-19 te help bestuur; Kuberkrakers teiken verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye - 'n kenner gee raad oor wat jy moet doen om jou persoonlike inligting veilig te hou; Die Konstitusi...
Monitor 12.06.2020 47:21
Die Kieswet is as ongrondwetlik verklaar - die groot vraag is - wat gebeur nou?; Talle mense sukkel om versekerings-eise in te dien tydens die inperking; en 'n kenner gee raad oor wat mense kan doen in so geval waar jou versekerings-eise verwerp word....
Monitor 11.06.2020 43:15
'n 23-jarige Suid-Afrikaanse vrou is terug in die land, 'n jaar nadat sy in Oman in hegtenis geneem is.; 'n Suid-Afrikaner Belinda Davids bekoor die Britte met haar talent.; Inwoners sê daar is 'n toename in bendeverwante geweld in Bonteheuwel in Kaapstad.; en SA Childcare het 'n ope brief aan die minister van Maatskaplike Ontwikkeling gerig, waarin hulle eis dat losstaande kleuterskole, ook die s...
Monitor 11.06.2020 40:59
Die Rand Aksep Bank sê sakevertroue het in die tweede kwartaal gedaal.; Die Kaapstad Internasionale lughawe sê hy is gereed vir sakereise om te hervat.; Tien jaar gelede was die eerste FIFA sokker wêreldbekertoernooi op die Afrika-vasteland in Suid-Afrika gehou.; ER24 vra Suid-Afrikaners om warm te bly te midde van die kouefront, om hipotermie te verhoed.; Die Tshwane Universiteit van Tegnologie v...
Monitor 10.06.2020 43:20
Koue weer word vir meeste van die land voorspel - en dit sal tot volgende week voortduur; die Wêreldbank verwag 'n inkrimping van die Suid-Afrikaanse ekonomie van meer as sewe persent; en onderwysers besef: skole betree 'n nuwe era.
Monitor 10.06.2020 53:27
Suid-Afrika oorweeg 'n versoek om militere hulp van die Mosambiekse regering teen beweerde ISIS-insurgente in die noorde van die land - ons kyk na die situasie in die noorde van die Mosambiek waar selfs Dokters Sonder Grense hulle werksaamhede moes staak; en AfriForum gaan hof toe oor die regering se kwarantynkampe.
Monitor 09.06.2020 54:25
Disabled People South Africa in die Noord-Kaap sê die blindes wat hulle verteenwoordig voel dat die Coronavirus Pandemie hulle veral swaar tref.; Die minimum ouderdom waarop 'n kind strafregtelik aangekla kan word is verhoog na 12.; Professor Shabir Madhi van Wits universiteit sê die Oos-Kaap gaan die volgende fokus gebied van die Covid-19 pandemie wees.; en landsburgers in sestien lande wil hê hu...
Monitor 09.06.2020 45:54
Debtbusters sê mense skuld nog selfs meer geld as voor die grendel tydperk.; 19 skole in die Noord-Kaap is gesluit na 'n toename in Covid-19 infeksies.; Ons praat met Brainline oor hoe tuisonderrig werk.; en Skole in die Gamtoosvallei in die Oos Kaap het heropen sonder ernstige probleme.
Monitor 08.06.2020 53:36
'n Mediese kenner by Wits sê Afrika se Covid 19-syfers is so laag omdat lande noord van die Limpopo eenvoudig nie vir die siekte toets nie; en musikante snoer hulle kragte saam met 'n nuwe liedjie om die Covid 19-geldleemte te bestry.
Monitor 08.06.2020 43:33
Plaasaanvalle neem toe - ons praat oor die jongste voorvalle; en die voorspelling van 50-duisend sterftes aan Covid-19 in Suid-Afrika word sterk bevraagteken.
Monitor 05.06.2020 45:24
** Minister Didiza sê dat landbou ná die pandemie die basis sal vorm van ekonomiese hervorming.. ** En ons praat met 'n ontleder oor die menseregte-situasie in Turkye.
Monitor 05.06.2020 46:50
** Voedselnood onder Suid-Afrikaners word al hoe groter ** Leon van Nierop gesels oor die veelbesproke reeks wat pas op televisie begin het: JEFFREY EPSTEIN: FILTHY RICH. ** En die woord van die week is: ROOI.
Monitor 04.06.2020 46:07
Ons kyk na die jongste tendense in die verspreiding van Covid 19, en die Verenigde Nasies spreek vir die tweede keer vanjaar sy kommer oor robot-soldate uit.
Monitor 04.06.2020 52:38
Huldeblyke stroom in na die dood van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, en die Wêreld Ekonomiese Forum praat van 'n nuwe wereldorde wat nà die coronavirus kom.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.